Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg

Malema — die baba word ‘n reus

2013-10-25

Deur Adriaan Snyman


Dis opvallend dat daar in die afgelope tyd ‘n sigbare toestand van wanhoop en moedeloosheid onder  “my mense” posgevat het. En met “my mense” bedoel ek natuurlik hulle wat al vóór 1994 “geweet” het wat die gevolge van De Klerk se verraad sou wees; “geweet” het dat daar vir ons ‘n tyd van vervolging, armoede, uitbuiting en onbeskryflike ellende voorlê; “geweet” het dis nodig omdat ons harte na links afgedwaal het en dat Hy ons met dié strafgerig weer na Hom wil terugbring; maar ons het toe ook “geweet” van die profetiese woord wat baie vasstaan en waarop ons kan ag gee; “geweet” dat die afloop van die strafgerig se finale bedryf sou geskied ooreenkomstig die scenario’s van ‘n Siener en ‘n Job.

(Siener):  “En ons is nou Een Nasie, Een Taal, Een Wapen, Een Volk en (met) Een GOD…Die mees geseënde volk op aarde…”

(Job): “En die HERE het die einde van Job meer geseën as sy begin…” (Job 42:12).

Ja, pleks daarvan dat “my mense” in hierdie “Donker Dae” wat Siener voorspel het, die vernietigingswerk van Satan met welgevalle aanskou en die Almagtige daarvoor loof, hoor ek hulle daagliks hul Job-mantels skeur, sien ek hulle na die ashoop toe verkas om daar hulle geboortedag te vervloek en hulleself met potskerwe te krap terwyl hulle in die as wentel.

My liewe mense, laat ons tog die saak nugter bekyk. Gestel Satan se ANC-stoofneuse het na hulle oorname in 1994 gedoen wat die vier musketiers (FW, die media, die kerk en die Duiwel) ons so plegtig “hand op die hart” belowe het;  gestel Satan en sy vriende het die paradys wat hulle beset het, in geregtigheid en met goeie gevolg bestuur; gestel FW, die kerk, die media en die Duiwel se beloofde vrede het oor ons neergedaal; gestel daar was geen korrupsie, geen bankrotskappe, geen kapers, geen rowerbendes, geen etes-by-kerslig en geen rioolwater in ons drinkbeker nie; gestel ons volksmoeders en -dogters se eer was nog ongeskonde soos in die dae van ons voorvaders; ja, en gestel die duisende vermoorde volksgenote was almal nog met ons — wat sou ons verweer dan gewees het?

FW, die kerk en media (en moenie biskop Tutu vergeet nie!) sou van ons ‘n ononderbroke jaar lange belydenis geëis het, ‘n erkentenis dat hulle én die Duiwel reg was om Klaas Baas te maak, om Hom uit sy Heiligdom te verdryf, en om die rugby-, krieket- en sokkerbal tot eregod te verklaar.

Dink tog daaroor en wees dankbaar dat ons hierdie belydenis gespaar is! Al regeer Zuma ook tot die Heiland kom, en al offer hy ook elke bees en elke bok en elke hoender in sy kraal aan die Tokkelos, die musketiers se vermeende voorspoed, seën en heil sal uitbly, want ons vriend Daniël het geprofeteer: “tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings”.

Laat ons dus nou met blymoedige harte kyk na die prestasies van nog een van FW, die kerk, die media en die Duiwel se helde:

(Ek wil net ter aanvang noem dat van die inligting hier al vantevore op ons blog gepubliseer is, maar dis nodig dat ons weer daarna kyk, want van die dinge wat voorspel is, word nou eers bewaarheid, en Siener se gesigte daaroor gee ook vir ons ‘n nuwe perspektief op toekomstige gebeure).

Op 15 Oktober 2011 het ons bron uit die ou MI voorspel dat Malema binne twee jaar  ‘n nuwe politieke party sou stig. Dit het dan ook op op dag en datum so gebeur; en ook presies op die wyse wat deur die Britse Geheime Diens (MI6) en die CIA in 2006 aan hom voorgehou is. Ons bron het verder gesê Malema se “finale revolusie” sou dieselfde patroon volg as dié van die destydse militante Robert Sobukwe. Eerstens moes hy daarvoor sorg dat hy, net soos Sobukwe, in onguns kom by die ANC, geskors word en letterlik kaal uitgetrek word, voordat hy ‘n terugkeer kon maak om aan die verarmde gepeupel alles te belowe én te ‘gee’ wat die ANC-regime hulle sedert 1994 net belowe het!

