Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg

Dood en verwoesting oor Engeland

2012-07-23

Deur Adriaan Snyman


Terwyl ek die afgelope maande weer Siener van Rensburg se gesigte deurgewerk het vir ‘n nuwe boek waarmee ek tans besig is (In die loopgraaf), het ek op ‘n baie interessante, maar ook ontstellende visioen afgekom wat hy presies een jaar na Nelson Mandela se geboorte dag op 18 Julie 1919 gesien het, en wat, volgens een van die belangrike simbole in die gesig, nl. rooi osse,  in Engeland gaan afspeel.

Dit het my dadelik herinner aan die rampspoedige gebeure wat Siener in 1899 met die uitbreek van die 2de Vryheidsoorlog hier in Suid-Afrika gesien het ““…ons huise en lande brand …alles was toe onder rook en vlamme…”

In die visioen van 18 Julie 1919, sien hy Engeland word deur ‘n onheilspellende ramp bedreig, met kort daarna ‘n reuse-ontploffing waarin baie mense moontlik gaan sterf omdat hulle nie betyds kon of wou vlug nie.

Voordat ek egter die visioen bespreek, net eers die volgende stukkie agtergrond:

Mnr. H.J. Dreyer van Senekal van die Vrystaat (hy was ‘n kommandant in die Ossewa-Brandwag) het gedurende die 2de Wêreldoorlog intens belanggestel in Siener se visioene en wat dit vir sy volk beteken. Behalwe dat hy met talle mense gekorrespondeer het, o.a. mnr. Boy Mussmann, het hy ook gereeld briewe oor Siener se gesigte aan die koerante geskryf en, veral die Volksblad, het dikwels sy verklarings van die gesigte gepubliseer.

(Sy briewe word tans bewaar in die Ossewa-Brandwag-argief te Potchefstroom Universiteit)

Omdat Siener (om die een of ander rede) altyd die naam “Europa” gebruik het wanneer lande soos Italië, Spanje, Engeland, Frankryk, Duitsland, Noord-Afrika of Japan in sy gesigte verskyn, het mnr. Dreyer by geleentheid aan die Volksblad geskryf en  lesers daarop gewys dat die ou Boereprofeet self verklaar het “die ganse wêreld, vanaf die weste van Amerika tot aan die ooste van Japan, is alles “Europa”; en dat die simbole in die verskillende visisoene vir ons ‘n aanduiding sal gee in watter een van hierdie lande die gebeure plaasvind.” So bv. sal rooi osse vir ons sê hy sien Engelse soldate. Blou osse sal Duitse troepe verteenwoordig, swartwitpense Italiaanse magte, en witrugbeeste weer Amerikaanse soldate (wat in “Europa” veg).

In byna al hierdie “Europa”-gesigte het hy ook gesien of dit in noord-, oos-, suid- of wes-Europa afspeel.

Gebeure wat bv. in die noorde of verre noorde van “Europa” plaasvind, verwys dus eintlik na Noord-Afrika.

Die “Ooste” beteken weer dis in Japan, en daar sal ook ‘n “geel” simbool in die gesig voorkom om dit van wit of swart nasies te onderskei.

In die gesig van 18 Julie 1919 wat in Engeland afspeel, is daar ‘n waarskuwing van ‘n reuse-binnelandse ramp wat kan plaasvind en waarvoor die Britse weermag inderhaas weer ‘n keer opgeroep sal word; mense word ook gewaarsku om so gou moontlik uit daardie gebied pad te gee, maar hulle is te laat, en die onheil tref hulle in al sy verskrikking —

“In Europa kom blink zekels uit en trek naar Weste (groot onheil/gevaar kom vanuit die Ooste). Toe kom daar weer rooi osse uit (soldate aan die tuisfront word vir ‘n tweede keer opgeroep). Toe die osse uitkom, rol komberse op (mense maak haastig gereed om te vlug  maar hulle is te laat, want):  Toe slaat een dinamietrook ver uit en stukke hout trek in die rook.”

Omdat Siener nooit datums verstrek het nie, is dit moeilik om te sê wanneer hierdie ramp gaan plaasvind.

18 thoughts on “Dood en verwoesting oor Engeland”

  1. Dit is met die London Olympics. Gaan kyk youtube videos illuminati game cards. Alles vooruit beplan, van 9/11, pentagon, oil spill, daar is tot een met obama se gesig op met bloed wat spat. Inentingsveldtogte en drugtrails versprei die siektes wat Openbaring van praat asook Mattheus 24 en 25. Die kaarte is in 1995 gedruk en op die mark bekend gestel. Daar is iets soos 560 kaarte. Ongelooflik hoe die owerhede en magte van die duisternis doenig is.

