Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg

Ek sien die aarde is pikswart…

2013-05-26

Deur Adriaan Snyman


Terwyl wêreldvrede op die rand van die afgrond wankel, oorlogswolke in die Midde-Ooste saampak, die hele Europa  onder ‘n dreigenende ekonomiese ineenstorting steier en selfs Swede in die greep van rassewrywing sit, juig almal (pres. Zuma inkluis)  dat Suid-Afrika die toonbeeld van vryheid, gelykheid en broederskap is, want behalwe vir die slagting onder ons boere, die verkragting van ons vroue en dogters, die armlastige wittes in plakkerskampe, die stakings, die slegte paaie, vuil drinkwater en Eskom wat nie meer weet of ons ligte vanaand gaan brand nie, is almal doodgellukig en tevrede

Iemand bel ons en sê: “Nadat die Engelse mynbase die 34 mynwerkers laat doodskiet het en die De Doorns-boere se plase afgebrand is, het alles bedaar en geniet ons die vrede en stilte wat oor die land neergedaal het.”

Ons het dit oorweeg om hom te vra of hy dan vergeet het van die moorde, dieftalle, aanrandings, korrupsie en Gupta, maar wou hom liefs nie uit sy reënboogdroom wakker skud nie. Dit was duidelik hy was ook nie bewus van die duiwel wat nog daar onder ronddraai nie.

Ja, miskien is hy tog reg — miskien is dit die “kort stilte” waarvan Siener gepraat het, want:

Reeds ses weke gelede al het ons op ons blog die Natal Witness van Saterdag 30 Maart aangehaal waarin daar berig is dat ondersteuningselemente van die Oos-Kaapse weermag op bystand geplaas is in Qunu, Nelson Mandela se tuisdorp.

Die soldate se funksie sal glo wees om te sorg dat daar krag, water en ander logistieke dienste beskikbaar is wanneer groot getalle mense in die nabye toekoms by Mandela se tuisdorp gaan opdaag. Die Natal Witness kon ongelukkig nie vir ons sê waaarom ’n swetterjoel swartpak-numero uno’s juis daarheen wil verkas nie.  Nog minder het die arme verslaggewer geweet presies wat die weermag met water- en kragvoorsiening te make het. Miskien sal hulle (namens die departement van Waterwese), vir die Madiba-sleepsels water in emmers moet aankarwei, en (namens Eskom) sorg dat die stowe, kerse en lampe brand!)

Dit lyk egter of daar nou nuwe onheilighede aan die kom is, want ons het pas die nuus ontvang dat altesaam 5 000 SAP-lede in die nabye toekoms vir ’n week of langer op Umtata ontplooi gaan word en dat hulle drie maal per dag wil eet – hulle is glo getaak om na die veiligheid om te sien van die tienduisende wat na verwagting op Qunu gaan toesak.

Ander gebeure wat moontlik hiermee verband hou, is die volgende: daar is reeds ’n geheimsinnige teenwoordigheid van VN troepe, -wapentuig en –helikopters wat oral in die land opgemerk word.

Maar dis nog glad nie al nie — Amerikaanse en Engelse soldate bevind hulle reeds in Suid-Afrika. En pas ‘n week of wat gelede het dit aan die lig gekom dat al die gastehuise in Waterkloof, Pretoria deur talle Amerikaanse vlootsoldate beset word. In die verlede was dit normaal dat hulle in hotelle of gastehuise aan die kus tuisgaan wanneer oorlogskepe ons hawens aandoen. Wat die rede vir hulle teenwoordigheid so ver van die kus af is en hoe lank hulle hier gaan vertoef, bly ’n raaisel.

Daar is glo vooraf reuse-deposito’s vir hulle verblyf betaal en die eienaars en personeel van die gastehuise, is tot doofstomheid geslaan, want die geld rol in en dis mos al wat saakmaak. Geen inligting oor die vlootsoldate se teenwoordigheid word aan die publiek uitgelek nie.

Ander kommerwekkende nuus is dat groot hoeveelhede wapentuig en amunissie vanaf die begin van Junie 2013 onder gewapende geleide van die Kaapstadse hawe af na verskeie buitelandse ambassades in Suid-Afrika vervoer gaan word. Die vraag is, wat verwag die asbassades gaan hier gebeur dat hulle nou ewe skielik “bewapen” moet word?  En verder — is die gerugte waar dat die ANC regime beplan om net na Mandela se dood, krygswet af te kondig? Dit sal dan outomaties beteken dat alle bewings van burgers gekonkroleer of aan bande gelê sal word.

