Multikulturalisme — die skrif is aan die muur (vervolg)

Die Africa Confidential van 7 Feb. 1992 berig dat die VSA ‘n geheime militêre- en lugmagbasis van $350 miljoen in Botswana opgerig het en dat sowat 11 000 lug- en grondpersoneel daar gestasioneer is. Volgens die CIA, wat in beheer is van die basis, was dit bedoel om spioenasievlugte oor Afrika uit te voer.

Maar tog was die bestaan van die basis jare lank in groot geheimsinnigheid gehul, totdat van ons oud-spesmagsoldate (eers na hulle ontslag) daarvan begin gepraat het. Dis ook baie insiggewend dat Eskom ‘n groot lughawe by Ellisras/Lephalale gebou het min of meer in dieselfde tyd as wat die VSA basis opgerig is.

Die bekende en uitgesproke Amerikaanse prediker, dr. James Wickstrom, het in 2009 die VSA se werklike doel met die basis in Botswana naby Gabarone, in ‘n video-opname onthul.

Toe dit in die tagtigerjare duidelik geword het dat die Britse en Amerikaanse sanksies teen Suid-Afrika (net soos in die geval van Suid-Rhodesië)  geen hond haaraf maak nie, is daar besluit om met verraad van binne die blanke apartheidsregering Suid-Afrika tot ‘n val te bring.

Pik Botha en FW de Klerk, wat in daardie stadium albei agente van die Rockefeller-CIA-konneksie was, het saam met MI6 en die CIA gewerk om die paleisrevolusie teen PW Botha uit te voer.

Dieselfde aand na sy geslaagde bloedlose staatsgreep op 14 Augustus 1989 toe PW Botha uitgeskop is, het De Klerk Anton Rupert se studeerkamer binnegegaan en die deur agter hom toegemaak.

In’n byna uur lange oproep, is hy eerstens deur George Soros geluk gewens en daarna álles, behalwe die hemel, belowe. Dit het ingesluit die Nobelprys vir Vrede; R40 milijoen in sy persoonlike bankrekening (uiteindelik was dit R38 miljoen); beleggers wat gereed sit om miljarde in SA te belê en ‘n vredeshanddruk van die ganse wêreld.

Hierna het Henry Kissinger op die lyn gekom en De Klerk breedvoerig ingelig oor wat presies van hom verwag word. Na De Klerk se derde halfhartige “But Sir…” het Kissinger se Askenazi-Joodse bloed gekook en het hy teen apartheid uitgevaar: “Apartheid is not only a crime against humanity — it stinks!” (En nou, na sy ‘dood’, stink apartheid nog veel erger!) Hy was onverbiddelik (ek haal dr. Wickstrom woordeliks aan): “De Klerk was told that if South Africa doesn’t acquiescent to Mandela, we will use the military force of the United States against South Africa.” Die militêre mag hier ter sprake, was die lugmagbasis naby Gaborone. ‘n Rapsie meer as ‘n uur se vliegtyd van Pretoria af.

Net so seker as wat Amerika ’n dekade later nie geaarsel het om eerstens teen Saddam Hoessein (Irak), daarna Muammar Ghaddafi (Libië) en Bashar al-Assad (Sirië) op te tree nie, net so seker sou Suid-Afrika nie gespaar word nie. Die Clinton-regering was gereed vir ’n volskaalse aanslag sou daar nie aan sy eise voldoen word nie.

Maar die volk is nooit hieroor ingelig nie.

In Maart 2012 was daar by die Gaborone-lugmagbasis ’n ongekende bedrywigheid. Van Amerika se heel grootste militêre vliegtuie, die Galaxy C-5’s, het daagliks op die basis kom land, net om later in die dag weer op te styg. Al wat uitgelek het, is dat massiewe hoeveelhede wapens en ander voorrade daar afgelaai is.

