Siener van Rensburg het drie groot onheile onder ‘n swart regering vir Suid-Afrika voorspoel, nl. kragonderbrekeings, waterskaarste en voedseltekort.
- Tydens ‘n reuse-kragonderbreking sien hy op 1 Aug. 1917 — In die rigting naar Johannesburg lê ’n groot klomp droge hout van omtrent honderd tree in die rondte. Daar staat ’n tafel gedek en daar is koue gestampte mielies in ’n skotel, en ’n skotel kou pap kom ook op die tafel.
- Des. 1917 — Van die Noorde kom ’n groot tjenk. Uit die tjenk rol fijn skaap mis die tjenk rol na die Zuide die aarde word net een miswerf. (In Siener se tyd was daar nog maar min munisipaliteite of dorpsrade (behalwe in die groter stede) wat kraanwater voorsien het. Die boere op die plase en ook die dorpsbewoners het meestal groot opgaartenks gebruik om hulle drinkwater in te bewaar. Dus, dat die ou Siener skaapmis (uitwerpsel) uit die tenk sien rol het, wys vir ons dat ons drinkwater nog eendag vanuit die noorde tot in die suide besmet of besoedel gaan wees).
- (2 Oktober 1915, 19 Oktober 1919 en 12 Desember 1915): Ons sit nog en eet, dan raak die kos weg …ook die melkskottels is leeg, en die vrouens is nakend. Daar sal ‘n groot tekort aan melk en klerasie wees — armoede. Ook op die wingerd- en vrugteboere wag daar donker tye en misoeste: Ek sien leë druiwemandjies en perskes wat in ‘n sloot lê.
Blaker en kers
Zola Tsotsi, voorsitter van die energieverskaffer, Eskom, het erken dat die kragstelsel onder baie druk is en dat daar slegs 1% reserwe-kapasiteit beskikbaar is. Vanuit Eskom se binnekringe is verneem dat verbruikers gedurende die wintermaande veel groter kragtekorte sal ondervind as in 2008 toe beurtkrag die land feitlik lamgelê het.
“Dit moes een of ander tyd gebeur,” sê ons bron, “want al die groot kragstasies in die land is reeds ouer as 50 jaar en daar is sedert 94 net gelas en gelap. Kort vóór die ANC se oorname het die NP regering ‘n volledige opgraderingplan vir al vyf groot steenkoolkragstasies, asook Koeberg op die tafel gehad; maar die Mandela-regring het dit eenvoudig geïgnoreer omdat die koste glo “buitensporig” hoog was en daardie geld eerder gebruik kon word om nuwe “kundiges” aan te stel wat die nodige versiening sou kon doen. Die bestaande “kundiges” het spoedig hul tasse gepak en na die buiteland verhuis om daar hulle kundigheid te gaan aanwend. Eskom het nie op hom laat wag nie en ter plaatse weer flink hulle agtergeblewe oom, ouboet, sus, neef en niggie in aangestel teen ‘n gemiddelde salaris van R52 000 per maand. Dit is so pas verhoog na R70 800, maar steeds is daar geen sprake van instandhouding nie.
Die situasie het sedert begin 2012 so versleg dat daar sedertdien landswyd sowat 700 kragonderbrekings in talle dorpe en stede voorgekom het. Net verlede maand was verskeie dele van Pretoria al die hoeveelste keer sonder krag weens ‘n kabelfout by die Clydesdale-substasie. (Waarom kan Eskom nie maar eerlik wees en sê dit was as gevolg van kabeldiefstal nie?) Net die vorige dag het ‘n soortgelyke “kabelfout” in die Oos-Rand groot kragonderbrekings in Brakpan, Springs en Nigel veroorsaak.
En skaars ‘n week gelede was dit Alberton se beurt om saans vir meer as ‘n week lank in donkerte gehul te wees. Sam Modibe, woordvoerder van die Ekurhuleni-metroraad, het toegegee dat hulle nie presies weet wanneer die krag weer aangeskakel sou word nie.
