Dit wat ek nou wil sê, kom deels al ’n lang pad en sluit ook aan by van die kommentare op die laaste Blog-artikel, “Bemoediging vir my volk”. Dit handel oor die Mandela-is-siek-Mandela-is-dood-sirkus, en is reeds in Mei verlede jaar op die Blog bespreek (“Die kat kom terug”.)
Net om u geheue te verfris, wil ek enkele gedagtes herhaal wat reeds op 16 Mei 2011 i.v.m. met Mandela en sy ewige siektes en dood gesê is. Ek haal ons bron aan:
“Ek was ‘n klompie jare gelede by die Inligtingskantoor en het soms insae gehad in koverte inligting van die ANC. Wat my verbaas het, was hulle intense belangstelling in Siener se gesigte. In hulle besit was daar boeke van jou en prof. Raath, asook video’s van die SABC en jou Siener-toer van 2001.
”‘n Swarte wat lêers van die Boeremagsaak hanteer, het eendag by my gespog dat hulle nie net haarfyn weet wat in regse kringe aangaan nie, maar ook weet wat Siener voorspel het. Hy het toe verwys na die 1990-Mandela-dokument waarin melding gemaak word van die swart terreur wat na sy dood sou plaasvind, en dat Siener dit voorspel het.
“…Al die geheimsinnigheid oor Mandela se opname in Milpark-hospitaal (vroeg in 2011), die stilswye oor sy toestand, mediese verklarings oor sy long wat platgeval het, én die halsoorkop manier waarop hy uit Milpark-hospitaal ontslaan is … (het my laat dink) ons het hier ‘n wolf-wolf storie. Hoeveel keer is daar nie al (deur die ANC self) gerugte versprei dat Mandela dood is, en die regses op loop gejaag nie? En elke keer was dit vals. Hulle weet baie goed wat Siener gesê het oor die kis wat in die graf afsak en die geweld wat dan uitbreek. Hulle weet ook dat regse groepe daarvoor gereedmaak (want) hulle hoop dat hierdie wolf-wolf skreeuery sal maak dat as hy die dag regtig sterf, die meerderheid dit nie sal glo (en sal onttrek) nie…” (Tot sover die aanhaling.)
Die afgelope week kry ek toe weer ’n boodskap van die persoon:
“Ek wil net bevestig dat die ANC se Mandela-speletjie met ons mense lelik geboemerang het. Met al hulle pogings om sy “siekte” te misbruik om ons te mislei, is hulle in die tande geskop, en dit deur ’n omgekrapte joernalis van die New York Times.
“Dit het alles begin nadat Mac Maharaj op Saterdag 25 Februarie vanjaar aan die BBC gesê het Mandela is weens “tering” en “ernstige abdominale probleme” in die hospitaal opgeneem en dat hy nog daardie selfde aand ’n “noodoperasie” sou ondergaan. Maar Maharaj wou of kon egter nie sê in watter hospitaal Mandela opgeneem is nie. (Terloops, waarom het BBC die nuus eerste ontvang en nie die plaaslike media nie?)
“Die volgende oggend op RSG se agtuurnuusuitsending het Maharaj se storie skielik heeltemal verander:
- Mandela het nie tering nie (hy het dit op Robbeneiland gehad).
- Hy is nie die nag geopereer nie.
- Mac Maharaj het skielik onthou Mandela is in 1 Militêre Hospitaal in Pretoria (hoegenaamd nie die plek waar die wêreldse grootste ikoon behoorlike mediese sorg sal kry nie!).
- Die media – wat dwarsdeur die nag rondgehardloop het opsoek na waar Mandela hom bevind – moes met hul aankoms by 1 Militêr, hoor hulle mag nie nader as 500 meter van die ingang af kom nie.
- ‘n Beeld-fotograaf is deur die militêre polisie in ‘n vangwa gesmyt en gedwing om ‘n foto, wat sy (op 500 meter) van die hospitaal geneem het, uit te vee.
