Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg

CNN – revolusie binne drie maande in SA

2013-02-03

Deur Adriaan Snyman


Gedurende die laaste maande van 2012 was daar kort-kort berigte in die media van ‘n dreigende revolusie of burgeroorlog in Suid-Afrika. Selfs die bekende toekomsbeplanner, Clem Sunter, het gesê Suid-Afrika is net “één gebeurtenis” weg van ‘n Arabiese lente – (en daardie gebeuternis kan dalk nog vannag of môre plaasvind). Ons noem slegs enkele “gebeurtenisse” wat moontlik die vuurhoutjie by die kruitvat kan wees…


*Mnr. Henry Geldenhuys, visepresident van TLU SA het verlede jaar na die wrede moord op die 77-jarige mnr. Johan van Rensburg van die Baltimore-omgewing onomwonde verklaar dat  “…die boere geen ander keuse as om hulleself voor te berei vir oorlog nie.”

*Die swart passifis, Eric Meduna, beweer dat pres. Jacob Zuma in sy toespraak op 16 Desember verlede jaar met ‘n ou struggle-liedjie ‘n kodeboodskap aan sy toehoorders oorgedra het en hulle al dansende van hul “bevryding” verseker het. In die liedjie word daar o.a.gesê “die pad na vryheid is lank (dit was ook die titel van Mandela se boek: The Long Walk to Freedom). Maar die einde van die pad is naby en ons sien mekaar daar op Vryheidsdag (27 April 2013 – ek dink ons almal verstaan hierdie boodskap).

*Skaars drie weke later op 8 Januarie 2013, verklaar Zuma by die ABSA stadion in Durban dat Suid-Afrika se 1913-grondwet “…op dramatiese wyse 87% grond van swart inboorlinge gesteel en hulle as uitgeworpenes verdryf het.”

Maar vandag, 100 jaar later, het dit tyd geword om daardie vergryp reg te stel. Sedert Zuma se toespraak het die moorde op blankes drasties toegeneem, net  in Januarie 2013 is 18 weerlose BLANKE ou mense deur sy barbarbaarse onderdane (hy noem hulle “comrades!”), vermoor.

*In Januarie 2013 is daar ook in ‘n program oor Suid-Afrika op CNN  die vraag gevra óf Suider-Afrika ooit ‘n revolusie gaan beleef, en indien wel, wanneer? CNN het sonder aarseling self die antwoord verskaf: “Suid-Afrika sal binne drie maande (einde April?) in ‘n staat van revolusie verkeer…”

Byna twee jaar gelede, op 3 Maart 2011, het CNN in ‘n soortgelyke dokumentêr die vraag gevra: “Sal die revolusies bo in Afrika nog suidwaarts versprei?” Toe het CNN dit net as ‘n vae moontlikheid beskou, maar in die program is daar o.a. gesê “dat lande soos Nigerië, wat bv. na 12 jaar van onafhanklikheid nog steeds disfunksioneel is, die vlamme van revolusies aanblaas, wat stadig maar seker besig is om oral in die Sub-Sahara-streek uit te slaan en suidwaarts uit te kring.

(Hierdie opmerking laat mens dadelik aan Siener van Rensburg se woorde gedink: In 1914 sien hy ’n “verskriklike groot vuur wat brand. En dan sien ek meteens ’n groot rooi vlag. Dit trek van noord na suid. Die vuur het ook so gebrand (van noord na suid…”)

*Net verlede week ontvang ons inligting dat die “belhamels” (terroriste) in die ANC vanuit MI6 se hoofkantoor opdrag gekry het om ‘n “Arabiese lente” vóór die aanbreek van die herfs (April?) hier van stapel te laat loop.

*Dit het ook die afgelope week uitgelek dat die meer as 28 000 rekrute van ‘n geheime krygsmag van swart jeugdiges wat vroeër in plakkerskampe rondom Johannesburg en ander gebiede opgeroep is om as soldate opgelei te word, feitlik gereed is om in die nege provinsies uitgeplaas te word. Dit sal saamval met die ontslag van duisende Jeugliga-vrywilliges wat vroeër na Zimbabwe vir opleiding gestuur is. Hulle sal ook net met outomatiese gewere toegerus wees, en sal onder bevel van uitgesoekte polisie-offisiere, almal lede van Umkhonto we Sizwe, staan. Daar is geen twyfel nie dat hulle uitplasing dwarsoor die land verband hou met die grondgryp-kwessie wat glo “nog vanjaar afgehandel moet word”. ‘n Maandelikse salaris van R2 200 sal aan elke lid van die spesiale krygsmag betaal word vanuit staatsvoertuie met regeringsregistrasienommers.

Volgens ‘n vertroulike veiligheidsverslag wat in PRAAG se besit gekom het, is ‘n kaptein Mokwena van die Muldersdrift-polisiekantoor sedert Oktober of November besig om swart jeugdiges in plakkerskampe, waaronder die Joe Slovo-nedersetting, rondom Lanseria vir opleiding te werf. Mokwena is ook gemoeid met gemeenskapspolisieforums in die gebied.

*’n Suid-Afrikaanse ingenieur wat die afgelope aantal jare kontrakwerk in Irak en Afganistan gedoen het, ontmoet begin 2008 ‘n ingenieur uit Texas wie se broer ‘n senator is. Dié het aan hom die volgende inligting oorgedra: Nog in hierdie jaar (2008) sal van die groot Amerikaanse bankinstellings vou; dit sal spoedig oorwaai na Europa en daarna sal burgeroorloë in Noord-Afrika uitbreek.

Volgens die SA ingenieur is hy aangeraai om vir hom ‘n stukkie grond weg van die stede af en verkieslik in die berge te bekom. Hy moes ook kosvoorraad vir minstens ses maande bymekaarmaak en sorg dat hy onafhanklik is wat kragvoorsiening betref, want die Amerikaanse Federale Bank beplan om die “mat in 2013 onder die dollar uit te trek”.

Die Yank uit Texas se voorspelling is presies bewaarheid met die ineenstorting van Lehman Brothers in Junie 2008 en verskeie ander banke daarna. Toe kom die geldkrisis in Europa, gevolg deur die Arabiese lente in o.a. Egipte, Yemen, Libië, Sirië, ens.  Hy kan moontlik verkeerd wees wat die dollar betref, maar met Amerika wat op die rand van totale finansiële ineenstorting huiwer, kan die dollar tuimel, en daarmee saam ook ons nikswerd-papier-Mandelas!

*Sonder enige waarskuwing of rimpeling het daar die afgelope aantal jare reeds meer as 400 000 Chinese “onwettig” die land binnegekom – hulle is afkomstig van die oorbevolkte Fujian-provinsie in China; sedertdien het byna 12 000 Chinese winkels dwarsoor Suid-Afrika soos paddastoele verrys, en volgens prof. Colin McCarthy van Stellenbosch-universiteit, is die Chinese besig om Suid-Afrika te “koloniseer”. Dit het intussen bekend geword dat president Zuma vir elke Chinees wat die land binnekom, ‘n bedrag geld ontvang. Die voorwaarde is dat hulle nie hulle winkels hoef te registreer nie en ook geen belasting hoef te betaal nie!

