“…en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.” – Psalm 50:15
Met hierdie artikel bepaal ek my hoofsaaklik by vyf van Siener se gesigte wat almal betrekking het op die huidige wêreldgebeure. In die vyfde en laaste gesig hoor hy sy volk roep tot God. Maar voordat dit gebeur, lê daar nog vir ons die smeltkroes voor!
1) ‘n Ontsaglike burgeroorlog in Rusland
Siener het gewaarsku dat dinge in Europa, Oos-Europa (Rusland) en die Balkanstate en in die toekoms nog baie gaan versleg. Maar, het hy gesê, dinge sal baie erger en hagliker in Rusland wees, want dis dáár waar ‘n “ontsaglike burgeroorlog” gaan plaasvind. En hy was reg, want sedert die uitbreek van die Oekraïense oorlog in 2014, het meer as 10 miljoen mense – meer as ‘n kwart van die bevolking in streke onder regeringsbeheer – alreeds uit die land gevlug.
Die uitgerekte burgeroorlog het op 24 Februarie vanjaar skielik weer opgevlam toe Russiese magte die Oekraïne binnegeval het.
Dis opvallend dat ten tye van oorlog die eerste slagoffer altyd die waarheid is, en ons sien dit nou weer.
Die Weste beskuldig Rusland van gru-misdade teen die Oekraïense burgers; hulle gebruik selfs oorlogstonele uit videospeletjies om te wys hoe Russiese magte Oekraïense burgerlikes genadeloos martel en doodmaak. Senator Lindsey Graham het selfs op Fox News voorgestel dat pres. Poetin in ‘n sluipmoordaanval vermoor word.
Wladimir Poetin aan die anderkant sê weer sy doel met die aanval is om militêre installasies en biochemiese laboratoriums wat deur Amerika in die Oekraïne opgerig is, te vernietig en ook om die Oekraïne weer deel van Rusland te maak.
In 2013 het Victoria Nuland van Amerika die Oekraïners opgesweep om die wettig verkose regering van Wiktor Janoekowitsj omver te werp.
Die gevolg was dan ook ‘n staatsgreep, en die burgeroorlog wat daarop gevolg het, is tot vandag toe nog nie beëindig nie. Die wettig verkose president van Oekraïne, Wiktor Janoekowitsj, wat Rusland goedgesind was, moes inderhaas Rusland toe vlug. Die nuwe Oekraïense regering het hom daarna aan die kant van die Weste geskaar.
In verband met hierdie burgeroorlog skryf die EU Times van 31 Desember 2021 die volgende:
“The civil war, which has been going on for 8 years in Ukraine, is far from over. The war in Ukraine is well-documented and ongoing since February 2014. NATO is adding fuel to the fire to escalate civil war in Ukraine, and Kyiv still does not respect the Minsk Agreements.”
(Dis ‘n reeks internasionale ooreenkomste wat ten doel het om die oorlog in die Donbas-streek van die Oekraïne te beëindig. Maar tot dusver is dit nog nie geïmplementeer nie).
Op sy beurt het Wikileaks op 1 Maart 2022 soos volg oor Amerika se inmenging berig:

“As assistant Secretary of State for European Affairs Victoria Nuland was the “mastermind” behind the Feb. 22, 2014 “regime change” (coup) in Ukraine, plotting the overthrow of the democratically elected government of President Viktor Yanukovych while convincing the ever-gullible U.S. mainstream media that the coup wasn’t really a coup but a victory for ‘democracy’.”
President Poetin beskou die Oekraïne steeds as ‘n integrale deel van Rusland se verlede. “En as die Oekraïne sou aansluit by NAVO, sou dit dien as ‘n direkte bedreiging vir die veiligheid van Rusland,” het hy gesê, en die Weste opnuut gewaarsku dat as hulle voortgaan met hul planne om die Oekraïne met NAVO te verenig, hy dit militêr sal beveg. Maar hulle wou hê dat Poetin die Oekraïne moes binneval sodat dit op ‘n konfrontasie met die Weste kan uitloop.
Hierdie burgeroorlog in die Oekraïne kan tereg gereken word as die ergste wat Rusland nog beleef het.
Siener van Rensburg het dit ’n 100 jaar gelede reeds voorspel.
Vanaf 8 Junie 1925 tot en met 1 September van daardie jaar het hy ‘n reeks baie belangrike gebeurtenisse vooruit gesien. En dit sluit in sy gesig van ’n “ontsaglike burgeroorlog” in Oos-Europa in Rusland – ‘n burgeroorlog wat uiteindelik sou uitloop op ‘n bloedige wêreldstryd.
Sy profetiese waarskuwing dat “niks daarna ooit weer dieselfde sal wees nie,” het na my mening direk betrekking op wat nou in die wêreld gebeur. Met die wêreldwye inperkinge wat met COVID-19 op die mensdom afgedwing is, is daar min twyfel dat vryheid van spraak, beweging, geloof, ens. en alles wat ons as vanselfsprekend aanvaar het, iets van die verlede is.