- Nog skaars het joernaliste van die skok herstel, of hulle moes by ’n beampte van 1 Militêr hoor Mandela word nié by dié hospitaal behandel nie.
- Woede en pandemonium breek toe los, en veral die buitelandse pers en TV-stasies eis ’n verduideliking. ’n New York Times joernalis vaar uit oor die regering se “uiters powere en swak hantering van Mandela se siektetoestand sedert sy uittrede as staatspresident – want, sê hy, dit loop elke keer uit op ’n chaotiese toestand waarin die media nie net soos kriminele behandel word nie, maar ook in die duister gehou word oor wat Mandela se toestand is, verder word hulle om die bos gelei en belieg en selfs verbied om foto’s van Mandela se gesig te neem! Waarom? Wat skuil agter al hierdie sieklike geheimsinnigheid?”
“Toe hy geen verduideliking kry nie, het hy die “swart menere in beheer” baie mooi vertel hoe sulke sake gehanteer behoort te word. Hy het oud-president Ronald Reagan van Amerika as voorbeeld gebruik: “Hy was as ikoon nie naastenby Mandela se portuur nie, maar nadat hy longontsteking in 2004 opgedoen het, het sy mediese span elke dag en byna uurliks verslae oor sy gesondheidstoestand uitgereik – iets wat skandelik by Mandela se dokters ontbreek. En ek vra weer: Waarom?”
Ons informant het intussen verneem die ANC het uiteindelik besef hulle wolf-wolf-speletjie bring vir hulle net meer skade en skande, en dat hulle dit nou gaan staak.
Ons kan dus verwag om moontlik eers weer van afgod-Mandela te hoor die dag as sy “dood en begrafnis” aangekondig word.
Maar sedert hy weer van die toneel af “verdwyn” het, vind daar oral in die land onrusbarende dinge plaas, dinge wat die indruk wek dat hulle (die ANC) haastig besig is om vir hierdie “finale aankondiging” voor te berei:
- Volgens ’n oud-vlieënier is die lugmag al ’n geruime tyd besig met lugoefeninge by Wonderboom-lughawe en Hoedspruit. Uit ’n ander bron verneem ons daar vind ook gereeld nagvlugoefeninge by Yzterplaat plaas.
- “Die inspit van die kadawer kan nie te lank na afloop van die lugmaneuvers plaasvind nie, want “party” van die platneuse wat daaraan deelneem, moet nog in “oefening” wees,” is die die oud-vlieënier se mening.
- By die Amerikaanse lugmagbasis in Botswana is daar die afgelope tyd ’n ongekende bedrywigheid. Van hulle heel grootste militêre vliegtuie, die Galaxy C-5’s (sien foto bo) kom land daagliks op die lugmagbasis, net om later in die dag weer op te styg. Al wat ons kon vasstel, is dat massiewe hoeveelhede wapens en ander voorrade daar afgelaai word.
- Uit Natal stuur Anton Potgieter vir ons hierdie waarskuwing: “Ek het vanoggend werk toe gery en moes verby ’n Taxi-rank gaan. Daar was 3 taxi’s wat daar gestaan het en omtrent 20 mense op die sypaadjie. In die middle van die pad het 3 swartes met hout ak47 gewere gelê. Hulle het gemaak of hulle na my skiet en die swartes het hulle luid toegejuig. Ek moes uit die pad swaai vir hulle — hulle het hul nie aan my gestuur nie, en toe ek terug kyk, het ek gesien hoe hulle “leopard-crawl” en oor die teerpad rol. Dit was duidelik ’n oefening om aankomende verkeer te stuit en die pad te blokkeer ”.