*President Robert Mugabe het ‘n soortgelyke betalingsooreenkoms met Zuma aangegaan vir die toelating van Zimbabwiese immigrante.

*In Durban het ‘n swart sakeman op 10 Jaruarie (twee dae na Zuma se grondgryp-toespraak) aan sy blanke vroulike vennoot die volgende gesê: “Jy het my verlede jaar gevra of ek weet van UHURU, ek het toe geantwoord dat daar nie so iets bestaan nie, maar ek het gelieg, dit gaan gebeur – nog hierdie jaar – ek sal jou vroegtydig waarsku sodat jy betyds uit Durban kan padgee. Jy moenie daardie tyd in die stad wees nie…”

Of daar enige waarheid in steek, weet ons nie, maar die betrokke dame het belowe om ons per kodeboodskap te laat weet as sy die dag die nuus ontvang.

Dis ook geen geheim meer nie dat die sogenaamde stakings en plundertogte om hoër lone net ‘n verskoning is vir oefenlope om dorpe, stede en gebiede “af te sny” en alle uitgange te blokkeer. Maar ons mense bly sienende blind en horende doof, soos bewys in ‘n steekproef wat deur ‘n Vaaldriek-koerant tydens die Sasolburg-chaos gemaak is. Die uitslag was soos volg:

Suid-Afrika gaan al 20 jaar lank gebuk onder bandelose geweld, bloedvergieting en arargie, maar tog het nie ‘n enkele een deellnemer aan die steekproef die gebeure by Sasolburg verwag nie (dieselfde kan gesê word van Marikana en De Doorns). Selfs FW de Klerk is nog steeds daarvan oortuig dat ons die paradys bewoon.  (Al wat vir hom saak saak is wat die buitewêreld sê; sy gewaande ekonomiese groei en die Aandelebeurs wat deur Joodse goëlaars geskommel word soos dit hulle pas. Luister net wat het hy op 22 Januarie voor die Sweedse Kamer van Handel oor ons Kammaland te sê gehad:

“Suid-Afrika word beskou as ‘n internasionale model vir demo(on)krasie, konstitisualisme, menseregte en regsorde. Suid-Afrika ondervind al 18 jaar lank ekonomiese groei. Suid-Afrika produseer 30% van Sub-Sahara se Bruto Binnelandse Produk met slegs 6.5% van sy bevolking. SA sal die pessimiste verkeerd bewys. Sy Aandelebeurs en rekeningstandaarde is die beste ter wêreld…”

Die moorde op 34 500 mede-blankes ag hy te onbenullig om daarna te verwys; ook het hy gerieflikheidshalwe vergeet van die meer as 600 00 van hulle wat in plakkerskampe sit; dat ons drinkwater na riool stink; ons paaie met dongas besaai is; ons onderwys vandag die onderste plek op die wêreldranglys beklee; dat Eskom R1 triljoen nodig het om staande te bly, en ook dat die meeste buitelandse beleggers reeds die Zuma-Titanic verlaat het…

Kom ons buig die hoofde: “O Elohim van ons vaders – wees tog U arme volk genadig!”

57 thoughts on “CNN – revolusie binne drie maande in SA”

    1. ahahahaha….Mnr Snyman – jy gaan maar net aan met jou foutiewe voorspellings. Jy mislei die Volk met jou datums.

  1. Dankie vir die inligting. Ek wonder wat die skrywer van ons volkslied vandag sal sê wanneer dié woorde “Ons sal lewe ons sal STERWE vir jou Suid Afrika” voor ons oë bewaarheid word. Spreek ons nie DOOD oor onsself elke keer as die reël gesing word nie?

    1. Nee Marlene, ons spreek nie dood nie, ons spreek lewe. Lewe vir ons kinders en kinds kinders. As ons die lewe moet neerle om vir hulle ‘n toekoms te verseker, doen ons niks minder as wat ons voorvaders vir ons gedoen het nie. Dis goed om te sterwe vir iets wat waarde het.

  2. Beste Adriaan,
    Na 20 jaar se studie in die Skriftuurlike profesieë, sowel as ons eie Godgegewe profete, Oom Nicolaas Janse van Rensburg en Johanna van Warmelo Brandt, kan ek nie anders as om 1,000% met jou saam te stem oor die feit dat die tyd nou aangebreek het vir ons mense wat ore en oë het om ASSEBLIEF gehoor te gee aan jou dringende waarskuwings tot FINALE VOORBEREIDING, want wat gaan jy doen wanneer die veiligheidshek of die voordeur afgebreek word, of die groot vensters oopbars en talle moordende, skreuende swartes op jou toesak? Hoe sal jy jouself teen die oormag verweer? Sal jy dan op jou knieë gaan en bid vir jou redding en wens jy het eerder geluister. Jy sal in elk geval moet bid, vlug ofte nie, maar gaan jy luister en VOORBEREI VIR JOU VROU EN KINDERS SE ONTHALWE. Sal jy jou broer en jou swaer en jou neef of oom en tante en grootjies waarsku, of gaan jy stilbly en hoop alles sal oorwaai sodat jy weer met jou gewone lewe kan aangaan? NEE, MY BROER EN MY SUSTER, JY KAN NIE GEMAKLIK (of ongemaklik) TERUGSIT EN WAG EN KYK NIE WANT JY GAAN IN DIE LOOP VAN ‘N GEWEER VASKYK EN DIT MAG JOU LAASTE KYK WEES! Daar is ‘n tyd vir alles en nou is dit tyd om uit die stede en dorpe pad te gee wanneer die vure begin brand. Vergeet van jou mooi gemeubileerde huis, vergeet van al jou goeters wat jy met liefde en trots aangeskaf het. Konsentreer liewer op jou geestelike en liggaamlike toekoms, want die kommunis wil dit ook van jou wegvat – hulle wil jou heeltemaal uitwis en ook vir my. Ons is almal in dieselfde boot. Bewapen jou en jou geliefdes elkeen met GOD SE WOORD en dra die Bybel in jou sak elke dag waar jy ookal gaan en BID by daardie Bybel soveel as wat jy kans kry en DAN mag jy begin kwalifiseer vir uitredding, en dan alleen. Jy sal nie hierdie AANSLAG OP JOU LEWE oorleef indien jy nie Jesus gevind het nie. Nie buddha nie, maar JESUS JOU MESSIAS, BROER. SOEK HOM VANDAG TOTDAT JOU HART HOM GEVIND HET EN DAN HOU JY HOM DAAR IN JOU HART VAS EN BID DAT JOU SON NIE SAL ONDERGAAN NIE. ONTHOU EK BID OOK VIR JOU. BID OOK SO VIR JOUNE.
    Met dit gesê, wil ek vir jou, Adriaan, ons dapper vriend en boodskapper en jou gesin, grootliks bedank vir jou baie jare se worstelstryd teen die aanslaë wat julle moes verduur in hierdie geknelde en gedorste land van ons wat nou op die rand van die ergste geboortepyne staan. SELA

