Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg

Koeberg: publiek in duister oor noodplan

2013-02-24

Deur Adriaan Snyman


Eskom het Saterdagaand (23 Februarie 2013) op e-TV-nuus ‘n dringende beroep op die publiek gedoen om eletrisiteit spaarsaam te gebruik, aangesien een van die reaktors by die aanleg weer Vrydag afgeskakel het weens “onbekende probleme”. Dit was die 12de keer dat een van Koeberg se eenhede sedert 2008 outomaties afskakel.

Koeberg wat al sedert 1984 in werking is en ‘n kapasiteit van 1 800 MW krag lewer, is, volgens internasionale standaarde, reeds verouderd.

Met die ANC-oorname in 1994 het die NP-regering ‘n volledige opgraderingsprogram, nie net vir Koeberg nie, maar ook vir al die ander vernaamste kragstasies in die land, aan die ANC voorgelê. Die Mandela-regering het dit egter van die tafel afgevee en die fondse daarvoor gebruik om sy nuutaangestelde “agtergeblewe  swart mannekrag” beter salarisse en bonusse te betaal.

Die gemiddelde salaris van ‘n Eskom-werker word op 1 Maart verhoog na R850 000 per jaar – ongeveer R70 800 per maand.

Vier maande vóórdat FW de Klerk die land aan Mandela oorgegee het (op 11 Desember 1993), het mnr. Don Murray van die Koeberg-kernkragsentrale in ‘n verslag gesê die Raad vir Kernveiligheid het bevind dat die noodplan van die Koeberg- kernkragsentrale toereikend is. Hy het egter bygevoeg dat daar in die toekoms deeglik aandag gegee sal moet word aan Koeberg se vermoë om die publiek betyds oor gebeurlikhede in kennis te stel, aangesien die voortdurende ontwikkeling van woonbuurte rondom die kernkragsentrale die noodsaaklikheid beklemtoon dat dié saak noukeurig ondersoek moet word.

Maar skaars vyf jaar later (1998) het  ‘n Kanadese konsultantfirma tot die onrusbarende slotsom gekom dat daar geen werklike noodplan vir ontruiming meer in plek is nie. Dr. Jeff Lafortune, direkteur van Science Applications International (SAIC), het tekortkomings met betrekking tot die gemeenskap se gereedheid vir noodsituasies uitgewys. Die rampbestuur in die Wes-Kaap sou dringend verbeteringe moes aanbring, het hy gesê. Dit was hoofsaaklik ‘n gebrek aan koördinasie tussen Eskom, plaaslike owerhede en die gemeenskap wat probleme sal veroorsaak indien noodontruiming nodig sou wees.

Daar moet eenvormige noodplanne wees, reaksiegereedskap en -toerusting, aanlegprosedures en die vermoë om gou ‘n ongeluk te evalueer, sowel as ‘n goeie sirene. Sake wat aandag verg, is organisatoriese kwessies weens ontbondeling van munisipaliteite, ‘n strategie vir die verspreiding van stabiele jodiumtablette aan bestralingslagoffers, die bestuur en versorging van ontruimdes, die beskerming van plakkers, die bewusmaking van gemeenskappe, mediaskakeling en ook ‘n langtermynherstelplan.

Sedertdien het die skerp bevolkingstoename in die Koeberg omgewing die probleem tienvoudig vererger, en die situasie het só versleg dat ‘n besorgde leser op 4 Januarie 2012 in Die Burger hieroor skryf: Dit was ontstellend om te lees dat die reaksie op ’n kernkragkrisis “verward en deurspek met probleme” was, selfs in ’n land so tegnologies gevorderd soos Japan. Veral in die lig daarvan dat die honderde tonne gevaarlike hoëvlak-kernafval wat tans plaaslik in die verkoelings­poele by Koeberg gestoor word, veel meer is as waarvoor die fasiliteit ontwerp is. Hierdie onvolhoubare situasie, slegs 28 km van die Moederstad, is uiters onrusbarend.

Eskom is volgens wet, verplig om ’n breedvoerige noodontruimingsplan te hê. Maar Eskom weier om die noodplan met die publiek te deel. In lyn met die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, het die Koeberg Alert Alliansie onlangs aansoek gedoen om insae in Eskom se plan te bekom — maar die aansoek is formeel deur Eskom afgekeur.

Dit kan wees omdat die plan verouderd is en glad nie voorsiening maak vir die onlangse bevolkingstoename in die gebied nie; of dalk is die plan  so ooglopend onprakties dat dit ’n verleentheid vir Koeberg is.

