Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg

Nugter Denker – so lyk die waarheid

2013-12-22

Deur Adriaan Snyman


‘n Persoon met die skuilnaam, “Nugter Denker”, paradeer van verlede week af op die Internet en braak gal oor die nag van die lang messe wat “een groot bedrogspul” sou wees. 

Ja, en nou is almal doodgelukkig en tevrede ― die ou flentergat profeet was verkeerd (soos ons altyd geweet het!) En nou kan julle maar die opgegaarde kerse, kaboemmielies, gedroogte eiers en blikkieskos loop uithaal en die kinders voer tot dit by hulle ore uitloop. Die spook van Uhuru, het verkas!

Maar weet “Nugter Denker” en al sy gelukkige vriende dat die ANC intussen ons Geloftedag gekaap het? ‘n Dag of wat vóór die begrafnis van “the people’s messiah”, kry ons die volgende e-pos van ‘n besorgde vriend: “Hierdie week se opvoering (die begrafnis en onthulling van Mandela se standbeeld) is daarop gemik om Geloftedag finaal te vernietig! Daar is aangekondig dat Geloftedag (nou nog Versoeningsdag) in die toekom Madiba-dag sal heet. Dis die dag van Mandela se opstanding na die begrafnis – die dag waarop sy nege meter hoë beeld voor die Uniegebou onthul word. Regoor ons land sal die nuwe messias dan eerder onthou word op 16 Desember.

(Selfs Desmond Tutu het by die gedenkdiens van Dinsdag 10 Desember ‘n nuwe “gelofte” met God gemaak en belowe dat almal van nou af Mandela se voorbeeld gaan navolg – m.a.w. ons sal soos hy aborsie en homosekualisme steun; tronkvoëls, geswore godloënaars en goeie kommuniste wees; vrymesselaars en ook terroriste wat weier om geweld af te sweer! Hoekom nie eerder God se voorbeeld navolg nie? Het ons met hierdie standbeeld nie dalk te doen met “die oprigting van die gruwel” waarna Daniël verwys nie?)

“Bid asseblief saam en pleit by ons Almagtige hemelse Vader om kragtig op te tree; vra dat geestelike herstel en ‘n terugkeer na Messias en die Bybel in ons volk sal plaasvind.”

Met uitgestrekte arms gebied messaiah Madiba sy seën oor ons, terwyl Zuma die leisels gaan hou totdat Jesus kom!

Daar was by baie van ons ‘n verwagting dat “ons dinge” ná afloop Mandela se begrafnis sou begin. Maar na Zuma se aankondiging dat dit op 15 Desember 2013 sou plaasvind, was dit tog duidelik dat die datum nie met Siener se profetiese “tekens” klop nie; want hoewel hy nooit datums en tye voorspel het nie, het hy aan ons “tekens” gegee waarvolgens ons kon bepaal wanneer sekere gebeurtenisse sou plaasvind.

Hy het gesê “ons moeilikheid” sal met die geelperskereën begin (d.w.s. tussen 15-28 Februarie).

Behalwe vir die doodskis wat Siener op 4 April 1915 in die graf sien afsak het met vure wat rondom die graf uitslaan en oor die land hardloop, het hy in ‘n ander gesig die beeld van ‘n “kaffer” gesien wat agteroorsak (dit beteken hy sterf ‘n onnatuurlike of gewelddadige dood).

Op die oggend van 8 September 1925 het Siener vroeg opgestaan en teen die koppie agter sy brakdakhuisie uitgeklim om sy Bybel te lees. Toe hy later terugkeer, was hy so ontsteld en neerslagtig dat hy nie wou praat oor die gesig wat hy daar ‘gesien’ het nie. Laat daardie agtermiddag toe sy dogter Anna die geleentheid kry om dit in haar oefeningboek op te teken, het hy haar eers gevra om die woorde (N.B.) —baie belangrik — bo-aan die visioen skryf.

Ons was van mening dat die beeld van die swarte wat agteroor val Mandela sou wees wat gewelddadig sterf, maar volgens die media is hy aan ‘n ou longkwaal dood. Nou wié is dan die swarte wat gewelddadig gaan sterf? Zuma? Julius Malema? En as dit een van hulle is, hoe gaan dit ons raak?

Boy Mussmann se dogter het in 1994 verklaar dat die gesig die sinnebeeld is van swartes wat sterf. Daarna pak groot vrees hulle beet en hulle politieke ambisie verlaat hulle. Hulle vlug na die Ooste. Dan verskyn ‘n Engel (die man in Grys), groot en magtig, wat vir ons vrede bring. Uit Europa word swart immigrante verdryf en hulle vlug in ‘n noordoostelike rigting.

(Dit lyk of sy hier die “gees van verskrikking” beskryf, wat na die gewelddadige dood van ‘n swarte sal veroorsaak dat swartes spontaan uit die land gaan vlug. Die man in Grys (Engel) verskyn dan op die toneel en ‘n wonderwerk vind plaas. Is dit daardie groot wonderwerk wat Siener gesê het die hele wêreld sal verstom?)

“Nugter Denker” beweer verder dat Johanna Brandt se gesig oor die nagaanval op Johannesburg ‘n “valse bedrogspul” is en dat die “vyfde visioen” in Annelize Snyman se boek, Die visioene van Johanna Brandt, vervals is. Voorts beskuldig hy ons oudste dogter, Naomi, daarvan dat sy ‘n buite-egtelike verhouding met Gustav Mller gehad het.