    1. Naandsê Kalahariboer
      Ons het die afgelope tyd gedurig Internet-probleme gehad, daarom antwoord ek nou eers.
      Enige mens met ‘n mate van verstand, móét teen hierdie tyd al besef daar is groot, baie groot moeilikheid aan die kom.
      De Klerk het gedink dat hy met die vrylating van Mandela en ontbanning van die ANC ‘n burgeroorlog gaan verhoed. Hy het dit net ‘n rukkie langer uitgestel. Gaan lees gerus die kommentare van blankes op Nuus24 se berigte, en die toenemende woede en rassehaat na weerskante slaan jou soos ‘n vuishou in die gesig. Nog net ‘n sot en ‘n dwaas sal dink dat dinge vorentoe gaan verbeter. Daarom stem ek heelhartig met jou saam: die tyd het aangebreek vir ons om fisies en geestelik voor te berei. Maar jy praat tevergeefs met mense wat nog in die sisteem geanker is. Hulle wil dit nie weet nie, nog minder hoor. Daar stroom nou soveel inligting in van oor die hele land, dat ek meer gereeld iets op die blog wil plaas. Dankie vir jou en AL ons ander broers en susters se se ondersteuning oor die jare; dankie dat ek altyd kon wéét julle is daar; ja, en danbkie vir julle omgegee-liefde!
      Soos altyd, Adriaan

  3. n Baie interesante artikel Adriaan en soos versoek plaas ek die datums;

    * 8 Jan 1912 stigting van anc in Bloem – 8 Jan 2012 wat 100 jaar later was die herdenking van die regime se 100 jarige bestaan. Zuma roep die voorvader geeste op net soos sy voorvaders.

    * 19 Junie 1913 die ‘Land reform act’ word wet soos bepaal deur die Unie regering van Botha – die vraag is wat die anc regime beplan vir 19 Junie 2013……

    n Paar scenarios wat hier kan uitspeel……

    * 27 April – 19 Junie 2013 om plase te beset

    * 19 Junie 2013 nuwe wetgewing om te onteien en plase word beset.

    Met Adriaan se inligting hierbo van die kaders kan dit dalk bewaarheid word slegs tyd sal leer.

  4. Bid God YHWH die Skepper van hemel en aarde en bepeins alvorens u ja, ja skree.

    Die volgende Skrif..

    Rev 18:4 En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.
    Rev 18:5 Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou.

    ..Pas ek tot op hede op die kerke toe,

    Indien ons Suid Afrika `n oorblyfsel van Juda is, Is dat moontlik dat bogenoemde vers en die een wat volg na dieselfde insident verwys?..? ..?

    Luk 21:20 En wanneer julle Jerusalem deur leërs omsingeld sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is.
    Luk 21:21 Dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; en die wat in die stad is, moet uitgaan; en die wat in die buitewyke is, moet nie daar inkom nie.
    Luk 21:22 Want dit sal dae van wraak wees, sodat alles wat geskrywe is, vervul kan word.

    …Alles wat geskrywe is, is nog nie vervul 2000 jaar gelede met die ou stad se inval nie..?..?

    Tot op hede wil ek nie vlug nie, en glo God sal Syne red, maar wat as dit Vader se opdrag is?

    Hoe sien u dit? Oordink deeglik asb. en nie net ja, ja, om u vlugplan te regverdig nie.

    Skrifte sal ek hoog op prys stel.

    1. Dis soos jy se; elkeen van ons het ‘n verantwoordelikheid voor God om SELF te hoor wat Hy van ons verwag. By dit wil ek net se dat ons nie die gesonde verstand en instinkte moet verag nie. God het ons immers nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en van liefde en van selfbeheersing (in Engels lees dit ‘sound mind’)2 Tim 1. Ons moet ons gesonde verstand gebruik en voorbereid wees vir watter moontlikheid ookal.

  5. Piet Jan, dit is die vraag op my lippe ook. Wat is Elohim se wil vir ons? Ek weet ons moet voorberei, maar moet ons vlug of in ons binnekamers gaan en bid sonder ophou. Kyk verstaan my baie mooi, dit gaan geensins oor my huis of kar of besittings nie. Wat ek is, is net genade, wat ek HET, is net geleen.

    Dit gaan oor Elohim se wil vir my en plan vir my, en of ek wel tydens die oorlog is op die plek waar ek moet wees. Ek het heelwat van die Suidlanders se vergaderings bygewoon en stem in beginsel saam met hul plan en wat hul se. Ek is net so bang om enige iemand te vertrou, want die Bybel leer ons onomwonde dat ons nie moet vertrou op prinse en mense nie, maar op die Lewende Elohim van Israel ALLEEN. Ek is ook al oud genoeg om te weet dat die geskiedenis homself altyd herhaal en weet dat die verraad die keer 10 maal erger sal wees as tydens die Anglo Boere-oorlog.

    Hierdie is vir my ‘n indringende vraag, want ons weet die uurglas is byna leeg en ons tyd raak min. Ek sal ook graag ander se siening in die verband wil hoor?

    Groete in Messias
    Brenda

    1. Siener het gese ons sal weer n bloedrivier beleef om te oorleef.Ek dink elkeen van ons sal n bloedrivier in ons huise beleef.Net soos die zulus bang was vir die engele rondom die laer so sal dit om ons huise wees.In ons dorp het die speurders diewe gevang,toe hulle gevra word hoekom sekere huise nie beroof is nie was hulle rede dat daar groot mense was wat die huise opgepas het.Die GOD van bloedrivier is nog met ons

  6. Beste Brenda, ek het nie al die antwoorde op jou vrae nie, maar ek kan jou uit die Skrif bemoedig asook al my geliefde volksgenote en kinders van Yahweh, graag deel ek 2 Kron. 20:11-13,15 met julle wat as ‘n gebed vir ons kan dien sodat ons Skrif kan bid wat krag dra t.o.v ons landsprobleme.

    Vers 11) “Ja, kyk, hulle vergeld ons dit deur te kom om ons uit u besitting te verdrywe wat U aan ons as ‘n eiendom gegee het.”
    [Majesteit Yahweh het ons hier kom PLANT met Sy eie hand. Ons het niemand se grond gesteel nie}.

    Vers 12) “Onse Elohim, sal U nie teen hul strafgerig oefen nie? Want in ons is geen krag teenoor hierdie groot menigte wat teen ons gekom het nie, en ons weet nie wat ons moet doen nie, maar ons oë is op U”.
    [Ons verklaar ons afhanklikheid aan ons Elohim. Ons het geen ander Elohim nie].