En nou, na De Klerk se verraad 24 jaar gelede, het die Amerikaanse ambassade in Gaborone op 27 Julie 2016 vir die eerste erken dat hy nie net ’n militêre- en lugmagbasis in Botswana het nie, maar terselfdertyd ook aangekondig dat planne vir die opstel van ’n miltêre spergebied oor Suider-Afrika reeds in ’n gevorderde stadium is. Voorts sal daar nou deurgaans ’n swaar militêre teenwoordigheid by die basis gehandhaaf word om konfliksituasies wat mag ontstaan, te hanteer.

Daar is min twyfel dat hierdie ‘konfliksituasies’ verband hou met die anargie, wetteloosheid, opstand, spanning, geweld en studente chaos wat deur die CIA en MI6 in die land gestook word; en dit het só toegeneem dat daar nou openlik sprake is van ’n ‘burgeroorlog’ wat enige dag kan uitbreek.

Wapens voorsien deur Israel, Engeland en die VSA word in die geheim by ons hawens afgelaai. Maar China het ’n soortgelyke agenda van sy eie. Dié bewapen weer Mugabe se weermag, en verder koop hulle plase en ou myne op in S.A. wat streng bewaak word. China het ook 800 hektaar gekoop in die suidelikste punt van die wildtuin, ’n klipgooi van Maputuhawe. Dit is opvallend dat die Chinese wat die land instroom almal jongmense is sonder kinders of ou mense. Hulle is duidelik opgeleide soldate wat intussen die tyd afwag deur klein winkels te bedryf. Wanneer die moeilikheid begin sal hulle in die myne gaan wegkruip en agterna weer soos miere uitpeul.

Siener het gesê die swart leiers sal in die geheim organiseer. Stakings (swart massas) word gebruik deur die ANC, SAKP en COSATU (hulle is kop in een mus), om die land in chaos te dompel. Die beplande revolusie kan dan geregverdig word omdat demokrasie misluk het, en kommunisme ingestel moet word.

Siener: “Hierdie tyd sal saamval met ’n instroming van swartes uit Oos-Afrika. Planne word in die geheim gemaak om ons volk te vernietig en swartes word bewapen deur die kommuniste. Al wat Getroue Afrikaner is, sal bymekaar moet staan. Hulle sal in die geheim na ons hawens toe kom en hits die koelies, basters en kaffers teen ons aan. Daar is oral spioene”. Verder het hy gesien dat Engeland wapens en troepe stuur, geheime vergadering hou en: “hits die swartes aan om aan die opstand (Uhuru) deel te neem wat hulle (Engeland) sal begin”.

Nou word ook nog in sekere militêre kringe bespiegel dat hierdie dreigende ‘burgeroorlog’ iets te doen kan hê met die inbrake by ses vuurwapenstore van die vlootbasis in Simonstad oor die naweek van 23-24 Julie, en wat eers die Maandag ontdek is. Onder die wapens wat gesteel is, is vier Uzi-masjienpistole, 58 M26 handgranate, ’n 7.62 mm R1- en M1-aanvalsgewere en 16 40-70-kanonkoeëls.

Volgens die polisie sou die wapens verkoop word. Intussen het dit uitgelek die kopers sou dit gebruik vir die een of ander geheime ‘operasie’.

Soortgelyke inbrake het ook in Maart en April plaasgevind. Maar die weermag weet nou nog nie wat alles gesteel is en deur wie nie. Onder die wapens wat wel verdwyn het, is 20 mm masjiengewere, wat so swaar is dat een persoon alleen nie in staat is om dit te kan wegdra nie.

Die media swyg ook nog steeds oor die sekuriteitskontrakte van vyf van die land se ammunisie-opslagplekke wat verval het weens wanbetaling aan die kontrakteurs. Daar is dus geen wagte om sekere bergplekke te bewaak nie.