Hy stel dit so: “Ek het uiteindelik gehoor dat Brandt hierdie “vyfde visioen” in ‘n boek gepubliseer het wat in 1921 of dalk 1922 in Johannesburg uitgegee is. Ek sou dit baie graag wil sien, ás dit werklik bestaan, dat hierdie oorspronklike boek aan die publiek vertoon EN onder behoorlike en betroubare toesig in ‘n laboratorium getoets word om die korrekte ouderdom daarvan te laat verifeer (sic). En let wel, ek praat van die oorspronklike en nie van ‘n fotostaat nie…” (en) “Gustav Müller gaan met ‘n paar vriende die bos in, waarna Suidlanders tot stand kom. Op daardie stadium was Gustav nog ‘n getroude man met kinders wat na Adriaan se dogter gevry het en dit terwyl hy getroud was…”

Annelize antwoord self op die aantyging hier onder:

Annelize Syman

1.  (Johanna Brandt se vyfde visioen): Aan die begin van 1996 kry ek en Adriaan besoek van mev. Deborah de Beer. Sy het spesiaal Mosselbaai toe gereis om ons te kom sien nadat sy ‘n eksemplaar van die eerste uitgawe van Die Visioene van Johanna Brandt (1994) onder oë gekry het. Sy het ons meegedeel dat die gesigte daarin nie volledig is nie, aangesien sy oor visioene beskik wat Johanna Brandt nooit gepubliseer het nie. Sy vertel: “My ouers was intieme vriende van mev. Brandt, en met die verskyning van De Millennium in 1918 het mev. Brandt aan my moeder ‘n eksemplaar geskenk. Daarna het ‘n tweede druk verskyn. Die derde, uitgebreide druk sou sy in 1922 publiseer. Maar op 10 Maart 1922 kondig genl. Smuts krygswet af en kort daarna ontvang mev. Brandt besoek van ‘n senior amptenaar van kol. Hendrik Mentz se kantoor wat haar aansê om die verspreiding van haar boek te staak “weens die noodsituasie in Transvaal”. Sy kon nie begryp wat haar boek oor die besoek van ‘n Engel aan haar moeder met die mynstaking of krygswet te doen het nie en wou ‘n brief aan genl. Smuts skryf om beswaar te maak, maar het later daarvan afgesien.

Maar dit was nie net die regering wat gekant was teen die publikasie van De Mellinium nie, ook die Kerk het hulle daarvan gedistansieer, soveel so dat haar eie man se kerkraad (hy was destyds moderator van die Hervormde Kerk), haar verbied het om sy kerkdienste by te woon en sy was toe verplig om Sondae na ‘n ander kerkgenootskap laer af in die straat te stap. Die hersiene getikte manuskrip (waarin sy die visioen oor die “nagaanval op Johannesburg” bygevoeg het), het sy toe aan my moeder geskenk en gesê haar eggenoot, ds. Louis Brandt wou nie hê sy moes hierdie “vyfde visioen” in die eerste uitgawes van De Mellinium opneem nie omdat hy gehoop het die volk sou — soos die inwoners van Ninevé in die tyd van Jona — hulle van hul sondes bekeer.

“Maar kort voor haar dood in 1964 het sy ontnugter gesê: My volk sal eerder “sterf” as om die knie voor God te buig!”

Mev. De Beer het die hersiene manuskrip saamgebring en ons toegelaat om die volledige “vyfde visioen” (die nagaaval op Johannesburg) oor te skryf.

Na mev. De Beer-hulle se vertrek, het ons die visoen gepubliseer in ‘n nuwe boek waaraan ons op daardie stadium gewerk het, Professieë oor Suid-Afrika, wat in September 1996 verskyn het. Die opskrif van die gesig was Johannesburg o Johannesburg! (Bladsye 51-52.) Dit is eers in 2001 in ‘n hersiene uitgawe van Die Visioene van Johanna Brandt, opgeneem.

In kort beskryf mev. Brandt die visioen so: “Net na afloop van ‘n belangrike begrafnis, bars geweld hier los en dit versprei soos ‘n siedende vuur dwarsoor Suid-Afrika, Niemand sal dit kan keer nie. Landswye stakings sal groot chaos, vernietigende skades en bloedvergieting tot gevolg hê!”

2.  (Naomi en Gustav Müller): Ons het Gustav in Desember 2000 ontmoet toe hulle by familie naby Mosselbaai kom kuier het. Naomi was toe reeds uit die huis. Gustav het daarna elke Desember kom oë wys tot in 2006. Op 11 Desember daardie jaar het ons verneem sy vrou het hom verlaat en was besig om van hom te skei. Nie lank daarna nie is hy in hegtenis geneem en na die gevangenis op Klerksdorp oorgeplaas. Op daardie tydstip het Naomi weer by ons gebly nadat sy haar werk verloor het, en sy en Gustav het vlugtig een aand ontmoet.

Terwyl hy in die gevangenis was, het Adriaan hom gereeld gebel om te hoor hoe dit gaan. Aan tafel het hy dan vir ons vertel van die nare omstandighede wat Gustav in die gevangenis verduur. Naomi het toe uit haar eie gesê sy sal graag vir hom teksverse uit die Bybel wil SMS om hom te bemoedig. Ons het nie beswaar gehad nie. Die voolgende keer wat Adriaan met Gustav gepraat het, het hy toestemming gevra of hy ook vir Naomi boodskappies mag SMS.

Toe hy ontslaan en uit die gevangenis vrygelaat is, was hy reeds van sy vrou geskei. Hy en Naomi het mekaar daarna eers leer ken en is toe later getroud.

“Nugter Denker” sal maar eendag voor ons Vader moet rekenskap gee vir sy kwaadwilige leuens!

Die engel wat aan Johanna Brandt verskyn het, het aan haar gesê die staking sal so groot wees dat dit die hele land gaan lamlê, en terwyl dit aan die gang is, organiseer die swartes in die geheim en kom een nag in Johannesburg bymekaar. Dan gebeur dinge baie skielik en onverwags — hulle sny die kragverbindings binne en rondom die stad af, voordat hulle die strate invaar en blankes voor die voet vermoor. Die tonele wat die engel aan haar gewys het, was so erg dat sy in een nag heeltemal grys word het.

