Ebola: die gees van verskrikking?

In die laat negentigerjare  het ons ‘n “profetiese”? droomgesig van ‘n dame in Lusaka, hoofstad van Zambië ontvang. (Ons het ongelukkig nie die datum aangeteken nie, maar dit kort daarna in Die Vaandeldraer gepubliseer). In die droom het sy gesien hoe vragmotors vullissakke waarin lyke gestop was aan die buitewyke van Lusaka aflaai, terwyl ander vragmotors met wipbakke vragte kalk oor die sakke gestrooi het.

(Ongebluste kalk is ‘n droë wit stof, en wanneer dit in aanraking kom met liggaamsvog, sal dit al die vog onttrek — m.a.w. die liggaam droog uit.)

Net soos die dame, het ons ook destyds gemeen dit was vigslyke wat sy in die droom gesien het, en dat die sterftes nog so sou toeneem dat daar later geen planke meer sal wees om doodskiste van te maak vir die dooies wat afgemaai word soos in Farao se tyd toe die doodsengel deur die land getrek het nie.

Maar met die derde uitbraak van die Ebola-virus op 2 Desember 2013 in Guinee (toe ‘n ma en haar 2-jarige kind daaraan gesterf het), het hierdie droom skielik ‘n nuwe betekenis gekry.

(Die naam Ebola kom van die gelyknamige rivier in die Kongo waar ‘n uitbraak in 1976 plaasgevind en Ebola vir die eerste keer erken en bewys is.)

Vroeg in Augustus 2007 het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) weer ‘n uitbraak van Ebola bevestig ― hierdie keer in die Kongolese provinsie Wes-Kasaï. Minstens 167 mense het daaraan gesterf. Op 29 November 2007 het ‘n verdere uitbraak in die distrik Bundibugyo in Oeganda plaasgevind, en met hierdie uitbraak is ook ‘n onbekende variant (mutasie) van die siekte geïdentifiseer.

Sedertdien is reeds 368 mutasies van die Ebola-virus gevind en kan dit ook lug langs beweeg.

Hoewel daar tot dusver nog géén entstof teen die siekte ontwikkel kon word nie, het Simon Williams van ‘n farmaseutiese groep verklaardat daar reeds Ebola-geneesmiddels bestaan vir persone met ‘n blanke pigment, maar dat dit op die oomblik nog net baie duur is.

Hierdie navorsing het reeds in 1977 in Kanda begin.

Navorsing oor die Ebola- en Marburg-virus het in 2004 verskuif na Okairos, ‘n Swiss-Italiaanse maatskappy wat in samewerking met die Virus Navorsingsentrum (VNS). Die eerste fase van die kliniese toetse is reeds afgehandel en daar is beplan om die entstof (toevallig?) in 2014 beskikbaar te hê.

Dit is reeds oorbekend dat die elite lankal reeds beplan om die wêreldbevolking te verminder na net 500 miljoen. Onder hulle sal slegs ‘n 5-10% gekleurdes wees. Volgens Williams is dit dan ook die rede waarom die farmaseutiese industrie glad nie daarin belangstel om ‘n Ebola-entstof vir persone met ‘n gekleurde pigment te ontwikkel nie!

Dokters en WHO is die afgelope tyd dronkgeslaan omdat Ebola-pasiënte se simptome skielik totaal anders is as dié van sewe jaar gelede. Die kenmerkende en sigbare tekens van bloeding deur die ore, oë en vel is by hierdie variant totaal afwesig; bloeding kom nou slegs inwendig voor, en pasiënte vertoon uiterlik heeltemal normaal totdat hulle sterf van inwendige bloeding, bloedbraking en ‘n massa swart dooie bloed in hulle stoelgang. Die nuwe Ebola mimiek ‘n spysverteringsiekte wat by honde voorkom, nl. Parvovirose.

(Siener het juis ‘n “maagpes” in Johannesburg sien uitbreek en op die oomblik kan Ebola as ‘n maagpes beskryf word. 12 Des 1917: “…van die Noorde kom ’n groot tenk aan. (Die “noorde” wys op Afrika; en in Siener se tyd is ‘n tenk gebruik om drinkwater mee op te gaar.) Uit die tenk rol fyn skaapmis (‘n pessiekte wat veral die maag sal aantas.) Die tenk rol na die suide en dan verander die aarde in ’n miswerf.”

Hierdie dodelike, vuil pes gaan dus uiteindelik die hele wêreld besmet!)

