Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg

Blanke pasiënte na swart gebiede gedwing

2012-12-03

Deur Adriaan Snyman


Sibongiseni Dhlomo, die LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal het die enigste beskikbare nooddienshelikopter onlangs ontbied sodat hy na vdie begrafnis van ‘n vriend, Zacharia Zungu, gevlieg kon word.

In daardie stadium het aramedici die helikopter benodig om ‘n beseerde 15-jarige seun na die Albert Luthuli-hospitaal in Durban te neem, maar is aangesê dat die helikopter nie beskikbaar is nie, aangesien Dhlomo dit reeds opgekommandeer het.

Die einste Sibongiseni Dhlomo was vroeër ook in die nuus toe hy sekere primêre dienste by die Newcastle Hospitaal laat sluit het. Die hospitaal is in die middestad geleë. Voortaan sal, veral arm blankes en ou mense in Newcastle, in noodgevalle na die swart Madadeni Hospitaal (15 kilometer buite Newcastle) moet gaan. Die higiëne by hierdie hospitaal is in ‘n uiters swak toestand; beddegoed is vuil, soms bloedbevlek en noodsaaklike medikasie dikwels nie beskikbaar nie. Maar Dlomo wil nou glo ‘n beter, nuwe hospitaal in Newcastle laat bou.

In 1995 het die ANC ook die splinternuwe hospitaal in Kemptonpark, wat drie jaar tevore ingebruik geneem is, moedswillig gesluit, hoofsaaklik om blanke pasiënte te dwing om van die swart Tembisa Hospitaal gebruik te maak. Die Kemptonpark Hospitaal staan nog steeds leeg en in ‘n totaal vervalle en onbruikbare toestand.