Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg

Soldate op bystand in Qunu

2013-03-30

Deur Adriaan Snyman


Die Natal Witness van Saterdag 30 Maart berig op bladsy 3 (foto bo) dat ondersteuningselemente van die Oos-Kaapse weermag op bystand geplaas is in Qunu, Nelson Mandela se tuisdorp.

Die soldate se funksie sal wees om te sorg dat krag, water en ander logistieke dienste daar beskikbaar is indien groot getalle mense in die nabye toekoms in Qunu toesak.

Mandela wat sedert middernag Woesdag in ‘n onbekende hospitaal opgeneem is, verkeer volgens die Natal Witness nie in ‘n goeie toestand nie, al het Mac Maraj dit ontken deur te sê “Mandela was in good spirits”.

Intussen het pres. Jacob Zuma weer op sy beurt op BBC die mense versoek om hulle nie so oor Mandela se toestand te bekommer nie. Hy het daarna in Zoeloe voortgegaan: “As iemand wat baie oud is, sterf, sê die mense hy het huis toe gegaan, en ek dink dis die dinge waaraan ons nou moet dink…” Hy en Winnie het Suid-Afrikaners en die wêreld ook gevra om vir Mandela en sy familie te bid en hulle in hul gedagtes te hou.

Die twee en hulle volgelinge ken net die voorvadergeeste, en sover ons weet, is daar nog nooit ‘n gebed uit die Onderwêreld verhoor nie. Dus wil ons voorstel dat Mandela hom maar solank gereed moet maak vir sy hellevaart na die ryk van Hades.

Uit ‘n ander bron het ons verneem dat ambassades in Suid-Afrika nou konstant met die president se kantoor in verbinding is oor Mandela se toestand.

In verband met die Mandela-kwessie wil ek graag u aandag vestig op enkele gedagtes hieroor wat ek van mnr. Jaap Kelder (van die BBV − Belastingbetalersvereniging) ontvang het. Aan die einde het hy ook vir ons ‘n stukkie baie goeie raad. Hy sê:

“Die volgende is feite —

  1. Dat Mandela ‘n wereldfiguur is, is ‘n feit.
  2. Dat hy oud is, 94, is ‘n feit.
  3. Dat hy die laaste tyd meer gereeld in die hospitaal is, is ‘n feit.
  4. Dat hy, soos alle mense, eendag moet doodgaan is ‘n feit.
  5. Dat dit enige oomblik kan gebeur is ‘n feit.
  6. Dat daar weermag voertuie en tenks op lae bak leunwaens rond vervoer word, is ‘n feit. Ek het persoonlik al ‘n paar van die voertuie in die Oos-Rand gesien.

“Wat egter nie feite is nie en waaroor net gespekuleer kan word is die vraag wat die swart mense gaan doen die dag wat Mandela dood is. Gaan die gewelddadige betogings wat ons met die landwye vervoer staking en die landbou staking in die Wes Kaap verlede jaar gesien het weer plaasvind? Die kanse daarvoor is sekerlik baie goed. Enige verskoning is goed genoeg om te toi-toi, roof en plunder! Die onlangse gebeure op Sasolburg is ‘n goeie voorbeeld.

“Die vraag is dus wat het die gemiddelde man/vrou gedoen om ‘n moontlike onrus situasie die hoof te bied ? Is nood voorrade kos, kontant en brandstof in plek? Na ons beskeie en moontlik oningeligte mening , nie veel nie en dit is seker die mees kommerwekkende gedeelte van die hele scenario.

“Graag wil ons weer al die BBV’s ten sterkste aanmoedig om noodplanne in plek te stel. Net vir die wis of onwis.”

9 thoughts on “Soldate op bystand in Qunu”

  1. http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Die-Madiba-twis-20130331

    Mac Maharaj kan nie die presiese datum onthou nie, maar die eerste keer toe hy besef het Nelson Mandela se geheue begin agteruitgaan, was jare gelede, toe Mandela tydens vergaderings notas begin neem het om homself te herinner wat bespreek is, en ook wat hy self gesê het.

    Daarna het Mandela heeltemal opgehou notas neem en nou sukkel hy selfs soms om te onthou wie Mac is.

