Winnie Mandela en die profesieë

Hierdie artikel is gebaseer op ‘n video-snit wat deur ‘n volksgenoot op Youtube vrygestel is. My opregte dank aan hom vir hierdie insiggewende bydrae; relevante inligting is, waar nodig, deur my bygevoeg. Ek wil dan ook net ter aanvang beklemtoon dat alhoewel dit wat hier gesê word, heelwat raakpunte het met Siener, Johanna Brandt en Roger Teale se professieë, gaan ek my nie daaroor uitlaat nie. Elkeen moet maar sy/haar eie gevolgtrekkings maak.

Soos ons almal seker teen dié tyd reeds weet, het Winnie Madikizela-Mandela oor die Paasnaweek op 2 April in die Netcare Milpark-hospitaal gesterf.

Interessant genoeg was sy die derde hoogeplaasde persoon in Suid-Afrika wat oor die laaste jare tydens die Paastyd gesterf het. Die eerste was Chris Hani wat op 10 April 1993 in die oprit na sy huis in Boksburg deur ‘n Poolse immigrant, Janusz Waluś, doodgeskiet is; na hom is Eugene Terre’Blanche op 3 April 2010 wreed op sy plaas buite Venstersdorp vermoor; en hierdie Paasnaweek was dit die ‘moeder van die volk’ se beurt.

Die heel belangrikse persoon wat natuurlik oor hierdie tyd gesterf het, was die Messias. ’n Gebeurtenis wat ook beslag gegee het aan die Christelike geloof se Paasfees wat al 2 000 jaar gevier word.

Dis opvallend dat al vier hierdie persone betrokke was by ’n ‘stryd’ om hul onderskeie volke te ‘bevry/verlos’.

Aan die regse, wyse kant het die Messias sy verlore volk besoek om vir hulle verlossing teweeg te bring (Luk. 1:68).

Ook aan dieselfde behoudende kant en uit die lydingsjare van die Boervolk, het Eugene Terre’Blanche opgestaan om weer sy verloopte volk na ‘n eie Boerevolkstaat te lei.

Hierteenoor was Chris Hani en Winnie Mandela aan die anderkant van die spektrum weer meedoënlose opponente en in direkte stryd met die Messias en Eugene Terre’Blanche se hoogste strewe vir hulle volk.

Maar oor die uitslag van hierdie stryd, hoef daar geen twyfel te wees nie. Dit staan reeds vir ons Opgeteken.

Die reuse-impak wat sy op Suid-Afrika se apartheidsera gehad het, was inderdaad veel groter as dié van haar gewese man wat allerweë deur die media as ‘die grootste politikus ooit’ voorgehou is.

Maar ná sy in hegtenisname, Rivovia-verhoor en vonnis in 1962, was Winnie die een wat tot en met haar dood aan die voorpunt van die bedrydingstryd gestaan het. Volgens haar was die skade van die witman se apartheid só geweldig groot dat die uitdrukking ‘misdaad teen die mensdom’ dit nie behoorlik kon saamvat nie.

Sy het nooit haar verwoede stryd teen apartheid verslap nie en in die begin jare saam met Abertina Thetiwa Sisulu talle vryheidsmarse gereël.

Dus, terwyl Nelson Mandela en sy kaders hul dae in die tronk verslyt het, was sy die voorbok wat die trop moes lei. Die plan waarmee Mandela in die sestigerjare die blankes in Suid-Afrika wou uitwis om beheer van die land oor te neem, het sy met mag en mening voortgesit. Sy was feitlik agter elke massa aksie, verset, opstand, opstokery en staking gedurende daardie onstuimige jare.

Sy het vir niks en niemand gestuit nie. Selfs haar eie mense moes dit dikwels ontgeld.

Nadat Nelson Mandela vroeg in 1985 tot die besef gekom het die blankes kan nie op die slagveld oorwin word nie, het hy opdrag gegee dat die ‘oorlog’ na die strate in ons dorpe en stede gebring word.

Dit het sy vrou se wraakgierigheid uitstekend gepas. En tot en met April 1994 het geweldsvlakke in SA tot die hoogste in ons geskiedenig gestyg.

Winnie het nie net die blankes in haar visier gehad nie, maar mettertyd ook gewelddadig teen haar eie mense opgetree deur te begin om vermeende ‘polisie-informante’ met die halssnoermetode uit te skakel. As selfaangestelde regter het sy die doodvonnis oor hulle in die openbaar só uitgespreek: “Met ons boksies vuurhoutjies en ons halssnoere (motorbuitebande) sal ons die land bevry.”

Maar dit was eers op 23 Maart 1985 dat sy en ’n  medebelhamel, Solly Shoke, ’n skare ondersteuners aangehits het om die eerste swart ‘verraaier’, Benjamin Kinikini van Uitenhage (wat glo met die blanke polisie saamgewerk het), met hierdie rmetode lewendig te verkool.