In 1960 het swart MI6 betaalde agente in Soweto met ‘n werwingsveldtog begin vir betogings teen die paswette, gesteun deur die militante, swart nasionalistiese groep, die Pan Africanist Congress (PAC). Hierdie MI6 agente het swart inwoners belowe dat die betogings die Verwoerd-regering tot ‘n val gaan bring en sou verseker dat die land teen 1963 in die hande van die swartman sal wees.

Die voorspelling is eers drie jaar later (1966) bewaarheid nadat dr. Verwoerd vermoor is en John Vorster die weg berei het vir FW de Klerk om die land aan Mandela te gee.

Ná Malema se skorsing uit die ANC in November 2011, het die media gejuig dat sy dae getel is en dat hy van die toneel sou verdwyn. Selfs die SABC het, volgens vakbondlede, aan sy personeel opdrag gegee dat daar nie oor hom berig mag word nie: “The instruction went as far as to say that even if he is assassinated, or he dies in any other manner, it should not be reported until top management has instructed otherwise.”

Met die stigting van sy party (die EFF — Economic Freedom Fighters) voorverlede naweek het Malema as’t ware soos die spreekwoordelikse feniks uit die as (aarde) verrys, en was die SABC eerste daar om ons oor die verloop van sake in te lig.

Hierdie keer lyk dit egter asof ‘n profetiese woord ons feniks wéér in die as gaan laat byt, want die dag se gebeure, het my laat dink aan die gesig wat Siener van Rensburg kort ná die beëindiging van die Tweede Vryheidsoorlog gehad het. In ‘n onheilspellende visioen het hy ‘n swart gevaar oor Suid-Afrika sien verrys — en ek het myself afgevra of hy nie dalk klong Malema se “hergeboorte” aanskou het nie?

“Ek sien ’n klein, maer kaffertjie uit die aarde opkom. Hy word ’n groot, magtige kryger en die skaduwee van sy spies en skild wat hy bokant sy kop lig, val regoor die land.

Met Jacob Zuma se presidentswording in Mei 2009 het ons die gesig vertolk as ‘n landswye Zoeloe-bedreiging met Zuma as die spies- en skilddraer.

Maar nou het hierdie gesig skielik ‘n heel nuwe en veel meer sinistere betekenis gekry. Tydens die stigting van sy party het Malema onteenseglik bewys dat hy strategies, militêr en sielkundig Zuma se meerdere is. Hy het ook nie sommer “toevallig” besluit om die berugte “moordkoppie” by Marikana, waar daar op 16 Augustus 2012 altesaam 34 mynwerkers deur die polisie doodgeskiet is, vir die geleentheid te gebruik nie. Hy wou daarmee ‘n duidelike boodskap aan sy vyande (die ANC-regering en die blankes) oordra. ‘n Boodskap wat hulle moes laat verstaan dat die bloedige insident wat hom daar afgespeel het, ook hulle voorland is.

(Siener het by hierdie koppie anderkant Pretoria en naby Rustenburg ‘n vuur sien brand (dit voorspel geweld en bloedvergieting.) En dit sou aanhou totdat ‘n volskaalse revolusie later in Johannesburg begin en na Bloemfontein uitbrei. RSG het pas eergister berig dat die onrus en spanning by Marikana steeds voortduur en verskeie mynwerkers sedert die bloedbad van 16 Augustus 2012 intussen daar vermoor is).