    Vers 13) “En die hele Juda het voor Yahweh gestaan ook hulle kinders, hulle vroue en hulle seuns”.
    [Ons wie weet dat ons Israel is moet in die bres staan vir ons volk wat dit nie weet of dit nie WIL weet nie. Want die hele volk kry swaar omdat ons voor Yahweh EEN IS”.]

    Dan kom die belofte van ‘n liefdevolle Vader Yahweh aan ons wat in verootmoediging bid en Sy aangesig soek.

    Vers 15) “… wees nie bevrees of verskrif vanweë hierdie groot menigte nie, want die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van Elohim”.

    Israel Groete

  7. Net nog ‘n Israel visie illusie . . .

    Onthou u nog die nommerbende aanval op 28 Oktober 2012?

    Kom ons oordeel diè een einde April.

    1. Andre, jy is duidelik besig om net die nuwe testament te gebruik in jou relaas. God is altyd dieselfde en is nie `n mens wat kan lieg nie. Hoe sien jy dan net `n God van liefde terwyl Hy tog die oordele vir ons voorhou. Duidelik is die boodskap van die hedendaagse kerk vervat in jou oordeel my vriend. Daar is wel volke met wie die Heer oorlog sal he van geslag tot geslag. Hy is wel `n God van liefde maar ook van oordeel want HY alleen is regverdig. Jesus het nie gekom om dit wat die Vader neergele het te verander nie maar om dit te vervul. Ek bid jou, gaan lees die skrifte en jy sal dit so sien. Groete.

    2. André, hierdie uittreksel kom uit ‘n artikel van die European Times. Miskien steek daar tog waarheid in?

      A grim Ministry of Finance (MOF) report circulating in the Kremlin today warns that Venezuela’s “nuclear option” crashing of its currency yesterday is a “clear signal” that the Western banking systems “house of cards”, erected in the aftermath of the 2007-2008 Global Economic Crisis, is in “total collapse” with the expected final outcome to be an “apocalyptic” crash of the US economy no later than April.

      According to this MOF report, and what US financial experts described as “what lobbing a nuclear bomb into a currency war knife fight looks like”, Venezuela devalued its currency by an astounding 46% in the latest round of what is being described as the worst currency war our world has seen since the 1930’s, and which plunged the globe into total warfare.

    3. En hier is nog een wat ek van Jaap Kelder ontvang het – dit kom uit die “Leadership Intelligence Bulletin“.
      Die revolusionêre klimaat styg by die dag – dis elkeen se keuse om die waarskuwings te harte te neem óf te ignoreer!

      1 Escalating protests
      2 Rising revolutionary climate building in South Africa

      The incidence of protests in South Africa continues to grow. In line with global trends it is creating a dangerous revolutionary climate … Two weeks ago we reported how veteran activist Mercia Andrews called the Western Cape farm unrest “a historic rebellion, not a strike”. We also last week reported on the likelihood of escalating labour unrest in 2013.

  8. Baie dankie, Marlene. Ja, dit is so goed om weer aan YHWH se beloftes aangaande ons, sy volk, herinner te word. Dankie dat ons kan weet ons staan nie alleen nie. Daar is nog mede-volksgenote wat weet en die waarheid ken en saam met ons in gebed bly voor die aangesig van die Lewende Elohim!

    MY ma het ook na aanleiding van die gesprek vir my die volgende skrif gegee uit Esegiel 9 (lees sommer ook hoofstuk 8 en die hele 9)
    Veral dan Eseg 9: 4, 5 en 6: ” En YHWH se vir hom: Trek dwarsdeur die stad, dwarsdeur Jerusalem, en maak ‘n teken op die voorhoofde van die manne wat sug en steun oor al die gruwels wat daarin gedoen word.
    5 Maar aan die ander se Hy voor my ore: Trek agter hom aan deur die stad, en slaan; laat julle oog nie verskoon nie, en moet nie spaar nie;
    6 slaan dood grysaards, jongmanne en jongedogters en kinders en vroue tot vernietiging toe; maar raak aan niemand op wie die teken is nie, en begin by my heiligdom. En hulle het begin by die manne, die oudstes, wat voor die huis was.”

    Ek wil YHWH loof en prys en dank vir die feit dat ons Sy eiendomsvolk is en dat ons name in die palms van Sy hand gegraveer is en dat Sy teken ons voorhoofde verseel.

    Ons moet net goeie moed hou, met ons oog gerig op die wenpaal, want HY SAL hierdie stryd vir ons stry.
    Amen en Amen

  9. Ai Andre, my hart gaan uit na jou! Ek sal liewers sterf met ‘n visie in my hart as om te sterf met niks nie. Wat die einde April gaan gebeur weet nie een van ons nie, daarom moet ek my oë op die EEN wat ALLES weet rig. Yahweh het vir ons Ps. 91 laat opteken vir dae soos wat ons nou beleef en ek is seker die Psalm het ons Voortrekker ouers ook deur baie donker en twyfelagtige dae gedra. “Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. Ek sal tot Yahweh sê: My toevlug en my bergvesting, my Elohim op wie ek vertrou”. Ag ek hoop jy gaan ook ‘n anker hê die dag wanneer alles om ons donker gaan word.

    Israel Groete

  10. Andrè, hulle noem hulself die Israelwaarheid, maar ‘n blinde kan met ‘n stok aanvoel dat hierdie dwaalleer alles behalwe die waarheid is.

    Die Israelvisie is ‘n dwaling. In tye van swaarkry en in tye van moedeloosheid is mense geneig om meer by dwalings en valse strome aanklank te vind, omdat daardie groepe meestal die Bybel so interpreteer dat dit “belangegroepe” nader lok. So is die huidige politieke klimaat in SA die ideale broeiplek vir die leer van die Israelhipotese onder die Afrikanervolk.

    Die Israelvisie verkondig dus ‘n valse leer wat in stryd is met die leer van die Bybel. Hierdie dwaling moet teëgestaan word, en gelowiges moet baie bedag wees daarop om hulle nie met hierdie mense op te hou nie.

    Die Israelvisie moet nie as ‘n Christelike sekte beskou word nie, maar as ‘n valse godsdiens wat die genade van ons Here Jesus Christus verwerp.

  11. Ongelowige Thomas

    Ek lees gereeld op hierdie en ander soortgelyke blaaie en staan elke keer meer en meer verstom oor wat ek lees. Andre ek stem saam met jou.
    Ek kan nie glo dat die mense wat nou volgens alle oorlewering diep gelowig is en in die Bybel en in GOD glo so honger is vir geweld en oorlog dat hulle nie eens sleg voel om ‘n sogenaamde God van liefde te dwing om ‘n god van haat en oorlog te word nie..
    Ek kon nog nooit die ding bymekaar bring dat ALLER HOOGSTE SKEPPER wat alles geskep het sekere dele van SY skepping so verfoei dat HY bereid is om SY hele skepping in een gemors te omskep om dit wat so verfoeilik is te vernietig nie. Hoekom wis HY nie maar net die verfoeilike dinge uit en laat die res dan pragtig en volmaak voortgaan soos HY dit geskep het nie.
    My ervaring van ALLER HOOGSTE SKEPPER is dat HY net liefde is en niks anders nie. Ek kan nie sien dat as jy iets of iemand lief het jy dit sal aanspoor om gewelddadig te wees nie.
    Wat die stories aangaan oor al die moontlike aanvalle ens wel ek dink daar is ‘n groter kans dan daar teen die genoemde datums dalk al ‘n ruimte skip of 10 geland het met die mees wonderlikste ruimte wesens wat LIEFDE EN LIG aan die aardbewonders kom leer.