Wat beteken al hierdie geheimsinnigheid? En het dit dalk enige verband met soortgelyke dinge wat nou in Amerika plaasvind?

“Hier is buitelandse troepe en pantservoertuie in New Hampshire, Florida en Wes-Virginia opgemerk,” skryf Lynn Leahzon op 22 Mei in The Voice of Russia.

’n Ander korrespondent, Pamela Rae Schuffert, skryf op haar beurt weer dat sy tientalle oproepe van Wes-Virginia, Florida en Georgia en ander dele van Amerika ontvang oor ongemerkte militêre vliegtuie wat feitlik dag en nag daar land en opstyg. Die vliegtuie is almal silwerkleurig sonder enige kentekens.

Sy sê verder daar is gerugte in omloop dat Amerika voorberei vir binnelandse militêre operasies. Maar sy weet nie wat dit presies behels nie.

Hoëvlak militêre amptenare het aan haar bevestig dat VN-soldate met vragvliegtuie na Indiana afgevoer is, terwyl Swat-troepe weer na Texas, Florida, Mississippi en Georgia gestuur is.

Navrae by die Amerikaanse weermaghoofkantoor oor waarom die publiek nie ingelig word oor die teenwoordigheid van VN-soldate en pantservoertuie in die strate van groot stede nie, het niks opgelewer nie.

Sy verskaf dan self ‘n moontlike antwoord: “Die rede is dat onder krygswet sal die buitelandse troepe die vuilwerk moet doen wat VSA troepe nie aan hul eie mense wil doen nie…”

Haar antwoord is waarskynlik ook vir óns bedoel!

Die son sak oor Engeland…

(Gesiene Brit word onthoof)

Byna vyf jaar gelede, in 2008, het ek in my boek, Blaas die basuin, ’n gesig van Siener bespreek waarin hy gesien het dat ’n ‘gesiene Brit’ wreed onthoof sal word, dat hy bande met die Britse koningshuis het en dat sy begrafnis deur persone vanuit die koningshuis bygewoon sal word.

Op Woensdag 22 Mei 2013 het twee Moslems die Britse soldaat, Lee Rigby, helder oordag in Woolwich in die suide van Londen met kapmesse aangeval, hom onthoof, daarna aan stukke gekap, en toe op ’n video gesê: “Julle mense sal nooit veilig wees nie. Verwyder julle regering. Hulle gee nie vir julle om nie…”

Lee Rigby (25)

Rigby was ’n infanteriesoldaat in die 2de Bataljon van die Royal Regiment van Fusilliers wat in Afganistan en Ciprus diens gedoen het en toe later as seremoniële tromspeler vir die koningshuis opgetree het. Die Fusilliers was bekend vir die pluim in hulle hooftooisel.

Islamofobiese haatmisdaad het binne ure na die aanval tienvoudig verskerp en die regering se blitslyn het die volgende dag 140 klagtes van Islamofobiese aanvalle gekry. Dit sluit in 9 aanvalle op moskees, rassevoorvalle, mishandeling en anti-Moslem-slagspreuke. Gedurende Vrydag se gebede is ’n bom in die Milton Keynes-moskee gegooi, terwyl geweld in Gillingham, Braintree, Bolton en Cambridge uitgebreek het.

In die visioen het Siener ’n groot kom (bak) met  varkwors (’n Engelsman) daarin gesien.  Toe sien hy ‘n skottel water en uit die water kom ‘n gekapte kop. Toe kom ‘n zwart manel uit. Op 11 Desember 1921 sien hy ’n burgeroorlog in Engeland/Europa uitbreek — die begin van Engeland se ondergang: In Europa uit die donker kom ’n rooi bul en daar kom nog een toe baklei die twee en raak weg.