Mandela se begrafnis is nog skaars verby of daar het reeds “vure” begin uitslaan:

  • Xenofobiese geweld woed oral in die land, en buitelanders van Kroonstad af tot in Vanderbijpark en selfs in Natal soek saamry geleenthede na die “noorde”. Langs die  Randfontein-pad is ‘n Malawiër enkele dae gelede aan ‘n boom opgehang
  • Op 6 Januarie begin ‘n mynstaking
  • Numsa het sy steun aan die ANC onttrek
  • Cosatu alliansie
  • Numsa eis Jacob Zuma se bedanking

Mandela se begrafnis was nie in die geelperskereën nie, en ons het ook geen stakings gehad nie. In SA se geskiedenis was daar nog nooit ‘n begrafnis waar daar ná die tyd landswyd geweld logebars het nie. Hierdie gesigte van Siener en Johanna Brandt moet dus nog bewaarheid word. Wie se begrafnis dit  sal wees, sal ons maar moet sien.

Siener van Rensburg het ook ‘n Tweede Bloedrivier voorspel. Hy het dit so aan mnr. Boy Mussmann beskryf: “Ek sien dat God ons in die toekoms deur ‘n smeltkroes gaan vat ― ‘n tyd van bewproewing en swaar kry ― en Hy sal die skroef aandraai en aandraai totdat ons die knie buig en na Hom terugkeer!”

Dis tragies dat die Almagtige ons vandag moet dwing om na Hom toe terug te keer! Want was ons dan nie vroeër bekend as die enigste Christenvolk ter wêreld nie? Was ons nie die enigste volk op wie se wetboek dit gestaan het dat die Sabbat geheilig moet word nie? En dat ons (volgens sy wet) nie met die heiden sal vermeng en ooreenkomste sluit nie? En was ons ook nie in daardie jare ‘n baie, baie geseënde, voorspoedige en gelukkig volk nie? Soveel so dat selfs ‘n liberale Engelse dagblad, die Daily Mail, op 31 Julie 1966 geskryf het: ‘Dr Verwoerd het die hoogtepunt punt bereik van ‘n merkwaardige loopbaan … die volk ly aan ‘n oorversadiging van voorspoed soos nog nooit in sy geskiedenis nie…” Net meer as ‘n maand later is hy vermoor.

Nou kan ons seker vra: Waar het dinge dan verkeerd geloop dat Siener gesê het daar kom nog ‘n dag dat dit so donker sal wees dat ons nie ons hand voor ons oë kan sien nie, en dat selfs in ons kerke niks meer reg sal wees nie?

Ses jaar voor die moord op Dr. Verwoerd het kommunistiese ANC-terroriste, onder leiding van Nelson Mandela, tientalle terreurdade in Suid-Afrika gepleeg; polisiestasies is aangeval; bomme geplant, talle blankes is wreed vermoor, ens., ens. Die NP het later geen ander keuse gehad as om die ANC en sy leiers as verbode te verklaar nie. En hierin het die meerderheid van ons kerkleiers hom gesteun.

Maar skaars 20 jaar later (in Maart 1988) was dit juis die kerk wat eerste die hand daarin gehad het om verraad te pleeg. Wyle prof. Johan Heyns, destyds moderator van die NG Kerk, het saam met dr. Pierre Rossouw en dr. Dirk Hattingh in die geheim na Lusaka vertrek om daar agteraf met die ANC en ander verbode lede van die ANC te gaan gesprek voer en te onderhandel. Alfred Nzo, wat die ANC gelei het, het Heyns-hulle dadelik laat verstaan dat apartheid sonde is, want dis diskriminerend en maak glad nie voorsiening vir die Freedom Charter se menseregte nie. En, glo dit as u wil, nie één van daardie drie kerkmanne het eers probeer om hom daarop te wys dat dit in hulle God se Woord staan dat jy met die heiden nié mag saamwoon en jou ook nie met hom mag verswaer (ondertrou) nie (Deut. 7:3). Nee, hulle het die godloënaar dadelik gelyk gegee en, volgens ‘n artikel in Beeld van 5 Augustus 1999, het professor Johan Heyns sommer daar en dan voor die kommunistiese godhaters (ek haal aan): “vir die eerste keer op ‘n vergadering bely dat apartheid sonde is”. Kan iets wat deur die Almagtige Skepper aan ons voorgeskryf word, sonde wees?

Met hulle terugkeer in Suid-Afrika berig dieselfde Beeld, dat prof. Heyns-hulle “in vervoering en verheug” was oor wat daar in Lusaka gebeur het. M.a.w. M.a.w. hulle was in ekstase omdat hulle hul God in die teenwoordigheid van sy haters kon verloën! So is Siener se gesig dan in ons tyd bewaarheid; want wát in die kerk is vandag nog reg? Ons kerkleiers moes ons Messias die een of ander tyd ook die deur gewys het, want ek lees in Openbaring 20:3: “Kyk, Ek staan (buite) by die deur en Ek klop….”

As Hy buite staan, wié is dan binne aan die werk?

Dis ook te betwyfel of hulle Hom ooit weer in hul midde gaan toelaat!

175 jaar gelede het Hy ons by Bloedrivier uit die hand van ons vyand gered. Siener sê Hy gaan dit by die Tweede Bloedrivier weer doen. Maar hierdie keer sal dit wees soos deur vuur – dalk nog daardie vure wat hy oor die land sien hardloop het? Hy gee vir ons ‘n paar leidrade van wanneer dit kan gebeur:

  • Die Dêrde Wêreld Oorlog sal al goed op dreef wees as ons dinge begin
  • Dis aand, en ek staan op die stoep van ‘n huis in Johannesburg, dis ‘n mooi aand, stil en rustig, dan draai ek om om te gaan slaap. In die nanag skrik ek wakker, en hoor drie dinge – geweerskote, honde wat blaf en mense wat gil – toe weet ek die emmer bloed het omgeval.
  • Dit sal skielik en onverwags gebeur, want ek sien vroue vlug uit hul huise – die deure en vensters staan nog oop en die gordyne waai na buite…

Net soos die eerste Bloedrivier in 1838 voorafgegaan is deur ‘n Bloukrans, Weenen en Moordspruit, so sal dit weer wees.