  12. Ja, ongelowige Thomas en jy ken duidelik nie jou Bybel nie. As jy enigsins gelees het wat daar staan, sou jy besef het dat jy louwarm is. Was jy maar koud of warm, maar nou is jy lou.

    As ons,… sal God. Dit is die beloftes regdeur die Bybel. Ons, as Sy volk het verkies om afvallig te word van sy Wet, verordeninge en insettinge (weet jy dat daar so iets in die Bybel staan?) en nou sal ons die oordeel daarvoor moet dra. Dit is ‘n wetenskaplike beginsel dat elke oorsaak ‘n gevolg het en as jy keuses uitoefen moet jy bereid wees om die gevolge daarvan te dra. God het ons met ‘n gesonde verstand geskape om te kan onderskei tussen reg en verkeerd, goed en kwaad en ons die keuses gegee om uit te oefen. Dit is wat ons onderskei van diere.

    Dit is JUIS omdat God ons lief het dat Hy ons tugtig, sien, nog ‘n Bybelse beginsel.

    Daarom, my vriend, SAL jy NIE enige oordele vryspring, tensy jy volkome volgens Sy wil lewe nie. Begin maar eers met jou Bybel. Lees dit en verstaan dit en dan praat ons weer.

  13. Ongelowige Thomas

    Ai Brenda dis juis omdat ek dit gelees het en verstaan dat ek geskryf het wat ek geskryf het. Ek lees nerens van iets anders as liefde nie, want daar staan ook geskryf…” He God lief bo alles en jou naaste soos jouself en hier aan hang die hele wet en Sy gebooie” so nou hoe dan nou? Of moet ons nou net dit lees en verstaan waarmee ons ander kan veroordeel?
    Na alles het GOD dan nou nie vir Sy Seun Joshua Ben Joseph gestuur om vir ons ‘n voorbeeld te kom stel en dan ook te sterf sodat ons kan vry wees nie…of is dit nou tot voordeel van ‘n uitgesoekte groep? En as dit nou vir ‘n uitgesoekte groep is kan jy dan asb vir my ‘n lysie van die wat dan nie deel aan hierdie groep is nie.
    Verder lees ek ook dat Josua Ben Joseph ook vir die skare gese het:”Ek is die Seun van God en so ook julle” vir wie is dit dan nou bedoel? Hoekom sal God dan vir Joshua Ben Joseph stuur om die wereld van sy sondes te bevry en net dan net sekeres uitkies?

  14. Brenda en ander,
    Moenie julle pêrels voor die sweine gooi nie, bewaar die skat wat jy gevind het.
    Ongelowige Tomas,
    Jou gebrek aan Skrifkennis wys. Leer van hulle wat weet.
    Vrede in Jahweh

  15. Ongeloweige Thomas, wanneer ek na jou aanhaling kyk is ek nie baie seker uit watter Bybel jy dit aanhaal nie, maar vir my lyk dit asof jy met die New Age lering besig is. Dit is hulle wat alles met LIEFDE wil reg maak, maar is die werklike lewe werk dit nie so nie, Kyk maar na die opskrifte in die oggend koerante, daar is maar min liefde te sien. Mal. 1:2-3 “…Is Esau nie die broer van Jakob nie? spreek Majesteit Yahweh. Tog het Ek Jakob liefgehad en Esau het Ek gehaat en sy gebergte ‘n wildernis gemaak …” Gaan jy nou vir Vader Yahweh aanvat omdat Hy nie ALMAL LIEFHET NIE?

  16. Ongelowige Thomas

    Oe regtig ek sien sommer dat my perels reeds deur die swyne verorber is. Dit is vir my duidelik dat net sekere skrif gedeeltes deur julle gelees en geglo word. Ek gee juis nie ‘n duid om oor wat in julle koerante en op julle tv en radios gese word nie want dit is alles meiums wat gebruik word om juis verdeeltheid en onmin onder die mense te bring en te volhou.
    Ek gebruik die 1953 weergawe… Net om te wys dat ek dalk meer skrif kennis as wat werklik goed is vir julle het hier is ‘n paar verse om my uitkyk te staaf… Ek weet nie wat bedoel word met NEW AGE nie maar as dit is wat dit genoem word as mens in die LIEFDE VAN ALLER HOOGSTE SKEPPER leef dan is dit maar goed so ek gee nie om wat wie my noem nie ek gee net om dat ek deel is van ALLER HOOGSTE SKEPEPR SE LIEFDE.

    1 Kor 13,

    1.AL sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ’n klinkende metaal of ’n luidende simbaal geword.

    2 En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.

    3 En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.

    4 Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,

    5 handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,

    6 is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.

    7 Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

    8 Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë — hulle sal tot niet gaan; of tale — hulle sal ophou; of kennis — dit sal tot niet gaan.

    9 Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele.

    10 Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan.

    11 Toe ek ’n kind was, het ek gepraat soos ’n kind, gedink soos ’n kind, geredeneer soos ’n kind; maar nou dat ek ’n man is, het ek die dinge van ’n kind afgelê.

    12 Want nou sien ons deur ’n spieël in ’n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.

    13 En nou bly geloof, hoop, liefde — hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.

    1 Joh 4:7-12
    7 GELIEFDES, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God.

    8 Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.

    9 Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.

    10 Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ’n versoening vir ons sondes.

    11 Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê.

    12Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword.

    Aangesien ek deur Brenda gestuur is om Bybel te lees kan julle gerus nou maar my voorbeeld volg en ook gaan lees want ek word vedunk dat ek GOD gaan aanvat omdat HY nie almal liefhet nie dan moet julle dalk ook sommer maar die gedeeltes waar oor liefde gepraat word uit julle bybels skeur en dan dit wat julle voel beter sal pas in daai plekke in plak…Liefde en Lig vir julle.
    Onthou die letter is dood maar die daad is lewe….

    1. Ja net jammer mense gebruik hierdie “liefde” om ALLES te regverdig, selfs sonde! Die liefde tekste kan met graagte uit my bybel geneem word, want God sal GEEN liefde openbaar tensy sy geregtigheid na gekom word nie! Sy liefde spruit voort uit geregtugheid, en nie dat alles kan maar want God is liefde nie! GOD laat nie met HOM SPOT nie!! en ooo-wee so baie doen, veral om die liefde onderwerp!!