In sy toespraak voor meer as 20 000 duisend jong Kommuniste (geklee in rooi T-hemde en -barette) het Malema onwetend, en byna in soveel woorde, Siener se gesig aangehaal en dit op homself van toepassing gemaak:

“Julle is vandag ooggetuies van die geboorte van ‘n baba (kein kaffertjie) wat onmiddelik kan loop en dadelik as ‘n reus (magtige kryger) opstaan. ‘n Mens moet bang wees vir ‘n baba wat pas ná geboorte opstaan om jou hand te skud (“bang wees” — hy is gevaarlik) … Hierdie is nie ‘n gewone kind nie, dis ‘n kind wat gaan veg (sy spies en skild se skaduwee val oor die hele land) vir jul salarisse en jul gesteelde land…”

In haar boek, ‘An Inconvenient Youth – Julius Malema and the new ANC’, skryf die Ierse Joernalis, Fiona Forde, dat Malema in sy kinderdae groot ellende en armoede beleef het — “as a result of his poverty stricken up-bringing by his grandmother Sarah, after his mother Florah died of an epileptic fit, they experience many a day without food in the dirt-poor township of Seshego outside what was then Pietersburg.

Daar bestaan geen foto van hom in sy kinderjare nie, maar uit Forde se beskrywing van hom as verhongerde en armoedige kind, wil dit lyk of hy die “klein, maer kaffertjie” kan wees.

Ons sal ons daarvoor moet klaarmaak dat Malema se EFF-party die sneller kan wees van ‘n uitgerekte “burgeroorlog”. Sy hoofdoel is om rondom aanstaande jaar se verkiesing ‘n staatsgreep toe te pas en die leisels by Zuma oor te vat.

Rassistiese plakkate, soos die volgende, met haatdraende boodskappe teen blankes is rondgeswaai en op die grond oopgesprei sodat die media dit kon afneem:


In sy lang openingstoespraak het Malema ook vele ander dreigemente én beloftes gemaak:

  • Die EFF het dit ten doel “om die waardigheid van die swarte te herstel; ongelykhede tussen ryk (blank) en arm (swart) te verminder; onder hom gaan die swartes ook veg vir sosiale geregtigheid, eerder as versoening; ook sal hy die aanslag teen wit, monopolistiese kapitaal hervat. Daar gaan gedruk word vir onteiening van grond sonder kompensasie en die nasionalisering van myne…”
  • Twee uit elke tien hektaar grond wil hy vir die arm swartes vat, so ook die Johannesburgse Effektebeurs, terselfdertyd gaan hy die myne oorneem, die regeringsetel, en dan natuurlik is hy nie net van plan om net die “Boere” uit te roei nie, maar alle wittes, asook swart “vyande”.
  • “Dit grond is joune. Jy (die grondlose) hoef nie daarvoor te betaal nie. Dit is reeds betaal deur die sweet van jou vaders … Wit Suid-Afrikaners weier nog steeds om die grond te oorhandig wat hulle “gesteel” het … Tot vandag toe is hulle (die blankes) nie skaam oor die doodmaak van ons mense nie. Hulle wil dat ons kniel voor hulle … Ons is nie van plan om dit te doen nie. Ons is nie van plan om te bedel vir die grond nie. Gee terug die grond.”
  • In ‘n onderhoud met die Zimbabwe Daily News op 12 Oktober verlede jaar het hy die volgende oor apartheid gesê: “Die beleid van apartheid in SA dwarsboom die Freedom Charter wat bepaal dat voorstanders van apartheid mense verdeel, en dit is volksmoord waarvoor die doodstraf opgelê kan word.”
  • Floyd Shivambu, die gewese woordvoerder van die Jeugliga, het al sy lede versoek om “stil te sit” en te wag totdat die “oorlog” begin: “Die wit minderheid het nou gemaak en breek soos hulle wil. Ons is moeg daarvoor, vir wit prokureurs wat ons sake benadeel. Julle het nie gehoor wat ons leier (Malema) sê nie … Die stryd gaan oor eiendom … en ons is nie bereid om dit op te gee nie’”.
    Sy verwysing na “eiendom”, sluit in plase, huise, besighede, myne en alles wat nog in blanke hande is.

Ondersteuners van Malema in die regering het vóór sy skorsing uit die ANC ‘n aantal geheime lêers/dokumente aan hom oorhandig waarin Zuma en meer as ‘n halfdosyn van sy topmanne so erg geïnkrimineer word dat sou Malema dit vóór aanstaande jaar se verkiesing openbaar maak, dit die ANC se kiesers beslis negatief gaan beïnvloed.