Sommige van Siener se gesigte in dié verband, het reeds in vervulling gegaan, terwyl ander se tyd nog “aanstaande” (toekomstig) is, soos hy dit self gestel het.
Volgens UNHCR, die VN se vlugtelingagentskap, het byna 5 miljoen Oekraïners sedert die Russiese inval, reeds die land verlaat.
Filippo Grandi, hoof van die UNHCR, het ook bekend gemaak dat vroue en kinders 90 persent uitmaak van diegene wat gevlug het. Oekraïense mans van 18 tot 60 jaar kom in aanmerking vir militêre diens en mag nie die land verlaat nie. En toe het Grandi bygevoeg: “Die wêreld het oor die afgelope vier weke magteloos en in ongeloof toekyk hoedat ontelbare lewens verlore gaan, terwyl miljoene ander heeltemal ontwrig is.”
In Siener se visioen oor hierdie gebeure, het hy die volgende gesê: “Ek sien ‘n groot seeppot met vuur onder in die ooste van Europa in Rusland, en dit wys op ‘n ‘ontsaglike’ burgeroorlog wat daar plaasvind,” (sy eie woorde). En toe het hy Filippo Grandi se uitspraak byna woordeliks bevestig: “Maar terwyl dit aan die gang is, sal die wêreld magteloos staan en toekyk.”
Sergei Lawrof Rusland se minister van buitelandse sake, het in ‘n onderhoud met die Russiese staatstelevisiediens ook gesê die verskaffing van wapens aan Oekraine deur lede van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) kom in wese daarop neer dat die Westerse alliansie teen Rusland oorlog voer, en indien NAVO daarmee voortgaan, kan dit op ‘n kernoorlog uitloop.
Brittanje het die waarskuwing ignoreer, en die Britse eerste minister, Boris Johnson, het pas twee miljard rand se wapens vir die Oekraïne aangekondig. Hy het bygevoeg dat die VK ook bykomende militêre toerusting sal stuur, insluitend Starstreak lugafweermissiele en 800 anti-tenkmissiele.
Rusland het soos volg hierop reageer: (Berig in die Mirror Online)
Russia threatens to launch strike on UK soil over weapons supplies to Ukraine
Putin’s Foreign Ministry spokesperson Maria Zakharova said the hits could be authorised against Nato member countries’ military targets as supplies to Ukraine forces continue. Russia has issued a chilling new threat to the UK over continued weapon supplies to Ukraine. Zakharova said: “Do we understand correctly that for the sake of disrupting the logistics of military supplies, Russia can strike military targets on the territory of those Nato countries that supply arms to the Kyiv regime?” “After all, this directly leads to deaths and bloodshed on Ukrainian territory. As far as I understand, Britain is one of those countries.”
On Wednesday Putin also seemed to hint at a possible nuclear attack, telling assembled Russian lawmakers: “If someone intends to interfere in what is going on from the outside they must know that constitutes an unacceptable strategic threat to Russia.”They must know that our response to counter strikes will be lightning fast. Fast.”He went on: “We have all the weapons we need for this. No one else can brag about these weapons, and we won’t brag about them. But we will use them.”
Siener het gesê Engeland vrees ‘n atoom-aanval van Rusland”.
En as die Britte voortgaan om Poetin te tart, lyk dit na ‘n sterk moontlikheid.
2) Suid-Afrika se ergste droogte
Volgens Siener sal die Derde Wêreldoorlog voorafgegaan word deur ’n kwaai droogte; ’n droogte wat selfs erger sou wees as die 1933-depressie. Die huidige droogte wat 6-9 jaar geduur het, het ’n verwoestende uitwerking op ons land se ekonomie gehad.
Siener: “Ek sien ’n droogte en mielie-misoeste kom soos wat die land nog nooit geken het nie.” En vandag lei dit geen twyfel nie dat Siener hierdie skrikwekkende droogte en misoeste vooruit gesien het. In ’n radioberig in Desember 2021 het die owerheid bevestig dat die droogte wat in 2015 begin het, ongetwyfeld die ergste in menseheugenis is en dat derduisende boere as gevolg van misoeste, bankrotskap in die gesig staar.
Hier in ons geweste (Ladismith in die Klein-Karoo) het o.a. die grootste steenpitboer (perskes, appelkose en pruime) in die Suidelike Halfrond weens die droogte ondergegaan, terwyl talle ander boere se vrugtebome ook gevrek het.

In Julie 2021 kon die gebied se twee besproeiingsdamme, die Stompdrif en Kamanassie nie meer vir bespring gebruik word nie. Die Stompdrif se vlak was 6.7% en die Kamanassie was letterlik kurkdroog en dolleeg. Jy kon regdeur op droë grond stap. Dit is die laagste damvlakke in 100 jaar.
Siener – 18 Okt. 1917: “Ek sien ’n dam vol water, die water raak dan weg en die klippe van die blad van die dam maak hom vol en daar kom nog ’n dam in gesig en toe is daar een wat leeg is.”