    2. Hoop ons hoor sommer nog baie van jou “Ongelowige Thomas”.

      Dankie vir jou insiggewende dog weldeurdagte kommentare.

      Dit is jou soort wat nog altyd opgestaan het as die skemer op ons volk toesak.

      Staan sterk ou vriend, geanker in die Waarheid.

  17. Heelduidelik verstaan julle nie die begrip “Liefde” nie. Vader Yahweh se Liefde vir sy volk is ‘n ewige liefde, dit kan nie met die mens se begrip van liefde vergelyk word nie. Ons word opgeroep om ons NAASTE lief te hê, m.a.w. die een wat van my eie volksgroep is. Die ander kan ek met respek behandel, maar ek hoef hom nie lief te hê nie. Alhoewel ons almal nie daarin slaag nie, moet ons daarna strewe om ons volksgenote met liefde te behandel. Die wëreld se begrip van liefde is heeltemal uit verband uit geruk en daarom word “liefde” so misbruik.

    Groete

  18. In Wisconsin Amerika was daar n baie gelowige pastoor wat gereeld die mense probeer oortuig het van die krag van gebed.

    Op n dag kom daar n vreeslike storm en dit reen katte en honde! Hulle voorspel vir 3 dae swaar reen. Die water beginne styg en na n ruk begin mense op hulle huise se dakke klim.

    Die pastoor se huis se dak is ietwat hoer as sy buurman s’n en toe die water byna sy dak beginne raak nooi die pastoor hom vinnig om tot by hom te swem en help hom met n tou tot bo.

    Dis nie n baie gelowige man nie en toe die pastoor hom nooi om saam te bid dat dit moet ophou reen het hy dadlik geweier en gese hy glo nie aan die krag van gebed nie. Pastoor besluit toe om hom n punt te bewys en hou aan glo en bid, maar dit reen net harder en die water styg steeds.

    Die man kry half n glimlag maar die pastoor steur hom min daaraan en bid verder.

    Skielik kom n helikopter tot hul redding maar die pastoor weier om op te klim omdat hy glo God sal sy gebed verhoor en dit laat ophou reen…

    Nie lank daarna kom n boot verby en weer weier hy om op te klim omdat hy sterk glo sy gebede sal verhoor word en dat hy die buurman kan wys dit sal ophou reen.

    n halfuur gaan verby en sy bekommerde buurman vra die bestuurder om nog een keer terug te gaan na die pastoor sodat hy hom kan oortuig om saam met hulle te gaan maar tevergeefs die pastoor bly bid en se net vir die buurman hy sal sien dis nie meer lank nie dan sal dit ophou reen. Buurman skud net sy kop en vertrek na veiligheid.

    Die water styg en styg totdat dit die pastoor bereik en na n ruk verdrink hy.

    Bo in die hemel is die man lekker vol vrae en toe hy by God kom kon hy homself nie help nie en moes vra hoekom God hom laat verdrink het.

    God se antwoord was dat Hy dan 3 keer vir hom hulp gestuur het en dat die pastoor elke keer Sy hulp van die hand gewys het.

    ek weet dis moeilik om op ander mense te vertrou (suidlanders ens.) Maar dalk is pietjan reg. Is dit nie dalk God se plan met ons nie?

    Aleen sal ek beslis nie veilig wees nie en ek is nie naastenby so goed voorberei soos ek wil wees nie. Ek het nie n kar nie hoe gaan ek vlug tot veiligheid? Hoe gaan ek lewensbelangrike voorraad saam vat om my maande te hou in n rugsak omdat ek geen ander vervoer middels het nie? Ek ken nie die omgewing buite my stad/dorp goed genoeg om te weet waarheen om te gaan nie en ek kan julle verseker daar is duisende mense met dieselfde probleem.

    Of ons die Suidlanders se planne nou vertrou of nie, dit IS n plan wat kredietwaardig lyk en vir baie mense is dit die enigste plan.

    Bid oor die saak en miskien kry julle die antwoord wat om te doen.

    Verder wens ek vir julle n mooi week en God bless!

  19. “Vir jou is daar nog messe wat wag, in die bosse buite jou huis in die nag. Ons sal mos vuilig wees, ons sal mos vuilig wees, ons hou ons gewetes skoon ons sluit toe die deur… Ons het petrol gevat, en ons het al ons brue af gebrand, voordat ons an die anderkant was. En ek besef nou, en ek besef nou eers. Bloed en yster bloed en grond, bloed en olie bloed en grond, bang en ly en desaperaat. Daar’s niks nuuts onder die son nie, en in die SKADUWEE, brand Suid-Afrika.” – FPK.

  20. Jesus se eie woorde: As julle my liefhet, bewaar my gebooie. Die definisie van liefde is dus om gehoorsaam te wees aan die 10 gebooie. Dit maak nou regtig nie saak hoeveel rillings, hartkloppings en hoendervleis die ongelowige Thomasse onder ons kry a.g.v. hulle grote liefde nie, net gehoorsaamheid aan die onverdraaide Woord sal gereken word. (Tussen hakies; dis die eerste keer dat ek verneem dat Jesus 3 name het in Afrikaans – Yoshua, Ben EN Josef… my aarde! ;^)

    1. Baie interressante argumente hier te lees, en tog bespeur ek weer die grootste bedreiging van ons volk; verdeeldheid! As ons onsself reken as navolgers van die Skepper God, dan sal ons Sy Woord, wat Christus is (Joh 1:1-3)ook volg. Daar is ‘n baie definitiewe boodskap en waarskuwing aan ons gegee in die boeke van Daniel en Openbaring, indien jy dit nog nie bestudeer het nie, help ons jou graag met gratis materiaal daarvoor, slegs na so ‘n studie vind jy jouself in die posisie om die profesie te verstaan. Wanneer jy dan verstaan liewe broer en suster kom ons by keuse, nie my en jou opinie nie, maar die uitsluitlike wil van God, jy kies vir dit of nie…Die Pous se bedanking van gister kom as ‘n dringende merker in die tyd waarin ons staan, wette sal nou verander word op alle gebiede, deur sy opvolger en die regerings sal agter hom aangaan en vervolg elkeen wat dit teenstaan of nie saam stem nie. Ons kan nie eers oor die Woord saamstem nie, hoe wil ons hierdie dreigende stryd saam staan? Daar is groot waarde daarin om die Bybel te bestudeer, hoe het Joshua en die volk van God in die ou dae voorberei vir stryd? Wat was dit wat God van hulle verwag het? Hierdie dinge moet ons eerder dringend onder die knie kry, sodat ons kan staan in dit wat voor die deur wag, die tyd is nou. 3amdvd@gmail.com

      1. Ongelowige Thomas

        3AM soos ek die dinge kyk gaan dinge nou begin draai en die waarheid gaan nou begin uitkom. Die planeet word al vir eeue deur die katolieke kerk / pous beheer, van die regerings tot by ons elkeen se daaglikse lewe. Ek kan nie wag om uit te vind wat in die kelders van die vatikaan is nie… veral die werklike skrywes van die bybel en wie weet wat nog anders. Ek is so opgewonde oor die pous se bedanking want die nuwe een gaan juis die een wees wat dinge gaan oopruk, wat juis dit wat al soveel jare verkeerd is en nou eers as ‘n bedreiging gesien wod gaan verander in ‘n positiewe uitkoms vir die hele planeet.