Maar Zuma en sy trawante wil glo nie wag tot dan nie; hulle planne is reeds agtermekaar om Malema vóór daardie tyd “onskadelik te stel”.

Dus is dit te verstane dat Malema se woede nie net teen die wittes is nie, maar ook teen sy eie swart broers wat hom in die rug gesteek het op aandrang van die gehate wit elite. “As ek sterf, moet julle eers met ons almal se vyand (die blankes) afreken! Daarna is dit Zuma-hulle se beurt,” het hy onder luide toejuiging gesê.

Na sy skorsing uit die ANC is etlike duisende lede van die ANCJL met ’n Chinese skip van Durban af via Daar-Es-Sa-laam na Zimbabwe geneem. Hulle is daar nie net as soldate opgelei nie, maar in die laaste fase van die opleiding, ook tou wysgemaak hoe om plase vlot en vinnig te beset.

Het Siener van Rensburg dalk hierdie dinge voor hom sien afspeel toe hy weke vóór sy dood aan sy broerskind gesê het dat die gesig wat hy van die klein kaffertjie gesien het eers ‘n die verre toekoms gaan plaasvind, maar dat hy, die “magtige kryger” wat uit die aarde opgekom het, spoedig daarna “…agter ’n newel gaan verdwyn.” Dog vóór die tyd het hy ook ’n donkerte oor die land sien neerdaal. En sy advies aan ons is: “veg, al veg julle ook met jul rug teen die muur!”

Op 1 Feb. 1918 bevind Siener hom in ‘n visioen in die Kaap en sien hy “…aan die lug oorlogswolke. By die Zuidepunt staat ’n groot huis. (Die “huis”-simbool staan vir ‘n regering — dus die Parlementsgebou in Kaapstad.) Uit die huis kom ’n kaffertje (die ANC-regering kry teëspoed — word uitgeskop/verslaan) en gaat in die sloot (dui op haglike omstandighede — ellende, pes, hongersnood ) en raak weg. (Verdwyn letterlik “agter ‘n newel”?). Dan sien hy hoe die “kaffertjie” se bondgenoot/helper uit die sloot te voorskyn kom om die regeermag oor te neem (‘n tussentydse regering); maar sy leierskap sal nie baie lank duur nie, voordat hy dan deur dieselfde lot as die kaffertjie getref word, om kort daarna ook te “verdwyn”): ’n Man te perd kom uit die moddersloot en raak weer weg  — die sloot word baie breed.(Al ons vyande gaan uiteindelik in die sloot verswelg word).

Andrew Feinstein, skrywer van After the Party, het in 2001 gesê die DA is gestig met één doel voor oë, om blankes (en veral Afrikaanssprekendes) wat hulle nie aan die “regse” kant van die politieke spektrum wou skaar nie, onder die ANC se vlerk in te trek. Dit pla hierdie blankes blykbaar glad nie dat die DA die SEB steun nie, of dat die DA belowe het om die e-Tolstelsel te behou sou hy in die JHB Metro die bewind oorneem nie.

Advokaat Anton Alberts het die DA se skandelike verraad soos volg opgesom: “Die DA ondersteun 100% SEB-beleid (Swart Ekonomiese Bemagtiging) wat deur die ANC ontwerp is, en ook regstellende aksie deur in die parlement en in komitees daarvoor te stem. Die DA het eintlik die pad voorberei vir die ANC om sy diskriminerende wette te wysig en sterker te maak en in die toekoms te implimenteer. Die DA is basies die ANC in blou — daar is geen verskil in beleid nie. En as ‘n mens voortgaan om die DA te ondersteun, is jy besig om selfmoord te pleeg en om jou kinders van hulle toekoms te ontneem…”

11 thoughts on “Malema — die baba word ‘n reus”

  1. Dit sal wees soos in die dae van Noag.

    Enhier staan nou nog `n anti Adamitiese reus op.

    Ek lees onlangs elders weer dat iemand skryf die volk het maar net `n Gideons bende nodig.

    `n Gideons bende met harte soos Dawid sin!

    Soos Goliad sal hierdie baba ook hard val!