Dié wat daardie dag nie betyds uit die dorpe en stede wegkom nie, gaan hulle in hierdie padblokkades vasloop en afgemaai word! - Wie van ons mense weet dat Jacob Zuma die dag met die ANC se 100-jarige feesvieringe op 8 Januarie vanjaar nie net ’n bul ter ere van sy voorvadergeeste geoffer het nie, maar gedurende die seremonie ook lyfswaaiend lustig saam met sy onderdane gesing het dat hulle en die kabinet die blankes wat die Boere is, met masjiengewere gaan skiet, en dat hulle sal hardloop! … “Ons gaan hulle doodmaak! … Ons gaan hulle doodmaak!” (Kyk asseblief die onderstaande video)
- Mnr. Jaap Kelder, voorsitter van die Nasionale Belastingbetalers-Unie, wat Zoeloe magtig is, het verlede week op Radio-Pretoria bevestig dat hy dit self gehoor het. (Net één vraag: Waarom swyg Rapport, Beeld en al die ander media oor hierdie “moorddreigement”? Is dit omdat Zuma sing hy gaan net die “wit Boere” doodmaak, en die klomp verloopte agterentkruipers hulleself as “Suid-Afrikaners” beskou? Ek is seker hulle het in die agtergrond saam met ons Tweede Dingaan gesing!)
http://www.youtube.com/watch?feature=player_embedded&v=6fzRSE_p1Ys
Laastens is daar ander gevaarligte (maar soos Siener belowe het, ook ‘n helder groen lig) waarvan ons moet kennis neem en waaroor van ons Bloglesers reeds gerapporteer het:
KleinVrystaat: “Klein vuurtjies slaan nou oral uit, ons wag vir die groot vuur na die graf!”
JohannW: “Ek hoop julle let op hoe landwyd rond en bont die opstande plaasvind. Wag maar vir die dag wanneer hulle dit op eendag landswyd doen. Bly paraat, wees wakker, hoe lank nog?”
Barry62: “Ek stem saam, die opstande spring nou orals op. Omdat dit Kommunisties-georiënteerd is, kan gerus gekyk word na die Tet-aanvalle in 1968 in Viëtnam. Die VC & NVA het die Amerikaners heeltemal onkant gevang, en in plaas van een groot aanval, het hulle dit oor 120 dorpe en areas regoor Viëtnam gedoen. Wat die Amerikaners nie geweet het was dat die vyand reeds maande voor die tyd wapens/ammo en troepe na die gevegspunte geskuif het. Verder is hulle onkant betrap omdat dit die Tet-feestyd was en dus nie op hulle hoede nie”.
AntSan: “Die kerse van inligting is doodgeblaas”.
Chris Schlebusch: (Maar) “…ons (wie se harte reg is) staan nie alleen nie!” (Dit het Hy by monde van ons profeet belowe.)
Nelson Mandela se begrafnis sal ook ’n “Tet-feestyd” wees — nee, ‘n wêreldfees, soos sy kleinseun, Mandla, dit gestel het. En hoeveel duisende blankes gaan dan nie blymoedig hand-om-die-lyf met Dingaan hulle eie dodedans uitvoer nie?
Daar is niemand so blind soos die een wat nie wil sien nie.
Dit is hartseer dat die bewyse op hoop en nog steeds is daar mense wat dit nie wil raaksien nie en meer geloof in politiek plaas as die Hoërhand.
Ek bly in ‘n klein dorpie en so twee jaar terug het ‘n vriendin uit ‘n kettingwinkel gestap en vir geen rede het ‘n swart vrou haar voor gekeur en gesê “een van die dae gaan ons julle almal doodmaak” vir ‘n maand of so was sy vreeslik gê-rattel en het sy die erns besef, maar hartseer soos dit is, sy is vandag weer net so liberaal soos voor die insident en sy en haar man het die 4 pragtigste dogtertjies.
Insidente soos die sien ek as verbale bewyse en ook dat hulle ernstig is en dat dit georkestreer word, waar anders kom hulle daaraan. Dit is asof hulle nie meer kan wag nie en ons nou al begin vertel wat hulle met ons gaan doen net om hulself te verlustig in die vrees in jou oe.