Volgens Siener is droogte een van die ’n strafgerig van God – ons het nie net Sy wette en verordeninge verontagsaam nie, maar selfs sy huis verontreinig: “…ook in die kerk sal niks meer reg wees nie,” het hy gesê. Jeremia beaam dit (Jer. 23:11): “Want profeet sowel as priester is goddeloos; selfs in my huis het Ek hulle boosheid gevind, spreek die HERE.” Die profeet Haggai stel dit weer so: “Ter wille van my huis wat in puin lê … het Ek droogte oor die land geroep en oor die berge en oor die koring en oor die mos en oor die olie en oor alles wat die grond oplewer; en oor die mense en oor die diere en oor alle arbeid van die hande.” (Haggai 1:9, 11).
Joël 1:10 Die veld is verwoes, die akkerland treur; want die koring is verwoes, die mos het weggedroog, die olie het verdwyn.
Joël 1:17 Die graankorrels het weggekrimp onder hulle kluite, die voorraadkamers is verwoes, die graanbakke afgebreek, want die koring het verdor.
Openb. 6:6 En ek het ‘n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: ‘n Rantsoen koring vir ‘n penning en drie rantsoene gars vir ‘n penning; en moenie die olie en die wyn beskadig nie. (Hier word spesifiek genoem dat ons nog baie vir koring (brood) sal betaal).
Verlede jaar in Julie 2021 is sekere gebiede in Suid-Afrika tot nasionale ramp verklaar. Al daardie gebiede ervaar die afgelope 6 tot 9 jaar die ergste droogte ooit. Selfs boorgate en fonteine het begin opdroog weens ’n uitgeputte grondwatertafel.
Die droogte het boere – en die breër gemeenskap – in ’n wurggreep. Die ’n opdraande stryd om net hul kernkuddes te voer. En met baie boere gaan dit, om dit sagkens te stel, nog steeds bitter, bitter sleg!
3) Verwarring, moedeloosheid en wanhoop
Na 30 jaar se intensiewe bestudering van Siener se visioene, is dit vir my duidelik dat ons baie van sy gesigte eers kan of sal verstaan nadat dit in vervulling gegaan het. En dit wil vir my voorkom of die volgende gesig dalk ook een kan wees:
“Boere (blankes) loop in en uit hul huise. Hul hoede hang in hul oë en hul koppe hang laag. (Hulle is baie moedeloos). Ek sien kolle op hulle oë wat soos pêrels lyk (hulle is soos blindes wat nie kan sien wat werklik besig is om rondom hulle te gebeur nie). Dan sien ek Hosea 4:16 voor my verskyn: Want Israel is wederstrewig soos ’n wederstrewige koei; nou sal die Here hulle laat wei soos ’n lam in die oop veld. (Die volk is onbeskut).
Die eerste en enigste keer in die geskiedenis wat feitlik die ganse mensdom oornag in ‘n toestand van verslaenheid en verwarring gedompel is, was met die verskyning van die sogenaamde coronavirus vroeg in 2021. Die bevele, reëls en regulasies wat as gevolg van die virus deur die owerhede en media op ons afgedwing is, het ons sonder die geringste weerstand, gedwee aanvaar en gehoorsaam.
Dit was asof ons totaal verblind was en geen benul gehad het van wat besig was om met ons te gebeur nie. Ons voorregte en vryheid van beweging, het skielik nie meer bestaan nie; ons kommunikasie, doen en late, werksomstandighede, ja, selfs ons menswees is van ons beroof.
Al wat ‘n regering is, het die een noodmaatreël na die ander ingestel om hierdie sogenaamde ‘corona-pes’ te probeer bekamp. Lande het hul grense toegemaak, vlugte is gekanselleer, besighede moes hul deure sluit, ook skoolonderrig en kerkdienste is verbied; sekere hospitale in Suid-Afrika het selfs geweier om COVID-19-besmette pasiënte toe te laat, en ons was almal verplig om ’n te dra.
Niks was hierna nog ooit weer dieselfde nie.
En met verloop van tyd het ’n toestand van moedeloosheid en wanhoop van ons besit geneem, want ons ekonomie, asook die van ander lande, het feitlik oornag ’n ernstige knou gekry, of is totaal vernietig, gevolglik het miljoene mense skielik sonder werk gesit; sonder heenkome, selfs sonder tuiste; baie is hierdeur tot selfdood gedryf; terwyl miljoene ander dalk binnekort nie meer kos gaan hê om te eet nie.
Die volgende visioen van Siener sluit moontlik ook hierby aan: 25 Maart 1917: “Ek sien ’n groot rivier, en in die rivier is beeste wat wil versuip, net die horings en koppe steek uit”.
Siener het hierdie gesig soos volg verklaar: daar kom ‘n tyd wanneer ons verswelg sal word deur massa nuus en propaganda, want nog net ons horings en koppe steek bo die verswelging uit. Dus weet niemand meer wat aangaan, of wat die waarheid is nie.