Verklaring: ’n Vooraanstaande Britse burger word wreed vermoor en onthoof. Dat hy hom in ’n skottel sien lê, beteken hy word letterlik soos ‘n vark geslag. (Die verklaring van die “seereis” is nie korrek nie. Volgens Siener het die water-simbool áltyd met nuus te doen. En die feit dat hy die “gekapte kop” in ‘n skottel met water sien lê, kan net beteken dat Rigby se dood groot nuus sal wees). Dit het dan ook skokgolwe nie net in Brittanje nie, maar dwarsoor die wêreld gestuur. Die simbool van die “swart manel” wat uitkom, beteken sy begrafnis sal ook deur persone uit die adelstand bygewoonl word. (Soos reeds hierbo genoem, was hy die seremoniële tromspeler vir die koningshuis).

Onthoofding is al eeue lank ‘n vorm van teregstelling deur Islamitiese/Moslem ekstremiste. So bv.is die ganse beskaafde wêreld in 2002 wreed geruk deur die koelbloedige  onthoofding van die joernalis, Daniel Pearl, deur Moslems in Pakistan.

(Na hierdie insident, gaan Engeland ‘n donker tyd tegemoet, ‘n tyd wat gekenmerk sal word deur geweld, bloedvergieting, rassekonflikte en burgeroorlog. Maar dis nog net die begin van Engeland se uiteindelike en finale ondergang!)

Siener het die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog al in 1911 aan genl. De la Rey voorspel: “Ek het die afgelope ruk dikwels ’n donkerte oor die wêreld sien toesak. Dis ’n donkerte waarin baie nasies sal ondergaan.”

En elf jare laar beskryf hy uitbreek van die 2de Wêreldoorlog (1922) só aan sy vriend, Boy Mussmann: Vure slaan uit in Europa (dis die begin); daarna val ’n man in kruitvat wat ontplof, ’n vrou in swart klere verskyn, sy is swaar in rou. Dan sien hy ‘n gesig van gaar (gekookte) bloed. Van die noordelike Yssee af tot aan die Swartsee in die suide sal Duitsland met die Russe in ’n stryd gewikkel wees, en kort voor die oorlog eindig, sien hy ’n emmer bloed omval (die verwoesting van Dresden)…”

Hoewel 76 miljoene mense in die twee Wêreldoorloë gesterf het, en hy in die Eerste Wêreldoorlog ’n “donkerte” sien toesak het, was sy gesig oor die uitbreek en verloop van die Derde Wêreldoorlog (15 Augustus 1923), seker een van die mees ontstellende visioene wat hy ooit gehad het:

“Ek sien die aarde is pikswart…”

20 thoughts on “Ek sien die aarde is pikswart…”

  1. Op Saterdag 25 Mei het die volgende berig in ‘n bekende Britse koerant verskyn. Ek haal aan:

    “The BNCP was today acccused of cynically exploiting the death of Drummer Lee Rigby to further its “Own poisonous ends” after the far right group anounced it would be demonstrating in Woolwich.

    National organiser Adam Walter said the brutal murder meant a line has been drawn in the sand and it signals the beginning of the civil war we have predicted for years.

    He said the next task is to force the political class to take action and deport Muslim hate preachers starting with a demo next Saturday opposite the barracks in Woolwich”.

    Thanks Adriaan

    Groete

  2. Adriaan n baie interesante stuk en dit loop hand in hand met jou vorige artikel rakende die afsterwe en voorspelling rakkende Margaret Thatcher. Gebeure in die VK glo ek kan nie meer gestop word nie. Maar die prentjie lyk sleg in die hele wereld, die VSA se ekonomie word met $85 biljoen n maand met papier geld gestimuleer (hulle leer by Gono van Zim) dieselfde geld vir Japan. China se vervaardiging neem af en hulle doellose bou van stede en geboue sonder inwoners begin hom in te haal. Europa weet ons het van die hoogste werkloosheid in die wereld. Die verwagting is dat Australie se werkloosheid die jaar met rasseskrede gaan toeneem. Dus in kort daar was nooit n finansiele herstel nie.

    Oom Klasie sien rasse geweld in Europa en as ons op die oomblik kyk dan brand Engeland en Swede en Frankryk is aan die vooraand.

    Mag YHWH voorsien dat die tyd nou aangebreek het.

    1. Nee my vriend nie YHWH nie!! Maar Jesus Christus!!
      Voor ons nie ons buig en Jesus aanvaar as ons enigste Verlosser en Saligamker nie, en erken Jesus Christus is die Lewende Alfa en Omega, sal dinge nie goed gaan met ons nie!!!

