Siener se gebeurelyn vir ons dag

Ons staan nou voor ‘n tydperk in ons geskiedenis soos ons miskien laas met die Tweede Vryheidsoorlog beleef het, en daar is bitter min verskil.

Skaars elf dae na die uitbreek van die oorlog het Siener van Rensburg die Boerekrygers wat op pad was na die slagveld vooruit gewaarsku dat die Engelse hulle plase gaan verwoes, hul vroue en kinders in groot ellende gaan dompel en dat hulle ook die oorlog sal verloor. Hulle wou dit nie glo nie. Van die krygers het hom uitgeskel as ‘n verraaier, ander het selfs gedreig om hom dood te skiet.

Hierdie keer is dit niks anders nie. Die Almagtige het dieselfde profeet gebruik om ons ook te waarsku dat ons die donkerste tyd in ons geskiedenis in gesig staar – so erg dat jy nie jou hand voor jou oë sal kan sien nie. Maar net soos destyds minag en verwerp ons ook die vermaning en word die boodskapper nog boonop bespot en beswadder as ‘n ‘flenter-gat’ profeet.

In hierdie artikel gaan daar kortliks gekyk word na ‘n paar van Siener se belangrike gesigte vir ons tyd; gesigte wat vir ons ‘n blik agter die sluier van die toekoms kan gee.

Omdat hyself gesê het hy noem geen datums nie, gaan ek dit ook nie doen nie. Tog wil ek ‘n gebeurelyn probeer vas te stel om te kyk in watter volgorde sy visioene moontlik kan afspeel. Dat dit dalk heel anders kan verloop, is egter nie uitgesluit nie!

Die situasie in Suid-Afrika het in die afgelope twee jaar drasties versleg en agteruitgegaan.

  1. In 2017 en 2018 ondervind sekere dele in die land een van die ergste droogtes in 80 jaar.
  2. Op 18 Desember verlede jaar neem Cyril Ramaphosa by Jacob Zuma as president oor en die media kondig dit met groot gejuig aan. Maar skaars het die gejubel weggesterf, of die voorslag van Ramaphosa se sweep vreet oor ons blaaie: “Diewe, rowers! Julle het ons grond gesteel, en sonder vergoeding gaan ons dit terugvat!”
  3. In 2018 vind die meeste stakings plaas sedert 1994. Dit het sommer vroeg in die jaar al afgeskop toe honderde personeellede van die Durbanse Universiteit van Tegnologie op 15 Januarie om hoër lone begin staak het. Sedertdien volg die een staking op die ander. Dit kring later uit na die myne en gaan gepaard met sulke gewelddadige betogings dat talle myne hulle deure gesluit het. Sibanye-Stillwater is een wat al sy mynbedrywighede gestaak het. Net die mynstakers word op sowat 75 000 gereken. ‘n Reuse—staking dreig by Eskom nadat die raad aangekondig het dat ‘n groot aantal werkers afgelê gaan word. Intussen het Eskom se wins met 89% gedaal en gewaarsku hy dat dinge vorentoe nog kan vererger. Nehawu (die National Education, Health and Allied Workers Union) dreig om van Maandag 4 Desember af te staak.
  4. Eskom beleef een van die moeilikste jare in sy geskiedenis. Hy is in Maart deur Standard & Poor  afgegradeer en het sy kredietwaardigheid verloor. Munisipaliteite betaal nie hulle Eskom-skuld nie. Net die Soweto-munisipaliteit se skuld staan op R1 miljard. Weens gebrek aan voldoende steenkool moes Eskom elf eenhede by sy kragstasies afskakel. Volgens Moneyweb is dit weens ‘n gebrek aan befondsing. Eskom het ook geen geld meer in sy koffers om onderhoudsbedrywighede te finansier nie. Die kragstasies is nou afhanklik van dieselgenerators wat 27 000 liter diesel per minuut verbruik. Gevolglik kan daar binnekort geen diesel meer in SA te koop wees nie.
  5. Onwettige myners: die s.g. zama-zamas

