Eskom, geen bonusse, geen verhogings

Eskom het vandag aan al sy werkers landswyd ‘n e-pos gestuur waarin bekend gemaak is dat daar vanjaar geen salarisverhogings of bonusse uitbetaal sal word nie. Werkers het tot dusver sonder uitsondering elke Juliemaand salarisverhogings gekry. Die bestuur sal dit nou eers weer volgende jaar oorweeg.

Die eerste reaksie van die 39 000 werkers by  Eskom is skok, ongeloof en bittere ontevredenheid, soveel so dat daar glo reeds sprake is van ‘n algemene staking in die bedryf indien dit ‘n werklikheid word. Dit kan die krisis waarin Eskom hom reeds bevind op die spits dryf. Sou ‘n algemene staking plaasvind, is daar geen manier waarop die kragvoorsiener sal kan volhou om elektrisiteit te voorsien nie, en sal kragstasies noodgedwonge afgeskakel moet word, wat dan die gevreesde totale ineenstorting (total blackout) waaroor daar reeds maande lank in die media berig is, oornag kan laat plaasvind.

Die hoofoorsaak van hierdie salarisbevriesing is dat Eskom finansieel in ‘n doodloopstraat beland het, alle moontlike uitweë is die afgelope maande sonder sukses probeer.

‘n Wetsontwerp maak voorsiening vir ‘n R23 miljard kontant-inspuiting wat verkry sal word uit die verkoop van sogenaamde nie-strategiese staatsbates. Maar die oningeligte minister van finansies, Nhlanhla Nene, weet nog self nie watter bates hy gaan verkoop nie. Dan is daar is ook gerugte van hulp uit Rusland, Nersa wat sal moet ingryp en nugter weet wat nog.

Intussen laat beurtkrag verbruikers der duisende rande se skade ly elke keer wanneer Eskom weer “aanskakel” na ‘n beurtkrag as gevolg van kragstuwings. So is transformators al uitgebrand. Yskaste, TV’s en warmwatertoestelle is van die duur elektroniese toestelle wat ook al beskadig is. Maar daarmee het Eskom vrede.

Ons wonder of Patricia de Lille nie vroegtydig hieroor ingelig is nie. Want waarom anders sou sy onlangs spesiaal aan die media gesê het sy wou dit eers geheim hou, maar het toe besluit om die publiek tog in te lig dat ‘n totale verduistering van minstens twee weke binnekort verwag kan word.

Gaan hierdie salarisbevriesing dalk die sneller wees? Net die tyd sal leer.

 

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470