In die lig van die uiters onstabiele toestand van sy twee reaktors wat die afgelope tyd dikwels weens probleme outomaties afgeskakel het, en reeds verouderd is, doen ons ’n ernstige beroep op Eskom om sy noodplan met die inwoners van Kaapstad te deel.

Indien dit nie gedoen word nie, staar Suid-Afrika die grootste ramp in sy geskiedenis in die gesig, as daar by die Koeberg-aanleg ‘n tweede Tsjernobyl-ramp moet plaasvind.

33 thoughts on “Koeberg: publiek in duister oor noodplan”

    1. Klein Vrystaat, ek het sopas die Vredefort- Kroonstad pad gery. Wat ‘n nagmerrie. Dit kan veel eerder as ‘n doodsakker beskryf word met vragmotors op die onbegaanbare half teer half grond pad.

      Vermy die roete asb

  1. “Aliquid novi ex Africa” – altyd iets nuut uit Afrika.

    “Blaas die basuin” van Adriaan Snyman spreek juis hierdie probleem van die uiterste onstabiliteit van die Koeberg kernkragstasie aan, opgevolg deur sy artikels waarna hierbo verwys is. Ek lees nou weer hierdie boek en wil dit graag aanbeveel vir elkeen wat dit nog nie, of lanklaas gelees het, want die stof daarin vervat begin nou werklik warmpatats word en dis baie duidelik dat die regime Nie die mas daarteen gaan opkom Nie. Vir die wat belangstel in die boek, gee ek ‘n aanhaling vanaf die agterblad:

    “Adriaan Snyman het vroeër vanjaar sy argiefmateriaal oor Siener se gesigte weer deurgewerk, en op ‘n verskeidenheid visioene, verklarings, briewe en ander dokumentasie afgekom wat nie in sy vorige boeke opgeneem is nie — gesigte waarvan die werklike betekenis eers onlangs duidelik geword het.

    In hierdie nuwe boek herbevestig Nicolaas van Rensburg hom nie net as godsman en profeet nie, maar gee hy as ‘t ware ook vir ons ‘n ooggetuie verslag van die onmiddellike en toekomstige gebeure wat besig is om in Suid-Afrika en in die res van die wêreld af te speel:

    Die skeuring van die ANC
    Swart op swart geweld
    ‘n Wêreldwye depressie
    Amerika sluk Engeland ekonomies in

    Vir Siener se nasate (die ‘getroue Afrikaners’) is daar egter ook goeie nuus. Die einde van hulle onderlinge twis en verdeeldheid is in sig, en die begin van die Derde Republiek lê om die draai. Die boek verstrek ook antwoorde op vrae soos, waarom is daar so ‘n noue verbintenis tussen die Duitse volk en die Boere? Gaan die Kaapse skiereiland afskeur en onder die see verdwyn? Wat gaan die impak wees as daar iets drasties by Koeberg skeefloop? En, wanneer gaan klaas weer baas word?

    SIENER – BLAAS DIE BASUIN, sal u soms aangryp, soms ontroer, soms verbyster, en aan die einde met vreugde en blydskap laat — ‘n boek wat gelees móét word”

  2. Willem, ja, ek stem saam: die inligting daarin was vir my soos ‘n nagmerrie waaruit ek nou nog sukkel om uit te kom. In aansluiting wat Adriaan hierbo sê, kyk net wat staan in gister se beeld:

    “Groot dele van Alberton was gisteraand die sesde aand in donkerte gehul, met geen vaste aanduiding oor wanneer die kragtoevoer weer aangeskakel gaan word nie..” en “As jy in Afrika wil bly, kry ’n generator,” was Willie Roux, ’n apteker in Van Riebeecklaan, Alberton, se siening van die kragonderbreking wat sedert verlede Woensdag die middedorp van Alberton verlam.

    Ook in BEELD: “Krag in SA op ‘n naaldpunt”.

    As ek reg onthou het Siener ‘n groot hoop vuurmaakhout by Johannesburg sien lê, en ook dat die mense “koue pap” eet.

    Die nag kom nader!

  3. Willem en Liesabet, baie dankie vir julle kommentaar. Kort na die verskyning van die boek ontvang ek ‘n e-pos van iemand wat my behoorlik afransel oor al die “negatiewe goed wat ek oor SA kwytraak, want”, sê hy (of sy)”daar het sedert 1994 meer poisitiewe dinge in die land gebeur as waarvan jy met jou oogklappe bewus is!”

    Die eienaar van Protea-bakery in Alberton stem duidelik nie saam met hierdie persoon nie: “Ons is al 50 jaar in Alberton. Nog nooit was daar sulke kragonderbrekings nie. Twee uur, vier uur, ja, maar nog nie ses dae nie. Ek moet my werkers betaal, maar hulle werk nie. Ek verloor duisende rande. As dit so aangaan, moet ek hulle laat loop.

    “Ek moet lewe, hulle moet lewe. Wat moet ek doen? ’n Kragopwekker vir die bakkery kos tussen R40 000 en R100 000. Waar moet ek dit kry,” het hy gesê.

    Dis ook opvallend dat Beeld nie kommentaar op die berig toelaat nie!

  4. Kan enige iemand ‘n kortlikse opsoming gee van prophesies wat al na 1994 bewaarheid is en wat moet nog gebeur voor die “nag van die lang messe”

    1. Boeremeisie, seker een van die treffendste van oom Siener se voorspellings wat besig is om waar te word, is die swart getalleoorheersing wat in Engeland uitspeel. Dit is juis die Engelse wat die voortou in die aanslag teen die Afrikanerboer geneem het sedert die eerste koloniale oorheersing aan die Kaap. Hulle wou ons mense toe al verbaster met die uiteindelike gevolg dat ons weggetrek het van ons aanvanklike tuiste aan die Kaap en die binneland ingevaar het, net om weer Engelse weerstand te kry in die vorm van die kafferoorloë wat hulle teen ons opgestook het.
      Oom Siener het voorspel dat Engeland van die internasionale terrein sal verdwyn. Hy het 7 plae vir Engeland gesien en die derde plaag is die swartoorstroming van Engeland deur sy voormalige swart in indiese kolonies wat deur hongersnood en siektes geteister word: Stem van ‘n Profeet op bl. 121.
      Daarom haal ek graag vir jou die nuuste sensus opname wat in London, Engeland gedoen is:
      Londen se wit vlug
      21 Februarie 2013
      Meer as 600.000 wit Britse Londen het die hoofstad verlaat in ‘n dekade.
      Sensus syfers toon dat tussen 2001 en 2011 het die vlak van “wit vlug” 620.000 bereik.
      Dit is die ekwivalent van ‘n stad met die grootte van Glasgow – met heeltemal wit Britte – beweeg uit van die hoofstad.
      Wit Britte is nou ‘n minderheid in die land se hoofstad met 620.000 vertrek in ‘n dekade
      Die syfers, gister deur die BBC gerapporteer, beteken dat vir die eerste keer, wit Britte nou in ‘n minderheid in die land se grootste stad is.
      Terselfdertyd toon die sensus in sommige landelike gebiede ‘n styging in die persentasie van mense wat hul etnisiteit as “wit Brits” beskryf.
      Wit Britte maak nou 45 persent van die bevolking uit, in vergelyking met 58 persent in 2001.
      http://praag.org/?p=3955

      Weereens wil ek die boek “Blaas die basuin” sterk aanbeveel. Ek merk dat Adriaan die boek teen ‘n spesiale prys op sy boekelys het en ek spoor jou aan om dit te bestel of van iemand te leen (nee, ek kry nie vergoeding hiervoor nie…:-)

  5. Geliefde Vriende.
    Die probleem by Koeberg is baie groter as wat in die publiek bekend is. Die dienste by koeberg was van so mate dat die persoon wat daar moes diens moes gereigistreer gewees het en kon alleenlik ingaan deur ‘n vingerafdruk stelsel. So kon hulle sien presies wie het wat gedoen. Vanaf 1994 is die stelsel ontkoppel en kan enige “eskom” persoon tot in die reaktor gedeelte kom. Wat met die vorige ondersoek nooit in die media gekom het nie is dat een swart nerf die een reaktor moes diens en het een bout verloor, niemand daarvan ingelig nie en ‘n nuwe een gaan trek by die stoor wat voor 1994 nooit sou kon gebeur het nie die nuwe een is uitgereik slegs as die oue ingehandig is. Die bout het deur die reaktor gegaan toe hy aangeskakel is maar in die media is dit afgemaak as geen groot skade nie.Die een reaktor is wel gekraak en van die kern materiaal het uitgelek en die een beton pilaar beskadig. Koeberg is so ontwerp dat dit op rollers beweeg vir aardbewings,die skade op die een beton pilaar is nie met die blote oog te bespeur nie maar het wel veroorsaak dat die pilaar met ‘n paar millimeter gesak het. Die Italiaanse maatskappy wat dit kom regmaak het, het dit wel herstel maar geweier om die gebruiklike 10 jaar waarborg te lewer want volgens hulle is die stelsel nou te onstabiel, maar ons regering hou dit uit die media en dit gaan lekker. Die water onder is klaar gekontamineer en alle lewe daarin het gevrek….weer eens nie in die media nie. So Oom Siener se swart wolk oor tafel berg is heel moontlik na ‘n aarbewing want as die kern reaktor nou eenkant toe gaan rol met ‘n aarbewing is die balans weg en kan die twee reaktore bots en ontplof. Wat ‘n 200km radius om koeberg sal uitwis.

    Die inligting is weereens nie om vrees in te boesem nie maar om mense paraat te maak op wat gebeur en aan die gang is en hoe ons in die duister gehou word. Gebruik media sensasie soos die Oscar storie om die gepeupel se aandag af te trek van alles onderduims wat aan die gebeur is en ons volg soos slagskape.
    Groetnis

  6. Mens dink onwillekeurig na die woorde van Jesaja die Profeet:

    Jes 24:5 Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreek.

    Daar is ‘n aantal ewige verbonde in die Ou Testament, bv die ewige verbond tussen JHWH en Isak se nageslag, deur Jakob, vir Israel; die ewige Priestersverbond met Levi; die ewige verbond van die sewende dag se Sabbat; met koning Dawid: n ewige verbond sluit: die bestendige genadebewyse van Dawid.

    Ek glo dat Sy Majesteit JHWH met Jes 24:5 bedoel: die ewige natuurwetlike verbond van die Atoom (want die Aarde is ontheilig…) en wat kan die aarde meer ontheilig as Atoomvuur en Atoomstof wat deur die gevolglike stormwinde oor die hele aarde waai en alles wat lewe vernietig

    Nou, die volgende boodskap is net vir die wat in Sion woon, die berg Sion wat HY liefhet, julle weet wie julle is:

    Jes 10:24 Daarom, so sê die Here HERE van die leërskare: o My volk wat in Sion woon, wees nie bevrees vir Assur wat jou met die staf slaan en sy stok teen jou ophef op die manier van Egipte nie.
    Jes 10:25 Want nog ‘n baie kort rukkie, dan is die grimmigheid ten einde, en my toorn gaan uit om húlle te vernietig.

    Jes 17:13 Nasies maak gedruis soos die gedruis van baie waters; maar Hy dreig hulle, en hulle vlug ver weg en word gejaag soos kaf van die berge voor die wind en soos strooi voor die stormwind.
    Jes 17:14 In die aand—daar is verskrikking! Voordat dit môre word, is hulle nie meer nie. Dit is die deel van hulle wat ons plunder, en die lot van hulle wat ons beroof.

    Jes 19:1 Godspraak oor Egipte. Kyk, die HERE ry op ‘n vinnige wolk en kom na Egipte toe; en die afgode van Egipte wankel voor sy aangesig, en die hart van Egipte smelt in sy binneste.
    Jes 19:2 En Ek sal Egipte teen Egipte ophits, sodat hulle sal veg, elkeen teen sy broer en elkeen teen sy naaste, stad teen stad, koninkryk teen koninkryk.
    Jes 19:3 En die gees van Egipte sal radeloos word in sy binneste, en sy planne sal Ek verwar; dan raadpleeg hulle die afgode en die besweerders en die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê.
    Jes 19:4 En Ek sal Egipte oorgee in die hand van ‘n harde meester, en ‘n strenge koning sal oor hulle heers, spreek die Here HERE van die leërskare.
    Jes 19:5 En die waters sal uit die groot waterplas verdwyn, en die rivier sal uitdroog en droog lê.
    Jes 19:6 En die strome sal stink; die strome van Egipte sal swak word en uitdroog; riet en biesies sal verwelk.

    Majesteit JHWH se groot liefde vir die ellendige oorblyfsel van Sy volk in Sion, julle weet wie julle is.

    1. Ja, die kerke van die dag leer die volk dat die Ou Testament verby is en dat hulle slegs moet fokus op die Nuwe Testament (waar Jesus vir ALMAL gekom het!). Vergeet maar van al die beloftes en verbonde en profesiee.

      Ek weet tot nou toe nie hoe die kerke verby die woorde “EWIG” in die Ou Testament kom nie! “n EWIGE verbond tussen YHWH en Abraham, Isak en JAkob en hul nageslagte… In die Nuwe Testament bevestig YAHSHUA self hierdie verbond as hy se dat HY SLEGS gekom het vir die verlore skape van die huis van ISRAEL. Hoe duidelik wil jy dit nou he?