    Johannesburg, die grootste stad in Suid-Afrika, staar ‘n skrikwekkende mynramp in die gesig – maar die regering ignoreer dringende oproepe deur stadsamptenare om in te gryp en ‘n moontlike katastrofe te voorkom. Transnet en Sasol het die alarm geblaas dat zama-zamas onder Johannesburg binne meters van hoogs vlambare gas- en brandstoflyne met dinamiet skiet. (In die goudmynstreek staan die ondergrondse onwettige myners bekend as zama-zamas, wat ‘n lewe maak deur die erts te ontgin in beide operasionele en verlate mynskagte.) Kenners sê dat as een van die lyne beskadig word, sal alles binne ‘n radius van 300 meter in ‘n vlammehel verander. Belangrike dele van die stad word ook bedreig deur ineenstorting as gevolg van die 140 km-labirint van nuwe en bestaande tonnels wat onwettige mynwerkers onder die stad uitgrawe. Dit sluit in die M1 dubbeldekkerweg, die M2, dele van Soweto en die 94 000-sitplek FNB-stadium.

  6. Duitsland het besluit om nie in Suid-Afrika te belê indien die diskriminasie van ’n SEB (Swart Ekonomiese Bevoordeling) nie geskrap word nie. ‘n Duitse afvaardiging het dit onomwonde gestel dat hulle konsessies verlang, waarvan BEE as onregmatige maatreël vir swart bevoordeling beslis onaanvaarbaar is. Duitse sakemanne verkies om self te besluit wie hulle in diens wil neem, en daarom sal hulle nie enige onregmatige bevoordeling van swartes duld nie. Ook die EU het geëis dat SEB geskrap word voordat hy weer in SA sal belê.
  7. Miskien het Duitsland se besluit iets te doen met Malema en sy EFF se onlangse aanval op die BMW-fabriek in Roslyn, Pretoria. Die fabrieksbestuurder het onmiddellik die Duitse ambassade gekontak wat op hulle beurt die Duitse regering van die aanval in kennis gestel het. Net daarna het die Duitse regering Ramaphosa gekontak en aan hom gesê Duitsland sal geen verdere beleggings in SA maak nie.

As die vyeboom bot

By geleentheid het die Messias aan sy dissipels gesê as hulle sien dat die vyeboom bot, is dit ‘n teken dat die somer naby is. Net so vind daar dinge plaas wat vir ons ‘n teken moet wees dat die dreigende onheil wat na 1994 op die horison verskyn het, naby gekom het.

‘n Paar belangrike nuusgebeure waarvan ons, na my mening, beslis moet kennis neem, is die volgende:

  • Einde Augustus is inligting bekom dat die CIA en intelligensie in Amerika sê hulle gee SA ‘n maksimum van 4 maande voor ‘n rewolusie en anargie hier uitbreek. Hulle het blykbaar inligting hieroor ontvang. Dit werk uit op Desember 2018. (Wat nie hier gesê word nie, is dat die rewolusie reeds in al sy fasette haarfyn beplan is).
  • Die Britse koningin stuur Lord Renwick na SA wat Julius Malema dwing om Cyril Ramaphosa te steun. Kort daarna besoek die Britse eerste minister, Theresa May, ook SA. Sy dans nie net met Ramaphosa nie, maar verklaar ook openlik dat Brittanje Ramaphosa se onteiening van die blanke boere se grond sonder vergoeding, steun.
  • (In Oupa Krause se aantekeninge gee Siener vir ons ’n noukeurige beskrywing van die Britte se finale poging om die Boer te ondergrawe en uit te wis: “In Engeland word alles in die geheim vooraf gereël tussen daardie regering en die leiers hier, om op ‘n gegewe tyd en moment, hulle troepe hierheen te stuur om hulle hier te help teen ons. Hulle sit lank voor die tyd daar klaar en wag om op te tree teen die Boer. Hier kom ’n rewolusie en baie van ons sal deur hulle dood gemaak word. Ons sal onsself teen hulle moet verdedig en al wat ’n ‘getroue Afrikaner’ is, sal moet bymekaarstaan om onsself van ondergang te red.”)
  • Op die vraag wanneer ons die rewolusie kan verwag, het ’n vertroueling in die regering se binnekringe gesê: “Die dag wanneer julle hoor die polisie is besig om die leiers van regse groeperinge op te ruim en in hegtenis te neem, moet julle weet die rewoolusie is ophande … Want hulle glo jy hoef net die kop af te kap dan sterf die lyf vanself.”
  • Die Genèvese Konvensie en die Wêreldhof het pas besluit om ondersoek in te stel na Julius Malema en Jacob Zuma se oproep aan swartes om die Blankes in Suid-Afrika uit te moor. Indien dit bevind word dat dit wel so is, kan daar strafmaatreëls teen die ANC regering ingestel word; hy kan ook aangesê word om te bedank.
  • ‘n Seuntjie van 4 jaar het in September 2018 net skielik begin praat van oorlog wat baie gouer kom as wat ons dink, iets waaroor sy ouers nie voor die kinders gepraat het nie. Hy het vertel hoe hulle ons huise gaan aanval. Hy het ook vir sy ma gesê hy sien ‘n 12. Toe sy ma hom vra wat beteken die 12 toe se hy, hy weet nie, hy sien dit net in sy kop.
  • Swart informante in Pretoria waarsku hulle blanke kollegas om teen 12 Desember 2018 uit die stad pad te gee, want daar kom moeilikheid.
  • Enkele weke gelede het iemand ‘n stemboodskap gestuur waarin hy vertel van sy werker wat al baie jare vir hom werk. Hy het nog nooit huis toe gegaan nie. Hy het nou gesê hy wil voor Desember teruggaan na sy tuisdorp in Kameroen.
  • ‘n Ander werker het weer gesê hy is jammer oor dit wat gaan gebeur, toe hy gevra word wat gaan gebeur, was sy antwoord dat hy ongelukkig niks kan sê nie, maar hy is baie jammer dat dit gaan gebeur.

