Ons is ‘n veragtelike volk

Siener het na afloop van die Driejarige Oorlog in 1902 ’n gesig gehad van ’n ‘klein kaffertjie’ (m.a.w. hy was nog ‘klaas’) wat uit die aarde opkom, en in die verre toekoms tot ’n ‘magtige’ kryger uitgroei (daardie ‘klaas’ het nou ‘baas’ geword). Maar dis nie al nie – hy sou ook die wapen teen die witman opneem net soos sy voorvader Dingaan gedoen het (sy skild en assegaai se skaduwee val dwarsoor die land).

Dat hierdie skaduwee ’n burgeroorlog vir ons voorspel, is nie meer te betwyfel nie. Die vraag is net “Wanneer?”. Onder die liberaliste en doemprofete is daar die fatalistiese siening dat ons glad nie daarop voorbereid is nie, en dat ons in so ’n konflik totaal uitgewis sal word. Want die swart regime het volle beheer oor elke wapen- en bomstoor in die land; die huidige weermag beskik oor opgeleide soldate, al is hulle ook hóé power. Hierteenoor het wettige blanke wapeneienaars maar ‘n skamele 200 patrone per vuurwapen, en is dit ook net van ons ouer garde wat nog oor basiese militêre agtergrond en opleiding beskik.

Met hierdie gegewe in gedagte is baie blankes daarvan oortuig dat ’n oorlog in hierdie stadium fataal sal wees, want “ons ou blanke nasetjie kon sedert die Groot Trek nog nooit saamstaan nie!”

Maar vir dié van ons wat wéét, is hierdie doemprofete se vertrekpunt totaal verkeerd en heeltemal van koers af. Eerstens, staar hulle hul blind teen die ‘vleeslike arm’ (200 patrone) en ’n verdeelde volk; en tweedens, ignoreer hulle die profetiese belofte wat vasstaan: “Ek sien ’n groot galery, waarop die duisende boere, vrouens en kinders sit wat die Engelsman in 1900-’02 hier vermoor het, en daar sien ek ook my eie kinders wat in die martelkampe gesterf het. Hulle en ook die Engele ween van blydskap oor ons verlossing en wraak wat God uitoefen oor die moordenaars.”

Jer 9:9  “Sou Ek hieroor aan hulle geen besoeking doen nie? spreek Yahweh. Of sou my siel hom nie wreek op ’n nasie soos hierdie een nie?”

Vanuit ’n profetiese hoek lyk die prentjie dus heeltemal anders: daar is nie net uitredding nie, maar ook vergelding in die vooruitsig vir die ‘ou blanke nasetjie’ hier oorkant die riviere van Kus. Dan staan dit ook in die Groot Boek opgeteken dat Hy hierdie vyand, net soos in die dae van Moses, voor ons sal uitdrywe:  “Ek (sal) uit jou midde wegruim die wat in jou oormoedig jubel (lawaai maak, dreig, bokspring en toi-toi). En geen Dingaan of sangoma se dolosse sal dit kan keer nie. “Vir niks is julle verkoop, julle sal ook sonder geld gelos word.” 

Maar voordat dit kan gebeur, sal ons wat wéét, eers daar langs die varkkrip met sy peule moet orent kom, omdraai en terugkeer waarvandaan ons so kordaat en voortvarend weggeloop het.

En volgens die profeet se woord, sal ons Maker self kom ingryp om te sorg dat dit gebeur, want: “Hy gaan die skroef aandraai en aandraai en aandraai TOTDAT elke stram knie voor Hom gebuig het – en as dit gebeur, sal die kloof van ‘verdeeldheid’ ook vanself toeval.

Laat ons nou maar eerlik wees: onder ons ‘ou blanke nasetjie’ is daar seker min sterflinge wat nie élke dag op die een of ander wyse deur daardie skroef gepynig word nie! By die dag gaan dit net slegter en slegter met ons, neem die ellende en rampe toe; elke dag is ‘n groter verskrikking as gister; maar verduiwels of daar ’n knie is wat wil meegee!

Ons profeet het ook dit vooruitgesien: die Almagtige sal aanhou om die skroef vaster en vaster te draai totdat ons van álles gestroop is! En eers wanneer ons uiteindelik heeltemal nakend staan, sal ons skielik weer onthou waar ons hulp vandaan kom…

Die knieë sal dan vanself knak; en ons sal die wonderwerk van ’n TWEEDE BLOEDRIVIER aanskou. Die manne van die EERSTE BLOEDRIVIER het nie op hulle ‘voorlaaier en patrone’ staat gemaak nie. Toe hulle vroeg daardie oggend van 16 Desember die voorlaaier optel, was die knie reeds gebuig.