Ja, wié van ons weet werklik wat die waarheid is?
In ‘n ander visioen het hy weer gesien “die hele aarde is omgeploeg”, en hy het self gesê dit beteken ‘n ‘groot omwenteling’ – en omdat hy die hele aarde omgeploeg gesien het, moet dit ‘n ‘omwenteling’ van wêreldwye omvang wees wat ons almal sou raak.
Die coronavirus was beslis een van die grootste ‘omwentelinge’ van alle tye.
In nog ’n visien het hy ’n “dik muur gesien en agter die muur brand die vuur hewig (daar woed ’n oorlog). Die muur is die sensuur. Dit is donker omdat al die kerse van inligting doodgeblaas is.”
Kan hierdie gesig moontlik beteken dat wanneer die 3de WO uitbreek, die Internet, asook alle elektroniese rekenaarstelsels wêreldwyd, gesaboteer sal word om kommunikasienetwerke uit te skakel en sodoende die vloei van inligting te verhoed? Dan sal ook die Globale Posisioneringstelsel (GPS), bestaande uit ‘n “konstellasie” van 33 satelliete, wat seine uitstuur wat deur ‘n GPS-ontvanger op aarde opgevang kan word, buite weking wees. Die GPS ens., word ook gebruik om missiele te teiken en troepe volgens GPS koördinate te beweeg.
In dié tyd, het Siener gesê, breek daar geweld in die Oos-Kaap uit wat vinnig versprei. En dit het so pas gebeur toe ongekende barbaarse geweld in die Oos-Kaap losgebars het. Meer as ‘n duisend werkers het skielik met die eis gekom dat hulle ’n verhoging van R7 per uur wil hê, sodat hul vergoeding tot R30 per uur kan styg. Die boere kon dit eenvoudig nie bekostig nie, en die werkers se antwoord daarop was geweld en barbaarse optrede. Talle plaashuise is aan die brand gesteek nadat alle besittings eers daaruit geroof en weggedra is. Pakhuise is vernietig, vragmotors, bakkies en trekkers is aan die brand gesteek en honderde kratte met vrugte is vernietig. Hulle het selfs sover gegaan as om sitrusbome af te saag.
Daarna is Kirkwood se strate ingevaar, supermarkte beroof, en hulle het ook probeer om die brandweerstasie aan die brand te steek. Die geweld het al hoe wyer uitgekring. Die polisie kon niks doen om dit te keer nie, want hulle was “sonder ammunisie”!
Van die boere in die Kirkwood omgewing moes net met die klere aan hul lyf die plase verlaat.


Ook dít het Siener voorspel: “…geweld vanuit die Oos-Kaap … Die geweld versprei vinnig … die situasie in die Oos-Kaap sal dan só versleg dat mense daar inderhaas gaan padgee…”
4) Hongersnood
Die WEF is duidelik nie tevrede met die uitwerking wat sy COVID-inentingsprogram in Afrika gehad het nie – om die een of ander rede was daar ʼn weerstand en het slegs sowat 3% Afrikane hulle laat inent.
Maar uit ondervinding weet die WEF en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) al dat Sub-Sahara Afrika voortdurend ʼn voedselskaarste ondervind, en vóór die Russiese inval in die Oekraïne was Rusland en die Oekraïne groot uitvoerders van mielies, koring en kunsmis na Afrikalande. Nou is dit gestaak.
Ingevoerde koring verteenwoordig sowat 90% van Afrika se handel met Rusland en byna die helfte van die vasteland se handel met Oekraïne. Sanksies teen Rusland het graanverskepings ontwrig juis toe internasionale voorrade reeds knap was. Dit het vrese vir massa-hongersnood in Afrika laat toeneem.
Volgens Oxfam is die wêreld reeds in die midde van ʼn hongersnood pandemie. En as gevolg van COVID-19 sterf elf mense elke minuut van honger, en Afrika word die ergste daardeur geraak.
Terwyl die konflik in Oekraine onmeetbare lyding en verwoesting tot gevolg het, dreig dit ook om ʼn stil katastrofe in Afrika te veroorsaak. Die konflik het voedselpryse die hoogte in laat skiet, want 283 miljoen mense op die vasteland ly reeds honger.
Somalië, Suid-Soedan en Nigerië, is op die oomblik die drie grootste gebiede in Afrika suid van die Sahara wat hongersnood beleef. Talle dorpe in Somalië is verlate nadat duisende ou mans, vroue en kinders gevlug het omdat daar in ʼn groot deel van landelike Somalië niks meer te eet is nie. Nou sit hulle in ’n kamp aan die buitewyke van Mogadisjoe in die bloedige son en wag op voedselhulp. Hulle moes meer as ʼn week lank loop om daar te kom, en baie het langs die pad uitgesak en van honger en/of uitputting gesterf. Daar word verwag dat hul groeiende getalle in die komende maande met nog duisende sal toeneem namate die Horing van Afrika-streek die ergste droogtetoestande in dekades ondervind.