Selfs in die res van die wêreld lyk dinge nie beter nie.

In Australië het talle vuurtornado’s alles in hul pad verteer en bykans 8 000 mense moes ontruim. Kalifornië het ook die ergste reeks vuurtornado in sy geskiedenis beleef.

Vuur Tornado

Daar word inderhaas voorberei vir die 3de Wêreldoorlog. Sowat 300 000 Russiese troepe en 3 200 Chinese soldate het pas aan die grootste krygsoefening ooit deelgeneem. Hulle maak openlik gereed vir ‘n konflik met die Weste. Op sy beurt is Amerika en NVO ook besig om vir oorlog voor te berei.  Europa is in chaos gedompel sedert die grense in 2015 oopgegooi is vir onwettige immigrante. Talle Europese stede het byna oornag in oorlogsones verander; soveel so dat burgeroorloë in Frankryk en Engeland dreig.

Intussen het die pres. Van Oekraïne, Poroshenko, krygswet afgekondig en sy weermag beveel om loopgrawe voor te berei in afwagting van ‘n moontlike Russiese aanval.

Die elite van die Noord-Amerikaanse en Europese politici, sakeleiers, finansiers en akademici, het in Junie vanjaar tydens ‘n Bilderberg-konferensie openlik die instelling van die Nuwe Wêreldorde bepleit.

Later het Angela Merkel alle lande versoek om hulle soewereiniteit prys te gee en by die ‘Nuwe Wêreldregering’ aan te sluit. Die Illuminati se eenwêreldregering kan nie meer langer afgemaak word as net ‘n regse versinsel nie.

Chronologie van Siener se voorspellings

Van die vernaamste gebeure wat Siener vir ons dag voorspel het, sluit aan of bevestig wat hierbo gesê is:

  • Ons sal stelselmatig uitgemoor word (9/1/1915 — wit skimmelperde (geslepe moordenaars) verskyn voor ’n huis en dan sien hy ’n hoed met lanfer om — ‘n teken van rou).
  • Vermeende ‘opregte Afrikaners’ konkel agteraf met die vyand ter wille van eie gewin (8/1/1915 – daar is swartkopskape tussen die mofskape – verraaiers)
  • Onwettige immigrante en terroriste stroom die land binne (10/1/1915 —’n donker kombers kom in ’n voetpad na ons toe).
  • Verskillende groepe in Suid-Afrika raak in ‘n gewelddadige stryd gewikkel, maar dit word deur die leiers en media geheim gehou (12/1/1915 — ek sien deurmekaar mense wat veg, maar ’n seil kom oor hulle).
  • Die Boervolk sit verslae in sak en as (sy hoed hang oor sy oë); hy het alles prysgegee, selfs sy kosbare kultuurerfenis het hy agtergelaat. En die handjie vol behoudendes wat in 1993-94 nog probeer weerstand bied het, sit almal vandag in die gevangenis en die res se moed is gebreek — (9/1/1915) — perderuiters, m.a.w. manne wat gereed was vir oorlog, staan hulpeloos en verraai en kyk na die verbygaande, vlugtende waens).
  • Terwyl daar vir ‘n verkiesing reggemaak word, is die Vaalrivier se water met riool besmet en ondrinkbaar. (20 Sept. 1921 — Na die Noorde is ’n sif so ’n paar voet bokant die aarde is (‘n verkiesing is ophande). Toe kom ‘n gemesselde stroom water van die Westekant af, maar die water is bruin en die water spat op my velskoene waar ek langs die water staan. (Hierdie is ‘n baie belangrike gesig): Dit is kort vóór ’n verkiesing. Leiwater kom uit ‘n rivier in ’n mensgemaakte kanaal vanuit die weste (Vaalrivier), maar die water is vuil en sonder twyfel ook ondrinkbaar. Dat dit op Siener se velskoene spat, beteken die volk sal as gevolg daarvan met ernstige waterprobleme sit. Dit mag selfs gebeur dat daar ‘n maagsiekte kan uitbreek (sien ook visioen 12 Desember 1917).

Daar is ‘n merkwaardige ooreenkoms tussen Siener se voorspellings van besoedelde drinkwater en dit wat ons tans ondervind:

Gebiede in die noordelike dele van ons land sal, as gevolg van gebrekkige of geen instandhouding, ‘n ernstige tekort aan skoon drinkwater ondervind – die riviere sal besmet wees met riool. Selfs ons munisipale water sal nie meer drinkbaar wees nie.

12 Des 1917 —Van die Noorde kom ’n groot tenk. Uit die tenk rol fyn skaapmis, die tenk rol na die Suide (en) die aarde word net (soos) ‘n miswerf.

Hierdie gesig het weereens te doen met besoedelde drinkwater. Ons moet onthou, in Siener se tyd was daar nog maar min munisipaliteite of dorpsrade (behalwe in die groter stede) wat kraanwater voorsien het. Die boere op die plase en ook die dorpsbewoners moes meestal groot opgaartenks gebruik om hulle reën- of boorgatwater in op te gaar. En dat die Siener skaapmis (uitwerpsel) uit die tenk sien rol het, wys vir ons dat ons munisipale drinkwater nog eendag vanuit die noorde tot in die suide besmet of besoedel gaan wees.

Twee ander gesigte in verband met water- en kosskaarste is 18 Feb. 1918 — Groot mandjies lê aan die kant van die zee in die water… En, 18 Okt. 1917 — Kom ’n dam in gesig vol water, die water raak weg en die klippe van die blad van die dam maak hom vol en daar kom nog ’n dam in gesig en toe is daar een wat leeg is. Dis nie net ons drinkwater wat besoedel sal wees nie, maar ’n groot droogte of droogtes gaan veroorsaak dat selfs die reservoirs sal leeg loop.

As gevolg van die sogenaamde regstellende aksiebeleid beskik paaslike owerhede nie meer oor die kundigheid en instandhoudingspersoneel om rioolbehandeling en -suiwering op standaard te hou nie. By die meeste plaaslike owerhede bestaan daar nie eens meer standaarde nie, en word in die nagtelike ure miljoene tonne rou riool in die Vaalrivier losgelaat. Klagtes by die betrokke plaaslike owerhede het tot dusver op dowe ore geval en die situasie vererger van dag tot dag. Die weerstand van die natuur is besig om te knak en ’n wesenlike natuurramp, met gepaardgaande siekte en pes is besig om oor ’n groot deel van ons land te ontvou. Ons riviere is besig om in rioolslote te verander.

Volgens ’n bekende arts in Bloemfontein hou rioolwater byna geen gevaar vir swartes in nie, maar kan dodelik wees vir blankes. Slegs ’n geringe inname van rioolwater kan siektes soos maagkoors, diarree en E-coli tot gevolg hê.

Die rede waarom gekleurde rasse nie deur rioolafval bedreig word nie, is omdat daar by hulle sekere maag-ensieme teenwoordig is wat help om hulle liggame te ontgif. By blankes ontbreek hierdie ensieme en dus moet hulle riooltenks en riooldamme gereeld met organiese en biologiese ensieme behandel word — dit verwyder ook die stank.