’n Oorlog wat net op die vleeslike arm steun, sal, soos altyd, fataal wees!

Maar terwyl die volk stadig besig is om dood te bloei, is daar nog die wit blinkverhaarde, die wit stinkryke onder ons wat saam met sy nuwe blinkverhaarde, stinkryk swart broer aan niks gebrek het nie en in hulle weelde en oorvloed verswelg. Die jammerlike, verslonste straatbedelaar, die uitgeteerde, mank oue van dae op sy loopkierie, die holwang-kind wat in die vullisblikke dolwe, sien hy nie raak nie, wil hy nie van weet nie – hy het nie tyd vir diesulkes nie, want tyd is geld. Selfs sy gebed vir hulle sou ’n vervloeking wees: “O God, ek dank U dat ek nie soos een van hulle is nie – hulle verdien in elk geval die drek waarin hulle rondploeter…!”

En hoe lyk dit in daardie drekpoel waar my volk sedert De Klerk se mooi beloftes rampspoedig weggesmyt, gemartel en ontmens is? Waar die liefdeloosheid afgryslik gestalte gekry het?

My volk het sy skaamte op die ashoop weggegooi!

(Daniël Lötter van Front Nasionaal het hierdie weggooi-volk aan ons kom voorgestel. En al het jy dit reeds gelees, al het jy reeds van hulle gehoor; gaan soek hulle weer op, weer en weer totdat jy soos een van hulle is, totdat jyself die stank en die vullis, die verraad, die verwerping, die veragting, die meedoenlose wreedheid, die ellende, die godverlatenheid, die honger – o Here, ons is só honger! – geword en aan jou lyf gevoel het!):

Dit was op ‘n tyd ’n ashoop by Krugersdorp – ’n plek waar mense vuilgoed weggegooi het. Die dinge in hulle huise en lewens wat van geen nut meer was nie en ’n bron van skaamte geword het. Verwaarloosde en gebreekte goed.

Nou is dit mense wat daar weggegooi lê. Bejaarde mans met verrimpelde hande. Kinders met groot oë … net oë waarin daar geen uitdrukking meer is nie. Kinders wat na dinge kyk sonder om in te neem wat hulle sien, want die dinge rondom hulle is maar net daar, waardelose dinge wat selfs vir hulle geen nut het nie.

Ogies met ‘n hartseer en verdriet wat ons almal aankla.

Uit die maalkolk van die menslike gang aan die Gautengse Wes-Rand het hulle hier uitgespoel. Die man in die sinkhok – wat op ’n afstand lyk soos die tipiese hok wat op ’n boereplaas staan vir die werfhond. Maar dis ’n mens wat daarin skuiling maak. Die man wat geopereer is vir ’n breuk, maar die wond is nou oop. 13 cm lank, 5 cm wyd en stinkend van die verswering van septisemie.

Hy vra: “Het jy vir my pleisters gebring?’

Die ou man wat saamloop, sê: “Ek gee hom nog ’n week. Dis die vyfde een vanjaar. Hulle wonde raak septies en hulle sterf. Nog ’n week – ek het dit al baie gesien…”

Nie ver daarvandaan nie is ’n skuiling waarin twee bejaardes woon. Hulle het albei meer as 70 lewensjare agter die rug. In Zimbabwe was hy ’n welvarende man, ’n loodgieter. Maar hy is daar verdryf en hy kon nie sy voete hier weer vind nie. Die vrou lê. Sy het nie meer voetsole nie, die onderkant van haar voete is gistende wonde. Maar die klinieksusters kom nie na hierdie plek toe nie. Sy moet gestut word om aan te sukkel tot waar ’n taxi haar kan oplaai en by ’n staatshospitaal gaan los.

En die klinieksusters is nie die enigste wat hier wegbly nie.

Die ouman wat saamloop sê: “Die vrou daar oorkant se man is ’n rukkie terug dood. Die predikante wou nie hierheen kom om te help nie. Ons het een van die swart pastore wat in die veld kerk hou, gevra om hom te begrawe.”

