Die Stem en Paradys-verlange

Waarom word ons herhaaldelik in die Woord gewaarsku en as ‘t ware opdrag gegee om in tye van benoudheid of gevaar die stede te verlaat? Dink maar aan die engel wat aan Lot gesê het: “Vlug vir jou lewe! … Vlug na die gebergte, dat jy nie omkom nie!” En na die geboorte van die Messias in Betlehem verskyn ‘n engel aan Josef en sê: “Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte, en bly daar totdat ek jou sê…”

Die engel is mos magtig —kon hy dan nie daar voor Josef-hulle se huis waggestaan en die Kindjie met sy swaard wat flikker en vlam beskerm het nie? Hy kon mos! Hoekom dan die opdrag om te vlug?

En is dit vandag nog nodig? Is dit nodig om ons gerieflike woning in die stad te verlaat om in die bergklowe te gaan skuiling soek? Ons het mos versekering, elektroniese kameras wat elke beweging dophou, alarmstelsels om ons betyds te waarsku as daar gevaar dreig, en wat van die elektriese heinings, veiligheidshekke, diefwering, kluise waarin ons geld, waardevolle edelgesteentes en allerlei kosbare besittings toegesluit is? En ons is mos ook gewapen. Waarom dan vlug?

Kom ons kyk.

‘n Lid van die BKA se Facebook, Elma Zaayman, skryf en vra of die area in Orkney regtig so gevaarlik, want ‘n mens hoor van min aanvalle op blankes in daardie gebied. Haar man is op die uitkyk vir ‘n hoewe daar en hulle oorweeg dit om soontoe te verhuis.

Johann van Rooyen antwoord haar: Elma vergeet daarvan om hier te bly. Dit is lewensgevaarlik. Ek woon nou ‘n jaar in die dorp en gesels met baie mense en die kokkerotte om uit te vis. Hier is gemiddeld 4 moorde in Kannana (lokasie) per dag. Blankes loop ook deur en met ongeveer 3 inbrake per dag, vrees hulle wanneer die kokkerotte hulle gaan doodmaak!

Laas week het die SAPS ongeveer 30 taxi’s met gewapende EFF lede by die drie ingange van die dorp voorgekeer. Hulle wou die uitlanders se winkels afbrand prakties die hele dorp! Grootbek EFF lede het gesê die dorp sal voor die volgende verkiesing van ALLE uitlanders skoongemaak word (ons blankes ingesluit).

Weet jy hoe dit klink as die satansgedrogte besig is om ‘n xeno (buitelander) met kapmesse buite jou erf uitmekaar te kap? Die SAPS het eers ‘n uur later opgedaag te bang om deel te word van die gespuis. Sy arm is ‘n paar honderd meter verder afgekap. Sy lyk is 400 m verder gekry. Vier moorde op een dag in buitewyke van die dorp!

Maar ons hoor of sien niks daarvan in die nuus nie!

Siener se antwoord: “Ek sien ’n dik muur en agter die muur brand die vuur hewig. Die muur is die sensuur. Dit is donker omdat al die kerse van inligting doodgeblaas is. Die waarheid word oral verdoesel, in die koerante, radio, die politiek en selfs in die kerke.

“Niemand weet meer wat om te glo nie. Niemand weet meer wat in die land gebeur nie. Niemand droom of sien meer gesigte nie, en alles wat ons hoor, is net leuens, leuens!”

Maar dan sê hy: “Kom ons (die Boere) trek ons skoene eerlik en opreg uit, al is die misdade hoe groot, en ons reik mekaar eerlik die hand en handel soos Nehemia 5 gesê het: “…ons vlees is soos die vlees van ons broers, en ons kinders soos hulle kinders, en tog moet ons nou ons seuns en ons dogters tot slawe verneder… en ons land en ons wingerd behoort aan ander…” (my kursief).

Dis interessant dat die Siener sê óns (sy volksgenote) moet mekaar die hand reik. Nêrens in sy visioene word dit van die Boervolk verwag, of selfs gesuggereer, dat hulle hande moet vat met volksvreemdes óf ’n “skuldbelydenis” moet doen vir hul optrede in die verlede teenoor diesulkes nie.