Skaars twee dae na die begin van die geelperskreën, in die nanag van 17 Februarie 1838, word die Trekkerlaers deur bloeddorstige barbare oorstroom. Die aaklige tonele wat hom daar afgespeel het, sou Sarel Cilliers-hulle eers met ligdag die volgende oggend ontdek; en by die aanskoue van soveel verminkte kinderlykies, het hy met ontblote hoof sy hande na die hemel opgehef en uitgesnik: “O God, sal die bloed van die suigeling dan nie gewreek word nie!”

Die verskrikking van sy wroeging en smartkreet, wag ook nog vir ons by die Tweede Bloukrans, Tweede Weenen en Tweede Moordspruit. En andermaal weer in die tyd van die geelperskereën (15-28 Februarie).

Maar genadiglik wag daar ook by die Tweede Bloedrivier, ‘n Tweede, groter Wonderwerk. Groter, ja, want tot vandag toe weier ons vyande steeds om te erken dat Hy ons daardie dag uitgered het. Ons was dan kwansuis beter gewapen as die Zoeloes met net hul assegaaie en skildvelle.

Hoofkommandant Andries Pretorius het die aand na die geveg van 16 Desember 1838 in sy verslag die volgende aangeteken: “…toe ons met die aanbreek van die dag enigsins kon sien, het ons spoedig gewaar dat ons (soos ons verwag het), deur die hele Zoeloemag omring was. Die geveg begin dadelik met geweldige skietery van beide kante, en die vyand poog herhaaldelik om, deur stormlope, in ons laerstaanplek te kom…”

En kommandant Karel Landman het weer in sy verslag gesê: “Die oggend om vieruur was die laer omsingel deur ’n Zoeloe-kommando van ongeveer vyf-en-twintig duisend (25 000) Kaffers, waarvan omtrent die helfte met gewere en die ander met assegaaie gewapen was.”

Na die komende Slag verby is, slaan Siener se Bybel voor hom oop en hy lees Eks 14:13 — “Maar Moses het aan die volk gesê: Wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die verlossing van JHWH wat Hy vandag vir julle sal bewerk; want soos julle jul vyande vandag sien, sal julle hulle nie weer sien in ewigheid nie…”

En die hele wêreld sal verstom en verslae sê: Kyk wat het God vir die Boervolk gedoen!

Maar ons is nie die enigste volk wat Hy in dié tyd gaan ophef nie. Ook Duitsland sal genade ontvang, want saam met Suid-Afrika was hy nog altyd deur die ander nasies verag, vertrap en as die wêreld se muishonde uitgeskel. By herhaling is daar al probeer om hulle van die aangesig van die aarde af weg te vee. In twee wêreldoorloë het die Boervolk hom aan Duitsland se kant geskaar en geweier om teen sy Duitse broer die wapen op te neem. Maar in die komende en Laaste Groot Oorlog gaan dit anderom wees, dan sal Duitsland hom aan ons kan kom skaar.

Siener se beskrywing van die afloop van hierdie oorlog, herinner sterk aan die verhaal van Job se lewe. Ons ken dit almal. Die rampe en aaklige dinge wat met hom gebeur het totdat hy naderhand op die ashoop van die lewe gesit en hom met ‘n bottelstuk stukkend gekrap het. Ek lees in Job 42:12 hierdie woorde: “En JHWH het die einde van Job meer geseën as sy begin…”

Een van Siener se gesigte oor Duitsland en die Boervolk stem merkwaardig hiermee ooreenstem. Hy het dit só aan mnr. Boy Mussmann vertel:

Wanneer die laaste Groot Oorlog verby is, sien ek die verskillende lande saam om ‘n lang tafel sit. Aan die onderpunt sit Amerika, ‘n klein en onbenullige landjie; Rusland is kaput; Engeland se stoel is leeg — hy bestaan nie meer nie, en aan die kop van die tafel sit Duitsland — die magtigste nasie op aarde.” Mnr. Boy Mussmann wou toe ontsteld weet wat het dan van óns geword?

Toe sê die ou Boereprofeet: “Ons sit aan Duitsland se regterhand — die mees geseënde volk op aarde…”

Hierdie gesig het my baie lank laat wonder hoekom word ons en Duitsland bo die ander volke uitgesonder? Hoekom geniet ons ereposisies? Ons is tog seker nie beter of het minder gesondig as hulle nie?

Ons vier jaarliks die Gelofte wat Sarel Cilliers en Andries Pretorius-hulle in Desember 1838 oor sewe dae afgelê het — ‘n gelofte wat gemaak is in die aangesig van ‘n vyand wat gereed gestaan het om hulle uit te wis. Ons ken ook die uitslag daarvan.

Maar het u geweet dat Duitsland ook ‘n geloftevolk is?

Byna 400 jaar gelede na die 30-jarige oorlog van1618 tot 1648, het builepes (die swart dood) duisende lewens in Europa geëis. Dit is deur vlooie aangedra en versprei deur swerwers, pelgrims en soldate. In die dorpie Oberammergau in die vallei van die Ammergau Alpe is peswagters aangestel om te verhoed dat daar vreemdelinge inkom. Maar in Oktober 1632 het ’n dagloner uit ’n ander dorp ingeglip en was dit die begin van groot ellende. 1 560 mense (’n vyfde van die inwoners) is dood aan die pes.