Intussen verneem ons die CIA het nog ’n paar projekte in die pyplyn: ‘n bloedige konflik in Natal tussen die ANC en die Zoeloes (14 Zoeloe-leiers is reeds vermoor); landswye kragonderbrekings; ‘n reuse–staking wat die land en vervoerbedryf sal lamlê, en laastens, ’n tweede Chris Hani-scenario waarin ’n hoëprofiel swart leier gewelddadig sal sterf!

Ooreenkomstig hierdie geheime plan, sal die anargie en bloedvergieting dus voortduur totdat alle strukture in die land vernietig is en ’n Afrika Lente in al sy felheid losbars. ’n Sterk VN taakmag in samewerking met die Amerikaanse lugmag en troepe wat in Botswana saamgetrek is, sal spoedig arriveer om die ‘orde te kom herstel’, waarna beheer van die land in die hande van die Afrikanerbond oorgegee word. (Siener se mofskaap- of doringbosregering).

In die vroeë negentigs was  Brig. Tienie Groenewald van Kom. Ops. een van die mees invloedryke persone in Suid-Afrika wat die CIA gebruik het om ‘n veelrassige bestel in hierdie land te vestig. Groenewald het reeds in September 1973 ‘n Vrymesselaar word.

Die CIA het klandestiene spioene in die Verligte-Aksiebeweging gewerf om die Broederbond en die Nasionale Party te kaap.

Totale anargie — wanneer?

Onderstaande inligtingstuk het ons van ’n anonieme persoon ontvang en ek moet sê dis een van die beste  oorsigte oor die huidige toestand in Suid-Afrika wat ek nog onder oë gehad het.

Hy begin deur die vraag te stel: “Wanneer gaan totale anargie uitbreek en waarvoor moet ons oplet?

“Enkele jare gelede het Jan Lamprecht van African Crises ’n stuk geplaas wat gehandel het oor die groot hoeveelhede wapentuig wat die land binnestroom. Dit was vraghouers met wapens, asook tonne en tonne patrone, ens. Die algemene media het natuurlik nie veel dekking daaroor gegee nie. Maar selfs dit het nie gepla nie, wat wel gepla het, is daardie wapens wat nooit gevind is nie!

”Elke Afrika-oorlog en -revolusie tot dusvêr, is deur die CIA en MI6 of ’n ander inligtingsnetwerk beplan en uitgevoer. Van die pionne wat hulle gebruik het, is o.a. Holden Roberto, Donald Stockwell (doodsengel van Afrika), Kenneth Kaunda, Mugabe, ens. Holden Roberto was nie ’n Angolees nie maar ’n Kongolees, en sy swaer Kenneth wat Zambië vir jare lank regeer het, was ook nie ‘n Zambiër nie, maar ook ’n  Kongolees; beide was in diens en betaal deur of die CIA en MI6 of een of ander duistere mag.

”Met die uitbreek van revolusies in Egipte, Libië ens., was daar geen vrae oor hierdie ‘rebelle’ se vuurpyllanseerders, 20 mm lugafweermasjiengewere, grofgeskut en ander massa wapentuig nie, ook nie waar of met wie se fondse hulle dit gekoop het nie.

“Maar ’n mens sou tog graag wou weet hoe kry verarmde werkloses wat glo skaars kos het om te eet, dit reg om oornag in besit te kom van miljoene dollar se militêre toerusting, voertuie en geld vir brandstof om van die een brandpunt na die ander te beweeg en as ’n gedugte gevegsmag teen hulle eie regerings fisies oorlog te voer?  Op TV sien ons dat waar hierdie revolusies uitbreek, die opstandelinge die mees gevorderde wapentuig gebruik wat geen privaat persoon op aarde in sy besit kan of mag hê nie. En dan vertel die massamedia ons ook sommer dat Amerika en talle ander ‘besorgde Westerse lande’ saamstaan om die arme, verdrukte rebelle te hulp te snel omdat die slegte diktators hulle wreed mishandel en hul ‘menseregte’ ontneem.

