Die duifvolk en die kraainasie

In 2004 het ‘n Amerikaanse Neger Ulysses Strong, een van die mees opspraakwekkende, onthullendste, maar ook eerlikste boeke geskryf wat seker nog gepubliseer is. Die gevolg hiervan was dat hy deur sy eie mense as vyand gebrandmerk is; selfs die owerheid het hom dit nie verskoon nie en hy is daarvoor toegesluit. In die gevangenis was daar verskeie pogings deur mede-Negers om hom dood te maak.

Hy het die oorspronklike manuskrip via ‘n vriend aan ons gestuur, waarna ons dit in Afrikaans vertaal en onder die titel Die voortreflike ras gepubliseer het.

In ‘n meegaande brief het hy o.a. die volgende gesê:

“Ek is nie gebore om die wêreld te red nie. Ek is gebore om ‘n KULTUUR te red. Indien daardie EEN kultuur moet taan, sal sy helder lig nie langer op aarde skyn nie, en daarna sal die wêreld en sy mense in ewige duisternis verkeer.”

Maar volgens hom bestaan daar ook ‘n ander kultuur wat al vir miljoene jare op hierdie planeet gemeenskappe gevorm het, en tog is daar by hulle slegs die skraalste spore van kennis voordat hulle opgehou het om verder te ontwikkel.

Die voortreflike ras handel oor hiérdie twee kulture.

Ons ken hulle ook as goed en kwaad.

Net dit. Daar is niks tussenin nie, niks wat halfgoed of halfkwaad kan wees nie.

Hulle verskil van mekaar soos klei en yster – soos dag en nag – soos ‘n wit duif en ‘n swart kraai.

Toe die kraai wat Noag vrygelaat het, nie terugkom nie, het hy ‘n duif laat gaan om te sien of die waters oor die aarde al verminder het. Maar die duif kon ook geen rusplek vir die holte van sy voet gevind nie, en hy het na Noag en die ark toe teruggekeer, want dis in sy aard altyd terug te kom huis toe.

Die duif se roep is ‘n aangename koer geluid; hy eet hoofsaaklik graankosse en is ook lief vir broodkrummels en pap.

Die duif is n toonbeeld van reinheid; is glad nie aggressief nie, maar eerder passief en is dan ook ‘n simbool van vrede. Duiwe sal ook nooit ander voëls aanval nie.

Daar is geen kwaad in hulle nie, geen vyandigheid of bitterheid nie en is van nature passief. Salomo beskryf sy beminde se oë as duiwe – dit spreek van sagtheid, liefde en vrede. Die duif word ook as simbool gebruik waar daar beskryf word hoe die Gees van God op die Messias neergedaal het.

‘n Kenmerk van die duif is dat die mannetjie getrou bly aan sy wyfie. So sal hy bv. bedags op die eiers sit, want dan is dit veilig vir die wyfie om die nes te verlaat. Sy broei weer snags op die eiers en hy pas haar op. Wanneer die kleintjies uitgebroei het, sal die mannetjie en wyfie hulle voer. Dis soos God die gesin beplan het, getrou aan een lewensmaat en albei deel in die verantwoordelikheid vir die grootmaak van die kinders.

Die duif was in die ou Testamentiese tyd die offerande van die armes genoem. As die gesin nie ‘n skaap kon offer nie, dan het hulle duiwe geoffer. Waarom juis ‘n duif en nie ook ‘n ander tipe voël nie? Heel waarskynlik omdat die duif geen galblaas het nie, en daarom geskik is as ‘n offergawe. En as ons dan as ‘duif-offergawes’ na die Vader wil kom, moet daar ook geen bitterheid (gal) in ons wees nie.

Soos reeds hierbo genoem is, het Noag se duif weer huis toe gekom. En hierdie besonderse eienskap van die duif om na sy woonplek terug te keer, is die rede waarom duiweliefhebbers hulle in wedvlugte gebruik, want dit maak nie saak hoe ver jy jou duiwe wegneem nie, as daardie mandjies oopgemaak word, dan het die duif net een doel voor oë, en dit is om direk terug huis toe te gaan, want hy weet sy meester wag hom daar in met skoon water en kos.