      1. Ag Ou Theo, jy wil nou net nuttelose twis kom saai.
        Dit maak regtig nie saak of jy die God van Jakob Jesus, Yahsua, Josi, of Yesi of Here, YHWH, El of net wat jou klein koppie verstaan nie.

        Hy is tog maar net wat Hy is! So noem Hom wat jy wil.

        Hy kom met `n Naam wat niemand ken nie en Sy Naam is DIE WOORD VAN GOD!

        Dus, as jy die NAAM VAN GOD YDELIK gebruik is dit om te sê die Here het so gesê terwyl Hy dit NOOOOIT gesê het nie. – Dit is om Sy naam ydelik tegebruik. – Bv jou predikant wat sê God het gesê die kaffers is nou ons naaste terwyl Hy dit nooit gesê het nie. – Godslasterlik! Hy sal hulle sekerlik nie ongestreaf laat bly nie!

  3. DOREEN STASSEN

    Adriaan, ja, so word die een na die ander voorspelling in vervulling en nog steeds wil die wereld weet wat gaan met ons aan. Hulle beskuldig ons steeds dat ons aan ‘n dooie man glo en dooies aanbid daardeur. Laat hulle se wat hulle wil. Siener het nog nooit ‘n fout gemaak nie. Ons is nou so naby soos “dammit” aan vloek!

    1. ja al die boere profete is dood,maar die Vader wat dit aan hulle gegee het is nog net so lewend soos voor die skepping van alles
      nick

  4. Ja, en dan is die neo-Nazi`s ook besig om in Duitsland Sterk, BAIE STERK, na vore te tree.

    Enige soekenjin met woorde `youtube rise neo nazi` sal `n ontnugtering vir sommige wees.

    Maar dit laat my wonder…..

    Wat se geloof is die neo Nazi`s?

    Gaan ons die hand van hulp aanvaar as dit `Pagan` of selfs `Rooms Katoliek` is?

    Kan iemand my dalk antwoord wat hul geloofs oortuiging is?

  5. Mens wens elke dag die tyd moet NOU aanbreek. Daagliks stroom nuus vanuit die wereld na ons oor die hewige tekens wat orals verskyn. Feller en meer verwoestend die natuurgebeure sowel as onnatuurlike gebeure. Alles bou op tot ‘n klimaks, maar die klimaks kom nie tot ‘n klimaks nie!

    In Jak 5:7 Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het.

    Jas 5:9 Moenie teen mekaar sug nie, broeders, sodat julle nie veroordeel word nie. Kyk, die Regter staan voor die deur.

    Jas 5:10 Neem as voorbeeld van lyding, my broeders, en van geduld die profete wat in die Naam van die Here gespreek het.

    Jes 28:16 daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek lê in Sion ‘n grondsteen, ‘n beproefde steen, ‘n kosbare hoeksteen wat vas gegrondves is; hy wat glo, sal nie haastig wees nie.

    My liewe mense, ek bely ook die ongeduld wat van nature sy kop uitsteek, maar mens moet daarteen waak en stry.

  6. Piet Jan, ek het self al daardie vraag gevra. Duitsland is vandag ‘n “Godlose” nasie, moet ons nou bakhand staan vir hulle “Hulp” en in die proses ons volk meer verdeeld te maak as wat hul reeds is. Ons moet die volk nader bring aan Yahweh nie verder van Hom verdryf deur mense wat Hom nie eer nie.

    1. Ai tog mense….asseblief!!!! Erken Jesus Christus…waarom is dit so moeilik?
      Nie Yaweh nie en as dit die rigting is wat ons “volk” sou gaan wil ek nie deel wees nie.
      Julle mis die punt…die satan bring julle op ‘n syspoor…aanvaar net vir Christus Jesus and die Eerste en die Laaste!!!

  7. Rudolph Potgieter

    Baie dankie vir jou pos Adriaan, ons hang aan elke woord en my siel juig van opgewondenheid elke keer as ek iets sien wat Siener voorspel het waar word. Tog te lekker om die liefde vir God se Waarheid te he!, al is ons so skaars soos hoender tande.

    Ek bid baie vir ons Boere volk vat so verraai was deur Goddelose leiers wat ons uit verkoop het maar God gaan ons binnekort verlos van hierdie juk.

    Ek wou net gou die link deel oor vat beplan word vir Lee Rigby se begrafnis. Dit gaan wel ‘n groot storie wees oor die nuus en ek gaan darm lekker lag en huil tesame (van blydskap natuurlik) as die royals ook die ding bywoon.

    http://www.dailymail.co.uk/news/article-2331012/Drummer-Lee-Rigby-honoured-funeral-Southwark-Cathedral-fitting-tribute-life.html?ito=feeds-newsxml

    Ek prys en dank onse Here Jesus vir sy liefde en beloftes, en vir jou wat ons so op hoogte hou.

  8. Weereens ‘n pragtige artikel Adriaan, baie dankie.

    Dit lyk of Siener se visioene nou baie vinnig
    besig is om in vervulling te gaan, veral van die dinge wat nou besig is om in europa en engeland te gebeur, ek stem saam met Willem, ‘n mens wil graag he dinge moet vinniger gebeur, maar mens moet onthou dat alles wat gebeur in Vader Yahweh se hande is.

    Ek wil graag ‘n link met julle deel aangaande die geskiedenis van WW1 en WW2, dit bevat ‘n
    baie akkurate toespraak deur ‘n joodse sakeman wat in 1961 verduidelik het aan ‘n paar christene in New York oor hoe Duitsland deur die Internasionale Zioniste gemanipuleer was,
    dit sal die vraag van Piet Jan en Marlene dalk beter kan beantwoord, dis omtrent 87min lank, maar dit is die moeite werd:

    http://servv89pn0aj.sn.sourcedns.com/~gbpprorg/obama/benjamin-h-freedman-1961-speech.html

    Vader Yahweh se hand hou die boervolk vas en binnekort sal hulle die vryheid ontvang waarvoor hulle solank vir geveg het. Prys Yahweh!

    Beste wense,
    Neil

    1. Nog een!!! Kom mense kniel voor Jesus hy is die Waarheid, Die Wortel, Die Helder morester, die Alfa en Omega….asseblief mense as ons bore gered wil word…net deur die Bloed van Christus!!!

      1. Theo, die BOERVOLK kniel alleen voor DIE.ALMAGTIGE , Die GROOT”EK IS” van Isra-EL. ….. en SY NAAM IS VADER YHWH(JahWeH). Boeregroete. Matruh

  9. Dit is nooit ontydig om van Die HERE te verneem nie en alhoewel hierdie Woorde meer gepas is vir diegene wat nie wil hoor nie, is hulle nietemin tydig vir almal:

    Deu 28:1 As jy dan goed luister na die stem van die HERE jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die HERE jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.
    Deu 28:2 En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die HERE jou God.
    Deu 28:3 Geseënd sal jy wees in die stad, en geseënd sal jy wees in die veld.
    Deu 28:4 Geseënd sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land en die vrug van jou vee, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee.
    Deu 28:5 Geseënd sal wees jou mandjie en jou bakskottel.
    Deu 28:6 Geseënd sal jy wees by jou ingang, en geseënd sal jy wees by jou uitgang.
    Deu 28:7 Die HERE sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug.
    Deu 28:8 Die HERE sal die seën oor jou gebied in jou skure en in alles waar jy jou hand aan slaan; en Hy sal jou seën in die land wat die HERE jou God jou sal gee.
    Deu 28:9 Die HERE sal jou vir Hom as heilige volk bevestig soos Hy jou dit gesweer het, as jy die gebooie van die HERE jou God hou en in sy weë wandel.
    Deu 28:10 En al die volke van die aarde sal sien dat die Naam van die HERE oor jou uitgeroep is, en hulle sal vir jou vrees.
    Deu 28:11 En die HERE sal die goeie aan jou oorvloedig gee in die vrug van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrugte van jou land, in die land wat die HERE aan jou vaders met ‘n eed beloof het om aan jou te gee.
    Deu 28:12 Die HERE sal sy goeie skatkamer, die hemel, vir jou oopmaak om die reën van jou land op die regte tyd te gee en om al die werk van jou hand te seën; en jy sal aan baie nasies uitleen, maar self nie hoef te leen nie.
    Deu 28:13 En die HERE sal jou die kop en nie die stert maak nie, en jy sal net boontoe en nie ondertoe gaan nie as jy luister na die gebooie van die HERE jou God wat ek jou vandag beveel om te hou en te doen,
    Deu 28:14 en jy nie regs of links afwyk van al die woorde wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop om hulle te dien nie.
    Deu 28:15 Maar as jy nie luister na die stem van die HERE jou God, om sorgvuldig te hou al sy gebooie en sy insettinge wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal.
    Deu 28:16 Vervloek sal jy wees in die stad, en vervloek sal jy wees in die veld.
    Deu 28:17 Vervloek sal wees jou mandjie en jou bakskottel.
    Deu 28:18 Vervloek sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee.
    Deu 28:19 Vervloek sal jy wees by jou ingang, en vervloek sal jy wees by jou uitgang.
    Deu 28:20 Die HERE sal teen jou stuur die vervloeking, die verwarring en die bedreiging in alles waar jy jou hand aan slaan, wat jy moet doen; totdat jy verdelg is en totdat jy gou tot niet gaan vanweë die boosheid van jou handelinge, dat jy My verlaat het.
    Deu 28:21 Die HERE sal maak dat die pes jou aankleef totdat Hy jou vernietig uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.
    Deu 28:22 Die HERE sal jou swaar tref met tering en koors en vurige koors en ontsteking en droogte en brandkoring en heuningdou; en hulle sal jou vervolg totdat jy omkom.
    Deu 28:23 En jou hemel wat bo jou hoof is, sal koper, en die aarde wat onder jou is, yster wees.
    Deu 28:24 Die HERE sal die reën van jou land poeier en stof maak; van die hemel sal dit op jou afkom totdat jy verdelg is.
    Deu 28:25 Die HERE sal maak dat jy voor jou vyande verslaan word; op een pad sal jy teen hom uittrek en op sewe paaie sal jy voor hom uit vlug—en jy sal ‘n skrikbeeld vir al die koninkryke van die aarde word.
    Deu 28:26 En jou lyke sal as voedsel dien vir al die voëls van die hemel en vir die diere van die aarde sonder dat iemand hulle skrikmaak.
    Deu 28:27 Die HERE sal jou swaar tref met swere van Egipte en met geswelle en skurfte en uitslag waarvan jy nie kan gesond word nie.
    Deu 28:28 Die HERE sal jou slaan met kranksinnigheid en blindheid en sinsverwarring,
    Deu 28:29 sodat jy op die middag sal rondtas soos die blinde in die donker rondtas, en in jou weë sal jy geen voorspoed hê nie; maar jy sal altyddeur net verdruk en beroof wees sonder dat daar ‘n helper is.
    Deu 28:30 Jy sal jou met ‘n vrou verloof, maar ‘n ander man sal haar skend; ‘n huis sal jy bou, maar daarin nie woon nie; ‘n wingerd plant, maar dit nie in gebruik neem nie.
    Deu 28:31 Jou bees word voor jou oë geslag, maar jy sal daarvan nie eet nie; jou esel word voor jou weggeroof en sal na jou nie terugkom nie; jou kleinvee word aan jou vyande gegee sonder dat daar vir jou ‘n helper is.
    Deu 28:32 Jou seuns en jou dogters word aan ‘n ander volk gegee, terwyl jou oë dit sien en die hele dag na hulle smag sonder dat jy daar iets aan kan doen.
    Deu 28:33 Die vrugte van jou land en al jou werk sal ‘n volk eet wat jy nie ken nie; en jy sal altyddeur net verdruk en hard behandel word.
    Deu 28:34 En jy sal kranksinnig wees vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien.
    Deu 28:35 Die HERE sal jou tref met bose swere aan die knieë en aan die bene—waarvan jy nie gesond kan word nie—van jou voetsool tot jou skedel.
    Deu 28:36 Die HERE sal jou en jou koning wat jy oor jou sal aanstel, na ‘n nasie laat gaan wat jy en jou vaders nie geken het nie; en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien.
    Deu 28:37 En jy sal ‘n voorwerp van verbasing, ‘n spreekwoord en ‘n spot wees onder al die volke waarheen die HERE jou sal wegvoer.
    Deu 28:38 Jy sal baie saad op die land uitbring, maar min insamel; want die sprinkaan sal dit afeet.
    Deu 28:39 Wingerde sal jy plant en bewerk maar geen wyn drink of wegbêre nie; want die wurm sal dit opeet.
    Deu 28:40 Olyfbome sal jy hê in jou hele grondgebied, maar jy sal jou nie met olie salf nie; want jou olywe sal afval.
    Deu 28:41 Seuns en dogters sal jy verwek, maar hulle sal vir jou nie wees nie; want hulle sal in gevangenskap gaan.
    Deu 28:42 Al jou bome en die vrugte van jou land sal die sprinkaan in besit neem.
    Deu 28:43 Die vreemdeling wat by jou is, sal hoër en hoër oor jou opklim; en jy sal laer en laer afsak.
    Deu 28:44 Hy sal aan jou leen, maar jy sal aan hom nie leen nie; hy sal die kop en jy die stert wees.
    Deu 28:45 En al hierdie vloeke sal oor jou kom en jou agtervolg en jou inhaal totdat jy verdelg is, omdat jy nie geluister het na die stem van die HERE jou God om sy gebooie en sy insettinge wat Hy jou beveel het, te hou nie;
    Deu 28:46 en hulle sal by jou ‘n teken en ‘n wonder wees, en by jou nageslag tot in ewigheid.
    Deu 28:47 Omdat jy die HERE jou God nie met vreugde en vrolikheid van hart weens die oorvloed van alles gedien het nie,
    Deu 28:48 sal jy jou vyand wat die HERE teen jou sal stuur, dien in honger en in dors en in naaktheid en in gebrek aan alles; en hy sal ‘n ysterjuk op jou nek sit totdat hy jou verdelg het.
    Deu 28:49 Die HERE sal teen jou ‘n nasie bring van ver, van die einde van die aarde af, soos ‘n arend vlieg—’n nasie wie se taal jy nie verstaan nie,
    Deu 28:50 ‘n nasie hard van aangesig, wat ‘n grysaard nie ontsien en vir ‘n seun geen genade het nie.
    Deu 28:51 En hulle sal die vrug van jou vee en die vrugte van jou land opeet totdat jy verdelg is; wat vir jou geen koring, mos of olie, aanteel van jou beeste of aanteel van jou kleinvee sal laat oorbly totdat hulle jou tot niet gemaak het nie.
    Deu 28:52 En hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte totdat jou hoë en versterkte mure val waarop jy in jou hele land vertrou het; ja, hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte in jou hele land wat die HERE jou God jou gegee het.
    Deu 28:53 En jy sal die vrug van jou liggaam eet, die vlees van jou seuns en jou dogters wat die HERE jou God jou gegee het, in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou benoud sal maak.
    Deu 28:54 Die vertroetelde en baie verwénde man by jou—sy oog sal sy broer en die vrou wat hy liefhet, en sy orige kinders wat hy nog behou het, skeef aankyk;
    Deu 28:55 sodat hy aan geeneen van hulle iets sal gee van die vlees van sy kinders wat hy eet nie, omdat daar vir hom niks anders oorgelaat is in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak nie.
    Deu 28:56 Die vertroetelde en verwénde vrou by jou wat van verwendheid en weekheid nooit probeer het om haar voetsool op die grond neer te sit nie—haar oog sal die man wat sy liefhet en haar seun en haar dogter skeef aankyk,
    Deu 28:57 ook haar nageboorte wat tussen haar voete uitgaan, en haar kinders wat sy sal baar; want sy sal dit stilletjies eet by gebrek aan alles in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak.
    Deu 28:58 As jy nie sorgvuldig al die woorde van hierdie wet hou wat in hierdie boek geskryf is, om hierdie heerlike en gedugte Naam, die HERE jou God, te vrees nie,
    Deu 28:59 dan sal die HERE oor jou en oor jou nageslag buitengewone plae bring, groot en aanhoudende plae, en kwaadaardige en aanhoudende siektes;
    Deu 28:60 en Hy sal weer op jou bring al die kwale van Egipte waarvoor jy bang was, sodat hulle jou aanklewe.
    Deu 28:61 Ook allerhande siektes en allerhande plae wat in die boek van hierdie wet nie geskrywe is nie, dié sal die HERE teen jou laat opkom totdat jy verdelg is.
    Deu 28:62 En julle sal met min mense oorbly, in plaas dat julle gewees het soos die sterre van die hemel in menigte, omdat jy nie geluister het na die stem van die HERE jou God nie.
    Deu 28:63 En soos die HERE oor julle bly was om aan julle goed te doen en julle te vermenigvuldig, so sal die HERE oor julle bly wees om julle tot niet te maak en julle te verdelg; en julle sal uitgeruk word uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.
    Deu 28:64 En die HERE sal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde; en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien, wat jy en jou vaders nie geken het nie.
    Deu 28:65 En onder dié nasies sal jy geen rus hê nie, en vir jou voetsool sal daar geen rusplek wees nie; maar die HERE sal jou daar ‘n bewende hart gee en smagtende oë en ‘n kwynende siel.
    Deu 28:66 En jou lewe sal voor jou aan ‘n draad hang, en jy sal nag en dag skrik en van jou lewe nie seker wees nie.
    Deu 28:67 In die môre sal jy sê: Ag, was dit maar aand! En in die aand sal jy sê: Ag, was dit maar môre! —vanweë die skrik van jou hart wat jou sal aangryp, en vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien.
    Deu 28:68 En die HERE sal jou op skepe na Egipte terugbring, op die pad waarvan ek vir jou gesê het: Jy sal dit verder nie meer sien nie; en daar sal julle aan jul vyande as slawe en slavinne verkoop word, maar daar sal geen koper wees nie.