“Presies net so gaan dinge ook hier by ons verloop en met sekere inligting wat oor maande na my kant toe deurgesyfer het, kan ons tog min of weer bepaal wanneer die oomblik van waarheid gaan aanbreek.

“Ons eerste leidraad is natuurlik die finansiële besluite wat deur die elite geneem word. In ag genome dat die Oppenheimer-familie die finansiële bestuur van die land baie lank beheer het, moet ons hulle doen en late fyn dophou, want dit kan deurslaggewend wees. So bv. het Nicky Oppenheimer reeds sy miljarde rand se bates uit die land verskuif en selfs uitgetree by sakeondernemings soos Anglo en de Beers. Sovêr ons weet, het die Botswana regering ’n groot deel van die Oppenheimer de Beers-aandele bekom.

“Net soos Nicky het Johan Rupert ook al klaar sy bates uit die land geneem en na Swede oorgeplaas. Selfs die oornag swartmiljoenêr elite se miljarde lê veilig weggebêre in buitelandse banke.

”Nogtans is daar baie geldelike gewin op die spel om SA juis nou te destabiliseer. Ons het dit reeds beleef met die aanblaas van stakings, die Marikana-insident wat ooglopend die palatina pryse moes opjaag, ens.

“As ons die tydskaal vat en die verbrokkeling op ’n grafiek trek, sal ons sien dat die ANC se eerste verbrokkeling begin het met die stigting van die UDM toe Bantu Holomisa afgestig het; later het die PAC alliansie ook skipbreuk gely, toe kom die stigting van Cope vanuit ANC-geledere; en so ook klong Malema se wegbreek waarmee hy die jongeres onder hom versamel het. En as mens verder kyk hoe bankrot al die staatsinstellings en munisipaliteite reeds is, dan is in die ANC meer probleme as breinmurg.

“Projekteer ons nou die grafiek vorentoe, wys dit duidelik dat die toekoms van die ANC in ’n moeras van slyk en dryfsand vasgeval het waarin hy besig is om weg te sink. Zuma se verklaring dat hy sal regeer tot Christus weer kom, vervaag by die dag en binnekort sal hy sy heerskappy sleg deur die loop van die geweer kan afdwing. Polities bly daar vir hom dus nog net enkele bloedige keuse oor: kondig ’n noodtoestand af, kanselleer alle verdere verkiesing en verklaar homself tot diktator. Hy het ons mos reeds daaroor ingelig: “As ek oor doktorale magte beskik het, sou ek die land binne weke kon regruk!”

“Zuma se oorname by Mbeki het geskied onder die voorskrifte en reëls van die CIA en MI6. Maar toe kry hy ’n ‘aanbod’ van die Guptas wat hy nie kon weier nie, en die dag toe hy dit aanvaar, het hy ook sy eie doodvonnis geteken.

“So het hy byvoorbeeld in sy ooreenkoms met die Guptas vir die bou van die Gautengse e-tolstelsel, aan hulle die staatspensioenfonds as waarborg gegee. Maar hy het nie daarmee rekening gehou dat die publiek nie gaan saamspeel en opdok nie, en nou wil die Guptas hulle pond vleis hê! Zuma het dus geen ander keuse as om op die pensioenfonds beslag te lê nie.

“Hy het ook 14 miljoen werksgeleenthede belowe waarvan niks gekom het nie. Daaroor is die massa werklose jeug al ’n geruime tyd in opstand. Daar is ‘n gesegde dat die jeug die toekoms bepaal; en die persentasie van ’n volk se jeug is ’n aanduiding van sy stabiliteit. Maar wanneer die jeugdiges die 36% kerf oorskry (ouderdom tussen 16 en 35) en daar vir hulle geen toekoms is nie, bevorder dit burgerlike opstand of revolusie. Met elke persentasie punt bo 36% verhoog die kanse eksponensieel vinniger, en wanneer jy oor die 40% kom, is revolusie basies feitlik onafwendbaar.