Net so moet ons as gelowiges in die lewe ook net één doel voor oë hê en dit is om die wedvlug te voltooi, om weer Tuis by ons Meester se voete te gaan sit, want dan versadig Hy ons met die brood van die lewe en lewende water sodat ons nooit weer honger of dors sal word nie.

Die duifvolk

In die duif is daar sekere kenmerke wat verbasend ooreenstem met die geaardheid van die volk wat die Almagtige hier oorkant die riviere van Kus kom plant het. Toe Lodewyk XIV in 1685 die Edik van Nantes opgehef het en Protestantisme onwettig verklaar het, het baie Protestante Frankryk verlaat eerder as om in verset te kom en weerstand te bied. Sommige het hier na Kaap de Goede Hoop gevlug. Maar dit was nie lank nie of hulle word weer vervolg – dié keer deur die Engelse. En weereens besluit hulle om andermaal liewer die vreemde in te vaar eerder as om die wapen op te neem.

Want net soos die duif is die Boervolk vredeliewend van aard. Sy het nog nooit ander volke aangeval om hulle grongebied en rykdomme vir haarself toe te eien nie. Sy wou nog altyd net goed doen, die hand uitsteek om die beste wat sy het, uit te deel. In die verlede is sy al herhaaldelik aangeval, en elke keer het sy haarself maar net verdedig. Vandag word sy op onbeskryflike maniere vervolg, sy is reeds van alles berowe, geplunder, kaalgestroop en word selfs doodgemaak.

Tog verduur sy dit met ‘n heroïese geduld en lankmoedigheid wat geen grense ken nie. Sy draai net haar gesig weg, kyk ander pad, sug in stilte, of huil alleen in haar kamer.

Daar is niks wat sy kan sê wat meer haar eie is nie. Sy het niks meer om te verloor nie; haar identiteit is van haar weggeneem, haar geskiedenis, haar kultuur, haar taal, haar menswees, haar land, ja, selfs haar eie kerk het haar van haar godsdiens vervreem en verkondig vandag ‘n ‘ander evangelie’.

Die dag toe sy gebore is, is haar naelstring nie afgesny nie; sy is nie met water gewas of gereinig nie. Niemand het met haar medelye gehad nie. Sy is nie getroos of geklee nie. Sy is op die oop vlakte weggegooi, niemand het na haar omgesien nie, niemand het haar versorg of met olie gesalf nie.

Maar toe het Hy by haar verbygegaan, haar sien spartel in haar bloed. En Hy het vir haar in haar bloed gesê: “Leef! Jy is Myne!” En sy het geleef, gegroei, groot geword en die hoogste bloei bereik. Toe het Hy sy vleuels oor haar uitgesprei en haar naaktheid toegedek. Ja, Hy het vir haar gesweer en met haar daar by die Ngomerivier  ‘n verbond aangegaan…

En op ‘n dag het sy Hom hoor sê: “Genoeg is genoeg!”

En sy swaard was in sy hand en Hy het die berge geklowe, die heuwels gelyk gemaak, die sterre se glans gesnuit, die maan in bloed verander – en dit was nag. Toe het haar vyand agter ‘n newel verdwyn.

En sy was weer vry en verlos soos daar in die Tuin, en bokant haar Tabernmakel het die Vierkleur in die aandwindjie gewapper.

Die kraainasie

Anders as die duif is die kraai nie huisgebonde nie. Ons sien dit in Gen. 8:7 nadat Noag die kraai uitgestuur het om vas te stel of die waters al gesak het. Die kraai het nie teruggekom nie, maar gedurig heen en weer gevlieg totdat die waters weggedroog het van die aarde af.