Mense kom nie hierheen nie. Mense gaan nie na die ashoop van siele nie.

“Ek sal julle nie in die steek laat nie,” FW de Klerk.

Tussen die klippe speel ’n klompie kinders. Dis ’n moedelose spel, sonder doelwit of rede. Hulle ken selfs nie die mees basiese vaardighede nie, want wanneer ander kinders leer om te tel deur ’n ma wat sê: “Gaan haal vir my 3 eiers” of “Hardloop gou kafee toe met hierdie R20-noot en koop ’n brood. Kyk dat jy die regte kleingeld kry,” leer hulle dit nie aan nie.

Want hier is selde drie eiers om te gaan haal en R20 is ’n fortuin wat hulle nie ken nie. Die enigste rede vir hierdie spel wat hulle probeer speel, is om die tyd om te kry en moeg genoeg te raak om te slaap. Die kinders speel in Afrikaans, dis asof die woorde van hulle spel wegskram van hierdie verrotte aarde af. Dis nie ’n taal wat jy op ’n ashoop wil hoor nie. Daar is geen skaduwee nie, geen bome of struike nie, geen vrugbare grond vir groente nie, geen water om dit mee nat te maak nie. Dis net die glansende wit son bo hulle wat hierdie spel waarneem. En tog speel hulle…

Dis die oë wat jou die hardste slaan. Groot donker poele van blou verwagting na iets wat hulle self nie kan identifiseer nie.

Dit is die teenstrydigheid, die harde afbakening van realiteite wat ’n mens die diepste tref wanneer jy hier loop. Die opslaankaia wat pynlik netjies en skoon is met die handgeskrewe kennisgewing langs die deur: “Hier klop jy voor jy inkom.”

Nie omdat daar iets in is om weg te steek nie – op hierdie ashoop van menslike verval kan niks weggesteek word nie. Maar omdat die enigste anker nog die laaste bietjie selfrespek en eiewaarde is.

Daarteenoor is die verlies, juis aan skaamte en selfrespek, die sigbaarste by die kinders. Die drie seuntjies, twee witkoppe wat duidelik boeties is en die donkerkoppie met die parmantige kroontjie en die sprinkeling sproete wat in die asdrom agter die swart gesin se kaia krap. Hulle doen dit elke oggend…

Voor een van die skuilings staan ’n lamlendige houtbankie met ’n dogtertjie daarop. Die krulle van die ligbruin, toutjieshare kleef aan haar voorkoppie en laag in haar nek vas. Miskien is sy drie, dalk al ses. Hulle ontwikkel nie hier soos ander kinders nie. Dis kinders van onbepaalbare ouderdom, sommige ou, ou mensies in kinderlyfies.

Sy is vuil met die vuilheid van baie dae en sy hoes terwyl sy klaend na haar ma roep.

Die ouman wat saamloop, sê: “Die ma is netnou hier weg saam met die Nigeriërs, sy sal terugkom met geld en kos vir die kleintjie na vanaand se kant toe.”

Wanneer sy vanaand terugkom sal sy oorstap na die saamgebondelde kaias en hop-huise waarin die swart inwoners van hierdie plek woon. Hulle het darem water en toilette. En daar sal sy ’n kom water bedel om die stank van misbruik van haar liggaam af te was. Almal doen dit – want die lopende water en toilette wat hulle drie jaar gelede beloof is, het nog nooit gekom nie. Hulle bedel almal waswater en drinkwater by die swart plakkerskamp.

Sy sal haar liggaam daarmee was, maar die etterende sweer aan haar gees sal sy nie kan genees nie. Dit het al té stukkend geraak. Die man met die operasiewond sal sterf, en ’n swart lekeprediker sal hom naby die ashoop begrawe en hy sal vergete raak. Sy sal sterf lank voordat sy dood is. En die dogtertjie sal volgende jaar 4 jaar oud wees, en dan 5 en dan 6 en niemand weet wanneer ’n Nigeriër hom die eerste keer aan haar sal vergryp nie. Want daar is niemand wat dit sal kan keer nie, sal kan beswaar maak nie.

’n Mens ry nooit terug na ’n ashoop om te gaan kyk wat het geword van die goed wat jy weggegooi het nie. En dit is dalk die verskriklikste aanklag van alles – niemand kom hierheen om te kyk wat het geword van sy broers en susters wat weggegooi is nie.