”SA is lankal verby die 40%, en dus is die bevolkingsamestelling uiters plofbaar daarvoor. Die geringste wat beheer verloor word in die handhawing van wet en orde, sal katastrofies wees.

”Die maklikste om ’n land baie vinnig totale beheer te laat verloor, is om die elektrisiteitstoevoer af te sny. Op dag een sal dinge maar net gewoonweg aangaan, want almal is reeds gewoond daaraan om tydelik sonder kragtoevoer te wees. Maar op dag twee kom die jonge heer Sipho by die outobank aan, want hy het ’n Krismisbonus ontvang en wil feesvier, maar nou is die outobank ‘dood’. Die taxi wil Sipho ook nie ’n lift gee nie. want Shipo kan nie betaal nie, en so werk die verkeersligte ook nie omdat daar geen krag is nie en skielik is alles rondom Sipho in chaos. Nou raak sy ore warm en hy en Jafta en Klaas en Josef besluit om by die drankwinkel (waar niemand is nie, want hulle het nie meer krag of brandstof nie) in te breek en vir hulle ’n paar bottels drank te neem, Sara en Josafien besluit net daar dat hulle nie die geleentheid gaan mis nie en gaan vat vir hulle ook maar ’n ietsie by die winkel langsaan — ’n draadloos en ’n televisiestel. En van daardie oomblik af verdwyn wet en orde in die rainbow nation.

”Wees dus gereed — wanneer die krag afgaan en jy verneem dat dit op groot skaal is, weet dan hel en paraffien gaan enige oomblik losbars! En dan eers gaan jy besef wat jy alles in plek moes gehad het om nie net jou en jou gesin se veiligheid te kan handhaaf nie, maar ook dat jy moes voorsorg getref het om te oorleef. Die meeste huishoudings het nie eers kerse vir meer as drie dae nie … net soos Shipo gaan jy verniet met jou kredietkaart bank toe afsit.

”’n  Revolusie in Suid-Afrika is onafwendbaar, maak nie saak hoe daarna gekyk word nie, en met alles wat nou in die land aangaan, is die tyd oorryp daarvoor.

“Maar lank voor so revolusie uitbreek, kan mens al bepaal wat en wie die massa se teikens gaan wees.

“In ons geval is dit twee ledig. Eerstens, winkels, besighede, regeringsgeboue en toerusting, en tweedens, natuurlik die blanke, veral ou mense op afgeleë plekke. Want ons is in Afrika en dis in sy aard om te verwoes en te plunder wat die blanke tot stand gebring het.

“Tunisië, Jemen, Egipte, Libië en ander lande het binne enkele ure van ’n  vreedsame land in ’n volskaalse burgeroorlog ontaard; gaan kyk ook maar hoe maklik is Angola, Kenia, Zambië, Uganda en Mosambiek letterlik binne ’n  oogwink ‘omgeploeg’, om Siener se woorde te gebruik!

“Begin om groepe te vorm, informeel. Moet net nie sameswerings probeer om te dink jy kan sodoende die komende chaos verhoed nie; daar wag groot moeilikheid vir jou as jy aksies beplan wat hulle kan interpreteer as sou dit teen die staat gemik wees, maar omgee-groepe en kultuurgroepe wat oor dié dinge praat en voorberei sal nie skade doen nie.” — Anoniem.

Die wurgtou trek stywer!

Amos 4:7-8 “Alhoewel Ék die reën van julle teruggehou het toe dit nog drie maande voor die oestyd was en op die een stad laat reën maar op die ander nie laat reën het nie, die een stuk land reën gekry het, maar die ander waarop geen reën geval het nie, verdor het;  en twee, drie stede na een stad geslinger het om water te drink sonder om die dors te les—nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek Yahweh.”

Maar die volk wou nie luister nie:

“Julle moet versigtig wees as julle in die lug opkyk en die son en die maan en die sterre sien, dat julle nooit verlei word om hulle te aanbid nie. Want Yahweh julle Elohim het wel die sterre vir die ander volke oorgelaat om te aanbid, maar julle mag dit nie doen nie.” (Lewende Bybel Deut. 4:19.)