En in hierdie donkerste uur van hulle bestaan, het die geestelike leiers en inwoners bymekaar gekom om te besluit wat hulle kon doen om te keer dat die pes hulle almal uitroei. Iemand stel toe voor dat hulle ’n gelofte aan God moet maak dat as Hy deur Sy Genade die dorpie van die plaag sou bevry, hulle belowe om elke tien jaar ’n opvoering te hou waarin hulle die lyding, sterwe en opstanding van die Messias sal uitbeeld. Nadat die gelofte gemaak is, het niemand weer in Oberammergau aan builepes gesterf nie; hoewel nog baie elders in Europa daaraan dood is. (Net soos wat niemand ook in óns Geloftelaer gesterf het nie!)

En tot vandag toe het die inwoners van Oberammergau hulle gelofte gestand gedoen. Die enigste keer dat die Passiespele nie opgevoer is nie, was in 1940 tydens die 2de Wêreldoorlog.

Dis nêrens op rekord dat enige ander moderne volk of nasie (behalwe Duitsland en die Voortrekkers) ‘n gelofte aan God gemaak het nie. Is dit dalk hierdie goddelike band wat ons twee volke al die jare nog aan mekaar bind? En was dit die rede waarom die Boervolk hom in twee wêreldoorloë aan die Duitse volk se kant geskaar het? En kan dit die rede wees waarom Siener geprofeteer het dat in Die Derde Wêreldoorlog Duitsland ons bondgenoot sal wees; dat hy ons, via die spoorllyn tussen Prieska en Luderitz, van wapens sal voorsien, en ook sal kom help om tot by die ewenaar skoon te maak?

29 thoughts on “Nugter Denker – so lyk die waarheid”

  1. Dr Snyman, ek volg u reeds n geruime tyd lank. Ek en die in my huiskring wat dit lees is verstom oor u insig, u opregte liefde vir u God en u volk. Ons eer u daarvoor. U artikels is baie gebalanseerd en kan aan alle waarheid getoets word. Hierdeur wil ek vir u se dat die stommerik wat die Siener en Johanna Brandt wil aanvat, maar so moet maak. Self hget hy geen navorsing of uitleg aan hulle visioene probeer gee nie, ne hy kraak dit af soos dit n opregte liberaal betaam. Die man, of wat ookal die persoon is, is regtig verstands gestrem en geen oorreding sal hom van sy standpunt laat afsien nie. Weet gerus dat menige witte baie en uiters bekommerd is oor ons onseker toekoms(indien daar nog so iets onder n ANC terroristeregering bestaan). Hiermee wens ons u n geseende Kersfees asook n biae geseende 2014 toe. Dankie vir u tyd en opoffering om ons ingelig te hou. Ons en baie ander waardeer u opregte moeite.

    1. Andries, baie dankie vir jou bemoedigende woorde; ek waardeer ook jou huisgesin se begrip ons volk se nood. Maar ek wil darem net sê, dis nie my bydraes wat vir ons volk iets gaan beteken nie – nee, ‘n elk en ‘n ieder van julle wat die pad saamloop, het klaar ‘n bydrae gelewer tot ons uiteindelike oorwinning – in die oë van ons Vader is die bydrae wat niemand raaksien nie, net so belangrik as daardie een waaroor daar gepraat word. Sy liefde bedek die hele volk, en Hy het geen witbroodjies nie!
      Terloops, ek is nie Dr. Snyman nie, en my lewe is te kort om nog ‘n “Meneer” te word – ek is sonder rang of titel gebore en wil ook daarsonder afskeid neem…
      Adriaan

  2. Mooi geskryf, Adriaan. Duidelik uiteengesit soos die profesieë van JB en SvR dit verklaar. Soos jy aantoon, het vure en golwe van geweld begin uitbars na Mandela se begrafnis. Johanna Brandt beskryf dit so: “In kort beskryf mev. Brandt die visioen so”: ‘Net na afloop van ‘n belangrike begrafnis, bars geweld hier los en dit versprei soos ‘n siedende vuur dwarsoor Suid-Afrika.’

    Hierdie: “Net na…” dui vir my nie op die letterlike uitleg, soos gemeen is nie, maar eerder op die meer realistiese verloop van gebeure oor ‘n relatiewe kort tydperk na Mandela se begrafnis.

    Die pot is al twee dekades aan die kook in SA en baie duisende van ons is gewelddadig graf toe. Dus is die tydperk vanaf Mandela se begrafnis tot die komende nagaanval op Johannesburg maar relatief kort, miskien net maande weg, wie weet nou presies?

    Die punt is dit: is my saak met JHWH reg? Wag ek Sy verlossende Hand in suiwer geloof en gehoorsame diensbaarheid af? Is my oë en my hart op Hom gerig in alles wat ek doen? Lewe ek rein? Was ek my geestelike gewaad? Waak ek teen enige besoedeling? Trek ek die volle wapenrusting van Elohim se Geregtigheid aan en beoefen ek daardie Geregtigheid? Lewe ek vreesloos in die aangesig van JHWH?

    Dus verwag ek nie nog ‘n belangrike begrafnis nie. Dit is reeds verby. Nou verwag ek die vure wat sal uitslaan soos die barbare se gemoedere ontvlam.

  3. Dit is a.g.v. al die “nugter denkers” dat ons land in so toestand is. Dis hulle wat deel was van KODESA en ander hoerery om hulle eie bas te red. En ken ons hulle nie. Maar, moet ek byvoeg, daar sal nie wegkruipplek wees as die Dag aanbreek nie. Wees nou maar gelukkig met jul reenboognasie, God Yahweh laat Hom nie bespot nie. Kom Boere, vashou en vertrou, want ons God kom met groot wraak om sy vyande uit te delg.