Ek het dit die eerste keer met die opening van die SWC opgelet, Mandela het geen toespraak gelewer nie en het net op die golf karretjie gesit en sy vrou moes sy hand vir die skare waai. “n Seniele persoon het sy aan en af dae, dit is hoekom niemand kon se of hy definitief by die opening sou wees of nie. Met sy laaste besoek in die hospitaal het ek op SABC2 nuus geluister na een van die oud stryders wat by hom besoek afgelê het en hoe hy vertel het hoe goed dit met hom gaan en toe maak hy die fout. Dit kom daarop neer, daar waar hulle (comrades) by hom was het hy vertel hoe lekker hulle vir hom gelag het en saam hom gelag het. Mandela het glo ‘n paar keer so onder gesprek aan die slaap geraak en elke keer wat hy weer wakker word het hy almal gegroet of dit die eerste keer is wat hy hulle sien. Mandela is so seniel soos tien en vir my wys dit daarop dat hy einde se kant toe staan.
Staan sterk.
Weereens,Dankie Oom Adriaan.
Tyd leer alle lesse. Ons vrees nie,ons het Vader JAHWEH met ons.Net soos in die dae van Noag so sal dit weer wees.Die volk word gewaarsku en gewaarsku…
Gelukkig is die wat ag gee op die woorde van die profete wat ons Vader vir ons gestuur het.
Ons mag nie vrees nie,ons moet mekaar(Boere Afrikaners) bystaan en n onbreekbare eenheid word.
Groete
Kan iemand aan my verduidelik wat die “TET” woord beteken.Verskoon as ek bietjie dom klink ek was ook maar ‘n instrument baba.
TET is n soort nuwe jaar fees in Vietnam. Die feestyd duur langer as wat 1 Jan in die westerse wereld duur.
Met Kruisplant dag op die horison het ek begin wonder vir wie en watter Volk?
In `n 1500 Km radius is ons buiten die plaag, omring deur +- 5 miljoen blankes.
Eens het ek alle blankes as my volk beskou, toe die teenspoed ons tref na die verraad het ek elke keer geween as `n blanke vermink en vermoor word. Ek het alle blankes my naaste geag en het my naaste opreg liefgehad soos my self.
MAAR, die Blankes wat ek my naaste geag het, het MY ontsettende leed aangedoen!
Hulle het my die rug gekeer en `nuwe` naastes in my plek aangehang!
Hulle het my werksgeleenthede vir hul `nuwe` naastes gegee en deure in my gesig toegemaak.
Hulle het hul `nuwe` naastes omarm en toegejuig langs spot velde.
Ja, selfs op onderdanigheid van hul verkose Baal priesters hul `nuwe` naastes in volksvergaderings ingesleep wat eens heilig was.
Hulle doen selfs my nageslag skade aan deur hul kinders in staat skole te hou waar hulle hul eie geskiedenis prys gee, om die `nuwe` geskiedenis van hul `nuwe` naastes aan te leer en hul `nuwe` naastes se gode en geeste te aanbid met sing van liedere. – Terwyl tuis onderrig so bekostigbaar is soos R200 per jaar en die opoffering so min as een en haf uur per dag.
Ja, watse naaste of dan volksgenoote sal hul nageslag vir myne wees???
Hulle het op my vermanings in my gesig gelag (kon netsowel gespoeg het)
Die Skrifte sê God sal Self vir Hom `n volk voorberei uit die die nageslag van Jakob.
Daarom ook die lering dat nie almal wat uit Jakob/Israel is, (uitverkore GodsVolk) Israel is nie!
Per definisie, word `n volk dan nie saam gevoeg deur sekere waardes, tradisies, gewoontes nie wat veel dieper lê as bloot die selfde vel kleur?
Soos alle blankes die Aarde oor, bevind ek my ook nou in Dingaans kraal soortgelyk aan die situasie van Piet Retief.
Ek het ook oor die laaste +-20 jaar blankes gewaarsku teen die vrolike integrasie dansies wat vandag vinnig verander in drygende moord danse soos die laaste dinge wat Piet Retief se geselskap aanskou het. – maar oor die aarde heen is daar nerns om te hadloop nie, die kraal is toe en die nasies tussen ons.
Militêr is ons horing van hoop afgekap.