Andrew Moutsatsos, eienaar van die bekende Proto-bakkery in Alberton, was moedeloos. “Ons is al 50 jaar in Alberton. Nog nooit was daar sulke kragonderbrekings nie. Twee uur, vier uur, ja, maar nog nie ses dae nie. Ek moet my werkers betaal, maar hulle werk nie. Ek verloor duisende rande. As dit so aangaan, moet ek hulle laat loop. ’n Kragopwekker vir die bakkery kos R100 000. Waar moet ek dit kry?” het hy moedeloos gevra.
Behalwe vir hier en daar ‘n beriggie, swyg die media hieroor, asof hulle nie wil hê die publiek moet daarvan te hore kom nie; en dié wat in die ellende sit, verdra dit maar stilswyend. Hoe lank gaan dit nog so voortduur voordat die pot se deksel in die lug vlieg en alles oorkook?
Die stinkende onheil
In die dae van apartheid kon ‘n mens enige waterkraan in ‘n dorp of stad kon oopdraai en die water met veiligheid drink. Maar daardie dae is vir goed verby. Deesdae moet ons ten duurste gebottelde water aankoop, duur apparaat by ons huise laat installeer om die rioolwater in ons krane te suiwer.
Volgens die Menseregte Kommissie is daar oor die afgelope twee jaar 144 klagtes ontvang oor waterprobleme wat met voorsiening en rioolbesmetting te doen het.
Europese kopers van vrugte uit Suid-Afrika oorweeg om dit stop te sit weens die besoedelde rivierwater wat vir besproeiing gebruik word.
Mnr. Dewald Pretorius berig dat Randfontein alweer in die nuus is oor die suurwater-storting in die gebied; en nou blyk dit dat die meeste vrugte, groente, melk, en sekerlik die vleis ook, wat afkomstig is van Randfontein-area, besmet is met radio-aktiewe bestraling a.g.v. die suurwater. Hy stel dit so: “Dit is te laat vir ons. Die dokters se spreekkamers in Randfontein loop oor van mense wat die afgelope tyd begin kla het oor vergrootte skildkliere. Die dokters lieg almal vir ons. Maar hulle weet wat aangaan. Dit is juis die oorsaak van skildklierkanker. Ek het nou net my vrou apteek toe gestuur om vir ons jodiumpille te kry. Hoop dit is nie te laat nie…”
Talle ander dorpe bly ook in die nuus oor klagtes wat wissel van geen water vir lang tydperke tot vuil, besmette water. Louis Trichardt se inwoners sit reeds 27 dae sonder water, en wanneer hulle dit wel kry, is dit so modderig dat dit bykans glad nie gebruik kan word nie. Brits sukkel al jare lank met waterprobleme. En die afgelope tyd het die inwoners daar in sekere gebiede vir langer as ‘n week met vuil water én ‘n tekort aan water gesit.
Ander dorpe waar ook ernstige waterprobleme ondervind word, is Rustenburg, Potchefstroom, Lichtenburg, Ermelo, Middelburg, Kriel, Delmas en Lydenburg.
Mynbesoedeling van die water vererger van hierdie plekke se kopsere saam met onbevoegde munisipaliteite wat nie watersuiweringsaanlegte in stand hou nie.
Een van die ergste gevalle wat ons van weet en waaroor die media swyg, is Petrus Steyn, ‘n boeregemeenskap geleë tussen Kroonstad en Tweeling in die Vrystaat. Die dorp het verlede jaar sy honderdjarige bestaan gevier, maar sit al vier jaar met ‘n ernstige watertekort. Soveel so dat die inwoners geen water het vanaf 9:00 vm. tot 4:30 nm. nie. Verder is daar ook voortdurend kragonderbrekings, wat tot gevolg het dat wasmasjiene, yskaste en ander elekriese apparaat beskadig is.
As gevolg van die haglike toestand wat daar heers, het huispryse drasties gedaal en word drieslaapkamerhuise op ruim erwe vir ‘n skrale R300 000 verkoop.