Talle munisipaliteite se pompstasies werk nie meer nie en is deur onkruid toegegroei. By Kroonstad is ’n besinkingsdam verstop deur ’n kors ontlasting wat agtien meter dik lê.

Volgens ’n berig in die Volksblad is spore van cholera reeds in die Vaalrivier gevind. Blanke kundiges het hierdie situasie reeds dekades gelede voorspel en die owerhede en inwoners van die land tevergeefs hierteen gewaarsku.

Die Oos-Rand Beeld berig dat die Ekurhuleni-metroraad ’n waarskuwingsbord langs die invloei van die Boksburg-meer opgerig het om mense te waarsku dat “die water nie veilig is nie, dat dit nie aangeraak mag word nie en daar ook nie geswem of visgevang mag word nie”. Die laaste van die meer se visse het reeds begin September 2008 gevrek.

Dis egter nie net die Vaalrivier wat met menslike afval besmet is nie. Meer as 300 munisipaliteite se rioolwerke funksioneer feitlik nie meer nie.

Eltivillas (’n swartgebied by Louis Trichardt) se stukkende rioolpompstasie stort sowat 1 500 liter per uur rioolwater in piektyd — wat op meer as 360 000 liter per dag te staan kom.

Teen die treinspoor loop ’n stroom rioolwater teen 35 000 liter per uur.

In etlike dorpserwe borrel rou riool uit die grond.

Maar skynbaar pla dit swart gemeenskap glad nie, want selfs munisipale werkers gebruik daagliks die besmette vleilandwater vir huishoudelike gebruik.

Suid-Afrikaanse farmaseutiese firmas het etlike jare gelede reeds stil-stil begin om medisyne wat slegs vir spesifieke rassegroepe geskik is, te vervaardig. Dit was nadat bevind is dat die normale dosis antibiotika wat vir blankes heeltemal voldoende is,  in dubbeldosisse aan swartes en kleurlinge  toegedien moet word om dieselfde uitwerking te hê.

Ergste mynstakings ooit

Juis in dié tyd, het Siener voorspel, sal daar talle mynstakings aan die Rand wees, stakings wat hewige onluste in Johannesburg se strate tot gevolg sal hê. Hy het dit só aan Boy Mussmann gestel: “Ek loop in Johannesburg tussen die mynhope deur en geen mens is te sien nie, (al die mynkaffers is huis toe gelos).

“Dan sien ek ‘n verdeelde volk: twee houte, een met penne (soos ’n hark) en een met gate. Die rooi kielhouer gaan oor hulle (dit beteken oorlogsmoeilikhede of ’n smeltkroes, wat waarskynlik dui op die nag van UHURU). Volgens Siener is dit die Heer wat ons met daardie rooiwarm kielhouer weer bymekaar gaan bring. Die penne steek dan in die gate en die twee houte voeg so goed dat geen mens die nate kan sien nie.” (Die volk staan nou weer bymekaar en is eensgesind).

Hy sien in Europa breek verwoede onluste, geweld en oorlog uit, wat vinnig na die noorde versprei totdat die hele Europa in vlamme staan. Engeland sal die ergste daaronder ly, veral weens hongersnood en ‘n rebellie. Vir Duitsland sal die wiel stadig begin draai.

Die Siener het by geleentheid aan sy seun Klasie gesê: “God gaan Duitsland ná daardie groot oorlog (die 2de W.O.) tog weer ophef. Maar dis oor Engeland wat die nag gaan toesak. Daar sien ek ’n swart slang lê. Dit is nou vir Engeland sy swart probleem. Dit wys op hongersnood en burgeroorlog. Die slang rol hom op — die swartes en gekleurdes gaan vestig hulle in Engeland. En dan begin al Engeland se probleme — en ook sy ondergang. Engeland gaan totaal verwoes word — “dat net so hier en daar ’n ou maer vark in die modder oorbly”. Engeland het mos ander nasies se lande met vuur afgebrand — soos by ons en Duitsland en hulle vrouens en kinders vermoor, so sal aan haar gedoen word. Die atoombomme sal daarop reën en ander baie gevaarlike brandgoed. Dit sal selfs tot onder in hul skuilkelders brand.