Sy en Shoke het gedurende die tagtigs altesaam sowat 400 ‘ontroue’ ANC-lede op dié wyse koelbloedig laat vermoor.

Verkool met Winnie se halssnoermetode

Hierdie weersinswekkende metode was haar eie uitvinding, maar sy kon dit eers toepas nadat die witman buitebande uitgevind het.

As beloning vir sy getroue samewerking met Winnie, is die gewese ANC terroris-spesialis, Solly Shoke, op 1 Junie 2011 deur Zuma as Verdedigingshoof aangestel.

Haar openlike teenstand teen PW Botha-regering het aan haar die titel ‘moeder van die nasie’ besorg, en tot en met haar dood, was sy ongetwyfeld die gewildste swart vrou in Suid-Afrika.

Selfs toe Nelson Mandela van haar geskei is, het dit geen inbreuk op haar gewildheid gemaak nie. Die gepeupel het haar nog steeds aanbid.

Haar optrede het haar egter dikwels met die reg laat bots en in 1969  was sy 491 dae in eensame opsluiting in die Sentrale Gevangenis in Pretoria. Maar dit het haar haat en woede teen die witman net verder aangeblaas en sy het net al hoe meer roekeloos geraak. Sy het die gesagstrukture op elke moontlik manier ondermyn. So is sy bv. skuldig bevind aan diefstal, korrupsie, marteling en selfs moord; en tog het sy elke keer feitlik skotvry daarvan afgekom.

Wie was hierdie moeder van die volk?

Oor haar het Julius Malema in sy huldeblyk gesê: “Winnie Mandela was ’n hoeksteen wat deur die bouer verwerp is. Winnie Mandela, die president wat ons nie gehad het nie, wat die kans ontsê is om president te wees omdat sy ’n swart vrou was. Hulle was bang vir haar.”

Hy het met die media gepraat buite Madikizela-Mandela se huis in Orlando-Wes, Soweto en haar kritici gelooi. “Selfs in haar dood vrees hulle haar steeds. Dit is hoekom hulle aanhou om haar te beledig en haar uit te beeld op ‘n manier waarop ons haar nie ken nie. Maar die massas ken die waarheid.

“Ons is trots om hier te wees, want ons het haar nooit verwerp nie. Ons het haar as ons moeder en leier beskou. Ons is hier om aan die mense van Suid-Afrika te sê ’n spies het geval en ons is hier om daardie spies op te tel en die stryd voort te sit.”

Malema buite Winnie se huis in Soweto

Malema se woorde in verband met die spies wat geval het, laat mens dadelik dink aan Johanna Brandt se voorspelling van ’n nagaanval op Johannesburg:

Die Boodskapper het aan haar gesê: “Kyk!” Sy het gekyk en voor haar ’n  miniatuurassegaai op die grond sien lê. Dan sien sy die begin van ’n staking wat gou-gou dwarsoor die land versprei en hoog bo in die lug hang die letters XL. Alles staan, selfs die groot besighede is gesluit en verlate, niks funksioneer meer nie.

Die stakings is so groot dat die hele land lamgelê word. Terwyl hierdie staking aan die gang is, organiseer die swartes in die geheim en kom in een nag bymekaar in Johannesburg. Dan gebeur dit vinnig en onverwags — hulle sny die kragverbindings binne en rondom die stad af.

(Suid-Afrikaners moet hulle waarskynlik later in April staal vir groot ontwrigting, wanneer die 700 000 lede van die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde (Saftu) beplan om te staak. Ramaphosa word daarvan beskuldig dat hy nie die werkers se belange in ag neem nie).

Hiena sien sy vaar hulle die Blanke gebiede in en vermoor ons mense voor die voet. Duisende en duisende gaan sterf in daardie ‘Egiptiese nag’ wat oor die Blankes in Johannesburg gaan toesak. “Toe ek in die visioen die talle verminkte lyke rondom my sien lê, het ek geskok en hardop uitgeroep: ‘Dit kan tog nie wees nie, want daar is nie so baie mense in Johannesburg nie!’”

Vanweë die verskrikking van hierdie gesig het Johanna Brandt ineen enkele nag heeltemal grys geword. Sy was ook so geskok en verbysterd dat sy vir dae lank nie eens met haar man daaroor kon praat nie.

“Die wyse waarop hulle die Blankes vermoor het, is te afgryslik vir woorde,” skryf sy. “Soos meer as 150 jaar gelede by Bloukrans, het ek gesien hoedat die swartes Blanke babas aan die voete vat en hulle koppies teen die naaste harde voorwerp vergruis. Die gille was ontsettend. Vrouens en kinders, oud en jonk, is voor die voet afgemaai met gewere, assegaaie, knopkieries, kapmesse of enige soort wapen wat die swartes in die hande kon kry. Mense het probeer vlug, maar is ingehaal, doodgemaak en net so in hulle bloed laat lê. Daar was oral bloed — op die strate, op die sypaadjies, in die huise, woonstelle en winkels…”

Net soos in die geval van Bloukrans, sal niemand dit nou ook te wagte wees nie. En soos dit vir my lyk, sal ons as volk eers ná hierdie bloedige insident begin saamstaan, ons voor die Vader verootmoedig en die wapen opneem vir die Tweede Bloedrivierslag.