  4. Dit is nou tipies van die liberale, linkse wit gemors. Kan nie wag om die man te speel nie. Beledig sommer iemand se familie lede. Wat het Mnr. Snyman se skoon seun en sy dogter se verhouding met enige iets uit te waai?

    Jy moet darrem maar ‘n patetiese klein slapgat wees om beledigende gerugte op maak te maak teen mense wat jy nie eers behoorlik ken nie.

    Ek hoop regtig vir hulle part die profesiee word nie waar nie. Maar ons almal weet van beter. Vir mense soos Nugterdenker, Dr. Tom Gouws, De Klerk, Meyer en die res van die linkse geledere gaan dit nogal ‘n skokkende gebeurtenis wees.

    Dit gaan letterlik hel wees in Vereeniging. . . Ook bygese as hulle dit so ver gaan maak. Die tyd stap aan tik, tok, tik, tok . . . Wie laaste lag . . .

  5. Naand Oom Adriaan,

    Almal van ons moet tog tot sterwe kom maar wat maak die kis wat in die graf afsak so besonders, dit moet ‘n besonderse begrafnis wees soos een van adel gestand, wie anders kan dit tog wees as NM!
    Ek het eenkeer hier op die blad gesê dat Siener praat van die karre wat op die bulte staan wat wys na ‘n vakansie soos nou maar dink mooi, ons het net twee keer ‘n jaar die eksodus uit die binneland na die kus toe en dit is Des en paasnaweek waar die karre op die bulte kan staan.

    Ek sien dit soos volg,
    1) Die kis het reeds gesak.
    2) Die vuur slaan uit en gaan regoor die land, en dit is tans aan die gebeur met uitsprake en dreigemente wat gemaak word.
    3) Die grootste staking in ons land se geskiedenis begin vroeg volgende jaar.
    4) Ons probleme begin met die geelperske reën.
    5) Karre staan op die bulte, na die paasnaweek. (my interpretasie)
    6) Die pot koue pap, Johannesburg sonder krag, (my interpretasie)
    7) Dan is dit die nag van die lang messe, Siener kyk uit oor Johannesburg en dan hoor hy drie goed…………..

    Ek hoop ek lees dit alles verkeerd.
    5)

    1. Boeppens ek stem 100% saam jou punt 1 & 2, ek vermoed jou volgorde van af punt 3 tot 7 is ook korrek. Ons weet egter nie wat die tyd skaal is nie. Maar as mense dink dat NM nie die person is in Oom Klasie se profesiee dan maak hulle n duur fout. Want terwyl hulle gaan soek na die ‘nuwe’ gestorwe ‘held’ maak die vyand reg om ons te oorweldig.

  6. Hullo Vriende, hoekom gaan dit net slegter die hele tyd, ten spyte van al die geloftefeeste oor baie jare deur duisende gelowiges. Hier is my teorie,nl : Omtrent elke fees is in die hande van ‘n ” geestelike ” wat die barbaar teen wil en dank probeer Hemel toe sleep! Dit kan mos nie werk nie. Kyk hoe subtiel word daar nou al van ” versoeningsfeeste ” gepraat. Skiet my maar af as julle wil. Ek glo dat meeste van hierdie barbaar aanbiddende ” geloftefeeste ” net die toorn van ons Hemelse Vader teen ons laat ontvlam het. Daar staan ook geskrywe : Julle beste dade is soos vuil lappe voor MY aangesig!

  7. Die feit van die saak is eenvoudig, ons sien die swarte as onnosel, maat tussen sy eie soort is hy bo-baas, vergelyk hom met die westerling is hulle maar agter! Hy het hierdie hele mandels ding mooi gespeel,en mooi tyds berekenend net so voor hulle afgods dag nl “krismis”. Daar is ongetwyvel GROOT dinge wat op RSA wag sodra alles weer normaliseer, sodra mense weer terugkeer na hulle daaglikse roetine, wanneer fakansie tyd en die lui lewe verby is, en daar word besef maar hulle “werk” vir dieselfde bestaan, niks het verander ingevolge hulle koerup leiers, en die daagliks reis is dieselfde. Vroeg in hierdie nuwe jaar van 2014 sal niks meer onderdruk kan word nie, zumpies gaan hulle en ons almal verder uitwurg en besteel, die werklikheid is voor die oge! Nou mag daar ook GEEN ondermynende berig-gewing oor zumpies publiseer word nie, Die Vet Is In Die Vuur, en ons gaan dit ALMAL voel!

  8. Dankie Adriaan,

    Ons weet wat ons weet en niks sal ons ontspoor nie. Elke dag is ‘n leerskool. Vir ons mag die toekoms duister lyk, maar God kyk nie in ‘n kristalbal om die toekoms te lees nie, want Hy bepaal die toekoms Homself. Ons is in veilige hande al voel dit nie aldag so nie. Soms wil ons he dat dinge moet uitwerk soos ons dit interpreteer, maar ons vergeet dat die toekoms sal lyk soos die Vader dit bepaal. Ons moet dus deelnemers van die toekoms wees, ongeag van die foute wat daarmee saamgaan. Sterkte vir die jaar en dankie Adriaan, vir jou en Annelize se onbaatsugtelike bydraes en opofferinge met die skrywe van Vaandeldraer en jou blog. Dankie vir al die lesers se kommentare op gebeure die afgelope jaar, ek lees elke een met aandag. Ek het baie geleer.

  9. Dit is niks nuut dat die liberaal en mee lopers eerste gal braak en gou klippe gooi nie. Wat egter ook soos ‘n donker wolk op die horison saam pak is dat dit juis vir hulle wat weet, maar nie wou luister ‘n riller van ‘n nagmerrie gaan wees. Dinge gaan eweskielik en onverwags gebeur, dan wil ek juis hulle monde hoor.2014 voorspel niks goed nie en die tafel word alreeds na Mandela se begrafnis gedek.