Ek kyk op na die berge, blankes wat my moes bystaan, vir wie ek met `n volkome liefde liefgehad het, het my hierdie kwaad aangedoen, waar sal nou my hulp vandaan kom?
Ek glo……. , ek glo God self sal vir Hom soos by Elia self `n oorblyfsel laat oorbly en dit is nou hier waar God Sy Volk gaan louter.
Mag daar genoeg kruisies geplant word vir elke blanke wat hom nie bekeer nie en dus per definiesie nie deel is van my volk nie.
Mag God self vir Hom `n Volk voorberei tot Sy eer en heerlikheid.
PietJan – Jy sê “Hulle (die blankes) het my die rug gekeer en `nuwe` naastes in my plek aangehang! Hulle het my werksgeleenthede vir hul `nuwe` naastes gegee en deure in my gesig toegemaak..”
Dis nie net jy en ons op hierdie Blog wat so voel nie, selfs Nelson Mandela het dit ook raakgesien, en nogal die man wat aan hom sy vryheid gegee het, daarvan beskuldig. In haar ongepubliseerde boek, THE AFRIKANER VOLKSFRONT AND ITS FOREIGN POLICY, skryf WM Wydham: “What is noteworthy and often not mentioned is that Mandela himself called De Klerk a traitor to his own people…” En by ‘n ander geleentheid verduidelik Mandela hoekom: “Baie wit mense beskou my as ‘n Kommunis en terroris, maar alles wat ek gedoen het, het ek vir my eie mense gedoen. Ek was altyd getrou aan hulle…”
Hy het voorwaar rede om De Klerk as ‘n volksverraaier uit te skel!
Gisteraand kyk ek na MADIBA: THE LIFE AND TIMES OF NELSON MANDELA, en daarin kry ek toe nog ‘n hele paar ander skokantwoorde vir die haglike toestand waarin ons ons vandag bevind:
Na afloop van sy hoogverraadsaak in Junie 1964 word Mandela nie die doodvonnis opgelê nie, maar lewenslank tronk toe gestuur.
In die dokumentêr word openlik erken dit was te danke aan die ingryping van die Amerikaanse en Britse regerings wat daarop aangedring het dat Mandela eerder tronk toe moet gaan, “want (het hulle gewaarsku) hang julle hom nou, sal hy nie daar wees wanneer julle hom eendag gaan nodig kry om julle probleme op te los nie.”
Wie of wat het regter-president Quartus de Wet genoop om aan hierdie eis toe te gee?
In 1988 word die Yanks en Brite se voorspelling toe ook bewaarheid. Volgens die destydse Intelligensiehoof van die NP, Niel Barnard, het die regering “Nelson Mandelan in die geheim besoek sodat hy ons kan help om ons probleme op te los. Die ontmoetings het nege maande lank geduur…”
‘n Mens staan verslae en verbysterd by die gedagte dat die Amerikaners en Britte reeds 24 jaar vantevore ons ondergang so haarfyn vooruit kon beplan. Maar veel erger is die besef dat óns leiers hulle so vernder het om by ‘n godloënaar, terroris en Kommunis te gaan hulp soek, eerder as om hulle na hulle Elohim te keer (soos wat ons leiers van die verlede gesoen het).
Ons moet dan nie verslae en verbysterd wees as daar nog veel, veel erger dinge op ons wag nie!!
Hou vas aan jou geloof PJ. Ons Vader sorg vir die Mossie, hoeveel te meer nie vir Sy kind. Ons weet geldmag is die euwel van ons tyd. Ons weet egter ook dat ons Skepper die krag en die heerlikheid toekom en nie die konings van die aarde nie. Daarom moet jy nie moed verloor nie. Laat hulle jou kos vat, laat hulle jou kind vat, laat hulle jou plaas vat, laat hulle jou besigheid vat. Moenie dat hulle ooit jou geloof vat nie! Daar was reeds ‘n Verlosser gestuur, Hy het met Sy Heilige Bloed betaal vir ons sondes. Ons “nou” is slegs ‘n korreltjie sand is in ons ewige bestaan. Ons geloof sal ons red, die Nuwe Jerusalem kom. Daar is meer van jou soort hier in NSA oor! Hy sal ons by Migdol vergader. Al was jy die laaste, al voel jy of jy alleen is, jy is nie, ons El is ALTYD met ons.