Gedurende Maart hierdie jaar sterf 111 mense in Guinee aan die virus en word ‘n verdere 127 besmette gevalle aangeteken. Intussen versprei die siekte ook na die buurland Liberië, en op 2 April sterf twee persone in Marokko. Twee maande later styg die besmetting tot 759 met 468 sterfgevalle. WHO maak op 12 Augustus 2014 bekend dat 1 848 persone Ebola onder lede het, waarvan 1 013 reeds gesterf het. Spanje eis sy eerste slagoffer toe ‘n besmette priester binne enkele dae nadat Ebola by hom gediagnoseer is, sterf. So pas is verneem dat Ebola-gevalle nou ook in Zimbabwe voorkom. Met die haglike toestand waarin sy mediese dienste verkeer, sal daar geen keer wees aan die verspreiding daarvan nie.  En dis net ‘n kwessie van tyd voordat Suid-Afrika aan die beurt kom.

Verlede maand het ‘n woordvoerder van WHO erken dat niemand meer weet hoeveel persone die siekte opgedoen het, of hoeveel reeds daaraan gesterf het nie. In daardie stadium was hul skatting ‘n besmetting wat wissel van 9 tot 12 duisend. Maar skaars drie weke later, op Donderdag 28 Augustus, word die ganse wêreld geskok toe ‘n senior amptenaar van WHO met die skokaankondiging dat daar na raming al meer as 20 000 Ebola-gevalle kan wees en dat die verspreiding daarvan nie meer gekeer kan word nie. Hulle verwag meer as 1.4 miljoen slagoffers teen Januarie 2015. Intussen het die epidemie ook na Nigerië en die DRK versprei.

Op die oomblik verkeer die hele Wes-Afrika in ‘n greep van ongekende angs en paniek wat oraloor tot betogings en opstande lei. Die Liberiese oproerpolisie moes onlangs geweld gebruik om woedende betogers op ‘n groot snelweg uiteen te jaag — hulle was ontstoke omdat die owerheid nie die Ebola-lyke gou genoeg uit die strate verwyder nie. Net hierna het die regering ‘n aandklokreël ingestel en is talle gebiede onder kwarantyn geplaas.

Desondanks die inperking het 20 besmette pasiënte daarin geslaag om uit ‘n kwarantyn-gebied te ontsnap. Tientalle hout- en paalgehuggies in Liberië, Siera Leone en Guinee staan vandag verlate nadat die inwoners uit vrees vir Ebola oornag net eenvoudig “verdwyn” het. Die gesondheidswerkers het geweier om die dooies te begrawe en dit is toe met kalk bedek wat sou voorkom dat die virus verder kan versprei.

Selfs die gesondheidswerkerkers wat streng voorsorgmaatreëls tref voordat hulle met Ebola-pasiënte werk, is nie gespaar nie, en van hulle is reeds 600 dood, terwyl meer as ‘n dosyn deur opstandelinge vermoor is.

Dwarsoor die wêreld word nou inderhaas noodmaatreëls getref om die verspreiding van die pandemie te probeer keer. Verskeie lande het reeds alle vlugte na Wes-Afrika opgeskort.

In een van sy laaste vlugte na Liberië het die vlieënier van Brussels Airlines sy passasiers kort voordat hulle nergestryk het, versoek om nie na buite te kyk nie. Weerskante van die landingsbaan het nie net karkasse van diere gelê wat van honger gevrek het nie, maar ook talle ontbinde liggame van Liberiërs wat aan Ebola dood is.

Een van die passasiers het later gesê: “Dit was ‘n afskuwelike gesig om te aanskou!”

Op Suid-Afrika se lughawens word passasiers uit daardie streke sedert verlede maand streng gemonitor.

In ‘n drastiese stap het Namibië, Botswana en Zambië op Woensdag 3 September al hul grensposte na die noorde gesluit, o.a. die Trans-Kaprivi-hoofweg by Katima Mulilo in die noorde van Namibië; die brug by Chirundu in Zambië en die Kazungula-pont tussen Botswana en Zambië. Die pontbrug oor die Zambezi-rivier is 400 meter lank. Dit is een van die grootste pontbrûe in Suidsentraal-Afrika, met ‘n kapassiteit van 70 ton.

Op 4 September verneem ons van ‘n amptenaar wat by ‘n vervoermaatskappy in Walvisbaai werk dat meer as 300 vragmotors uit Afrika by die grensposte voorgekeer is en nie toestemming het om Namibië, Botswana of Zambië binne te gaan nie. Die bestuurders het pas teruggekeer van ‘n drie tot vier dae uitputtende rit na die Kongo en elders in midde-Afrika waar hulle vis, koper, swaar masjienerie en mynonderdele afgelaai het. Hulle sal eers na drie weke toegelaat word om die grensposte oor te steek, aangesien die inkubasietyd van Ebola so lank kan duur. Maar baie van die swart vragmotorbestuurders was nie daarmee gediend nie, en het hul voertuie verlaat en stil-stil langs ‘n omweg oor die grens geglip.

In die lig hiervan en weens die ernstige ekonomiese implikasies is daar toe op Maandag 8 September besluit om die grensposte weer oop te stel, behalwe vir die Kazungula-pont tussen Botswana en Zambië en vragmotors wat Kongo toe gaan.