  10. Die “Christusdom” is VOL afgods aanbidding, soos die lewe moderniseer het is alle dinge toegelaat om die mense kerk toe te lok, vir geld, maar so het hulle ook die onderwereld ingenooi! Predikante wat vandag nie huiwer om te erken dat hulle ook vrymesselaars is, predikante wat die broederbond voorsit, gelowe wat dwaal, wat eers apartheid ondersteun het seg dit is vandag sonde. Ons leef “soos in die dae van Noag” en daar het HY niemand gespaar en die rede waarom, hulle het allerhande booshede gedoen, dieselfde as vandag, en dit word oraloor goed gekeur en aanvaar! Kyk maar self net hier hoeveel mense beweer hulle lewe net na SY geskrifte, en sodra daar navorsing gedoen word dan val die afgodsaanbidding oraloor tussen hulle uit. En nie te praat van mans wat met mans trou en vrouens met vrouens nie. Nee HY is besig met n uitwissings program soos HY deur en tyd waarsku, maar steeds wil die mense net ‘Liefde” preek, terwyl dit NIE bestaan nie, of bitter min liefde bestaan! Daar is genoeg voorbeelde daarvan. Hoe meer verbastering, die een stam teen die ander opdwing in sogenaamde brugbouende liefde, hoe groter die kloof wat onstaanen aan gebou word, elke dag word daar aan die toring van babel gebou, in “liefde” maar dit verkrummel. Mense hier wat openlik die toring van BABEL adverteer en verkondig om standpunt in te neem sonder om aan die gevolge van hulle geloof en afgodsaanbidding te dink, skandelike uitlatings maak, maar BABEL ophef! Verder wil vrouens op die voorgrond tree in die naam van die Heiland terwyl HY uitdruklik seg die vrou moet hulle gedra in die gemeente en hulle mans deur hulle stilte lei, terwyl die teenoorgesteld seevier, verward inderdaad verward, en dit alles in die naam van “Christusdom”, nee wat daar is baie skroewe los, en ratel en lawaai, maar die woord word nie behoue soos daar ge-eis word nie! Sodra die penning val en daar word gespander in alle rigtings sal die waarheid seermaak, nie meer lank nie, nie meer lank nie! Aborsie word oral aanvaar, die verskoning, die kind sou buitendien nie warder word nie, dus is dit beter om dit nie te kry nie, so sus hulle die gewete, met soetsappige verskonings, REG deur alle denominasies en gelowe kom dit deur, maak nie saak hoe “heilig” hulle hulle ag nie, maar voort stoei “soos in die dae van Noag. Die dinge kantel weet dit vir seker!

  11. Ek sien dit ook soos Boepens dit sien.
    Die kis het klaar gesak
    Die groot staking kom nog (mense met grawe op die rug word huis toe gestuur)as ek die visoen reg onthou
    en dan die res.

    As ek mag vra Adriaan, in jou persoonlike opinie, en ek sal jou nie daarvooor verantwoordelik hou nie, hoe betroubaar en veilig is die Suid lander bewing,ek is bitter bang dat dit ‘n geleentheid kan skep vir optrede teen ‘n massa wit mense?
    Ek stel belang in hul doen en late maar weet nie of dit die beste idee is nie

  12. Ek lewer kommentaar op Jurie se bydrae. Ek weet verseker in die geestesdimense is daar nie man of vrou nie, waar jy verwys dat vrouens stil moet wees ..ek self was in die bediening …daar is niks mee verkeerd dat vrouens soms leiding neem nie. Wat ek wel weet is dat Babiloniese strukture oral gevestig en aangehang word,en juis daarom het ek gehoor dat die Vader deur Sy Gees gese het “Kom uit Babilon uit”, want deesdae kan mens jou nie vereenselwig met allerhande gebruike, afgodsaanbidding, najaag van geld ens., en onder die verkeerde “covering” sit en jou siel gaan verlore .. of .. jy stap oop oe hel toe. Ons het in hierdie dae groot onderskeidingsvermoe nodig om die leuen van die waarheid te kan onderskei en by dit ook ‘n intieme verhouding met die Vader he plus die Woord in jou hart en gees he, want die Woord se dat ons die Waarheid sal ken en die Waarheid sal ons vrymaak. Wie is Waarheid, niemand anders as Jesus Christus/Yeshua nie. Dis wat ek bid vir ons land en volk, dat ons by die egte Waarheid sal uitkom en Hom eerste in ons lewe stel.
    Groete en mooi loop!

  13. Jurie, dankie vir jou mooi en akkurate omskrywing van die huidige omstandighede. Goliat het die God van Israel bespot net soos zuma en ander heidene dit tans doen. Dit het Dawid se toorn laat ontvlam, en hom tot aksie gedwing ! Ons ken die uitkoms van hierdie storie. Die ” christene ” van vandag, wring net hulle handjies in verontwaardiging, en bid vir sy bekering. Die ” fillistyne ” is op ons, en die Volk slaap ! !

  14. Maak ek gister die Sondagkoerant oop (ja ek weet ek moet nie die liberale gemorskoerant koop nie maar ewenwel) – kyk ek en ek kyk weer want ek was seker ek het verkeerd gekyk en toe sien ek wragtig ‘n wit gesig met ‘n EFF beret op sy kop . Ek was onmiddelik totaal buite my self – blykbaar is dit ‘n wit ding uit die vrystaat en blykbaar Wimpie Coetzee (ek mag verkeerd wees oor sy naam) – wie sal daag na sulke laagtes om openlik saam met die vyand in die voorste gestoeltes te sit -vyand wat openlik verklaar dat hulle alle blankes se grond sal wat en dat blankes se bestaan basies in hieride land verby is – is die ding te sleg om ander werk te kry of is hy maar net ‘n opperste uitvaagsel gebore . Bid jou dit aan !!!!