  21. Ongelowige Thomas

    Ja Ben en Andre dis juis hoekom ek Ongelowige Thomas is… Ek glo mos nou nie alles wat oor die huigelaars wesens se lippe kom nie. Kyk net hoe deur mekaar word hulle wanneer mens net so bietjie hoer as hulle vermoens praat. Yoshua ben Joseph beteken niks anders as Jesus wat groot geword het in die huis van Josef nie. Dit is mos alom bekend dat volgens die bybel is Jesus uit Maria gebore wat aan Josef verloof was… of het ek nou weer verkeerd gelees aangaande die geboorte van Jesus..Andre en Ben ons sal maar net aanhou laat ons liggies skyn en die liefde openbaar want dit is na alles wat Jesus kom wys het… Hy het nie eens toegelaat dat hulle die hoer stenig oor die sonde wat die mense geglo he sy gedoen het nie nou wonder ek maar net hoe groot is ons sondes dan nou dat ons nie eens vergewe gaan word nie…..

  22. Sover my kennis strek beteken die term Yoshua ben Josef “Yoshua die seun van Josef”.
    “ben” beteken “seun van” en Yahsua was NIE sy Seun nie. Yahshua word wel genoem “die Seun van die mens” en die “Seun van Elohim”. Maar ek het nog nooit hierdie benaming gehoor nie.

    1. Ongelowige Thomas

      Oeps ek is jammer dat ek nie die vertaling mooi deur gegee het nie… Stenig my maar. Dit is vir my nogals ‘n wonderlike ondervinding hier veral as ek vat dat sekere dinge kan gaan en ander nie… ek en ander soos ek word gestenig en ons word uitgeboek vir die ewige veroordeling en verderf maar die wat ook maar doen wat ons doen op ‘n ander manier hulle is geboek vir die liefde van Vader Yahweh.
      Gelukkig weet ek darem as ek dit hierdie keer nie regkry nie sal ek darem nog so paar 100 ander geleenthede kry om te bly probeer tot ek dit reg kry. Ek se maar net dankie GOD dat ek altyd kan staat maak op ‘n tweede kans omdat elkeen maar sy eie pakkie mark toe dra..en myne maakek maar so lig moontlik want die pad is lank tot by die mark….

      1. Ongelowige Thomas, jy klink bietjie lighartig oor al die sakies wat jy aanroer, Boet. Pasop om nie ‘n spotter te word nie. En, alhoewel die Oosterse re-inkarnasieleer aantreklik vir ‘n sondaar lyk, is die werklikheid dat dit vir die mens gegee is om een maal te sterwe en dan die Oordeel:
        “Heb 9:27 En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel,”
        Skud tog jou New Age geloof af man, jy sal nie voordeel daaruit trek nie.
        Lees eerder nou jou Bybel en kry ‘n grip op jouself want more is die olie in die vuur.

        1. Ongelowige Thomas

          Kalahariboer, ek is baie jammer as jy my as lighartig ervaar oor die sake wat ek aanroer, maar gelukkig weet ek dat dit jou ervaring is en nie myne nie ek spot nie met enige iemand nie en ek veroordeel niemand nie, en wat help dit dan nou ek lees die bybel want alles wat ek pos uit die bybel word afgemaak dat ek nie weet waarvan ek praat nie. Ek het nog nie vir enige iemand vertel wat om te glo en hoe om te glo nie ek wil maar net julle antwoorde he op vrae. Ek sien julle bly praat van New Age waarvan ek nie ‘n idee het waarvan julle praar nie… Ek glo dat God Liefde is en dit alleen… julle maak julle eie gevolgtrekking van inkarnasie ek het gese as ek nie hierdie keer regkom nie sal daar nog 100de ander geleenthede wees.. reken julle nou dat ek net hierdie vrae by julle vra.. dit is julle wat moet wakker word want ek ondersoek alle dinge en behou die goeie…
          Dit is juis omdat julle alles mis intrepeteer dat julle mense kan verdoem en oordeel en dat julle aan die illusie klou dat God net sekeres uitverkies het…
          As ek net kan byvoeg ek glo ook dat ons almal Geestelike Wesens is met ‘n aardse ervaring.. so wat van die liggaam word is vir my immaterieel, dit is eerder wat van my siel word wat vir my belangrik is. So wat julle oordeel ookal oor my is maak nie saak nie want onthou net hy wat oordeel is reeds geoordeel met dieselfde maat as wat hy geoordeel het.

  23. Hierdie artikel kan besmoontlik n werklikheid word! As enige net so paar maande terug gaan sal daar dalk onthou word van die mosie van vantroue in zuma? Hierdie spook het nog nie gaan le nie, en volgens die bespreekings in die anc parlements gange, sal hierdie stemmery eind Feb vroeg Maart plaasvind? Sou dit gebeur is mal-emma terug, monhlante weer permanent terug, onthou die top 7 ministers is erg gekant teen zuma, en hy het hulle in sy kabinet gehou! Waarom kan daar nie duidelikheid oor gekry word nie? Sou hulle die mosie ondersteun kan dit probleme vir ons almal inhou. Maar sou hulle besluit om dit te laat vaar kan ons asem haal tot mandelas groet, wat nie maklik bepaal kan word n ie want mal-emmers wil terug, monhlante wil nie uit nie en dit lyk na probleme? Laat ons saggies wag en kyk!

  24. Ek beveel aan dat as enige persoon kennis dra van enige persone wat die wapen wil opneem teen die staat, om dit onmiddelik te raporteer aan die owerhede.

    Hennie

  25. IEMAND HELP ! ! ! !

    Gou, gaan Sê vir die owerhede Hennie / Thean hang uit op `regse` web werwe waar rassiste in naaste liefde God smeek om Sy duisende en tienduisende opdrag te gee om die wapen / swaard op te tel teen ons sataniese korrupte bloed bevlekte owerhede!!!

  26. Hab 3:16 Toe ek dit hoor, het my ingewande gebewe; my lippe het getril by die geluid, bederf het gekom in my gebeente, ja, ek het gebewe waar ek staan, omdat ek rustig moes wag op die dag van benoudheid dat dit aanbreek vir die volk wat op ons ‘n aanval maak.