’n Groot wonderwerk gaan dan plaasvind waaroor die ganse wêreld verstom sal staan.

Ons het vantevore reeds verwys na die simbole in die EFF se wapen, nl. ’n kort steekspies in ’n swart geklemde vuis teen ’n groen Afrika in die agtergrond. Dan het ons ook al in vorige artikels gemeld dat Johanna Brandt se miniatuurassegaai wat op die grond lê, waarskynlik na die jeugdige EFF-leier Julius Malema verwys.

EFF se wapen

Is dit dan toevallig dat Malema in sy huldeblyk hierbo juis die volgende aan sy mense gesê het: “…ons is hier om daardie spies op te tel en die stryd voort te sit.” Hy beplan dus om die ‘stryd’ met geweld voort te sit.

In een van Winnie se toesprake voor ’n skare mense het sy hom aangespreek as “Julius Malema, my seun, dankie dat ek jou in die parlement kon sit om die ANC wakker te maak om by die doel uit te kom waarvoor ons ‘actually’ daar is…”

Op 10 Augutus 2012 is sy saam met Malema afgeneem met die onderskrif: ‘Winnie helps Malema — NOT YET UHURU’. Sy het dus geweet dis nog nie tyd vir optrede nie.

Met Malema se ‘haatspraak-hofverskyning’ het hy en Winnie Mandela, ten aanskoue van die pers en honderde ANC-ondersteuners, mekaar op die trappe van die hooggeregshof gesoen. Daardie soen was ’n bevestiging  van Winnie dat sy by hom staan, dat die kaders van die ANC se terreurvleuel, Umkhonto we Sizwe, gereed is, en dat sy hulle bevelvoerder vir die ‘finale stryd’ sal wees.

Selfs op Facebook word die EFF se aggressie teen blankes uitgedra. Kyk maar wat sê ene @MrPhamodi: “Dear white people, When Mandela finally croaks, we’re coming for our land. We’ve been waiting. Uhuru is near. Smooches, BlackSA…” Hoewel Nelson reeds in sy graf is, glo ek hierdie waarskuwing teen die blankes staan nog vas. ’n Ander swarte stel dit weer só: “The tide for white has change drastically and it will even get worse when he is not there…”

Maar ons weet lankal dat dinge nie sommer vanself gebeur nie. Dit word reeds lank voor die tyd haarfyn uitgewerk en beplan. En in sy voortvarendheid verkondig die swart barbaar dit openlik. Hieroor skryf ’n vriend, Rynhardt, aan my: “Hier is die bewys dat militante swartgroepe professioneel opgelei word om blankes dood te maak. Hul werk saam met getransformeerde SAPD!”

Hoe vergelyk hulle planne met dié van ons Vader?

Hos. 11:6 “En die swaard sal geswaai word in sy stede en sy grendels vernietig en verteer weens hulle planne.”

Nelson Mandela is reeds lankal dood, maar tog is die gety besig om by die dag sterker teen die blanke te draai — ons sal moet wakker loop!

Ondanks al hulle dreigemente vóór Nelson Mandela se dood, soos o.m. “The day Mandela dies we will kill you whites like flies”, het daar met sy dood en begrafnis niks noemenswaardig gebeur nie.

Maar noudat Winnie (die spies) op die grond lê, en op 14 April in die Fourways Memorial Park in Sandton, Johannesburg begrawe word, kan dinge dalk anders verloop. In Johanna Brandt se visioen was Johannesburg die hoofteiken.

In dié verband wil ek ook graag ’n gesig van Siener aanhaal. Hy het dit op die oggend van 4 April 1915 in die gevangenis gehad en was hewige ontsteld daaroor: “Ek sien ’n doodskis wat in ’n graf afsak, vure wat uitkom, maar een groot vuur wat voor uitkom (bloedige geweld breek uit). Nakende mense verskyn (Ons is van alles gestroop). Ek sit by ’n tafel en ek breek die tert deur. Dis donker, maar silwer letters verskyn op ’n blink plaat.”

Hierdie visioen wat ek reeds in vorige artikels verklaar het, bevestig nie net vir ons wat Johanna Brandt gesien het nie, maar toon ook ’n verstommende ooreenkoms met Chris Hani, Eugene Terre’Blanche en Winnie Mandela se sterfdatums. Sover ek weet, word dit nou vir die eerste geopper. Dis nog nog nooit vantevore genoem óf daarna verwys is nie: Siener het sy profesie oor die Paasnaweek van 1915 gesien. