Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg

Nelson Mandela

Onthulling oor sameswering tussen NIA en die ANC

2021-04-19

Deur Adriaan Snyman


Ek het die onderstaande skrywe van iemand ontvang wat vroeër glo vir Nasionale Intelligensie gewerk het. Ek plaas dit hier onveranderd en sal bly wees as iemand dit miskien kan bevestig of bykomende inligting daaroor kan verstrek

Hoewel ek nie die persoon se naam wil bekend maak nie, gee die detail en omvang van die inligting wat hy verskaf, my die indruk dat daar tog waarheid kan insteek.

Elkeen moet maar self besluit hoe hy of sy daaroor voel.

“Dit het alles begin na die verskyning van u boek Boodskapper van God, waarin Siener se gesig van 4 April 1915 beskryf word. Siener het ’n gesig gehad van ’n belangrike man wat sterf en gesien hoe sy kis in die graf afsak. Daarna het vure opgespring wat oor die land versprei het. Vure is geweld.

“Ons (NIA) was toe al bewus van ’n moordplan teen blankes wat deur sekere verlinkse groepe in die ANC in die geheim beplan word. Maar op ’n vergadering met senior ANC lede het ons voorgegee dat ons niks daarvan weet nie. En het toe die voorgestel gemaak dat as daar so ’n plan bestaan, die ANC alles moontlike moet doen om dit te keer, want as dit gebeur, sal dit vêrregses blankes daarvan oortuig dat Siener van Rensburg ’n regte profeet is en dit kan hulle aanspoor om in opstand te kom en ander gesigte van Siener probeer forseer om te gebeur.
“Ons het toe voorgestel dat die ANC moet begin om die blankes bang te maak deur valslik aan hulle te sê dat hulle doodgemaak gaan word die dag as Mandela begrawe gaan word.
“Baie blankes sal dit glo en party sal geld spandeer om noodvoorraad vir daardie tyd bymekaar te maak; ander sal weer hoop die polisie en weermag gaan hulle beskerm en nog ander sal op die vlug slaan.

“Maar die belangrikste is dat die ANC sy mense daarvan moet oortuig dat daar na die begrafnis geen bloedvergieting moet wees nie, want dit sal maak dat die blankes glo Siener was verkeerd en dat hy ’n valse profeet is. Hulle sal hulle dan nie verder aan sy gesigte steur nie en die ANC regering aanvaar.

“Party ANC lede op die vergadering wou eers nie hiervan hoor nie omdat hulle geweet het Mandela is self besig om die mense op te steek om na sy dood die blankes aan te val en dood te maak.

(Die skrywer van Dokument-X, Gunter Schickelgruber (wat Xhosa goed verstaan en praat, het onder andere gehoor hoe Mandela tydens ‘n ANC vergadering aan sy ondersteuners sê: “Julle moenie glo wat ek van die verhoog af verkondig nie, want julle weet wat om te doen wanneer ek die dag sterf.’)

“NIA het toe self ’n slagspreuk voorgestel wat swartes kan gebruik om blankes mee te intimideer. “The day Mandela dies, wê will kill you whites like flies.”
“Dit is deur baie swartes gedoen en selfs blankes kinders is in die skole daarmee gedreig.

“NIA se plan het toe gewerk, want na die Boeremag se bomaanvalle en hulle misluk het om Mandela te vermoor sodat die profesie bewaarheid kan word, was daar geen verdere bedreiging van vêrregse kant nie.”

“Vyf lede van die Boeremag het in Oktober 2002 probeer om Mandela met ʼn tuisgemaakte bom om die lewe te bring, die poging het misluk en in die proses is net Claudia Mokone van Soweto deur ʼn vlieënde stuk staal getref en gedood.

“Maar na al die jare kan ek my nou nog nie vergewe dat ek deel was van daardie NIA-sameswering nie…”

Slotgedagte

Hierdie skrywe het hy aan my gerig na aanleiding van prof. Andries Raath en Rudie Rousseau se onlangse aanval op my skryfwerk i.v.m. met Siener se gesigte, en my daaropvolgende antwoord aan hulle.

Hy sê dit het hom daartoe genoop om sekere belangrike gebeure wat vóór Mandela se dood, plaasgevind het, aan my bekend te maak. Hy was self daarby betrokke.

Ek wil dit hier net duidelik stel dat hy verkeerd was wat betref ons aanvaarding van die ANC regime, ons het dit tot vandag toe nog nie gedoen nie — inteendeel, ons verwerp hulle nou nog met groter weersin en veragting as destyds!

Ter aanvulling: Die infiltrasie van Boere organiasies deur NIA lede asook die verreikende gevolge daarvan kan ook gesien word in ‘n Siener reeks deur 00DEZZ. Die laaste gedeelte in die hierdie video (vanaf ongeveer 17:50) is veral relevant.

Omdat geweld nie met Mandela se dood uitgebreek het nie, beteken dit egter nie dat daardie visioen se tyd uitgeloop het nie; iewers ’n die toekoms gaan ’n belangrike swartman nog op die een of ander wyse te sterwe kom (waarskynlik gewelddadig), en dan sál hierdie gesig ’n skrikwekkende werklikheid word, want soos ek al vantevore gesê het, ’n profesie het geen vervaldatum nie.

Siener is as wagter op die muur gestel om die basuin daaroor te blaas, sodat ons, sy volksgenote, dit moet wéét en ons nie onverwags deur die nag van onheil oorval word nie.