  27. Geliefde Vriende
    EK het bogenoemde gelees en tog my beskeie gevolgtrekking gekom dat ons geestelik nog baie arm is. Ons val mekaar aan in die ego omdat elkeen seker van sy saak is en dan buig of bars almal moet oortuig. Maar die vraag is wat is reg en wat is verkeerd. Hang dit nie maar slegs op ‘n glyskaal nie? En dan hang dit af waar jy tans op jou geestelike weg is nie? Wat vir Persoon A reg is is vir Persoon B verkeerd maar 2 jaar later het Persoon B gegroei in gees en sien dan dat Persoon A reg was , maar Persoon A is dan lankal verby dit en sulke nietige kwessies pla nie meer nie. So is dit nie soos die bybel se ons probeer die splinter uit ‘n ander se oog haal terwyl ‘n balk ons eie oog versper nie. Ons kan mekaar so aanval op dinge wat nie saak maak nie. Streef eerder daarna om die sewe geeste van Vader ons eie te maak. Dan kan ons werklik ook sê Vader soos U wil en nie my wil nie.

    Ja ek het gehoor van Israel visie, suidlanders en nog ‘n hele reeks splinter groepe wat ego gedrewe glo hulle is reg en almal is verkeerd, maar tog almal van hulle het gedeeltelike waarhede gekry. So ek stem staam wees waaksaam, maar vetrou op die Almagtige en ja logika wys dat kos skaars word so maak kos bymekaar. EN as jy nie wil nie dis jou keuse ek gaan jou nie verwkalik of verwyt of vervloek nie. As die poppo die fan strike ek het kos en sal dit met jou deel, want dit is die liefde wat Vader van praat. As ek jou gaan wegwys in tye van nood maak ek skatte bymekaar waar motte en roes dit verniel, maar as ek deel dan maak ek geestelike skatte bymekaar. En ja die Vader het aan die Israeliete in die woestyn kos voorien, maar hulle het kos gehad tot in die woestyn so hulle het logika gebruik en kos bymekaar gemaak en saam geneem. So weet ek ook dat ek gehoorsaam is en nie net vir myself gaan sorg nie maar ook verander, want baie is sy uitverkorenes maar weet dit nog nie en heul nog lekker in die aardse dinge rond. Maar nie een van Sy skape sal verlore gaan nie en daarom kan ek dankbaar wees dat ek al ‘n vroeëre arbeider in die wingerd is. My loon gaan tog die selfde wees as die arbeider wat net ‘n uur voor toemaak tyd kom, maar gelukkig kon ek ‘n langer pad met Vader stap as die laat kommer wat vir my baie kosbaar is.

    So mense bemoedig mekaar en ondersteun mekaar in die waarheid maar die onderskeidingsgees sal tog wanneer nodig in ons elkeen spreek op die regte tyd. So my tyd en Vader se tyd is nie dieselfde nie. Hy wik ek beskik en berus my daarby al wil ek ook graag die tyd ryp druk. EN vir die wat wapens wil opneem: dis reg so maar ook weet ek dat 2 manne in Vader se naam alleen ‘n hele stad verwoes het. So met ‘n wapen sonder ‘n wapen met Vader aan jou sy wie kan teen jou wees.
    Nou ja die bal is terug in julle hande stem saam, stem nie saam nie, kan my nie pla nie ek weet wat ek weet en ek glo wat ek glo op die stadium en as julle my in liefde oortuig van julle siening of stemming wie weet ‘n mens is nooit te oud om te leer of te verander nie.
    Groetnis
    WILleding

  28. Drie swartes kom by mekaar, stig n unie, drie jode kom bekaar, stig n maatskappy, drie boere kom by mekaar, stig af. Word wakker, daar is net een god en het almal geskape. Julle klomp maak van julle self n bespotting. Wat gaan tien boeppens omies sonder opleiding, met antieke gewere, uitgerig kry teen n goed georganiseerde millitere mag. Gooi nog n brandewyn en coke en dink daaroor.

    Groete

    Hennie

  29. Een got nl. satan het almal die basters geskape.

    Maar Hy sal elke boom wat Hy nie geplant het nie kom uittrek. Owerheids gatkruipers daarmee saam.

    So Tata!!

    1. Piet jan my broer, ek was al die jare onder die indruk dat satan net kan afbreek en net God kan skep(create). Kan jy asb na n bybel boek of teks verwys waar ek kan lees hoe satan lewe kan skep uit die niet?

      Groete

      Hennie thean

  30. `n Baster word nie uit die niet geskep nie.
    Hoe is die eerste mineola of muil geskep?
    Geskep ja, maar nie uit die niet nie.

    Jy het Moses en die profete, al sal `n engel uit die hemel jou verse gee, betwyfel ek egter of jy sal glo.

  31. Piet jan ek het verkeerdelik verstaan jy se satan het die swartes geskape ek vra om verskoning thiaan hennie

  32. Julle ouens is koekoes. As julle verbondsgod so groot is hoef julle nie te worry nie. Maar hy bestaan nie, so worry liewer. Dit laat julle beter voel.

  33. Ja so kom en gaan jare terwyl selfaangestelde leiers gedurig hulle profesieë en storietjies aanpas. Siener was dalk ‘n gelowige maar die “profesieë” wat onder sy naam versprei word is verdraai.
    Geen dweeper het al aanduiding gegee dat SLEGS die Skepper se volmaakte wil ONVOORWAARDELIK hul enigste doelwit is nie. Nog mense sal tronk toe gaan in hul toestand van rebellie en verliefdheid op hul patetiese leiers, die SL, Gussie, Adriaan en wie ookal. Solank as wat hulle hierdie drek saai en vertrou is dit ook hul oes.
    Waar is profeet nou met sy profesie oor die slegs 4 verkiesings onder ‘n swart regering? Mens hoor NOOIT iemand in SL of Israelvisie of Adriaan foute erken nie. Dalk omdat hulle so besig is om hulle self, hulle selfgemaakte gode, godsdienste & verdraaiings te bewonder en nog slimmer argumente uit te dink.
    Die waarheid kan altyd op sy eie staan. Dit het nie klere nodig nie. Maar al die klere in die wêreld is nie genoeg om die leuen toe te hou nie. ‘n Nasie word bedrieg en gaan uitverkoop word as verraaiers en opswepers sodra hulle lekker in hulle kampe sit met al julle wapens, patroontjies en kossies opgeskryf in hul leiers se registers en toegesluit in hulle kluise. Hulle sal gestraf word as revolusioneres terwyl die leiers van die organisasie nêrens te sal vinde wees nie.
    Hou op om op te sweep, haat te saai en haat te stook vir anderskleuriges en hulle te blameer vir alles verkeerd in jul lewens. Kyk bietjie na julleself en julle voorouers – waar die rebellie, hoogmoed, valse trots, argwaan, eie ek, verdraaide godsdiens ens lê. Jul leiers respekteer nie eers die Woorde van die Skepper nie en verander en verdraai dit nes dit hul pas – waarom tog sal Hy Hom ooit aan hulle steur of hulle help as daar moeilikheid kom. Waarom?

Comments are closed.