Boereoorlog — begin van Engeland se ondergang

Vandag  presies 119 gelede op 11 Oktober 1899 om 17.00  het Engeland in alle erns met sy stryd begin om die Boervolk finasal uit te wis. Maar dit was ook die begin van sy eie ondergang.

Die aanloop daartoe was die Britte se aandrang op die  toekenning van burgerregte (o.m. stemreg) aan die Uitlanders, soos die vreemdelinge genoem is wat die Z.A.R. binnegestroom het ná die ontdekking van goud aan die Witwatersrand.

Dog pres. Kruger en uiteindelik ook pres. M.T. Steyn van die Vrystaat reken dat dit nie werklik om stemreg gaan nie, maar om die onafhanklikheid van die Boererepublieke.

Toe verdere eise in September 1899 gestel word, antwoord Kruger met ’n ultimatum. Dit verstryk op 11 Oktober 1899 en die oorlog breek uit.

Krygswet word in Transvaal afgekondig en pres. Steyn roep in die Vrystaat sy burgers op om te veg. Die Vrystaters is daartoe verbind om die Transvalers te steun ingevolge ’n politieke verdrag wat hulle in 1897 gesluit het. Daarvolgens sou die twee Boererepublieke mekaar steun indien hul onafhanklikheid bedreig word.

In ander verre lande soos Australië, Duitsland, Rusland en Ierland het burgers oseane oorgesteek het om aan die Bopere bystand te verleen en sodoende hulle “omgee-liefde” te verklaar.

Met hierdie oorlog het die Almagtige ook sy profeet, Niklaas van Rensburg, geroep om voor te loop en nie net die Boerekrygers die pad te wys nie, maar ook die vyand te uit oorlê. En reeds met sy eerste gesig het hy geweet hierdie vyand ken geen genade nie. Hy het dit só aan genl. De la Rey meegedeel: “…Ek sien net ons huise en lande brand  – ’n vuurgloed van horison tot horison – alles toe onder rook en vlamme… Van die westekant af kom vrouens en kindertjies. Daar is baie en hulle vlug. Ek sien die hele aarde is pikswart Dit was verskriklik, Generaal!”

Maar aan daardie verskrikking sou nooit ’n einde kom nie; selfs nie eens nadat vrede gesluit is nie. In Junie 1902, skryf H.T. Colenbrander: “Ongeag die vredesverdrag het die wêreld nog nie met die Boere afgereken nie…”

 Daardie “afrekening” duur tot vandag toe nog voort! En daar is voldoende statistieke wat aantoon dat aan die hand van die Engelsman se swart huurlinge net op ons plase al meer boere gesterf het as in die 2de Vryheidsoorlog.

Engeland het reeds in daardie oorlog swartes teen die Boervolk opgehits en aangespoor om, veral ons vroue en dogters op die aller gruwelikste wyse te verneder.

‘n Duitse mediese dokter wat saam met die Boere geveg het, dr. Wilhelm Valentin, getuig hiervan in ‘n verslag wat in 1902 gepubliseer is onder die titel, Hunnen in Suid-Afrika, wat deur  Ernst Hofman & Kie, uitgegee is.

Volgens dr. Vallentin het “Britse soldate, asook hul gewapende swart handlangers, 35% van Boerevroue in die Transvaal en die Oranje-Vrystaat verkrag. Engelse offisiere in Pretoria het die Irene-konsentrasiekamp deursoek vir meisies so jonk as tien en elf wat as seksslawe aangehou is en dae lank aanhoudend verkrag is … Hulle is in klein groepies na Pretoria gebring vir ontugtige doeleindes en hier, met aanwending van geweld en dwang, weerhouding van voedsel en ander pynigingsmaatreëls, word hulle gewillig gemaak.

En dit was ter wille van vrou en kind dat die Boerekrygers na drie jaar bewoë die wapen neergelê het.

Van daardie dag af het die Engelsman ons finale ondergang beplan.

 Oupa Krause beskryf Siener se vertelling hieroor in die argief van die Ossewa-Brandwag:

“Ons gevare is groot, ons vyande legio en sterk en ryk. Hulle gebruik ons land se rykdomme teen ons. Die Engelse, die Jode en die jingo’s. Hulle hits die Moslems en basters en swartes op teen ons. Selfs ’n deel van die polisie en die leër gaan teen ons om ons te probeer onder te bring. In Engeland word alles in die geheim vooraf gereël tussen daardie regering en die leiers hier, om op ’n gegewe tyd en moment, hulle troepe hierheen te stuur om hulle hier te help teen ons. Hulle sit lank voor die tyd daar klaar en wag om op te tree teen die Boer en sy regering.”

Maar reeds na afloop van die 2de Vryheidsoorlog het Siener gesê ons ‘redding’ sal eendag van die westekant af kom. Met die 1914 Rebellie is die pad na die weste oopgemaak, en dit sal ‘n werklikheid word wanneer ons Duitse wapentuig in Lüdritzbaai gaan haal, in die tyd wanneer Engeland sy ondergang in die gesig staar.

Die eerste tree na daardie reddingspad na die weste is op 16 Desember 1838 by Bloedrivier geneem waar die volk gebore is.

En president Steyn het daardie ‘geboorte’ van die Boervolk tydens ‘n kongres van die Oranje-Unie op 18 Maart 1908 só beskryf: “Die dag na die Slag van Graspan naby Reitz het ek op die slagveld gekom by die plek waar drie van ons manne gesneuwel het, ‘n Kolonialer, ‘n Vrystater en ‘n Transvaler. Ek het gesien hoe hulle lewensbloed in een groot plas tesaam gestroom het. Ek het asof vasgenael by die plas gestaan … Dit was vir my ‘n heilige oomblik. Nuwe hoop en nuwe moed het my vervul. Ek het op my perd geklim en weggery, oortuig in my hart dat ek die ware vereniging van Suid-Afrika gesien het, want daardie bloed kon geen mens meer skei nie!”

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470