Die kraai het ‘n kenmerkende skor, harde skree. Hulle is aasvreters en word dikwels by karkasse opgemerk, en in oorlogstyd op die slagvelde waar die dooie liggame lê. In Jesaja lees ons van ‘n gebied wat met die banvloek getref is en verlate, in chaos en totaal verwoes agtergelaat is. Omdat dit in sy aard is om in sulke plekke te gaan aas, het die kraai hom daar gaan tuismaak. Maar maak jy hom mak en neem hom in jou huis, is die kraai geneig om ‘blink goed’, soos lepels, vurke, ens. te ‘steel’ en weg te dra.

Ulysses Strong se prontuit die kraai se leefwyse is ‘n weerspieëling van die Neger se bestaan. Net soos die kraai is hy ‘n luidrugtige wese; sy blyplek ook ‘n vuil, stinkende hool, bekend as ghetto’s. As hy honger het, eet hy enige iets, tot huisvullis in asblikke. Laat die blankes hom toe om tussen hulle bly, breek hy in hulle huise en roof al die ‘blink goed’.

“Om hierdie rede is die ‘Jim Crow-wette’ in die 1800’s ingestel,” sê Strong. “Blanke Amerikaners wou nie integrasie van die twee rasse hê nie. Amerika se blanke wetmakers het derhalwe ‘n stel wette, bekend as ‘Jim Crow’ gepasseer. Die naam self was rassisties. Die woord ‘crow’ as verwysing na die Negers, was ‘n bekende metafoor. Swartes is kraaie genoem oor hulle blink swart velle wat soos die blink blouswart vere van hierdie voëls gelyk het en ook hulle kraai-gewoontes. Blankes het geglo dat, indien hulle die kans gegun sou word, Negers, vanweë hulle laer intelligensie, die blankes se voortreflikheid sou steel en die totale vernietiging van blanke Amerika sou veroorsaak.”

Vanaf die 1920’s tot 1960’s het die Jim Crow-wette ‘n aparte, maar gelyke behuisingstelsel in Amerika se blanke openbare en private sektore gehad. Blanke hotelle, nagklubs en restaurante was slegs vir blankes, terwyl blanke sakehuise wat swart kliënte bedien het, aparte akkommodasie slegs vir swartes gehad het.

Swartes was nie toegelaat om in die blanke plekke te sit nie en blankes was nie toegelaat om saam met swartes in die openbaar te sit nie.  Wat geskiedskrywers nalaat om oor die aparte maar gelyke fasiliteite te sê, is dat as die stadsraad ‘n ontspanningsentrum in die blanke gebied van die stad oprig, hulle ook in die swart gebied dieselfde fasiliteit opgerig het.

Blankes was eienaars van hulle eie hotelle, restaurante, nagklubs, teaters en kruidenierswinkels.  Swart mense het ook dieselfde fasiliteite soos restaurante, nagklubs en teaters, gehad, asook “Mom & Pop” se kruidenierswinkel. Maar swartmense het nie hotelle gebou nie, en omdat hotelle private eiendom was, en nie ‘n openbare diens nie, was daar nie swart hotelle nie.  Swartes het kwaad geword omdat blankes hulle nie in hulle hotelle wou toelaat nie. Al wat ons (swartes) moes doen, was om ons eie hotelle te bou, maar ons het nie oor daardie kennis beskik om dit te doen nie. Alhoewel ons swartes vandag ons eie klein sake het, sluit dit nogtans nie hotelle in nie.

Nadat die stof van die rasseopstande tydens die 60’ en 70’s gaan lê het, het die Negers nie net die blankes se besighede vernietig nie, maar ook swart besighede, en het hulle dus die blanke besighede gedwing om pad te gee. Die blankes het nie teruggekeer om hulle besighede weer te herbou nie, uit vrees dat dié ook weer afgebrand sou word. Hulle het reeds ondervinding daarvan gehad…

Dit is die historiese rede waarom daar vandag so baie verlate geboue in swart gemeenskappe van die VSA is.  Eens op ‘n tyd was al hierdie leë, rotbesmette ruïnes florerende sakehuise!