    1. Karina en Hennie
      Baie dankie, ek het toe gaan Google en is stomgeslaan oor wat alles rondom die Olimpiese Spele beplan word. Dit lyk waarlik asof Engeland dalk nou sy dag gaan kry! In een van sy ander gesigte het Siener skraal Engelse vroue in rou klere sien uitkom met verwilderde uitdrukkings op hulle gesigte. En ek hoor nou net op BBC dat die Britse regering nog 1 200 troepe op 24 uur bystand het – van die sekuriteitsmaatskappye wil glo staak. Is die “sekels” dalk reeds besig om paniek te saai?

  2. Ek dink ook so. Waarom al die polisie, veiligheid, kannone op die geboue ens.. Onhou daar gaan duisende mense wees wat die sport god aanhang en die wêreld kan dan die werking en uitwerking van die illuminati sien in al sy glorie.

  3. Baie Dankie Oom Adriaan.
    Baie interresant weereens!Is daar dalk nog tekens wat Oom Siener gesien het ,wat moet gebeur voor ons dinge begin,mbt.Engeland en die res van die wereld? As jy jy die gebeure wat afspeel in ons land so besigtig wonder ek hoe lank nog voor die Bom gaan bars?Kan Oom ons dalk die volgorde skets? Bv. Die “Nag van die langmesse”, Mandela se dood. Is dit agv. sy dood of is dit verskillene gebeure?
    Baie dankie Oom Adriaan vir al jy waardevolle bydrae!
    Seenwense!

    1. Johan
      Ons spook op die oomblik om belangrike data wat “verdwyn” het, terug te kry, sodra daar ‘n verposing is, sal ek probeer om Siener se tydtafel uit te werk – ek het op interssante dokumentasie afgekom wat ek sal gebruik.
      Baie dankie vir jou en almal van julle se belangstelling en ondersteuning. Ons waardeer dit!
      Soos altyd!

  4. My liefste ou volkie, ek lees alles wat ek kan, van kommentaar op artikels in beeld tot dit op Amerikaanse webtuistes. Dis regtig tragies om die geveg tussen ons eie mense te sien. Mense wat soos ons lyk en dieselfde taal praat, maar wat ons haat, dis die heel hartseerste. Beteken dit, die wat nie vir ons is nie is TEEN ons? Daar is nie meer tyd om te haat nie, dit is satan se energie dit gaan ons nie help nie, dit gaan niks doen nie. Ons het FOKUS verloor en word verblind deur HAAT. Ons moenie haat nie, vermy iets as dit jou laat struikel. Verpes kan ook help….Ons moet ons eie mense in liefde probeer bearbei, al is dit net deur ‘n ‘saadjie’ te saai. Is u ‘n instrument van satan of ‘n instrument van God? Daar is verborge dinge in die Bybel-om ons te beskerm. Daarom het Jesus altyd in gelykenisse gepraat om iets te verduidelik. Al wat ons nodig het om te doen is om wedergebore te word en ons vehouding met ons Almagtige Vader in Jesus te herstel en te versterk. Doen dit ASSEBLIEF!!!!! Ons het Godsmanne nodig soos julle. Ons het Vader meer nodig as ooit. Saamstaan in Jesus se Naam. Ek is lief vir julle my naaste volkie.

  5. Weermag ontplooi in PE, kwansuis agv bende geweld. Hou die groot vlug uit die Oos Kaap dop, Oom Klasie het ons dit nagelaat.

    1. Hi Ant San. Ek het niks op die nuus gesien nie,het jy dit n koerant gelees?Ek hou ook sie media haarfyn dop deesdae.Alhoewel ons weet nie hoeveel hulle nog vir ons wegsteek nie.Ek wonder net hoe lank nog?
      Boere Groete!

  6. Ek weet nie, maar dit voel vir my of die volgende vier tot vyf maande van deurslag-gewende belang vir die wereld en ook vir ons gaan wees.

  7. Baie Dankie vir die boodskap, Oom Adriaan. Het iemand nog dalk besonderhede met betrek tot die 1914 Boere-Duitse Traktaate? Ek wil asb uitvind want ons is besig om dit in die VSA te versprei. Die beste inligting wat ek het toon daarop dat die traktaate net een bladsy lank is. Kan iemand my nog help met verder inliging?

    1. Neil jy kan my kontak of los hier ‘n boodskap. Ek het die traktaakte. Dis in Duits en Hollands. Was tydens Oktober 1914 ondersteken.

      Groete.

      1. Dankie Danie, ek het die traktaate al lankal, ons het dit 2010 vanaf CERN na Guttenberg gestuur met n voorstellingsbrief,
        maar wou net weet of dit net punt 1 tot punt 7 insluit, of daar nog ekstra bladsye na die een getiteld ‘Overeenkomst’ is, ek dink nie
        so nie maar wou net seker maak. Nogmaals dankie, Groete, Neil.

Comments are closed.