Inteendeel oom Nicolaas het by geleentheid uitdruklik gesê: “Op julle verlede, op die hede van ons volk rus daar geen skandvlek nie…”

Maar hy het ook geasê dat wanneer dit lyk of dinge op hule ergste is en dit lyk of daar geen hoop meer is nie, sal die volk wakker skrik en besef daar is vir hom net één keuse: ons sal moet saamstaan en veg, al is dit ook met die rug teen die muur:

“Ek loop na my stal, en in die loop was dit of my kop ’n ruk gee (die volk skrik wakker uit sy apatiese toestand). Ek kyk op, die lug is helder skoon en dadelik begin swart letters met silwer glans uit te kom, van Suidoos na Suidwes. Dit was of die hele lug met letters vol word. Toe sien ek besonderlike syfers:— 1-4-3-7-6 Toe verdwyn die letters.”

Tel ons die syfers bymekaar, dan kry ons 21. Die ANC het op 27 April sy mondigwording as Reênboognasie gevier. Kan dit dalk iets daarmee te doen hê? Kan hierdie 21 jaar van bewind, dalk ook die einde van hul heerskappy beteken?

Baie moontlik, want elders het Siener ook gesê ons kry ons vryheid met mondigwording. Waarna het hy verwys, en wat het hy presies daarmee bedoel? Net die tyd sal leer.

Net soos die profeet Esegiël gesien het dat Efraim en Israel weer een gaan word, so het ook ons eie profeet ook gesien dat sy verdeelde volk weer bymekaar sal uitkom om een te word : Eseg. 37:19: “Kyk, Ek sal die stuk hout van Josef neem…en die stamme van Israel, sy bondgenote, en Ek sal hulle by hom voeg, by die stuk van Juda, en hulle een stuk hout maak en hulle sal een word in my hand…”

Siener: “Ek het die verdeelde volk gesien: twee houte, een met penne (soos ’n hark) en een met gate. Die rooi kielhouer gaan oor hulle. Die penne steek dan in die gate en die twee houte voeg so goed dat geen mens die nate kan sien nie … Die kielhouer is oorlogsmoeilikhede of ’n smeltkroes … Dis die Heer wat ons met daardie rooiwarm kielhouer weer bymekaar gaan bring…”

Kyk ons na die toenemende chaos, geweld, onrus en bloedvergieting wat daagliks in die land voorkom, wil dit amper lyk of die “oorlogsmoeilikhede” al begin het en dat die “smeltkroes” nie meer lank sal uitbly nie…

Lied van ontwaking

Op die kommunistiese Werkersdag (1 Mei 2015) in Groblersdal het ons waarskynlik al die eerste tekens gesien van Esegiël en Siener se twee houte wat saamgevoeg word. Die blanke inwoners het spontaan besluit om op daardie dag ook hulle beskeie deeltjie te doen, maar heeltemal anders, asook apart en afgesonder van die barbaar.

Blanke oues van dae, pa’s, ma’s en kinders, het stil-stil die oggend na die plaaslike sakekamer beweeg om daar in groot getalle bymekaar te kom. Hulle was egter nie daar ter wille van die arbeider nie, ook nie om hom en sy kamerade te vereer, op te vysel of gedienstig voor hulle te buig nie; hulle was ook nie daar om na lang, opruiende toesprake te luister nie, nog minder om aapspronge uit te voer en gebalde vuiste en knopkieries rond te swaai.

Hulle was daar om onder die blou van hul hemel en uit die diepte van hul hart ere aan hul God te bring, en om op hul vaderland se roepstem te antwoord, te belowe dat hulle wéér (soos lank gelede) sal offer wat hy vra. En dit het hulle ook — soos lank gelede — sonder vrees, sonder skaamte daardie oggend, uit volle bors gesing!

Dit was asof die res van die dorp vir dié paar aandoenlike minute stilgeraak en net geluister het. Die lied het golf op golf soos ‘n salwing oor die skare opgestyg, oor die parkeerarea, die teerstrate, die beton- en glasstrukture, en weggesweef oor die wit velde vol katoenklosse — tot aan die vaalgroen hange van Tafelkop.

