Lank lewe die Boere!

’n Indiese skrywer, Jucharanzi, het ’n tyd gelede die Engelse vertaling van Boodskapper van God (Words of a Prophet) uit Suid-Afrika bestel en gelees. Dit het hom só aangegryp dat hy gaan sit het om ’n baie, baie spesiale boodskap aan al die Boere in Suid-Afrika te stuur.

By die lees daarvan staan ‘n mens verstom dat iemand in ’n verre, vreemde land (wat nog nooit ’n voet hier gesit het nie), ’n byna heilige bewondering en intense belangstelling kan koester vir ’n volk waarvan hy nog net gelees het.

Maar wat jou nog meer verbaas en ontroer, is sy byna profetiese openbaring van ons volk se goddelike roeping en eindbestemming hier aan die suidpunt van Afrika — dit gryp jou om die hart, want skielik besef jy met ’n skok: die meerderheid van jou eie volksgenote verstaan niks hiervan nie, nee, erger nog — hulle lag daaroor en verag dit!

Ek stel Jucharanzi aan die woord (uit Engels vertaal):

Lank lewe die Boere!

As ek Siener se visioene korrek verstaan, sal die swart ANC regering óf 4 presidente hê, óf 4 termyne van 5 jaar elk. JacobZuma moet dus die laaste president wees en die ANC regime sal eindig vroeg in 2014.

Ek wil twee belangrike sleuteltye (1914 en 2014) onder u aandag bring. Gedurende die Rebellie van 1914 is Siener deur God geroep om sy volk te dien en deur die woestyn na Duitse gebied te lei.

Die Eerste Wêreldoorlog het ook in 1914 begin en in 1918 geëindig. Ek glo sterk dat daar ’n parallel getrek kan word tussen die die begin van die Eerste Wêreldoorlog (1914) en die uitbreek van die Derde Wêreldoorlog teen 2014 — en wanneer die ANC regering in duie sal stort.

1914 en 2014 is presies 100 jaar uitmekaar. Die sleutelooreenkoms (traktate) wat tussen die Boere en die Duitsers in die 1914-Rebellie onderteken is, sal hoogswaarskynlik teen die 2014 deur die Duitsers geëer word.

Ek glo dat die swart koning in die glaskis niemand anders as die vasle messias, Nelson Mandela, is nie. Een belangrike rede is dat Madela in 1918 gebore is, die jaar waarin die oorlog geëindig het. Madela se geboortejaar is nie toeval nie. Ek glo dus sy dood sal die begin van die Derde Wêreldoorlog inlui.

Ek het ook opgemerk dat in die tydperk van die Rigters, die Israeliete altyd vir presies 40 jaar in vrede gewoon het, voordat hulle oorwin is en onder vreemde nasies se juk moes dien vir ’n tydperk van 18-20 jaar omdat hulle ongehoorsaam was aan God.

Dis presies dieselfde met die Boere. Hulle het vir 40 jaar in vrede gewoon tussen 1948-1988, totdat FW de Klerk op die toneel verskyn het. Die gevolg was dat die Boervolk hulle mag verloor het, en die meesters het in hulle eie vaderland die slawe geword in 1994 — en dit duur nou reeds al amper 20 jaar.

Om mee af te sluit, ek moedig julle Boere aan om vas te hou vir nog net 1 of 2 jaar; moet nooit hoop verloor nie, en vertrou op God, en julle sal sien hoe God sy Boere red met sy Almagtige Krag.

Ek is ‘n Asiaat buite Suid-Afrika en was nog nooit in SA nie. Maar ek het die hoogste agting vir die Boervolk onder al die volke van die aarde. Die Boere is die volk van God Yeshua, want God Yeshua het sy Heilige Verbond met die Boere van Bloedrivier gesluit.

Lank lewe die Boere, die volk van God!

Julle sal spoedig die heilige Bloedvlag sien wapper oor die Suidland.

Jucharanzi

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470