Die munisipaliteit is ook korrup en so in die skuld dat leë erwe op Petrus Steyn nou vir tot R800 000 gewaardeer word.
Bejaardes wat eers net R100 00 per maand belasting betaal het, se belasting is oornaag verhoog na R1 000 tot R1 250 per maand. En betaal die mense nie, of raak hulle agterstallig, word hulle krag summier afgeskakel. Die heraansluitingsfooi beloop R2 000.
Swartes in die aangrensende lokasie se krag word egter nooit afgesny nie.
As die hongerpyne knaag
Die inwerkingstelling van die minimum lone vir plaaswerkers wat deur die ANC-bewind met meer as 52 persent verhoog is se uitwerking sal einde Maart gevoel word, maar eers oor ongeveer drie maande sal die volle omvang hiervan die boeregemeenskap tref.
Daar is pas aangekondig dat NERSA geweier het om toe te gee aan Eskom se versoek van ‘n 16 persent elektrisiteitsverhoging oor die volgende drie jaar nie.
Voorlopig moet Eskom tevrede wees met “slegs” agt persent.
Jubelsange het oral opgeklink en in die stilligheid is ook talle dankgebedjies gehoor: “dankie, NERSA!”
Maar die kragploeteraar was dit te wagte en het vroegtydig sy slagysters vir ons gestel, en die salig, niksvermoedende goedgelowiges wat ons is, het ons die slagysters getrou afgetrap en sit ons geknelter om die ekstra 8% op te dok.
Want sien, as monopolis het Eskom klaar besluit: hy verhoog eenvoudig net die heffings op sy kraglyne en ander “verskuilde dienste” om op te maak vir die 8% wat NERSA hom minder toegestaan het.
Maar dis nog nie al nie. Hy gaan munisipaliteite óók 8% meer vra vir krag wat aan hulle gelewer word, en volgens munisipale regulasies mag die munisipaliteite nou hulle tarief met 8% verhoog. Verbruikers gaan dus voortaan die volle pond vleis van 16% meer vir kragverbruik moet opdok.
Die ergste groot bedrogspul van munisipaliteite teenoor verbruikers vind plaas rondom al die sogenaamde “ander dienste” wat munisipaliteite aan verbruikers lewer, dit sluit in riool, vullisdromme, water, en erfbelasting se verhogings wat nie beperk is tot net 8 % nie en munisipaliteite kan hiervoor vra net wat hulle wil.
Asof dit nie genoeg is nie, is boere se oeste in dele van Wes-Transvaal in gedrang weens die kwaai hitte en min reën waaronder dit gebuk gaan. Volgens mnr. Lafras Hoffman, dagbestuurslid van die HNP, was die oesverwagtinge in bepaalde gebiede in die Wes-Transvaal nog verlede week sowat 20%, maar dit het intussen na 10 – 15 % versleg. Die gebiede wat deur die droogte geteister word, sluit in Vryburg, Schweizer-Reneke, Wolmaransstad, Leeudoringstad, Ottosdal en die gebied noord van Mafeking. Dié dele is bekend as die land se voorste mieliegebied.
By dit alles het ‘n kommandowurm-plaag boonop groot skade in die gebied aangerig. Die verhoogde insetkoste weens hoër lone vir arbeiders wat onlangs afgedwing is, asook die skerp styging in die brandstofprys plaas die boere verder onder druk. Groot kommer bestaan of daar genoeg weiding sal wees, en van die boere het begin om hulle mielies af te sny.
In die Potchefstroom-omgewing het mnr. Dawid Hamman gesê die pryse vir beeste het gedaal en die gesaaides is swak. Mnr. Hansie Theart van Gerdau, het die skade en verliese weens die droogte en die kommandowurms as ‘n ramp beskryf.
‘n Boer uit die Vrystaat berig dat 70% van die mielie-oes daar reeds weens die knellende hitte en droogte verlore is.
Selfs in die gebied noord van Thabazimbi het mnr. Peet van Breda gesê dat dit ‘n swak landbouseisoen is en dit het tot gevolg dat die wild en beeste gevoer moet word.