Ek ken my kollega. Ons werk al lankal saam, ons praat en beplan en deel ons ideale en drome vir ons volk en huil soms by mekaar. Ek ken haar, ek noem haar lankal: ‘my kleinsussie”.

Lenel Cotty Wessels van Front Nasionaal is ’n sakevrou, ’n beplanner, ’n doener, ’n strateeg. Maar toe sy my gisteraand bel, kon ek hoor dat sy emosioneel hard getref is. Sy het gery na dié plek om te gaan kyk hoe lyk die realiteite van blanke armoede. En sy het ’n kykie gekry in die ingangsportaal van hel op aarde…”

Brief uit die helkamp

(Hieronder is die noodkreet van ‘n vrou en haar kinders wat op die ashoop weggegooi is. Deur wie? De Klerk? Haar man? Haar familie? Haar naaste? Haar volk? Dalk ons almal saam? Of was dit God? En waarom is juis sy uitgekies vir die ashoop? Waarom nie ek of jy nie? Waarom? As jy nog kan huil, huil saam met haar. Maar in godsnaam moenie vir haar bid nie! Jou gebede kan sy nie eet nie, dit stil nie haar honger nie, dit troos nie haar kinders nie, dit koester nie hul verkluimde, bewende lyfies nie! Die dag toe daar vyf duisend honger siele rondom Hom versamel was, het Hy nie vir hulle gebid nie, maar broodgebreek.)

“Ek stap vanoggend weg van die plek waar dit dié slag Sarie se beurt was om haar kindjie te begrawe, sommer hier in die kamp. Sal iemand ooit weet of onthou klein Jana was ook vir ’n rukkie, ’n volle 16 maande, hier op aarde, of beteken dit as jy arm is en jy gaan sommer dood van koue, dat dit nie saak maak nie en dat die lewe maar net moet aangaan sonder jou?

“Ek leef en oorleef met ander mense se weggooigoed op hierdie godverlate vlaktes waar nie eers ’n boom of gras se wortels wil vat nie. Niks wil hier wees nie, niemand moet hier wees nie…

“Here, ék kan nog honger gaan lê, maar ek kan nie my kinders so sien nie! Dis ’n pyn wat jou lyf nie kan vat nie! Ek het vanaand net water op die gel-stofie gekook tot Magrietjie en boetie, Jan, op die ou end aan die slaap geraak het. Hulle het bly wag en mamma vertrou en nie eers gevra of getwyfel nie. Ek kon nie sê hier’s niks om te eet nie.

Hier het net geloof nog oorgebly…

“Maar ek vra nie ander mense om agter my te kyk nie, regtig! Ek sál nie vra nie! Ek kán nie, Here, ek voel ek mág nie! Ek sal eerder iets by iemand vat en u my laat straf – al is arm wees genoeg van ’n straf. Ek sal eerder nóg straf vat, maar ek kán nie ‘n ander mens vir iets vra nie. Asseblief, Here, moet my nooit so arm maak, dat ek moet vra nie

“Is dit my skuld dat ek hier is? Is dit iets wat ek gedoen het en nou verdien ek om arm te wees? Miskien nog ek, Here, maar nie my kinders nie! Hulle het mos nie gevra om hier te wees nie. Hulle het mos nie gekies nie… Hoe maak u kinders en laat hulle doodgaan van koue? Hoe laat u kinders vanaand honger gaan slaap omdat hulle ma net water het om te kook? Maak my kinders sterk, Here, want hulle maak my sterk. Ek wil ook opstaan as ek sien hoe hulle elke dag sonder kla of moeg raak of inkrimp op hulle voete bly en selfs trots bly. Ja, hulle lag nog, hulle hoop nog.

“Ek sal more weer my kinders vertel daar kom iets goed hierna, al kan ons dit nog nie sien nie. Al leef ons hier eenkant waar die lewe ons weggegooi het.

“Ek kies lewe! Ek kies dit, want dis in my bloed en dit loop deur my are en deur die eeue. En dit loop deur ons geskiedenis en deur elke uithoek van hierdie land. Dit loop deur my en dit loop ook deur Oom Bertus wat die kos bring, Sarie wat treur, Liena wat te veel drink, Pieta wat ‘n brandweerman wil word en selfs Magda wat wag om dood te gaan…”

“Waar is ‘n lot wat soos my lot is?”