    Hy onthou ’n onlangse besoek aan Mandela se huis in Hough­ton, Johannesburg. Mac het aangekom terwyl Graça, Mandela se derde vrou, hom help eet het. Hy het stilletjies eenkant gaan sit. Mac het gou besef Mandela weet nie wie hy is nie, toe skuif hy nader in die hoop dat hy hom sal herken.

    Maar helaas kan Mandela nie meer loop nie, en ook nie sy kop van een kant na die ander beweeg nie, so Mac skuif toe tot reg voor Mandela, wat na hom staar terwyl hy sukkel om die identiteit van sy besoeker uit sy geheue op te diep.

    http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Al-hoe-meer-glo-wittes-vat-grond-20130331

    Suid-Afrikaners glo wit mense het grond by swart mense gesteel en dié sentiment het tussen 2004 en 2007 skerp toegeneem.

    Dít is die bevinding in navorsing wat Ipsos-Markinor gedoen het om die openbare mening oor grondhervorming te ontleed.

    in 2004 het 47,6% respondente gemeen wit mense het swart mense se grond gesteel.

    Teen 2007 het 64,6% mense met dié stelling saamgestem.

    Respondente is gevra hoe dink hulle het wit mense grond bekom en hoe het swart mense hul grond verloor, byvoorbeeld deur “diefstal”.

    Swart het gesê die diefstalstelling spruit uit Tony Yengeni, voormalige ANC-hoofsweep, se uitlating in 1996 in die parlement dat “die meeste wit mense hul welvaart bekom het deur dit te steel’’.

    ’n Verdere bevinding is dat Suid-Afrikaners toenemend glo mense wat grondeise in die howe beveg, is “teen transformasie” gekant.

    Vir Swart is die syfers ’n aanduiding dat daar steeds sterk verdeeldheid onder rasgroepe is.

  2. Ek het n paar vrae ivm Mandela;

    1 – Maharaj se NM onthou niemand, moet gevoer word en kan nie eens sy kop beweeg nie. Tog maak die nuus uit dat hy besoekers kry (en hulle herken) en dat hy self eet (Zuma se hy eet n ontbyt)….? Dit maak nie sin nie.
    2 – NM is in n hospitaal maar niemand weet waar nie, hy het soos n groot speld verdwyn. Waar het die familie hom besoek? Waar is al die regime se leiers wat hom besoek? Die veiligheids wagte? Hoe is dit moontlik dat niemand hulle gewaar nie?
    3 – Ons weet die Genie korps (en andere?) is in Qunu, mens wonder hoekom die geheimsinigheid kan dit wees dat al hulle slu planne nog nie ten volle uitgevoer is nie en dat hulle nog tyd nodig het?

    Adriaan as jy of ander blog gebruikers antwoorde het sal dit goed wees om te hoor.

    1. Dit is verstommend dat daar in geen media enigiets vermeld word van die wapentuig (ratels ens) van die VN of die vreemde soldate in ons land teenwoordig is nie.Daar word geen melding gemaak van aanloopbane en uitbreidings op Umtata nie. Dit ie verstommend oor hoe Wit Afrikaners dalk Boere die swye opgele word, daan praat hierdie idiote van persvryheid!!!

  3. Barry62,
    Ja ek reken die fosiel is al so +- 2 tot 4 jaar al in die hel.

    Ek dink hulle wag net tot die laaste groepie jeugdiges se weegmag`development skills` kursus klaar is, die beheertoring toerusting werkend geinstalleer is by daai nuwe aanloopbaan…en die `dead Mandela WAXDOLL` en `showcase` afgelewer is, dan kom die poppespel.

    1. Ek het n interesante artikel gelees met die afsterwe van Hugo Chavez, sy begraafnis ritueel was soos ons dink mandela sin gaan wees. Maar die verskil so vermoed ek kom by die balsem, hulle wou Chavez balsem maar moes sy lyk Rusland toe vlieg en dan sou dit 7 maande duur om die balsem proses af te handel. Dalk is jy reg dat hy al gegroet het en dat hulle net vir die aflewering wag.