In die dae van “Jim Crow”, voor integrasie, het sogenaamde opvoedkundige spesialiste beweer dat swart studente benadeel word “as gevolg van onvoldoende befondsing en verouderde boeke” by swart skole in vergelyking met blanke skole wat beter deur die staat en plaaslike regering befonds word. Om dus hierdie probleem te oorkom, moes integrasie die oplossing wees, en tog bestaan die opvoedkundige gaping nog steeds. Die toetsgaping tussen wit en swart studente het nie verander nie. Inderdaad, die gaping het ten gunste van die blanke studente vergroot.

Die feit is dat daar deesdae meer jong swartmans in die gevangenis sit as wat in kolleges gradueer.

Regstellende aksie wette is in 1990 by blanke kolleges ingestel. Die VSA regering het kollege toelatingseksamens ten gunste van swart studente hersien, terwyl blankes wat meer punte in die toelatingseksamen gekry het, toegang geweier is.

Die swartman se mislukkings het daartoe gelei dat die swart gesinstruktuur uitmekaar geval het.  Toe die swartman onder die blanke se sorg verwyder is, het swart vrouens gou uitgevind dat die blankes se welsynstelsel baie beter as die swartman se inkomste is. Die man sal sy geld eerder op blink karre en mooi klere uitgee en met ander vrouens flankeer as om sy inkomste te gebruik om die huur te betaal en vir sy gesin te sorg.

Behuising, gesondheidsorg, kos en ‘n maandelikse welsynstoelae het ‘n meer betroubare leefwyse vir miljoene swart Amerikaanse vroue met afhanklike kinders verseker. Hulle enigste bron van inkomste het uitsluitlik van blanke Amerika af gekom. Dit het ook veroorsaak dat swart vrouens lui geraak het en nie werk gesoek het nie. Haar welsynstoelae het nie net haar eie gesin gevoed nie, maar ook haar vriendinne.

Sy het die mans slegs nodig gehad om haar te help om kinders te verwek, want die welsynskantoor betaal haar op grond van die aantal kinders wat sy het. Hoe meer kinders, hoe groter was haar staatstoelae!

Haar hebsug, vererger deur haar onkunde, het miljoene swart vaderlose kinders tot gevolg gehad. Stel jou voor – jy, as swartman ontmoet ‘n swartvrou van skaars twintig jaar oud en reeds ma van vyf of ses kinders, elkeen deur ‘n ander man gewek. Hierdie vaderlose kinders groei in hulle enkel-gesin tuistes op en soek aandag by enige swartman. En niemand beantwoord daardie behoefte aan vaderlike liefde nie en hulle word groot en kyk na alle swartmans met teleurstelling en veragting.

In enige land ter wêreld waar inboorlinge versorging benodig, kom blankes tot hulle redding, terwyl swartes eenvoudig weier om te help.

Blankes het swartes geleer lees en skryf. Ons het later ook onderwysers, dokters, prokureurs, boere, bouers, ens. geword as gevolg van die blanke ras. En tog kla ons steeds oor ons tekortkominge en blameer die blanke ras, wat ons soveel geleer het, daarvoor!

Ons houding is dat die blankes vir die swart ras se tekortkominge verantwoordelik is! Ons glo dan dat alles wat die blankes verrig en gebou en ontwikkel het, van die voortreflike swartman gesteel is! Ons hou aan om hierdie stories vir onsself te vertel, maar die waarheid is dat elke keer wat ons swartes ‘n poging aanwend om onsself sonder hulp van die blankes te organiseer, bereik ons absoluut niks!

Voor my vyftiende verjaarsdag het ek besef dat dit ek teen my broers is, my broers teen my, my ouers teen mekaar, my familie teen mekaar en vriende teen mekaar. En ek het alleen teenoor die witman se wette, reëls en regulasies gestaan. Dit is die swartman se ware bestaan.