Siener van Rensburg het ook voorspel dat ’n groot staatsfiguur van Engeland sal sterf kort voor die verwagte Wêreldoorlog uitbreek. Dit gaan gebeur “wanneer ons donker tyd begin,” het hy gesê, “ek sien ’n swart slang pik na ’n vrou op die troon oorkant die water en sy raak weg. (Koningin Elizabeth). Dan begin ons moeilikheid hier in Johannesburg met geweld wat losbars en bomme wat ontplof.”

Die dag wanneer Engeland se probleme begin, gaan daar ’n burgeroorlog in Frankryk uitbreek, want die swartes stroom ook daarheen, en die behoudende nasionalistiese Franse sal uiteindelik die wapen opneem teen die liberale immigrante-ondersteuners.

Franse in opstand teen Macron

Die huidige opstande in Parys en oraloor in Frankryk, is waarskynlik die aanloop tot Macron se einde! Net soos Merkel het hy hom ook teen Siener se ‘witboontjie-golf’ vasgeloop!

Die huidige situasie hiér en in die res van die wêreld bevestig onomwonde dat Siener van Rensburg se profetiese tydtafel reeds besig is om op ’n groot en finale krisis af te stuur.

Sommige van bogenoemde gebeure sal waarskynlik eers plaasvind ná die uitbreek van die Derde Wêreldoorlog.

In die Rhodesiese briewe van mnr. Boy Mussmann wat deur ‘n vriend, Eugene Venter aan my geskenk is, sê Siener die volgende oor die begin van die laaste, finale groot oorlog: “Die parlement sal sit. Maar my seker teken is die reën (die woord ‘seker’ is deur mnr. Mussmann onderstreep), omdat dit die Heer se werk is – die parlement kan enige tyd byeengeroep word. Die reën bly plek-plek weg dat dit by daardie plekke witdroog sal word. Net soos dit weer reën dat die gras groen is, dan breek die oorlog uit…” (Na die tweede droogte).

Hy het ook gesê ons sal in hierdie tyd gereed gemaak vir ’n groot en belangrike verkiesing.

Suid-Afrika het pas twee versengende droogtes na mekaar beleef. In dié tyd het Siener die een mynstaking op die ander gesien; talle myne sou weens geweld en intimidasie noodgedwonge moes sluit. Landswye kragonderbrekings sou ook drasties toeneem.

Wanneer die tweede droogte verby is en dit begin reën, breek die Derde Wêreldoorlog uit. Dit moet nog winter in die Noordelike Halfrond wees, wany hy sien soldate in lang, warm jasse loop.

Hierby ons word daar vir ‘n verkiesing gereed gemaak, maar weens allerhande logistiese probleme en die onstabiele toestand in die land kan ernstige verkiesingsprobleme opduik.

Volgens Siener se gebeurelyn gaan UHURU waarskynlik rondom die einde van die tweede droogte plaasvind. ‘n Buitelandse mag sal dan kom ingryp om die vrede te herstel, waarna die jingo’s (Afrikanerbond), Engelse en hul swart kamerade die parlement oorneem en ‘n tussentydse regering daarstel. Hoe lank hulle die leisels gaan hou, is onbekend.

In hierdie stadium woed daar steeds ‘n vernietigende oorlog in Europa. Engeland is besig om onder te gaan. Maar Duitsland wat dieselfde lot in die gesig staar, besluit om sy gewese kolonie, Duitswes, wat in 1990 aan SWAPO oorhandig is, weer te kom annekseer. Nadat hy drie ultimatums aan die tussentydse regering in Suid-Afrika gerig het, land die Duitse vloot met vyf  oorlogskepe in Lüderitzbaai en die Boerebevrydingsleër word via Prieska deur die Duitsers bewapen.

Net hierna steek die Duitse lugmag Kaapstad onder die bomme.

Volgens Siener sal dit een van die hewigste militêre aanslae in ons geskiedenis wees, want hy sien ‘n diep kuil in Kaapstad wat vol bloed loop. In al die ander aanvalle het hy net ‘n emmer bloed sien omval.

Nadat die Duitsers Namibië beset het, help hulle die Boerebevrydingsleër om die land te tot by die ewenaar skoon te maak.

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470