Lank nadat die laaste note weggesterf het, het van die ouer garde nog bewoë bly staan, bewoë ‘n traan afgevee.

Want in hul dorp se geskiedenis is so ‘n spontane, aangrypende gebeurtenis nog nooit beleef nie, nog nooit aan gedink nie! En vir baie was dit die eerste teken dat die Volk besig is om uit sy diepe slaap wakker te skrik, besig is om homself te vind, om wéér te weet wié hy is, wáár sy bestemming lê en om opnuut na sy eie Godgegewe waardes terug te keer.

Nêrens was daar in die nabyheid van die samesyners ‘n swart gesig te sien nie  — nêrens is daar ‘n piepgeluid van hulle kant gehoor nie.

En anders as hierdie heiden van die veld, het die koorsangers daarna stemmig omgedraai en weer die kompleks verlaat — stil en rustig soos beskaafde, opgevoede blankes al eeue lank gewoond is om te doen. Die sakesentrum het hulle skoon en netjies agtergelaat — skoon en netjies soos hulle dit gekry het.

En op pad huis toe het geeneen van hulle getoi-toi nie, geeneen rondgehardloop, luidrugtig geraas of geskreeu nie. Geeneen het klippe gegooi nie, geeneen motors of winkels beskadig of geplunder nie — want:

Spr 16:17 (Aan húlle, sy kinders, het Hy gesê): “Die gemaakte pad van die opregtes is om van die kwaad af te wyk; hy wat op sy wandel ag gee, bewaar sy lewe.” — maar:

Spr 1:11, 13 (Die heiden van die veld sê): “Gaan saam met ons, laat ons loer op bloed, laat ons die onskuldige voorlê sonder oorsaak … allerhande kosbare goed sal ons vind, ons huise sal ons vol maak met buit…” — maar:

Eseg 36:35 (Die volk het gejuig): “Hierdie land wat verwoes was, het (weer) geword soos die tuin van Eden…”

Paradys-verlange

Die herinnering aan ‘n paradys (die Tuin van Eden) lê opgesluit in Adam se gene. Daarom kan hy dit nie vergeet nie en hunker hy steeds daarna – na die waterstrome waar rus is, na groen weivelde, geurige blomvlaktes, die heerlike vrugte en die ruim skadu’s van koeltebome; en bowe-al verlang hy om weer met sy Skepper in die ligte aandbriesie deur die Tuin te wandel.

(Uittreksel uit Die verborge skat): “Maar vanaf die dag dat hy daaruit verdryf is, poog hy naarstiglik om deur die bloed, sweet en trane van elke nuwe geslag vir homself hier op aarde weer ‘n stukkie paradys uit te kerf. Hy veg dus nie net teen sy eie sondige natuur nie, maar ook teen sy Skepper. En so is sy siel gevang tussen Mammon en sy verlange om terug te keer na Eden. Hy sal nooit in ‘n stad kan aard nie”, want:

Die eerste stadbouers was Kain en Nimrod — ‘n moodenaar en geweldenaar. Nimrod het vier stede gebou — Babel, Ereg, Akkad en Kalne almal in die land Sínear.

Elke stad op aarde is vandag ‘n weerspieëling van Kain en Nimrod se inherente boosheid en krakter. Die broeiplek van elke denkbare goddeloosheid, onheil en gruwel.

Ons lees nêrens dat Set, Noag, Moses, Abraham, Isak of selfs Jakob vir hulle stede gebou het nie. Hulle het as “boere” die grond bewerk en groot veekuddes besit.

Die eerste ding wat Noag gedoen het nadat die ark se deur vir hom oopgemaak is, was niwe om ‘n stad te bou nie, maar om ‘n wingerd aan te lê. In die apokriewe boeke lees ons dat hy en die Setiete vóór die Vloed ver buite die Sumeriese koning, Siusudra se stad Sjoeroeppak op die dorre kalkrante ‘n sukkel-bestaan moes maak.