Ons haat en jaloesie teenoor die blankes het ons blind gemaak om ons werklike vyande raak te sien – ONS SELF! Ons swart Amerikaners kan nie saamwerk nie, en ons wil nie bymekaar woon nie. Ons wil saam met die blankes leef. Dus, op die ou end vrees ons nie die blankes die meeste nie – ons vrees onsself. Dit is die groot rede waarom ons nog deur die eeue geen vordering gemaak het nie. Daar word nie gevra waarom ons nie gevorder het nie, of wanneer ons dit gaan doen nie, maar liewer, wanneer gaan ons dit aan onsself erken? Slegs wanneer ons swartmense teenoor onsself erken dat die blankes beter as ons is, sal ons begin vooruitgaan en ons identiteitsprobleme oplos.

Ons is afstammeling van Afrikastamme en ons ag onsself as iets meer, maar ons ware natuur oorheers ons nog steeds. Ons stry teen ons eie natuur. Ons wil meer wees, maar dit is ‘n onmoontlike taak vir die swartman om die witman se gelyke te word.

Ons lees in Genesis 1:26 dat die blankes (Adamiete) oor die visse van die see, voëls van die hemel en elke skepsel en kreatuur wat die aarde bewoon, sal heers.

Adam kon dus net blank gewees het, want die swartman kan nie eers oor homself heers nie. Die opdrag om te heers het God dus nie aan hom gegee nie.

Ek besef dat sommige blankes nie wil hê dat hierdie inligting openbaar word nie. Sommige blankes ontken dit; ander is verleë hieroor, en tot vandag toe is daar blankes wat nie hulle voortreflikheid besef nie. Julle blankes is lewenslank belieg en bedrieg deur vertel te word dat ons almal gelyk is. Maar waarom sal julle my glo? Per slot van rekening, julle kerkleraars, julle onderwysers en politici vertel ons gedurig dat ons almal dieselfde is.

laat my toe om met die dogter van een van julle blanke politici te trou.  Glo julle werklik dat ek, ‘n swartman, met ope arms in hulle familiekring verwelkom sal word?  Nee – ek glo nie. En die arme misleide meisie sal nie net deur haar familie onteien word nie, maar ook verbied word om ooit weer haar gesig vir hulle te wys. En wanneer ‘n blanke vrou aan ‘n swarte se kind geboorte gee, sal geen blanke man haar ooit weer wil hê nie.

Pragtige meisietjie, as jy eers “swart” geword het, is daar geen terugkeer huis toe nie. En armoede sal knaend jou voorland wees. Vra jouself af of jy regtig van ‘n swarte se babas ‘n ma wil wees? Ek sien mos wat met blanke meisies gebeur wat oor die kleurskeidslyn trap en wat nou in armoede leef. Swartmense poog om van die swart lewe te ontsnap, terwyl sommige van julle oningeligte blanke vrouens hulle godgegewe blanke status prysgee waar armoede jou en jou kinders tussen primitiewe Negers hulle inwag.

Waarom raak swartmense oproerig?

En mense verstaan ook nie waarom swartes oproerig raak en alles buit, en aan die brand steek wanneer hulle oor een of ander sogenaamde blanke “rassistiese” optrede kwaad word nie. Laat ek verduidelik hoe swartes dink – hulle het nie geboue opgerig nie – huise, blokke woonstelle of besigheidspersele. Hulle het nie die bloudrukke geteken nie, en het hulle ook nie die water- en rioolstelsels, elektrisiteit, telefoon lyne, paaie en sypaaie gebou of opgerig nie. Ons swartes het tydens die integrasiebeweging maar net in ‘n blanke gebied ingetrek, en waar ons ingetrek het, het blankes padgegee omdat hulle gevrees het dat die swartes alles gaan vernietig. Hulle vrese was nie ongegrond nie, want kyk wat het ons in hierdie voorheen blanke gebiede gedoen…

Die harde feite is – ONS HET ALLES VERNIETIG!!!

Die punt wat ek wil maak, is dat ons nie die lang ure, dae, weke en maande gesweet het om ‘n ten volle funksionele stad te bou nie. Dus is dit maklik vir swartes om alles wat nie deur ons gebou en opgerig is nie, te vernietig.