    Wees dan gehoorsaam aan Die HERE se Gebooie in al jou weë en bid vir jou tekortkominge in die ewige hoop en geloof dat HY jou mag seën temidde van hiedie strafgerig wat al feller sal word, voor dit uiteindelik sal bedaar tot stilte, vrede en voorspoed vir die oorlewendes.

  10. Die debat word gevoer in City Press. Enige person wat dink hier is vrede in die land het hom/haar erg misgis.

    Die haat is diep gewortel en dit wag op uitbarsting. Lees asb die volle storie op die skakel om te sien hoe diep die haat loop.

    http://www.citypress.co.za/columnists/city-press-debate-are-we-strangers-in-a-strange-land-phumlani-mfeka/

    Mayor of Newcastle is on thin ground if he wants to grandstand, writes Phumlani Mfeka.

    You also missed an opportunity to realise that Africans in this province do not regard Indians as their brethren and thus the ticking time bomb of a deadly confrontation between the two communities is inevitable and shall be exacerbated by the antagonistic attitude that Indians such as yourself and Vivian Reddy have.

    The traffic official was absolutely correct in reminding you that India is your home, and you should perhaps begin to embrace India as your home as we Africans embrace South Africa as our home, which we are more than willing to fight and die for.

  11. Ek merk dat al die koerante asook die engelstallige nuus media almal nou se ‘Dit is tyd om te groet’, dit is self gister op die Sunday Times se voorblad ‘It is time to let him go’. Mac het self vir die eerste keer gese dat dit ernstig is en van Mandela se oud makkers se dat hy nou ‘huistoe’ moet gaan. Saam met die aankondigings veg sy dogters reeds n paar maande om hulle hande aan sy skatte te slaan. Al sou hulle ‘wonderbaarlik’ hom die keer ‘red’ is dit net n sag maak proses dat die massas gewoond raak dat hy nie meer hier gaan wees. Die vraag is dan hoekom moet die massas so geleidelik gewoond gemaak word……

  12. Julius Malema is preparing the ground for a new political party, according to a report.

    Save & Share

    0
    inShare.

    Email

    Print

    The Star newspaper reported Malema was consulting his supporters with a view to establish a movement that would “restore the dignity of blacks” and reduce inequality between rich and poor.

    In an interview with the newspaper, the expelled ANC Youth League leader said the envisaged “forum” would fight for social justice rather than reconciliation and resume an “onslaught against white male monopoly capital”.

    It would push for expropriation of land without compensation, nationalisation of mines, and force the beneficiaries of apartheid to be remorseful “and behave in a manner that says they regret their conduct”.

    http://www.timeslive.co.za/politics/2013/06/11/malema-preparing-new-political-party-report

Comments are closed.