‘n Arbeidskonsultant het ondertussen gewaarsku dat die Wes-Kaap se landboubedryf dieselfde paadjie kan loop as die klerebedryf.
En uit Namubië verneem ons van ‘n boer, mnr. Kiewiet Roodt, dat beesboere daar van hulle veekuddes ontslae raak omdat daar nie meer weiding is nie. Op ‘n veiling twee weke gelede is slagbeeste verkoop vir ‘n maksimum van R700. In die verlede is pryse van R4 500-R6 000 vir soortgelyke beeste behaal.
Dieselfde gaan binnekort hier gebeur en wie gaan dan pap en vleis voorsien aan die meer as 40 miljoen skreeuende hongeriges? Wie?
(Hoe voorbereid is u vir enige rampe wat mag plaasvind? Besoek ons Stembus vir meer)
Die Pretoria/Wits pos staan stil weens voortdurende stakings en daar is ‘n vervoerstaking aan die gang, maar absoluut geen SABC nuus daaroor nie. Hul onderdruk die belangrikste nuusgebeure. Bou dit miskien op na ‘n rigting of verbeel ek my?
‘n Helikopter-loods wat dikwels oor die lokasies vlieg, het ons vertel hy sien partykeer jong swartes wat op ‘n oop stuk veld militêre gevegsoefeninge doen. Einde verlede jaar was dit by Soweto en daarna Diepsloot (aan Krugersdorp se kant). Hy is ongewapen maar maak bewegings asof hulle ‘n vyand bestorm en hulle het ook die leopard-crawl gedoen. My oom wat in 1996 uit die army bedank het, reken hulle berei voor vir iets.
Ja, ek het ook al sulke gerugte gehoor, maar dit was in die swart gebied by Pietersburg (Seshego, naby die Seshego-dam).
Niemand steur hom blykbaar aan hierdie soort optrede nie – net soos niemand hom ook gesteur het aan die reuse twee houers met 18 ton plofstof, 20 ton ammunisie, 9 mm pistole en AK-47’s wat in Februarie 2011 op die stasie in Kiberley ontdek is en waaroor die SAP ‘n gordyn van geheimsinnigheid getrek het nie!
Weereens oom Adriaan kan ons net weer dankie se vir jou insigewende verslag. Net Vader Jahweh sal ons kan red uit die vyant. Dis tyd vir die Boer om op sy knee te gaan, die tyd is min my volk.
Dit is kommerwekkend en ons sal beslis nou iets aan die situasie moet doen!!
Ek kan aanbeveel dat elkeen ten minste ‘n tenk opsit wat reën water kan opvang. Ons het twee x 5000 lt. tenks opgesit wat vol is en ons gebruik al vir maande nie meer mun. water nie.Ons laat die water deur ‘n suiweraar loop en dit is die lekkerste en skoonste water wat jy kan dink. Wanneer die water afgesit word, het ons ten minste water om die toilet te spoel.
Adriaan,
Ons weet nie hoe om op julle “argiewe” in te kom nie, en is op soek na die artikel genaamd “Lank lewe die Boervolk” Vaandel 06/08/2012? Jacuranzi?
As julle dalk vir ons kan se hoe, of pos dit sommer na ons e-pos adres.
Baie dankie, ons waardeer!
Hier is die skakel:
https://vaandel.co.za/lank-lewe-die-boere/
Daar is nou ‘n soek opsie (bo-aan die regter kolom) vir diegene wat vorentoe dalk in ons argiewe wil rondkrap.
Groete
Hallo Adriaan Dankie vir die e-mails wat ek gereeld van jou ontvang ek waardeer dit baie en dankie dat jy ons ophoogte hou met al die inligting. Ek wil baie graag weet wat jy dink en hoe jy voel oor die gebeure rondom die sing van die stem, en ook die hoeveelheid mense wat dit saam gesing het. Ek is bly dit het gebeur dit is n bewys dat boere soek daai iets waaraan hulle kan vashou.Kommentaar word nou automaties beperk tot 1800 karakters