  2. Adriaan – Ek lees baie van die verskillende regse komentaar op verskillende web tuistes. Dankie dat joune altyd op die man af is. Ek raak baie teleurgesteld in ons mense wat so bang is vir hierdie gebeure, omdat die geloof ontbreek.Ek het gejuig toe ek lees van Malema se EFF want dit beteken ons tyd van bevryding kom nader.Gelukkig verstaan die klein kaffertjie nie hoe groot on GOD is nie.

  3. Hierdie gesig van Siener is baie insiggewend en soos Adriaan dit uitlig , ‘n sinistere betekenis gekry. Vergelyk mens dit met Ps 91 waar ‘n mens kan “vernag in die skaduwee van die Almagtige” is daar twee moontlike uitkomste. Eerstens om in die “skaduwee” van God te sit beteken om onder Sy beskerming te wees. Tweedens om in die skaduwee van die godelose diktators te lewe beteken om gedurig onder vrees te lewe. Kyk maar net na volkere wat deur godelose heersers oorheers word. Ps 35 is ook ‘n besonderse psalm, ek haal aan: “Gryp die klein skild en die grote, en staan op as my hulp! En trek die spies uit en stuit my vervolgers!” Soms gebruik God sy vyande om sy werk vir Hom te doen, terwyl ek maar net in Sy skuduwee kan sit en met my oe die vergelding van die godelose kan gadeslaan. Soos Siener dit ook gesien het: “Die donker sak toe op die Unie! Vir die wat weet, sal dit egter nie so donker wees nie”

    Groete

  4. Die bevolkingsontploffing veral in die derdewereld plaas ‘n groot druk op die opgevoede middelklas om van hul welvaart te moet “deel”, en as onderhandelings en wettige transaksies nie help nie, sal hulle sommer wil vat, of wette herskryf soos dit hulle pas. Sien nou-die aand op TV ‘n program oor die gebeure rondom 1994, en dink by myself toe ek Pik Botha en FW de Klerk se gesigte sien: julle skeinheilige gekke, wat nie in voeling was met die werklikheid nie! Wat by my die vraag laat ontstaan waarom Afrikaners sedert die dae van Piet Retief en die ou Boererepubliek presidente hulle laat lei het deur Vrymesselaars, mense wat indirek Engelse politiek verkondig met sy verlies aan menswaardigheid, ens. Hoeveel moeders is daar wat nog weet wat dit beteken om eer te he? Jou top simfonieorkes in die land word deur dobbel gedra, by die Olimpiese Spele vaar ‘n paar mans en een Engelse dame goed, jou top “Afrikaanse” vrouekomponis komponeer ‘n werk oor die skepping en praat dan van musikante in haar program, en voor jou huise gil en skree die barbare geweldadig soos hulle wil… Dit klink eerder of die Gees van Isebel vrye tuiels het.

  5. “Jules Verne” franse Skrywer het in een van sy Boeke geskryf: waneer duitse vliegtuie weer diep in die ooste vlieg,dan is daar in S.A. n,swart opstaand teenoor swart mense, en onder verskriklike verliese van Blankes!! wat in die middel staan, sal daar nooit weer n,swart Regiering wees! Duitse Boek in Windhoek 1973 geles….