“Dit sal sleg gaan met julle, julle sondige volk, want julle is almal skuldig. Julle is deur die bank ’n klomp korrupte kwaaddoeners!” (Jes. 1:4 Lewende Bybel.)

As die Afrikanerbond se Interim-kandidate (Solidariteit, Afriforum, AfriSake, die FAK, Die Voortrekkers, Orania Beweging en Radio Pretoria, dalk iewers ’n Bybel op die lyf loop, kan hulle gerus Jes. 1:5-7 gaan lees. Hy beskryf presies ons volk se lot nadat De Klerk Mandela touleier gemaak het: “…Julle land is verwoes, julle stede is verbrand, voor julle oë verteer vreemdes julle landerye. Hulle het dit ’n verlate wêreld gemaak.” (N.A.V.-1983). En Hosea bevestig dit: “Hulle belieg mekaar, hulle breek in en steel, hulle beroof mekaar op straat…” (Hos. 7:1.) “Julle moet nie bang wees vir hulle nie; dink aan die grote en gedugte Yahweh, en veg vir julle broers, julle seuns en julle dogters, julle vroue en julle huise.” (Neh. 4:14).

Ander gebeure hier en in die res van die wêreld kan die laaste strooi wees wat die kameel se rug gaan breek:

  • Na net meer as drie jaar lyk dit of die piesangregter Mogoeng Mogoeng se uitspraak in die konstitusionele hof in April 2013, nog vóór die einde van hierdie jaar wetlik kan inskop: “…geen vergoeding sal vir blanke eiendom betaalbaar wees nie omdat die staat nie eienaarskap neem nie, maar slegs kuratorskap.” Volgens hom het geen onteiening dus plaasgevind nie. Die misleidende beleggingswetsontwerp hieroor is reeds in November 2013 deur die departement van handel en nywerheid in die Staatskoerant gepubliseer en die drie maande vir openbare kommentaar het verstryk sonder dat ’n haan daarna gekraai het. Maar volgens Dr. Anthea Jeffery, hoof van spesiale navorsing van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, kan hierdie wetsontwerp die grond onder jou voete uitpluk – en die Grondwet sal jou nie kan beskerm nie. Sy sê verder dis ’n skrikwekkende onteieningsmaatreël wat op sy ergste die einde van private eiendomsreg in die land kan beteken, want dit raak ook “elke (blanke) Suid-Afrikaner wat ’n huis, ’n motor en aandele besit, asook elke (blanke) onderneming…”Sy glo ook dat die regering met die wetsontwerp hom regmaak om op private eiendom beslag te lê “wanneer die politieke druk op die ANC so groot is dat hy vrees hy kan ’n verkiesing verloor”. Presies wat in Zimbabwe gebeur het. En in SA is dit ook nou sulke tyd.
  • Eiendom in besit van swartes sal nie hierdeur geraak word nie.

Rassisme en die burgeroorlog

  • Die afgetrede regter, Bernard Ngoepe waarsku dat tensy rassisme gekriminaliseer word, daar ’n burgeroorlog vir SA wag en die nasie nooit verenig sal word nie.