Dog amper ou Mocke is terug!Pas maar op hulle is tussen ons… In n perfekte wereld sal ons almal mekaar die hand gegee het een God (Jaweh) aanbid het ens… Die armes onder ons blanke volk bystaan ens… As dinge nie altyd klop disselboom verloop nie gooi jy nie al jou speelgoed uit nie!!!!!!
As n mede volksgenoot my ingeloop het,beteken dit nie ek is nou klaar met my volk se mense nie. Ons moet nie oppervlakkig wees nie,daar is goed en kwaad onder alle volk en nasies. Maar reg is reg en verkeerd bly verkeerd. Toe ek klein was +- 4 en n half jaar oud ,het n rifrug my in die gesig gegryp.Ja n gat in die wang amper my oog verloor ens..Almal het toegekyk behalwe n jong Bantoe wat die hond met n klip verdryf het. Ewig dankbaar sal ek aan hom wees,glo dit was die Vader se will op daardie stadium dat hy daar was. Dit beteken nie ek gaan my kinders aan sy kinders gee nie,nog minder dat ek hom gaan nooi vir braai en drank by my huis.
Wedersyde se respek vir mekaar en lewe in vrede sover moontlik met almal. En moenie die grense van Jahweh oorskry nie
Kom ons haal die balke uit ons eie oe..Voordat ons bevoordeeld is teen ons naaste(Wit Adamiete)..Die oordeel kom nie ons toe maar die Vader aleen.
Laat God se Wil geskiet
Eendrag maak mag,nie verdeeldheid nie. Laat hy wat sonder sonde is die eerste klip gooi…
Groete
Vir al die “BIDDERS en GOD sal voorsieners”, net die volgende: Die engelse het n gesegde “GOD ONLY HELP THOSE WHO HELP THEMSELFS”!!!! Indien die Voortrekkers op 16 Desember ‘na’ die gelofte almal in hulle ossewa ingekruip het en gaan bid het, en teks verse aangehaal het, sou almal uitgemoor gewees het, uit en klaar, sou daar nie nou n roemryke BOEREVOLK wees nie,maar hulle het besluit om hulle SELF TE HELP, die vyand in die oge te kyk MAAR met die ALMAGTIGE aan hulle SYE, het hulle vorentoe gebeur en vandag sit ons met n trotse verlede vol helde moed!!!! Toe weer teen die engelse met die draai van die eeu, presies dieselfde, hulle het nie in sak en as gaam sit nie maar met hulle Skepper ‘VIR’ hulle die stryd aangeseg!!! HOU tog op Kerk Kerk speel, Bybel Bybel speel, en gaan lees, veral die ou Testament, het al die veldslae gekom uit mense wat SAAM hulle SKEPPER vol GELOOF vorentor gebeur en dinge LAAT gebeur! GOD HELP SLEGS DIE WAT HULLE SELF SAL HELP!!!! Seg dit dan nie n oog vir n oog in veral omstandighede soos waarin ons volk vandag verkeer nie!! Of Nuwe Testament julle weer teveel, daar is geen ballans daarom die moorde!?
Net soos in vorige eras, sal dit weer die vegtende, strydende MINDERHEID wees wat die geskiedenis sal maak. Net soos tevore sal die plannne en opterede om die BOERVOLK van sy regte te beroof, (fw-de-klerk), weer verydel word!
HNP-“Die toekoms behoort aan die’ wie moed en die wil en die geloof het om te volhard, met hulle oge gerig op die hoe spitse en die verhaal van hulle volk se heldedom as begeestering” JAAP MARAIS 9 Sept 1994
Die bewusmaking van “eendrag maak mag”, laat die wat kennis neem wel begeesterde besluite neem, en ons vorentoe vat!