      As ‘n verbond ‘n sekere groep mense (die Israeliete) insluit, is dit tog DUIDELIK dat daar mense is wat UITGESLUIT is. Maar die kerke van die dag leer ons dat ALMAL gelyk is en ALMAL INGESLUIT is…

      Maar soos jy tereg se Willem, het YHWH ‘n klein en geringe oorblyfsel en Halleluja- hulle weet wie hulle is!

  7. En daar vandag (27/02) op KFM nuus terwyl ek van een drek stasie na die ander rond spring in my motor. Dit was in ingels

    `Die publiek het niks te nie vrees en moet asb. nie op hol gaan oor die `emergency` serenes wat vandag by koeberg afgegaan het nie. Dit was maar net `n skielike toets lopie wat hul gedoen het`

    bla bla bla…

    En laasweek skop een terbune somer so af ook vir ….

  8. Ds. Willie Smith is vandag deur die Menseregtekommissie aangekla omdat hy beweer dat die Witras superieur is. Gaan lees die berig in “Maroela” Afrikaanse nuusblad.

  9. Lees gerus hier wat bekwame behoudendes oor Lukas Swart, daai ou op nationale intelegensie se pay slip, te sê het.

    http://www.afrikanervolksparty.org/index.php?option=com_content&view=article&id=5369%3Abespiegelings-oor-die-veiligheidsituasie-in-suid-afrika&catid=160%3Aartikels&Itemid=284&lang=af

    Andrian, kon ons nie maar hierdie Andre (messelaar, joiner, informant, spioen,) soos ou Mocke van ouds, hier belet nie?

    Of toemaar, los die dwaas dat hulle hul eie sotheid meer en meer openbaar. Dan kan ons ook hul modus operandi beter verstaan en leer hoe om hierdie geslag tussen ons in die samelewing al makliker en makliker te identifiseer.

  10. OK, Andre, ek merk ons verwys na dieselfde stuk.

    Maar ek merk jou vermoe eindig stomp net daar by wat Swart kwytraak.

    Ek merk egter (wat jy nie merk nie) dat die AVP dit net so plaas juis omdat Swart (soos ek in my skrywe hierbo sê)homself openbaar as inteligensie manetjie waar hy sy woorde nie mooi getel het nie.

    1. Pietie Jan, jou onvermoë om die waarheid van die leuen te onderskei is opvallend.

      Is die swaard nou seker magtiger as die pen? Laat ons dan sien wie is reg jy en jou napratery van die einde April rewolusie of ek en my bedenkinge oor die “self geproklameerde fiasko”.

      Ons praat weer einde April, een van ons twee gaan om verskoning vra . . .

  11. Ek het die boek gelees,geskryf deur ds. Willie Smith en kan net se dat dit werklik baie insiggewend en leersaam is.Waaragtig die moeite werd om die boek te bekom.

  12. Dwarskop, ek het self die boek gelees en dit baie leersaam gevind. Ek dink dit was beslis ‘n blanke wat hom gaan aangee het, want ‘n swart persoon sal geen nut sien om so’n boek te lees nie! Ek glo nie hy sou verstaan het wat hy lees nie!

  13. Ja, Marlene, ek stem saam met jou die verraad was def uit blanke geledere. Ek troos myself daaraan dat dit net vervulling is van profesie, want aan die einde sal wat reg is verkeerd wees en wat verkeerd is reg wees. Die loon is ook GROOT vir hulle wat ter wille van Sy Naam en WOORD vervolg word!

    Ons moet net op ons kniee bly vir Ds Willie.

  14. Andre,

    Jy plaas woorde met jou gesplete tong in my en Adriaan se mond net soos wat die adders met Christus gemaak het tydens Sy verhoor.

    Waar op die forum het ek gesê dat die nasies hul aanval gaan loots voor einde April 2013?
    Waar het Adriaan dit gesê?

    Adriaan het andere aangehaal, dus om tebeklemtoon dat dit nie net ons is wat `n aanslag tewagte is nie.

    Ek is wel `n aanslag van die nasies teen die blankedom tewagte, maar die datum laat ek in my God se hande. Alhoewel ek nie namens Adriaan kan praat nie, glo ek hy voel dieselfde.

    Voortaan sal ek jou fein gefeinsde bewerings en aanklagte ignoreer en nie tewoord staan nie, die voorbeeld van Hom wat ek navolg.