    1. Ek’t patriot se kommentaar gelees, wie weet dalk die rede hoekom die man oorgestap het na die “ander” party? Hy is dalk geplant vir ‘n rede, ‘n oor op die grond dalk ???Daar is dalk “method in his madness” .. Ek’t net die naweek weer besef dat God is besig om sy “genade” van ons land te onttrek stadig maar seker dis hoekom die aanvalle teen ons so vel is …want deur ons argeloosheid en moontlike breinspoeling oor tyd heen het ons ons laat mislei en ons is in ‘n hoek gedruk om te stem destyds vir ‘n referendum, en wat is die gevolg? Ons sit met mense aan bewind wat nie die God wat ons dien erken nie, en nou betaal ons die prys vir ons aksies. Ek herinner myself aan die Skrifgedeelte wat se : “If my people will humble themselves and pray and seek My face, then will I forgive their sins /….” Wat is die antwoord vir ons land se gemors ..dat ons onsself moet verootmoedig voor die Here en bely vir verkeerde besluite wat ons gemaak het en God vra om beheer oor te neem in elke situasie wat ons in die toekoms in die oe staar, sodat hy ons as volk kan verlos uit die hand van die bose … net Hy kan dit doen ..ons huidige weermag en ander instansies sal nie die pyp rook as die sodanige bom bars nie .. Kom RSA se gelowiges wat God as Vader ken en staan saam en begin God aanroep vir ‘n ommekeer en verandering van harte en gesindhede sodat ons as volk uitgered kan word in meer as een opsig.

  15. Die “VOLK SKRIK WAKKER” nadat 4 plekke in Noord Wes “afgebrand” is. (Geweld en brandstigting) (bv. Marikana) Dit kom voor die laaste voornemende 4de verkiesing wat nooit gaan plaasvind nie. Dan sien hy die 14376 in die lug. Is dit dalk 14 Maart en dan 76 dae na Uhuru?
    My BESKEIE kommentaar.

  16. Dit is ironies hoedat die gepeupel ENIGE rede gebruik om geweldadig te betoog. Hierin le die realiteite van die situasie waarin ons ons bevind. Niemand sal hulle OOIT kan tevrede maak nie. Nie eers hulle eie regering nie ! Dit debat of daar weer n verkiesing gaan wees, is werklik interessant op hierdie stadium. Dit is wonderlik dat ons as gelowiges die versekering het dat Vader alles beheer !

  17. As iemand my kan antw. sal ek dit waardeer. Ons almal besef dat ons in die einde van die gebeure staan, nou wil ek graag weet. DREK de klerk moet dit tog ook besef en wat gaan in sy kop aan, het hy al gedink wat gaan gebeur met hom en sy maatjies na die verraad wat hulle gepleeg het.Op die een of ander tyd moet hulle tog daaraan dink en dalk onthou wat met die verraaiers tydens die Anglo-boere oorlog gebeur het.Dink hulle aan hulle nageslag wat hier gaan agter bly. Dis nou bygese as hulle ooit dink.

  18. Die afgelope maande is meer as tweehonderd top militere generaals in Amerika deur Obama afgedank. Nou dreig sekere generaals om Obama die 16 de Mei in Washington te verwyder. Meer en meer weermaglede kom in opstand teen die regering van Obama. Volgens Siener trap die Amerikaners hulle touleier plat. Volgens Dave Hodges van the COMMON SENSE SHOW verwag hulle binnekort ‘n burger oorlog in Amerika. Die petro-dollar beweeg weekliks nader aan ‘n ineenstorting. Al hierdie gebeure sal uiteindelik ook lei dat Suid Afrika finansieel inmekaar sal stort. Volgens dr Jim Willie gaan 2014 die jaar van finansiele ineenstortings wees. Sover was hy met al sy voorpellings “spot on”. Die afskaling van kwantitatiewe verruiming in Amerika, saai chaos in die opkomende ekonomiee. Dit gaan toeneem gedurende 2014. Het Siener nie voorspel dat die perskeboom(SA ekonomie) word ‘n sipres(nuttelose ekonomie) nie? De Klerk se dag is dalk nader as wat ons besef. Gazprom, die nuwe Russiese oliemaatskappy hou ‘n direkte gevaar vir OPEC in. Sirie het nie oor chemiese wapens gegaan nie, maar oor ‘n Gazprom gaspyplyn wat uiteiendelike gas na Europa sal bring. Obama het dir probeer verhoed met die Sirie krises, maar Putin was uitgeslape. Baie dinge is tans aan die gebeur, wat Siener se profesie nog sal bevestig.

  19. Kyk maar net, agter elke gebeurlikheid wat op die oomblik in die wêreld aan die gang is,of dit hier by ons is, of in Amerika of waar ookal, kan jy die hakneus Jood/Edomiet uitskop. Hy is die gemenedeler wat agter die skerm werk in elke situasie. Hy is besig om die wêreld in ‘n Een Wêreld Orde in te forseer.Die skrif is aan die muur, en net Yahshua ons Messiah kan ons uitred!!!

  20. Vriende, is julle ook haastig om te sien dat alles in hierdie misrabele land tot n punt kom ? Ek kom agter dat hoe ryker mense is, hoe minder erg ervaar hulle hierdie land en sy omstandighede. Is dit n kwessie van : Geld wat stom is, maak reg wat krom is ? Ek is maar arm, so ek bid vir die land om NOU in duie te stort, want ons word stadig dood gewurg, en dit is vir my onaanvaarbaar. Ek is ook tevrede as Vader besluit het dat ek nie die Nuwe Republiek sal sien nie !

  21. DF Albers, ek voel soos jy en stem saam met jou maar ek sal darem baie graag die Nuwe Republiek wil sien. Ek besef alte goed ons kan nie tyd rypdruk nie.

Comments are closed.