Hoor hoor! Ek stem van sit en staan kom niks gedaan.
melkbok, ek het ruk nie teruggegaan na hierdie draad nie aangesien ons reeds aanbeweeg het. Ek stem nie met jou saam nie. Die oomblik wat ons ophou “bybel bybel” het ons niks oor nie! Dit is slegs geloof, wat ek terloops nie VERDIEN HET NIE, maar uit genade ontvang het, wat maak dat ek nog een voet voor die ander kan sit. Geloof gee my nog die krag om iets vir ons volk te wil doen. Sonder Hom is ons NIKS! Jy moet maar vir my laat weet wat jy in jou eie krag regkry. Ek sal jou laat weet wat die Almagtige Vader vir my reggekry het. En ja, Jaap Marais het ek persoonlik geken, hy het nerens sonder sy Bybel en Skepper gegaan nie. Laat maar die engelse gesegdes uit, hulle is vloekstene!
Baie waar AntSan,
Verskoon almal my, maar Deesdae kom die gedagte, dat – Orals duik of * opstookers met agendas, of * opreg maar ernstig misleide Afrikaners op, – baie in my gedagtes tevoorskyn.
Ek glo nie u kry die drif van wat daar geskryf staan nie! Gaan lees dit stadig woord vir woord, dan sal dit dalk verstaan word soos dit bedoel is om te beteken!
melkbokkie, ek verstaan wat jy skryf. Ek weet ons sal moet veg, maar sonder die Bybel kan ons die geveg maar los. Ek weet die anc sal nie vir ons ‘n korreltjie sand gee nie, die haat is te groot, Daar is van ons mense wat daarop hoop. Vir my persoonlik maak dit nie saak nie. Ek is nie verknog aan ‘n lappie grond hier nie. As die derduiwels my wil kom moor, moet hul maar so maak want my laaste woorde sal steeds tot my Vader roep. Ek voel ook nie hopeloos nie, want Hy sal op Sy tyd vir my en my nageslag ons erfdeel laat kry. Ons geloof word nou getoets, en baie dop die toets, dit is waarvoor ek bid. Dat die verlore skape begin sien dat dit waarvoor hul baklei nie die belangrikste ding is nie, want dit gaan eintlik op die einde van die dag maar oor geld en mag. Ga poe, spuug dit uit! Die Mag en Heerlikheid en Koningskap behoort nie aan mense op aarde nie! Die Satan is losgelaat, ons moet hom herken maar nie erken.
Wel daar staan met hulle Skepper aan hul SY het hulle die vyand in die oge gekyk en vorentoe gebeur, nerens staan daat SONDER die Bybel nie, lees maar mooi!
As jy lus is vir baklei, het jy die verkeerde boerevrou hier beet. Jou skrywe het die indruk by my geskep dat jy nie saamstem met ons wat die Bybel as riglyn in ons lewens gebruik nie. Spesifiek met jou “Bybel bybel speel” opmerking. Laat dit nou daar. Ignoreer my poste as ek jou irriteer!
Hier tussen Melkbok en AntSan waar dinge warm word…..
ons moet nie die Bybel, uit konteks aanhaal om ons eie agenda te pas nie.
Ons wat met verslae hart en gees voor Vader `Bybel Bybel`, is deur die Gees gelei om te verstaan dat daar `n profesie is wat eers sal moet vervul.
Die wat hulle nie daarby bepaal nie en teen die strafgerig van God wil gaan, sal vergaan.
Melkbok, ek verstaan hoe jy voel, ek was ook daar, maar jy poep teen wind, wag geduldig vir die storm wolke van God.
Die feit is die mense was toe uitvoerders van die word, die woord was lewend, hulle was toepassers, doeners en uitvoerders van wat hulle afgesmeek het! Vandag deur al die dweepery en onegte geloof het die mense n verleentheid geword vir wat was, en dan word die verleentheid met dreigemente beskerm! Dit is uit en uit n kwessie van die hart is vol en die mond loop oor, ons is net nie meer daders van die woord nie ons is meer en deels verleentheids vir wat verlang word, Ons tart die Skepper en HY weet dit!