    Reasonable people cant talk reason to unreasonable people…

      1. Piet Jan,

        Hoe kan jy jou lyding met die van Christus vergelyk?

        Jou onbenullige argumente dra geen waarde en is van alle waarheid ontneem.

        Verstaan jy nie wat Andrè in jou kop probeer kry nie man.

        Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen. -Lukas 6:26

        1. Bennie, as jy erns met die Skrifte gehad het en nie met spotters en aanklaers nie sou jy die antwoord met ervaring op jou vraag hierbo gehad het.

          Joh 15:20 Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: ‘n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar.

          Of is jy deel van die `hulle` in die teks?

          1. Pietie,

            Waarom antwoord jy nie my vraag nie? Of dalk is dit duidelik uit jou gebrekkige woordeskat wat dit haas onmoontlik maak om sinvolle debat te voer?

            Maar toe hulle hulle aanhou verset en hom beledig, het hy die stof van sy klere afgeskud en vir hulle gesê: “As julle verlore gaan, is dit julle eie skuld. Ek aanvaar nie die verantwoordelikheid daarvoor nie. Van nou af gaan werk ek onder mense wat nie Jode is nie.”

            Waarom verset jy jou teen die Waarheid?

            Besef jy nie dat hierdie God wat jy as jou gelyke sien ‘n Heilige God is nie?

            Is daar ‘n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig. Jakobus 3:13

            Mag Woord jou tot nederigheid en wysheid oortuig.

  15. Brenda, ek verneem daar is ‘n verbod op die verkoop van sy boek geplaas! Dit mag nie meer gekoop word nie, maar gelukkig is daar genoeg gekoop en gelees toe dit nog vrylik beskikbaar was. Die waarheid sal altyd seëvier!!!!

  16. Goeie naand!
    Is daar iemand wat bereid is om vir n afskrif te kan reel? sal dit waardeur.Ek het verskeie soort gelyke boeke gelees en vind dit baie interresant.
    Ons is by verre n meer beskaafte en ontwikkelende ras met n gewete.M.a.w die gees van God in ons,daarom weet ons wat is reg en verkeerd. Wel die meeste van ons,wat na die waarheid soek en God se wette onerhou.Julle joiners,jingo’s en hensoppers kan maar ons getroue Boere Afrikaners aanvaal.Julle sal kry wat vir julle beskore is want wat jy saai sal jy maai,en sal nie vrugte van vryheid pluk in die nabye toekoms nie.

  17. KleinVrystaat

    Dalk kan iemand dit in .pdf beskikbaar stel. Kan altyd n donasie aan Willie maak.
    Vrede

  18. W.H. Smith se boek `Die Raadsplan` is nog beskikbaar teen R330 hier…

    http://www.lewendehoop.co.za/p/203855/die-nuwe-raadsplan

    …Ek vermoed daars baie waarheid in, veral vir diegene wat in die begin fase is na die soeke vir waarheid.

    Ek self het NIE die boek gelees nie, maar gemeet aan die voorwoord, blyk dit Willie sien `n skepping op aarde voor die skepping soos aan ons deur gegee, waarmee ek van hom verskil.

    Maar ja, alhoewel ek van baie daaroor verskil, glo ek nie God sal ons in toorn oordeel oor wat ons verstaan van die week voor die eerste dag toe die aarde woes en leeg was nie.
    My (ons almal se) probleme begin iewers na die sewende dag met Eva en `n slang wat nie na haar soort was nie, en vandag heers die dorings en distels.
    Voor dit, is nie vir my relevant nie.

  19. Indien julle sou belang stel, Ds. Willie Smith het die 53 Afrikaanse Bybel geneem en die “Heilige Name” ingesit. Dit is ‘n fees om te lees! Ek persoonlik dink hy het hom baie goed van sy taak gekwyt. Hy noem dit “DIE SKRIF”. Dit is ook op die bostaande wepblad – Lewendehoopbedieninge – beskikbaar.

  20. Ben, Vra vir jou Sondag klub hoer wat die Skrif vir jou so interpreteer waar was die huis van Israel toe daardie stelling gemaak was.

    Waarom wil jy my uit die Skrifte versoek (soos Satan ook met Christus gemaak het in die woestyn)om my perels vir die varke te gooi?

    Ek sal vas staan in wat ek glo, jy kan dieselfde doen in wat jy glo, maar weet dit…hulle sal omdraai en jou met hul pote vertrap.

Comments are closed.