    1. Jules verne was n, frans. scientist,een van die akkuraste voorspellers o.a.die maandvaart tot op n,uur voorspeel, waneer hulle land,hoeveel mense aan board,een die name van die maandvoertuig!!!Ook die Nautilus Duikboot,en 8o dae oom die aarde,is van hom geskryf. Hy het soveer ek weet om 1860 of later geleef!Hou die Duitse,oploop in die Nahe ooste dop,een van die modernste Sub-marines, wat tot 600km diep in Syria gaan kyk!!swem 50km voor Libanon, in die sea.Duitse Patriot Missile le in Turkey op die grens,en die Duitse Kanseleer bevestig, as Israel in Nood is, sal die Duiters ingryp!!Op die oomblik is die oorlog afgeweer,maar dit gaan enige oomblik uitbaars, as die werld agterkom,Iran lieg.Gepaard gaande met die waarskynlike 3de werldoorlog, sal die voorspelling van Jules Verne werklik word!Wat ook baie interesant is,die Medium Jacob Lober(Austria)het ook die aardse intree in die Photonenring beskryf,dit sal die laaste straf wes, vir die aardse bevolking,5th-9th Dim. Lig (URKA)oor mananisies Straaling, sal die No:1 van S.A.tref (Hy sal regeer tot Jesus kom)dalk is hy reg! Hy moet liewers JOB 38 les, en dan vinnig wegkryp!Ons is deel van die Ur-son (Alcyone)van die Sewe sterre,les die Book van Barbara Hand Clow! “The Pleiadian Agenda” dan sal u verstaan!Ook Paul Otto Hesse se baie duidelik wat sal gebeur in sy Boek Photonenring!Ek dink alles sal reg kom,laat die toekoms in die Here sy Hande,wat is 20 of 30 jaar in die mensdom sy lewe, maak net gereed, waneer die “Daglig verander”!!!!

      1. Henry Minary, ek’s nie seker wat jy nou hier gesê het nie, maar sal graag wil weet in watter boek van J. Verne sê hy van die Duitse vliegtuie, ens.

  6. Ja, baie dae, baie dinge. Ek voel bevoorreg om perdalks te leef om die Handewerk van Ons Heer en Vader te mag aanskou wanneer al hierdie geprofeteerde gebeure tot hul klimaks kom.

    Soos Adriaan dit telkemale aan ons verduidelik, is ons reeds in die eindstryd van die Afrikaner-Boerevolk se oorlewingsstryd. Die pas van gebeure tel nou vinnig op na die laaste kafferoorlog.

    Hierdie belangrike uiteensetting is so in die kol dat mens beswaarlik nog kan twyfel dat die aanval op hande is. Geleentheid om in die Laer te kom raak nou bitter min, maar JHWH ons Vader gee nog kans.

    Skraap moed bymekaar. Bid vir jou mense en doen wat u kan om u lot te versag wanneer die krag afgaan en die water nie meer gepomp word nie. Doen dit nou, terwyl daar nog geldjie in jou rekening is, want daardie rekening gaan ook in die drang kom.

  7. Ek wil graaag kommentaar lewer oor Beeld se redakteur Adriaan Basson en wil graag n vergelyking tref met sy banale stellings en die van ander diktators voor dat volksmoord plaasvind.

    Een van die gevaarligte is en ek wil Basson se eie woorde gebruik “daar is geen heilige koeie meer nie”. Met die woorde vergeef/verskoon hy himself van n tiraniese aanval op n 11 jarige onskuldige kind wat lief vir haar pa is.

    Basson skryf uit die rioolslote van sy lewe n ope brief aan n 11 jarige en deur dit val hy alles en almal aan wat regs/konserwatiewe denke het. Keer op keer verontskuldig hy hom dat hy geen fout emaak het nie en natuurlik is die vernyn van die regse wat hom weereens ontnugter.

    As ons kyk na voksmoord in die laaste 100 jaar dan merk ons dat dit altyd begin met skrywes en uitlatings oor n bepaalde groep. Basson is besonders goed in die opsig en soos vele andere respondent se misbruik hy sy posisie en mag by Beeld om n absolute ongevraagde aanval op die regses te loots deur n 11 jarige onskuldige kind aan te val.

    Daar is gedurig aanvalle op regses/konserwatiewes en ons sien daagliks hoe hulle in groepe jag om getroue Afrikaners te maginaliseer bv. Sunette Bridges, Praag ens. en van die organinsasies is net marginal regs.

    Dus is die uitgelese groep insluitende die heer Basson besig om die regses so te ettiketeer en so te verneder dat dit vir my nie n skok sal wees wanneer hierdie regse bedryging in alle opsigte gestop en onderdruk moet mord nie. Die vraag is nou wat is volgende op hulle lysie (soos voorberei deur diktators) gaan hulle persone in die openbaar aanval omdat hy/sy n ander opinie het, gaan daar meer fisiese geweld volg op anders denkende persone? Gaan ons meer van ons broers in die trunk sien….

    Ek ruik boeke brand…..

Comments are closed.