Melkbok, Jy insinieer nou God het geen beheer oor die toekoms as ons dit opmors nie???
Jy insinieer God gee bloot advies soos `n sterfling???
Jy insineer God se magte is bloot soos …..? …..?
…. ? Melkbok, jy klink ateisties, dit klink of jy twyfel in die bestaan van die God van ISRAEL..
Melkbok, is jy op die forum om…
1. tweedrag te saai as messelaar of joodse agent.
2. Jou eie kennis te verbreed.
3. Per ongeluk hieroor gestrompel in jou soeke na strooihalms, iets soos die oorlé awb en toe kom jy hier
???
Laat die Almagtige Skepper besluit wie n ateis is en wie nie, mense sal dalk verbaas wees. Al wat ek seg, en ek seg dit weer, Moet die Almagtige Skepper nie tart!
SA gaan binne 5 jaar brand
DURBAN. – “Suid-Afrika sal binne vyf jaar brand en sy eie Arabiese Lente hê met miljoene jong mense wat oor werkloosheid en swak onderrig in opstand kom”.
Só het mnr. Eugene Daniels, direkteur van die Metro-Suid-onderwysdistrik in die Wes-Kaap, vandeesweek hier op ’n kongres oor basiese onderwys gesê.
Volgens Daniels word die land deur skrikwekkende gevolge in die gesig gestaar met meer as vier miljoen jong mense wat werkloos is en geen vooruitsigte het nie.
“Die jeug is kwaad en onderwys is tussen politiek en burokrasie vasgevang. Daar gaan niks van hierdie land oorbly as ons soos nou aangaan nie. En die opstande van 1976 sal soos ’n piekniek lyk.”
http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/SA-sal-binne-5-jaar-brand-20120406
Ek persoonlik voel nie dat daar nog vyf jaar oor is nie.
Dit is net hier om die draai.
Hallo almal – ek het so pas vandag 16/04/2012 verneem op CNN dat die helfde van Engeland het nou n droogte en dat voorraad sal hou tot en met 2013. Beteken dit dan die tyd is nou?
Kan n korter weergawe van hierdie waarskuweing nie deur Fb aan ons almal gestuur word ni.
Isa 10:1 Wee hulle wat heillose insettinge tot wet maak, en die skrywers wat moeite ywerig voorskrywe,
Isa 10:2 om die armes van die gereg weg te stoot en om die ellendiges onder my volk van die reg te beroof, sodat die weduwees hulle buit kan word en hulle die wese kan plunder.
Isa 10:3 Maar wat sal julle doen op die dag van besoeking en by die verwoesting wat van ver af sal kom? Na wie sal julle vlug om hulp, en waar julle rykdom wegbêre?
Isa 10:4 Hulle kan net maar buig soos geboeides en val soos diegene wat gedood is. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek.
Isa 10:22 Want al was jou volk, o Israel, soos die sand van die see, net ‘n oorblyfsel van hulle sal terugkom; die verdelging is vas besluit en vloei oor van geregtigheid.
Isa 10:23 Want ‘n verdelging wat vas besluit is, sal die Here HERE van die leërskare voltrek in die midde van die hele aarde.
5 hours ago ·
Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreek.
Núm. 35:33. Jes. 33:8.
6
Daarom verteer die vloek die aarde en moet sy bewoners boet; daarom word die bewoners van die aarde deur ’n gloed verteer en bly daar min mense oor.
Melkbok, net soos wat jy hier uit Jesaia aanhaal….
As jy dan bewus is, waarom wil jy he moet ons optree buite daardie konteks?
God het n perfekte balans, die verganglike mens nie daarom is die wereld in die toestand waar dit staan!
Daar word reeds opleiding gegee in Botswana deur lede van die weermag – tans nog steeds met verpligte verlof agv die toi-toi in Pretoria 3jr gelede. (inligting deur instrukteer self). Oefeninge op al die paaie na Botswana word al hoe meer gereeld genoem. Dus ‘n blokasie na Botswana.