Maar hy het nie in die visioen gesien dis ’n swart man wat gaan sterf nie, tog is dit ’n heel logies afleiding, want daar het nog nooit in ons geskiedenis met die dood van ’n ‘belangrike’ blanke held of volksleier, geweld in die land uitgebreek nie — nie eens met die koelbloedige moord op dr. HF Verwoerd nie.

Prof. Raath self het ook hierdie gesig van Siener verklaar as rewolusie en oorlog wat na ’n begrafnis in die land sal uitbreek.

Ons verneem daar bestaan ’n sterk moontlikheid dat prof. Andries Raath deel sal wees van Siener se gemengde tussentydse- of doringbosregering wat hy voorspel het, en nog iewers in die toekoms sy verskyning gaan maak.

Flip Buys, hoof van Solidariteit, het reeds op Saterdag 10 Oktober 2015 in Pretoria tydens hulle Toekomsberaad openlik daarmee gespog dat hulle (Solidariteit en AfriForum) R3.5 miljard gaan spandeer om, wat hy genoem het, ‘n ‘parallelle’ regering daar te stel.

Wat Koeberg betref: ’n Vooraanstaande geoloog, Beyers van Niekerk, het spesifiek navorsing gedoen oor die voorkoms van interkontinentale breuke in die aardkors rondom Suid-Afrika en hoe dit ons kan raak as daar ‘n groot aardbewing sou kom. En volgens hom sal daar wel ‘n baie sterk aardbewing op die een of ander stadium hier plaasvind. Die verwagte sterkte daarvan sal in die omgewing van M 8.5 tot M 9.0 wees!

Daar loop ’n baie groot breuk van Groenland af verby Ierland, deur die bog bo in Wes-Afrika en dan al langs die weskus af en uiteindelik draai dit in Koeberg se omgewing ooswaarts tot by DF Malan lughawe, waar ’n paar breuke op daardie punt bymekaarkom, waaronder ‘n (tweede) baie groot een van die suidpunt van Argentinië af. Volgens Van Niekerk sal die verwagte aardbewing verwoestend wees (selfs Koeberg sal nie bly staan nie), die skiereiland sal onder die water verdwyn en  Tafelberg sal dan ‘n eiland wees.

Die bekende teoloog, wyle Dr. Willie Marais, het in sy boek, ‘n Man van God Gestuur, ’n visie beskryf wat hy gehad het en waarin hy ook gesien het dat ’n reuse-aardskudding die skiereiland tref waarna Kaapstad onder die water verdwyn en Tafelberg ‘n eiland word.

3 thoughts on “Onthulling oor sameswering tussen NIA en die ANC”

  1. Hier is aanvullende inligting wat deur die geoloog Beyers van Niekerk in verband met die foutlyn by Koeberg gesê is:

    Beyers van Niekerk het selfs gepraat van ‘n tsunami van tot 200 meter hoog wat Kaapstad vanuit die suide sal tref as die verwagte groot aardbewing toeslaan. Dit sal skokgolwe langs die breuk vanaf Suid-Amerika af veroorsaak. ‘n Baie groot deel van die Boland sal waarskynlik ook onder die water wegraak. (Hierdie reuse-aardbewings kom volgens hom in siklusse van 500 jaar voor, maar omdat ons nie weet wanneer dit laas gebeur het nie kan dit natuurlik enige tyd plaasvind.)

    Die eerste belangrike punt hier is dat die voormalige NP regering besluit het dat die breuk van die noorde af ver genoeg aan die westekant van Koeberg verbyloop om die kernkragstasie veilig daar te kan bou. Die navorsing hieroor was egter baie swak en heeltemal oorhaastig gedoen. Die beplanners het geglo dat die naaste grens van die breuk aan Koeberg ongeveer 8 myl (13 km) wes van Koeberg in die see gelê het. Maar dit was egter ‘n fout, want ek haal aan wat wyle Beyers van Niekerk self hieroor uitgesorteer het:
    “…die heel westelike grens van hierdie seismiese verskuiwing is slegs 4 km ter see geleë is. Dié groot skok kom as besef word dat die noordelike asook oostelike grense van hierdie seismiese gebied tot 11 km binnelands geleë is, en nie op see nie! Dit beteken dus dat Koeberg se kragsentrale amper in die middel van ‘n uiters onstabiele stuk aarde gebou is! ‘n Mens wonder hoe so iets so maklik verby ministeriële toestemming kon gekom het om gebou te kan word. Of hoef ons regtig te wonder hoe?”

  2. More Adriaan
     
    Slaan jy alweer die spyker op sy kop? Met ‘n hoë digtheid, diepruimte hamer, wat teen ‘n snelheid van ongeveer mach 50 + deur die atmosfeer verbrokkel…en dan tref ‘n gedeelte die aardkors onder die see, langs die baie bros, koue Suidpool. Die lawa wat uitbars sal die ys redelik vinnig begin smelt en die wêreldseevlak met ongeveer 60 meter of 20 verdiepings, verhoog, (volgens die rekenaar simulasies van die aarde se beste wetenskaplikes). Sal Koeberg so iets kan weerstaan? O ja, die daaropvolgende aardtrillings, storms, winde en digte mis gaan verseker AL die oorblywende aardbewoners besig hou. Dan gaan die aarde eers waggel en daarna die politici.
     
    “WANNEER DIE YS BEGIN SMELT…”
     
    Lesers kan ook kyk na Jesaja 24:19, Mattheus 24:29 en Openbaring 8:8, en 16 (1953 Vertaling asseblief), Judith de Beer se indrukwekkende harde werk en Annalize Snyman se  “Nibiru Openbaring”.
     
    Laat mens dink, nê?
     
    Mooi loop!

Comments are closed.