Die VN se Wêreldvoedselprogram het gewaarsku dat 13 miljoen mense in dié streek, insluitend dele van Ethiopië en Kenia, in die eerste kwartaal van 2022 so ʼn erge hongersnood in die gesig staar dat miljoene van honger kan sterf. En hierdie toedrag van sake is presies wat die WEF met sy COVID-19 “virus”, en nou hongersnood, wil bereik – dit moet die wêreld, insluitende Afrika, skoonmaak van nuttelose eters.
Op 11 Maart 1922 het Siener ʼn gesig gehad wat miskien hiermee verband hou en wat nog bewaarheid moet word. Hy het gesien hoedat “’n groot besem die aarde skoonvee…”
Die betekenis van die besem het hy eendag aan Boy Mussmann verklaar nadat dié by hom wou weet wat gaan veroorsaak dat ons vyande op die vlug sal slaan? Sy antwoord was “Dis die gees van verskrikking wat God in hulle se harte gaan opwek (dalk is hierdie Groot Besem hongersnood en/of COVID-19?), wat sal maak dat hulle op die vlug gaan slaan…”
Ook Jesaja praat van hierdie besem: “Ek sal dit wegvee met die besem van verdelging, spreek die HERE van die leërskare.” (Jes. 14:23).
Die vraag is, waarheen gaan die swartes vlug, want in Afrika is daar geen kos nie.
Ook hierop het Siener ʼn antwoord gekry: “Daar kom so ’n groot depressie in Europa dat Engeland in die proses alles gaan verloor. Selfs Amerika sal nie in staat wees om die situasie te red nie; en juis in hierdie tyd stroom derduisende verhongerde swartes uit Afrika daarheen. En dis oor Engeland wat die nag gaan toesak. Daar sien ek ’n swart slang lê. Dit is nou vir Engeland sy swart probleem. Dit wys op hongersnood en burgeroorlog. Die slang rol hom op — m.a.w. die swartes en gekleurdes gaan vestig hulle in Engeland. En dan begin al Engeland se probleme — en sy ondergang…”
Meer as ʼn 100 jaar lank het Engeland hom daarvoor beywer om die blankes in Suid-Afrika deur die swart massas hier te laat verswelg, en nou gaan dit sy voorland wees!
Die dag wanneer Engeland se swart probleem begin, sê Siener, gaan daar ’n burgeroorlog in Frankryk uitbreek.
Frankryk ondervind op die oomblik die ergste betogings nadat Macron die voorlopige verkiesing gewen het.
Siener beskryf hierdie burgeroorlog as “normaal”, want dis ‘n gewone pot wat op die vuur staan. Maar in Rusland sien hy ’n seeppot op ’n gloeiende vuur — wat beteken dat ’n ontsaglike burgeroorlog daar sal woed.
Dit sal lei tot die 3de Wêreldoorlog en in daardie tyd gaan duisende blanke Christene na Suid-Afrika vlug omdat dit dan nog die veiligste en enigste Christenland sal wees.
Op 26 Januarie 1920 sien hy ʼn perskeboom (teken van oorvloed geld) wat verander in ʼn sipresboom (ʼn teken dat geld waardeloos is). Weereens ʼn aanduiding dat ekonomieë in duie gaan stort. En op 11 Mei sien hy kafferkoringare wat die sinnebeeld van mense aanneem en dan word die mense nakend. Kafferkoring is ook ʼn simbool vir geld, en hiervolgens gaan baie mense nog al hulle geld verloor.
Maar dis nie al wat ons kan verloor nie. Kyk mens na die ANC se toekomsplanne vir blankes, lyk die prentjie donker, baie donker. En dan hoor Siener:
5) Die volk se geroep opgaan tot God
Daar kan tereg gevra word wié van ons het nog die vaagste benul van wat nou in hierdie deurmekaar wêreld aan die gang is? Want ons hoor van dodelike inentings, van miljoene lewens wat die coronavirus eis of nog gaan eis, ons hoor van nuwe 5G-mobiele netwerke wat die verspreiding van COVID-19 sal bevorder; van Bill Gates wat die wêreldbevolking met miljarde wil verminder, ens., ens. En ons is so oorbluf ons weet nie meer wat om te glo of wat om te verwag nie.
Dis ‘n tyd van totale onsekerheid, twyfel, vrees en verwarring, maar bowe-al ook ‘n tyd van ‘moedeloosheid’, soos Siener gesê het.
Miljoene mense is reeds wêreldwyd teen COVID-19 ingeënt nadat oorhaastig toetse met die verskillende entstowwe gedoen is. In die verlede het dit 8-14 jaar geneem om ’n betroubare entstof te ontwikkel.
Die bekende Franse viroloog Dr. Peter McCullough het die skokkende onthulling gemaak dat ALMAL wat teen COVID-19 ingeënt is, weens die newe-effekte daarvan binne enkele jare sal sterf. Dit het aan die lig gekom na ʼn ondersoek deur die Washington Universiteit.