Selfs pres. Obama het in Atlanta aangekondig dat hy $175 miljoen bewillig het om 3 000 soldate na Monrovië in Liberië te stuur om die verspreiding van die siekte te probeer bekamp. Uit mediese kringe is hy reeds gewaarsku dat die virus sy soldate kan besmet en so die siekte na Amerika toe bring.

Maar die Amerikaanse Sentrum vir Siekte Beheer en Voorkoming (CDC) het egter pas bevestig dat ‘n Dallas-pasiënt die eerste bevestigde Ebola-geval in Amerika is. Volgens David Lakey, Kommissaris van die Texas Departement van Gesondheidsdienste het die pasiënt op 30 September 2014 positief getoets vir Ebola. Die persoon het op 19 September van Liberië af gevlieg en die volgende dag in die VSA geland, maar geen simptome van die siekte getoon nie. Hy het eers 4 dae later siek geword en is op die 26ste September in ‘n hospitaal in Texas toegelaat en onmiddellik in afsondering geplaas.

Daar word nou gesoek na persone met wie hy in aanraking was.

Soos reeds vroeër genoem, is Ebola moontlik die tenk met maagpes wat Siener van die noorde af na Johannesburg sien rol het. Sou dit die geval wees, sal ons powere mediese dienste nie eens naasteby in staat wees om die siekte te kan hanteer óf beheer nie. Dit sal soos ‘n veldbrand deur Soweto versprei en oornag tien duisende aansteek. In onlangse mediese verslae is ook gemeld dat persone met vigs geen kans het om Ebola te oorleef nie, aangesien hul immuniteitstelsel reeds afgebreek is en hulle binne 2-3 dae kan sterf.

Die verwarring en chaos wat so ‘n uitbraak sal veroorsaak, kan dieselfde gevolg hê as wat nou in Wes-Afrika gebeur waar inwoners paniekbevange voor die sekel van die Ebola-dood probeer uitvlug.

Dit herinner aan ‘n gesig wat Siener op 11 Maart 1922 gehad het en wat nog bewaarheid moet word. Hy het gesien hoe dat “‘n groot besem die aarde skoonvee…” Presies wát daardie besem is, het hy eendag aan Boy Mussmann verklaar toe dié by hom wou weet waarvoor ons vyande dan gaan vlug. Sy antwoord was “Dis die Gees van Verskrikking wat God in ons vyand se harte gaan opwek en sal maak dat hulle halsoorkop op die vlug sal slaan. Hy gaan hulle straf vir die duisende lewens geneem en ook omdat hulle letterlik van ons land ’n woestyn gemaak het…”

Nie lank hierna nie sien hy die ganse wêreld word aan die brand gesteek: “…Dan slaan die aarde brand en sien ek ’n gesig van ’n aaklige oorlog; van perde met bloed wat van die perde se stange sal afloop.”

Dit lyk of Ebola dalk Siener se groot besem en gees van verskrikking kan wees; en die “die aarde wat brandslaan”, kan net die uitbreek van die Derde Wêreldoorlog wees.

Soos reeds gemeld, het ‘n farmaseutiese firma ‘n kuur ontwikkel, maar dis baie duur en dit werk slegs vir blankes. Vir blankes is ebola nou soos ‘n slegte verkoue, maar vir diegene wat nie die geld het nie, bly dit steeds uiters gevaarlik. Vir die swartes en gekleurdes is daar geen kuur nie.

Simon Williams is ‘n reisiger wat, soos dit lyk, dikwels in Afrika kom. Hy het die tipiese arrogante houding van die Britte: “Ebola klink verskriklik sleg so ek is net bly ek is wit en dat ek behandelings opsies het as ek dit sou opdoen.” En verder: “Sekerlik, ek voel ‘n bietjie jammer vir daardie arme swartes wat dit kry, maar as hulle ‘n beter kans in die lewe wou gehad het, moes hulle blank en ryk gebore gewees het – hulle het niemand om te blameer behalwe hulleself nie. Hulle het gekies om swart, arm en in Liberië gebore te word, so, wat het hulle verwag?”

Die farmaseutiese industrie het die kuur beskryf as nog ‘n betekenisvolle mylpaal in sy sending om die ryk blankes gesond te hou.
‘n Woorvoerder het dit so gestel: “Ons wy onsself daaraan om die beste moontlike mediese behandeling te voorsien aan mense wat ons goed daarvoor kan betaal — en Ebola verskil niks. Natuurlik kan ons ons hulpbronne daarop fokus om meer daar in Afrika uit te kry — of ons kan daarop fokus om ‘n werklik duur inenting te ontwikkel wat elke blanke persoon wat soontoe gaan dalk kan beskerm.”

Koelbloedig? Dit sê maar net vir ons dat Afrika in sy peetjie is en dat die wêreld nie meer ‘n snars omgee van wat van die Afrikaan word nie.

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470