  4. ingrid de Villiers

    Ek stem saam met Piet Jan en Barry. Mandela is al meer as n jaar oorlede en is gebalsem. n Mens kan geen kommentaar by die artikels van Mandela in koerante plaas nie. Hulle weet baie mense weet die waarheid en sal kommentare daar sit oor die waarheid. Dit is alles mooi uitgewerk deur die Illuminati. Kyk byvoorbeeld nou na die koerantberig oor die program van Mandela wat na sy dood uitgesaai moes word en verkeerdelik uitgesaai is op DStv. Daar is n paar slange in die gras. Siener se visioene kom darem nou baie vinnig in vervulling….

    http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/TV-kanaal-spyt-oor-Madiba-program-20130404

  5. TV-kanaal spyt oor Madiba-program
    2013-04-04 00:27
    Artikelopsies
    Druk artikel e-pos artikel Deel
    Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Beeld op
    Jou selfoon Jou Facebook-profiel
    Verwante skakels
    Mandela ‘se toestand verbeter’
    Madiba opgeneem oor hart
    Klippies neergelê om te bemoedig

    MultiChoice moes gister bontstaan nadat ’n DStv-kanaal ’n huldigingsprogram oor oudpres. Nelson Mandela uitgesaai het wat vervaardig is vir uitsending ná sy dood.

    Die Universal Channel (kanaal 117 op DStv) het eergisteraand die program Remembering Madiba 1918-2013 uitgesaai. Volgens die kanaal se bemarkingspan het dit weens ’n “tegniese fout” gebeur en nie omdat daar gedink is Madiba is reeds oorlede nie.

    Mandela (94) is vandag reeds ’n week in die Harthospitaal in Pretoria waar hy vir longontsteking behandel word.

    “Kykers is Dinsdagaand geskok toe die program uitgesaai is en daar geïmpliseer is dat Mandela dood is.

    “Ons is baie jammer oor die fout en hartseer wat dit moontlik veroorsaak het. Dit is onduidelik hoe presies dit gebeur het,” lui ’n verklaring deur MultiChoice.

    Volgens ’n woordvoerder het verskeie mense hul afkeer op Twitter en Facebook uitgespreek.

    Mandela en sy familie, Universal Channel se kykers en DStv-intekenare is om verskoning gevra.

    Mandela se dokters is tevrede met sy vordering, het Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, gister gesê. Volgens hom gaan dit nou beter met die oudpresident as toe hy opgeneem is, berig Hilda Fourie.

    “Hy reageer bevredigend op die behandeling en sy vordering is bestendig.” – Lourensa Eckard

  6. Ek kyk nou BBC en hulle wys hoe mandela ‘ontslaan’ word. Een ambulance en een spesiale bussie met wagte in. Op News24 lees ek n kommentaar waar n vrou beweer het sy het hulle gesien maar daar was ongeveer 13 voertuie by. Natuurlik moes BBC uitlig dat hy sy long probleem gekry het in die tronk onder die apartheids ‘regime’. Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat hier n ‘conspiracy theory’ is: 1 – Skielik gaan hy meer hospitaal toe 2 – Niemand mag weet waar is die hospitaal 3 – Nasioanale en internasionale nuus media word betrek om sy ‘legacy’ instand te hou en terselfde tyd uit te wys hoe sleg apartheid was.

    So wat is die media en die regime besig om te doen? Hulle wil op n subtiele wyse die massas laat weet die snaar word nou oud en sal ‘huis toe gaan’. Maar wil hulle ook herhinner dat dit apartheid se skuld is. Ook was dit sy begeerte om by sy voorvaders dood te gaan en het die lugmag selfs n vliegtuig verloor om hom daar te versorg. Nou is hy in JHB en lyk of hy nie meer by sy voorvaders wil dood gaan nie, dit maak net nie sin nie.

    Die is net my teorie uit die minimum inligting tot my beskikking; 1 – Hy is huis toe n tyd gelede en moontlik ondom die tyd van die vlieg ongeluk 2 – Die massas moet nou bewus gemaak word van sy hoe ouderdom en dat hy siek is 3 – Herhinner die gepeupel dat die siekte uit apartheid se dae kom om die haat hoog te hou 4 – Dit vat 7 maande om n liggaam te balsem (sien Hugo Chavez).

    Dus is ons op geleende tyd as die teorie korrek is.

Comments are closed.