En asof dit nie genoeg is nie, voorspel die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) Tedros Adhanom Ghebreyesus, dat ons “gereed moet maak vir ʼn virus wat baie meer oordraagbaar en dodeliker sal wees as COVID-19, en wat die wêreld na die volgende pandemie gaan lei, ʼn pandemie waaraan miljoene der miljoene kan sterf en wat ʼn ‘absolute sekerheid’ is!” Wat hy egter nie bygevoeg het nie, is dat dit beplan is en hulle gereed sit om die ‘virus’ vry te stel.
(In een van sy gesigte het Siener gesê hy sien die wêreldwye verspreiding van ’n siekte wat miljoene mense gaan uitwis, waarvoor daar geen geneesmiddel sal wees nie en die lyke nie begrawe kan word nie).
Bill Gates het ʼn soortgelyke aankondiging al op 28 April 2018 tydens ’n bespreking met pres. Trump oor epidemies gemaak toe hy gesê het: “Die volgende dodelike siekte wat ’n wêreldwye pandemie sal veroorsaak, is voor die deur en ons is nie gereed daarvoor nie!” Hoe het hy dit geweet?
Klaus Swab, stigter van die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF), het in ʼn toespraak wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) gepubliseer is, gesê daar is by hom geen twyfel oor die koms van hierdie dodelike pandemie nie. En hy verwag dat dit moontlik sal uitbreek aan die begin of gedurende die volgende Amerikaanse winter.
Maar die Almagtige Vader gaan ons as volk nie aan ons eie lot oorlaat nie. Hy het by Bloedrivier ‘n verbond met ons gesluit en daardie verbond staan vir tyd en ewigheid. En om seker te maak dat ons dit nie vergeet nie, het hy sy profeet na ons gestuur. ‘n Profeet wat ons nie net daaraan herinner het nie, maar hy het ons ook gewaarsku, betig en vermaan nie, en ook vertroos met hierdie woorde: “van al jul vyande se goed uitgewerkte plannetjies sal niks kom nie.” want:
Siener het gesê: “Die dag as ons nie meer ons hand voor ons oë kan sien nie, en Europa is in rou gedompel (weens die verwoestende oorlog wat daar woed), staan hier by ons ’n man en hy trap vorentoe, maar sy veldskoene bly agter lê. En dis ’n teken dat ons tot verootmoediging kom, want ek hoor my volk se geroep gaan op tot God.”
En Siener bevestig dit dat ons, saam met duisende ander gelowige Christene van oor die he wêreld, Hom sal eer vir Sy wonderbaarlike uitredding…
Om ten slotte dan net weer saam te vat:
Siener was as 12- jarige reeds in murg en been ’n vurige patriot, en hoe ouer hy geword het hoe sterker het die vlam van vaderlandsliefde in sy hart gebrand. Des te meer toe hy later in sy visioene moes aanskou hoe ons as volk vertrap, verguis en verraai word. (Eers deur die Engelse, daarna die res van die wêreld en uiteindelik deur eie volksleiers wat ons aan vreemde en genadelose heersers uitgelewer het).
Dan sien hy die ergste droogte (6-9 jaar) in mensegeskiedenis. Die droogte kom van die Here, aldus Siener. En moet beskou word as ’n straf, want na die dood van Dr. Verwoerd het ons algaande die rug op God gedraai; Sy wette en verordeninge van ons wetboek verwyder, en saam met die nuwe, goddelose heersers se volgelinge begin doen waarteen Hy ons uitdruklik gewaarsku het.
Die droogte het gekom, die droogte het gegaan, maar ons het steeds nie geluister nie.
Toe breek daar ‘n tyd aan soos nog nooit in die wêreld se geskiedenis gesien is nie; ‘n tyd van verslaenheid, verwarring, moedeloosheid en wanhoop (Covid-19.) En kort hierna begin die Derde Wêreldoorlog. Siener het dit beskryf as ’n bloedige oorlog waarin miljoene mense sou sterf. Maar dis nie al nie, ons sou ook gebuk gaan onder kosskaarste, armoede en langdurige kragonderbrekings wat dinge so donker sou maak “dat jy nie jou hand voor jou oë kan sien nie”.
En toe, in hierdie tyd van groot verdrukking, ellende en smart, hoor Siener: “Die geroep van sy volk gaan op tot God – en die aarde beef”. Die aarde wat beef, het hyself gesê, is die wonderwerk wat God beskik dat ‘n gees van verskrikking onder ons vyande losgelaat word sodat hulle op die vlug slaan om nooit weer gesien te word nie.
En eers dán verlaat ons die krip met sy varkpeule en vat die pad terug – terug na die Vaderhuis, terug na Sy altaar, terug na ons familie, terug na ons volk, en terug na die Boererepublieke. Om daar weer die mees geseënde volk op aarde te wees.
Jou samevatting van die huidige wêreldgebeure is baie insiggewend en volledig.