Ons kommentaar: Hierdie artikel en noodkreet is ’n godskreiende skande én aanklag teen ons as volk! ’n Volk wat sedert 1948 niks ontsien het om vir elf ander volke te sorg nie; maand na maand, jaar in en jaar uit het ons miljoene der miljoene rand aan hulle uitgedeel; vir hulle huise, skole en hospitale gebou, infrastrukture op gerig, dinge wat hulle net so vinnig weer geplunder, afgebreek en in puin gelê het, en ons het dit pligsgetrou maar weer herbou. Met die Mosambiekse vloede en oorstromings in 2000 en 2014 kon ons nie gou genoeg helpers stuur om die duisende vasgekeerde barbare te gaan red nie. In 2000 is 80 vlieëniers, talle vlootduikers en ’n onbekende aantal gesondheidswerkers soontoe wat letterlik hul lewens gewaag het vir ’n vreemde, ondankbare volk wat geen voordeel bring nie.

Maar vir ons medevolksgenote wat hier op ons eie drumpel op ’n vullishoop weggegooi is, en in die haglikste omstandighede, ellende, armoede en nood verkeer, is daar geen ‘vlieënier, geen ‘vlootduiker’ nog minder ’n ‘gesondheidswerker’ in sig nie.

Genadige God, waar is daar nog ’n volk met soveel ruggraatlose papperds onder sy manne?

Waar is daar nog ’n volk soos my volk, wat tjoepstil bly terwyl sy land, sy geestesgoedere, sy kinders se erfenis, hul toekoms; ja, alles wat sy Skepper aan hom toevertrou het, aan ’n plunderaar en verwoester weggegee het?

Waar is daar nog ’n volk soos my volk, wat sit en toekyk terwyl daar met die Naam van sy Skepper weggedoen word?

Waar is daar nog ’n volk soos my volk, wie se ouers swyg terwyl hul kinders op skool geleer word om ook voor ander gode te buig?

Waar is daar nog ’n volk soos my volk, wie se manne staan en toekyk terwyl sy weduwees en wese deur barbare na die ashoop toe wegkarwei word?

Waar is daar nog ’n volk soos my volk, wie se regters gratis losies en huisvesting aan moordenaars gee, terwyl sy weerlose, ongebore babas ter dood veroordeel word?

Waar is daar nog ’n volk soos my volk, waar twee derdes soos uit een mond JA gestem het toe die vyand voor hul stadspoorte verskyn om kaart en transport te ëis – en sonder om iets in ruil te vra, dit weggegee het?

Wys my nog die volk wie se parlement deur ’n rowerbende bestuur word, wat alles wegdra wat voorkom, en van wie die meeste uit die gevangenis vrygelaat is om die landsbestuur oor te neem?

Genadige God, wáár ís daar nog so ’n volk?!

Ons is vandag bannelinge in ons eie land, uitgestoot as bedelaars langs die paaie. Weggooi-ashoop-kinders.

Het ons profeet dalk hierdie ashoop-siele in sy geestesoog waargeneem toe hy met trane in sy oë uitgeroep het: “Ons is ’n veragtelike volk!”? Hoe het dit dan gebeur dat ons wat eens ‘baas’ was, oornag ‘klaas’ geword het? Hoe het dit gebeur dat Hy wat ons eerste liefde was, nou buite die deur moet staan en klop om in te kom? Toe het ons nog sy Sabbatsgebod, sy apartheid, sy eer jou vader en jou moeder, sy wet en orde, sy opdrag van ’n kuise lewe gehandhaaf, en was ons naaste ook ons tweede liefde.

Maar op 27 April 1994 het ons dit sonder enige voordeel alles prysgegee; en moes ons op daardie droewige dag ook beleef hoe die Gees van empatie, deernis, ontferming, mededoë, ja, selfs naasteliefde ons verlaat.

Maar ons het nie lank getreur nie, want kort voor lank het ons ’n groter liefde en vertroueling gevind; ’n nuwe boesemvriend waaroor almal kon juig en jubel, lofsange kon sing. Die ewig-glimlaggende, deurlugtige klein godjie wat oraloor pronk en pryk, op elke denkbare manier uitgestal word, gepamperlang, vertroetel en verhef word, ver verhewe bo broer, vriend, naaste, medevolksgenote, ja, selfs bo Hom wat in die Troonkamer sit!

En oor sy doopnaam was daar natuurlik geen twyfel nie – ‘Selfie’…

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470