Ek het al verskeie van my eie swartmense gevra waarom word hele gebiede vernietig elke keer wanneer ons vir die witman kwaad word.

Die antwoord is altyd dieselfde: “Strong, dis in elk geval nie ons s’n nie. Dit behoort aan die Witman – nie aan ons nie!”

Dis waarom ons dit doen!

Homo Sapiens

Wanneer mense sê dat swartes in die sportwêreld uitblink, raak die swartes nie ontsteld nie, maar noudat ek sê dat die blanke ras is die voortreflike ras van die wêreld, staan ons voor ‘n probleem.

‘n Rassistiese swartman wat sy eie ras haat, het so pas gepraat!

Swartes sal nooit erken dat blankes die voortreflike ras is nie, en dat alle ander rasse nie hulle gelyke is wanneer hulle met hierdie stelling gekonfronteer word nie. Maar indirek, etget, sodra die blanke heersers iets doen waarvan ons swartes nie hou nie, sal dieselfde swartes vra: en wie het hulle as God oor ons aangestel?

Swartes van die Islamgeloof hou al jare lank rassistiese optogte en het talle boeke oor blankes geskryf. Byvoorbeeld, volgens hulle stam die blankes van die swart ras af. ‘n Albino-gorilla, “Snowflake,” is met platina-blonde hare, blanke vel en blou oë gebore.

Maar indien iemand sou sê dat die swart ras van gorillas afstam, sou swartes in ‘n rasse-oproer ontaard. Om dus beskuldigings van rassisme vanuit swart geledere te vermy, het blanke wetenskaplikes met opset geen melding daarvan gemaak dat swartes van ape afstam nie. Sulke studies toon gerieflik die verskillende stadiums van menslike ontwikkeling vanaf ape tot Neandertalmense, en vandaar tot by homo sapiens, wat presies soos vandag se blanke man lyk.

Blanke aardse geskiedenis strek net sover as ongeveer sesduisend jaar terug, terwyl die ewolusionêre studie van swartes tot sover as ‘n miljoen jaar teruggaan. Terwyl historiese verslae die blanke ras se ontstaan in plekke soos Sumerië, Egipte, Babilonië, Kaänan en Sentraal-Asië plaas, het argeologiese opgrawings aangetoon dat oorblyfsels van die blanke ras slegs ‘n paar duisend jaar terugdateer. Hierdie bevindings laat die vraag onder blankes ontstaan: Wie is ons, en waar kom ons vandaan?

Afgesien van hierdie feite, het ons nie ‘n doktoraat in argeologiese wetenskap nodig om die ooreenkoms tussen swartes en ape te sien nie. Hoeveel maal sien mens vandag ‘n swart peroon wat soos ‘n aap lyk? Ek het – verskeie kere! Swartes sê dieselfde agter mede-swartes se rûe: “Man, kyk daardie Neger – hy lyk net soos ‘n aap!”

Ek herhaal – ek probeer nie my eie mense verkleineer nie. Ek noem slegs feite. Dis duidelik dat ek dieselfde voorgeslagte as hulle deel, maar anders as my swart Amerikaanse broers, wil ek nie die blanke se gelyke wees nie. Dit is nie my doelwit in die lewe nie, en motiveer my nie om een of ander prestasie na te jaag nie. Ek is nie skaam oor my gelykenis met ape nie. Ek erken aan myself dat swartes werklik soos ape lyk, maar dat ‘n ander swart persoon dit in die openbaar erken, sal eenvoudig nie gebeur nie.

Gedurende die plofbare jare van die 60’s en 70’s het ek geglo dat die blanke en sy wette my vyande was. Ek het eers later besef dat die swartes se wetteloosheid my werklike vyand is.

Die monster, RASSISME, staan 24 uur per dag op aandag om ons te beskerm, maar ons besef nie hy blokkeer ook alle voorspoed uit ons swart gemeenskappe nie. Daarom bly ons die blankes vir ons eie tekortkominge blameer, in plaas van onsself.

 

 

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470