Ons leef voorwaar nou in ‘n wêreld waar die waarheid nie meer geduld word nie, want dit is verdoemend. Daarom seëvier die leuens en glo almal dit. Die feit dat sommige mense nie belangstel om TV nuus te kyk wat deur verskillende Internationale instansies gebeeldsaai word nie, maak dat hulle dalk ‘n eensydige opinie vorm ten gunste van Putin se optrede en hoegenaamd nie die werklike gevolge daarvan verstaan nie. Sommige is uiters naief om te beweer dat dit alles leuens is wat gebeeldsaai word en selfs dat dit so ver van ons af is, dat dit ons nie uiteindelik sou raak nie. Feite is feite. Kyk gerus nan die massagrafte wat daagliks in die Oekraine oopgegrou word om die ontbindende dooie burgerlikes (ou mense, vrouens en kinders wat summier in die strate tereggestel word deur die Russe) te herbegrawe. Die voortdurende ontkenning van die Russe m.b.t. hulle oorlogsmisdade, is ‘n strategie van Putin. Vladimir Putin se giftige mag – Die leuenagtige Russiese leier poog om die liggelowiges en paranoïes te oortuig dat daar nie iets soos waarheid is nie. Die skuld van alle Russiese onheilige oorlogsmisdade wat nou plaasvind word deur Putin ontken en voor die deur van sy ‘vyande’ die Oekraïners gegooi.
Hy beweer selfs dat die Oekraïners hul eie mense tereggestel het net om hom (Putin) daarvoor te beskuldig.
Hierdie wedersydse leuenagtigheid van beide Putin en Zelenski se voorgangers het al in April 2014 begin. Met leuens probeer hulle die waarheid verberg.
Kyk gerus na die skakel –
“The months from April 2014 to February 2015 “
Ukraine, the 8 year ‘invisible’ war in Donbass
https://newdailycompass.com/en/ukraine-the-8-year-invisible-war-in-donbass
Dis waar wat jy sê, Johan, daar word baie valse inligting oor gebeure in die Oekraine op sosiale media versprei. Maar ek verskil van jou wat Poetin betref. Hier is ‘n onderhoud met ‘n joernalis wat al sedert 2019 verslag doen oor wat daar gebeur. Sy vertel wat sy op die oomblik eerstehands daar ondervind:
https://beforeitsnews.com/global-unrest/2022/05/shes-exposing-the-truth-in-ukraine-and-they-dont-like-it-redacted-conversation-with-eva-bartlett-2534845.html
Putin on the “Moral Crisis in the West” i.e. Satanism (from 2017)
Subtitles
“A further challenge (Danger) for the national Russian identity is connected to the processes we observe outside of Russia. They include foreign policy, moral and other aspects.
We see that many euro-atlantic (the West) States deny or reject their own roots, including their Christian roots which form the basis of Western civilization.
In these countries, the moral basis and any traditional identity are being denied–national, religious, cultural and even gender identities are being denied or relativized.
There, politics treats a family with many children as equal to a homosexual partnership (juridically); faith in God is equal to faith in Satan.
The excesses and exaggerations of Political Correctness in these countries indeed leads to serious consideration for the legitimization of parties that promote the propaganda of paedophilia.
The people in many European States are actually ashamed of their religious affiliations and are indeed frightened to speak about them.
Christian Holidays and celebrations are abolished or “neutrally” renamed, as if one were ashamed of those Christian holidays, With this method one hides away the deeper moral value of these celebrations.
And these countries try to force this model onto other countries, globally. I am deeply convinced that this is a direct way to the degradation and primitivization (of culture). This leads to deeper demographic and moral crisis in the West.
What can be a better evidence for the moral crisis of a human society (in the West) than the loss of its reproductive function?
And today nearly all “developed” Western countries cannot survive reproductively, not even with the help of migrants.
Without the moral values that are rooted in Christianity and other religions, without rules and moral values which have formed and been developed over millenia, people will inevitably lose their human dignity (=become brutes).
And we think it is right and natural to defend and preserve these moral (Christian) values.
One has to respect the right of every minority to self-determination, but at the same time there cannot and must not be any doubt about the rights of the majority.
At the same time as this process at a national level (in the West) we observe on an international level the attempts to create a unipolar, unified model of the world, to relativize and remove institutions of international right and national sovereignty. (Putin speaks about the US-Imperium).
In such a unipolar, unified world there is no place for sovereign states. Such a world needs merely vassals.
From a historical perspective, such a unipolar world (of the USA) would mean the surrender of one’s own identity and of God-created diversity.”
Koos,
Jammer ek kry nou eers jou plasing .Hiermee my kommentaar in Engels oor jou aanhaling – “Putin on the” moral crisis in the West “, ie Satanism (from 2017)”.
The moral decay is rather caused by the worthlessness of so-called Christian principles or roots in the Western world. They disobeyed the command of their one and only God and Saviour of their ancestors to serve and honour Him alone and rejected Him. They rather believe dogma fused together by man and the church.