Ek sal julle aarde soos koper maak

  • Kroonstad ondervind al vyf maande lank ’n ernstige watertekort. ’n Waterkundige is van mening dat die droogte en swak bestuur van die munisipaliteit van die hoofredes is vir die huidige waterkrisis. Kroonstad is die derde grootste stad in Bloemfontein en benodig daagliks 35 miljoen liter water. Theuns de Bruyn wat verantwoordelik was vir die bou van die Bloemhoekdam in 1977, sê dié dam, wat water aan Kroonstad verskaf, is nou minder as 1% vol. Inwoners in die informele nedersettings sit soms weke lank sonder water. De Bruyn sê daar is nie genoeg kundiges om die krisis die hoof te bied nie.
  • Steynsrus en Senekal sit met soortgelyke probleme.
  • Dorpe in Mpumalanga se Nkomazi munisipaliteit staar ongekende waterbeperkings in die gesig omdat riviere besig is om op te droog.Die Nkomazi- and Krokodilrivier is so droog dat die waterpompe nog net modder pomp. Die gebied gaan gebuk onder een van die ergste droogtes in menseheugenis. Daar is nog net genoeg water vir huishoudelike gebruik, maar as die situasie versleg sal 54 informele gebiede en vier dorpe sonder water sit.In Junie is al die provinsies tot ramp gebiede verklaar, behalwe Gauteng.
  • Uit die Caledonrivier mag nie meer water geneem word nie. Ook die Oranje is onder streng beperking.
  • Mense op Clocolan kry net 2 uur water per dag.

Siener: niks in die kerk nog reg nie

’n Groep van 11 NG lidmate, onder wie bekende regsgeleerdes en teoloë, dreig om hul eie kerk hof toe te sleep om hom te dwing om gay mense toe te laat om in die kerk te trou.

Die groep gee die kerk twee weke kans om ’n besluit van die algemene sinode verlede jaar dat gays wel in die kerk mag trou, onmiddellik toe te pas.

Nelis Janse van Rensburg, moderator van die NG Kerk, het aan Rapport bevestig dat die kerk die 11 lidmate se prokureursbrief ontvang het. Hy sê dit is “nie ’n slegte ding” dat daar op dié manier regsekerheid gesoek word nie.

Die Siener het gesê daar kom ‘n dag dat niks in die kerk meer reg sal wees nie! In dié verband het hy aan Boy Mussmann gesê hy sien ’n dik muur en agter die muur brand die vuur hewig. Die muur is die sensuur. Dit is donker omdat al die kerse van inligting doodgeblaas is. Die waarheid word oral verdoesel, in die koerante, radio, die politiek en selfs in die kerke. Niemand weet meer wat om te glo nie, en alles wat ons hoor, is net leuens, leuens!

Studente chaos

Straatboewe wat weet hulle het nie die verstand óf vermoë om aan ’n universiteit te ‘studeer’ nie, ontwrig alles om blankes wat wel kan en wil studeer te verhoed om dit te doen. Het wyle Dr. Verwoerd dit dalk profeties vooruitgesien:

verwoerd

 

In die #FeesMustFall-veldtog het studente – meer as 95% swart en gekleurd – in die afgelope dae ‘n aantal universiteitskampusse d.m.v. gewelddadige betogings laat sluit. Studente — meer as 85% blank — wat normaalweg met klasse en toetse wil aangaan, is met geweld verhoed om dit te doen. In talle gevalle is toetslokale binnegestorm, toetsskrywende studente uitgejaag en vraestelle opgeskeur.

En te alle tye is dit die blanke (veral die Afrikaanssprekende) wat die spit moet afbyt. Op 22 Junie 2016 is is by die Universiteite van Pretoria en Stellenbosch finaal besluit dat Afrikaans as volwaardige onderrigtaal gestaak gaan word, terwyl dit aan die lig gekom het dat Unisa besluit het Afrikaans word vir onderrig, navorsing en eksaminering gestaak.

Uit die buiteland

Die Amerikaanse lugmag het op 17 September glo foutiewelik 4 lugaanvalle op Siriese magte naby die Deir al-Sor-vliegveld uitgevoer en minstens 62 Siriese soldate gedood. Dit het ISIS in staat gestel om die Siriese troepe in Jebel Tharda terug te stoot en ‘’n offensief op Deir al-Sor uit te voer. As die stad sou val, word meer as 300 000 burgerlikes aan die Jihadiste uitgelewer. Die Siriese leër sê dit bewys opnuut dat Amerika ISIS juis ondersteun in plaas van om hulle te probeer vernietig.