Soeroeppak was dan ook ‘n spieëlbeeld van wat ons vandag dwarsoor die wêreld in die groot stede en dorpe sien: almal is in Mammon se valstrik vasgevang — in die nimmereindigende lawaai en heen en weer gejaag, soek hulle na ontvlugting, ‘n verposing wat daar nie is nie; soek hulle na rus en vrede wat nie daar is nie. Daarom verbeel hull hul dis te vinde in die flitsende ligte van nagklubs met sy gedruis van voetgestamp en stemme, sy kakofoniese gedonder van musiek waarop lywe ritmies wieg en mekaar stoot en stamp. Hulle soek dit in die bordele, die dobbelhuise, op die dansbane, op partjies, op die wedrenbane, op die sportvelde en laastens in hulle stywe bankrekenings, min wetend dis die voetboei waarmee Mammon hulle aan sy ryk geketting het.

Is dit waarom geregtigheid, eer, trou, kuisheid, medelye en liefde uit die stede gevlug het? Is dit waarom die Vader van die Tuin van Eden sê Hy gaan in die laaste dae van elke stad ‘n puinhoop maak en dit verbrand?

Is dit daarom dat selfs die Messias ons aangeraai het om uit die stede na die berge te vlug wanneer onheil, verskrikking en die dood dreig?

Selfs ons eie profeet, Siener, het gesê hy sien duisende gelowiges uit die stede van oor die hele wêreld na Suid-Afrika vlug om hier in tente te kom woon, want ons Karoo-vlaktes sal die veiligste plek op aarde wees. Toe iemand hom vra waarom hulle nie in ons stede kan kom woon nie, was sy antwoord: die stede sal verwoes wees (puinhope), want daar sal geen krag, water of kos wees nie.

Johanna Brand het ons grootste stad, Johannesburg, uitgesonder as die plek waar die ergste geweld gaan plaasvind en dat duisende gaan sterf in daardie Egiptiese nag wat oor die goudstad sal toesak.

En waar anders as in die stad, gee die na nakomelinge van Kain en Nimrod vandag uiting aan sy drang om te steel, te plunder, te verwoes en dood te maak?

En wanneer die dag van oordeel aanbreek, is dit die laaste plek waar Adam se nasaat moet wees. Sy Maker het hom uitdruklik gewaarsku: “…volgens die getal van jou stede is jou gode, o Juda! … jou stede sal verwoes word, sonder inwoners … Ek sal jou stede ‘n puinhoop maak, en jy self sal ‘n wildernis word … Ewige wildernisse sal Ek jou maak, en jou stede sal nie bewoon word nie … En Ek sal uit jou midde uitruk jou heilige boomstamme en jou stede verwoes … en hulle het die stede verlaat en gevlug … Julle land is ‘n wildernis, julle stede is met vuur verbrand … Totdat die stede verwoes lê, sonder inwoners, en die huise sonder mense en die land verwoes is tot ‘n wildernis … In dié dag sal die stede wat sy toevlug was, wees soos die bouvalle van die bos … En hulle (die kinders van Kain en Nimrod) sal jou oes en jou brood opeet, hulle sal jou seuns en jou dogters opeet, hulle sal jou kleinvee en jou beeste opeet, hulle sal jou wingerdstok en jou vyeboom opeet, hulle sal jou versterkte stede waar jy op vertrou, met die swaard verwoes … Daar kom dit, en wel ‘n groot geraas uit die Noordland, om die stede van Juda ‘n woesteny te maak, ‘n lêplek van jakkalse…”

Maar aan die einde van die dae wanneer sy volk weer tot Hom teruggekeer het, kom hierdie trooswoorde:

“In die dag as Ek julle reinig van al jul ongeregtighede … sal hulle sê: Hierdie land wat verwoes was, het geword soos die tuin van Eden…”

Hy sal ons dan weer in die aandwindjie besoek; ons sal langs waterstrome rus vind, in die groen weivelde en geurige blomvlaktes vertoef, die helende vrugte proe en onder die ruim skadu’s van koeltebome saam met ons naaste kan vertoef.

My geliefde volksgenoot, sê dit dan nie vir ons Kain en Nimrod se skeppinge is nie vir ‘n Eden-kind bedoel nie?!

 

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470