So-called Satanism is not the true cause of moral decay. There is no Satan who can be blamed for man’s transgressions and decay. This is Roman dogma. Those who fear a Satanic figure make him an ‘other god’. You fear only one God and Saviour and His name is YHWH the Most High. No other entity may be worshiped or feared. So says YHWH. So to attribute any evil or evil to the so-called Satan is wrong. YHWH controls everything, good or bad – The context of Isaiah 45: 7 makes it clear that something other than “bringing moral evil into existence” is in mind. The context of Isaiah 45: 7 is YHWH rewarding Israel for obedience and punishing Israel for disobedience. He pours out salvation and blessings on those who praise and honour Him ‘alone’ and whom, He favours. YHWH brings judgment (allows evil) on those who continue to rebel against Him. “Woe to him who quarrels with his Master” (Isaiah 45: 9). That is the person to whom YHWH brings “evil” and “disaster.” So, rather than saying that YHWH created “moral evil,” Isaiah 45: 7, is presenting a common theme of Scripture – that YHWH brings disaster to those who continue in hard-hearted rebellion against Him.
The main reason for the Western rot and decay is their careless Christian imitation of other gods and not YHWH. Exodus 15:25 – YHWH says – “If you will listen carefully to the voice of YHWH your God, and do what is right in His eyes, and pay attention to His commands, and keep all His statutes, then I will not bring on you any of the diseases I inflicted on the Egyptians. For, I am YHWH.
Any descendant of the tribes of Israel through their European descent who do not serve and honour YHWH as their one and only God and Saviour, will form part of the current rot of culture and a unipolar world (of the USA) the surrender of your own identity and of God-created diversity. ”
Putin may seem very “Christian”, but he is just a lost soul and powerful instrument that YHWH uses to carry out His ultimate punishment of all nations. (Please read EZEK 25: 1–32- The Nations Will Know That I Am Yahweh)
ZEPHANIA 3: 9-10 – Restoration of Israel’s Remnant
9 “Then I will purify the lips of the peoples, that all of them may call on the name of YHWH and serve him shoulder to shoulder. 10 From beyond the rivers of Cush my worshipers, my scattered people, will bring me offerings.
Joel 2:32 – Restoration of Israel’s Remnant
And everyone who calls on the name of YHWH will be saved; for on Mount Zion and in Jerusalem there will be deliverance, as YHWH has promised, among the remnant called by YHWH.
Dankie Oom Adriaan vir jou werk, dit word opreg waardeer deur baie van ons volks genote.
Beste groete
Les
Hier is nog ‘n video van die selfde joernalis Eva K Bartlett. Wat die massa grafte (valsheid) uitwys.
https://www.bitchute.com/video/aVQy1N8M9oGT/
Hier is nog ‘n persoon wat gaan kyk het of die oorlog so verskriklik is as wat hulle sê. Dit was sy bevindinge.
https://www.bitchute.com/video/4qXnMo4ryNWR/
Is nog ‘n gesig van Oom Siener besig om in vervulling te gaan? Daar wen Sinn Fein die Noordelikke Ierland se verkiesing met hulle vroue kandidaat as leier. Sy sê sy wil Ierland binne 5 jaar herenig. Kan ons ‘n onafhanklikke Ierland sien.
https://maroelamedia.co.za/nuus/wereld/onseker-toekoms-vir-noord-ierland-na-sinn-fein-oorwinning/
Is dit waar die voertuie en treine op die bulte gaan staan sonder brandstof.
For now, fuel shortages aren’t expected – even after SA lost its last refineryHelena Wasserman
At this stage, petrol or diesel shortages are not expected at fuel stations, after South Africa has been left without a single operating oil refinery.
All of South Africa’s refineries are now offline, after Sasol closed Natref in Sasolburg following delays in the arrival of crude oil shipments at the Durban port. The company declared a force majeure, and said it won’t be able to supply of petroleum products. It refines oil to produce petrol and diesel.
https://www.news24.com/fin24/companies/for-now-fuel-shortages-arent-expected-even-as-sas-last-refinery-shuts-down-20220717
Natref het al die jare nog, (elke twee jaar), spesifiek die tyd van die jaar hul normale geskeduleerde afsluiting vir instandhouding en opkapping van eenhede. Tydens die tye kom daar gewoonlik nog steeds ru-olie vanaf die kus per pyplyn mits daar wel genoegsame bergingsfasiliteite beskikbaar is by Peronet en Natref . Sasol verklaar dan ‘n “shorfall” van finale produkte in die Sasolvoorsieningsgebied wat dan deur die Kusrafinarderye aangevul moet word. Ek was tot in die jare 2997 Hoof van Pyplynskedulerings departement by Sasol Olie. Wat daar eger vandag aangaan, is ek nie seker nie. Die visioen van Siener verwys wel na ‘n skielike tekort aan finale produk, maar ek dink dit sal dalk waarskynlik verband hou met vervoerstakings en dalk ook protesaksies m.b.t. brandstofpryse, wat dit moontlik sal veroorsaak. Gewis gaan ons ‘n tydperk ervaar waar daar voertuie sal staan sonder brandstof.