Hierdie Amerikaanse lugaanval op Siriese soldate in die 5 jaar lange burgeroorlog is net nog ’n poging vir ’n regstreekse militêre konfrontasie tussen Amerika en Rusland. En dit moet gebeur voordat Obama die leisels moet oorgee. Slaag hy nie daarin nie, sal krygswet afgekondig word en geen verkiesing plaasvind nie.

China gereed vir 3de WO

Kort na die Permanente Hof van Arbitrasie se bevinding op 12 Julie in Den Haag dat China se besetting van gebiede in die Suidsee, onwettig is, het pres. Xi Jinping gesê China sal voortgaan om sy soewereine en maritieme regte in die gebied te beskerm.

Die Chinese minister van verdediging, Chang Wanquan het oor die naweek sy burgers opgeroep om gereed te maak vir oorlog. Volgens hom sal die toenemende spanning in die Suidsee op ’n konfronyasie met Amerika uitloop en hy het ‘n beroep op die Chinese militêre magte, polisie en algemenge publiek gedoen om hulle daarvoor voor te berei en onmiddellik te mobiliseer om hulle nasionale soewereiniteit en terrotoriale integriteit te verdedig.

Volgens die Chinese staatsnuusagentskap Xinhau, het die VSA sy oog op die sewe miljard reserwe olievate en 900 triljoen kubbieke voet natuurlike gas in die gebied; daar word ook beweer dat “die ryk olievelde in die Midde-Ooste die rede was waarom Amerika daar gaan inmeng het, en China is gereed vir die Groot en Laaste Oorlog!”

Ten slotte net een vraag—

Hoekom het Hy, wat die Vredevors genoem word, sy volgelinge aangesê om die swaard op te neem en “om hul kleed te verkoop en ‘n swaard koop”?

Is dit nie omdat Hy Satan goed ken en weet sy enigste twee wapens is die leuen en die swaard nie  En is dit nie ook omdat Hy weet jy moet met die swaard van die Waardheid én ’n swaard in die skede gewapen wees, om teen Satan staande te bly nie?

My volk weet dit nie, want sy bene lê nog wit verstrooi in die laagte van Esegiël. Maar toe hy (Esegiël) by die bene verbygegaan het, het hy ons belowe:

Die dag is naby dat daar oor hierdie dor bene geprofeteer sal word; naby dat Hy gees in hulle sal blaas — en ’n geruis en ’n beroering sal dan opgaan; en hulle sal lewendig word en oor die wye vlaktes opstaan, en hulle sal sien dat Hy hulle ’n Swaard in die hand gegee het — die Swaard van die banvloek. En sy Gees sal oor hulle vaardig word en hulle sal die land van die een ent tot die ander ent skoonmaak — tot ver bokant die riviere van kus — tot daar by die Ewenaar.

Maar nou sit hulle nog met ’n gebroke en verslae hart en geen herder om hulle op te soek nie; hulle wonde te verbind nie, hulle aan die bors te druk en te troos nie; ook is daar niemand om die aangename jaar van Yahweh aan te kondig nie —

Gebed van ’n gebroke volk

Ons wil nie aan ons kinders vertel ons was u oogappel nie;
Ons wil nie aan hulle vertel van al u goeie gawes nie;
Ons wil nie aan hulle vertel van ‘n land wat óns land was nie;
Ons wil nie aan hulle vertel dat U alléén ons Vader was nie;
Ons wil net saam met hulle aan u voete neerkniel en pleit:

Laat ons tog weer soos van ouds u oogappel wees;
Laat ons weer soos ons vadere vir U ’n altaar bou;
Laat ons weer as volk U alleen ons pandhouer maak —
Laat ons weer U Naam oor ons kinders uitroep.
Laat ons weer ons hand in u sterke hand lê;
Want ons wil weer die skape van u weide wees;
En ons wil wéér kan sê: U alléén is onse Vader…

 

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470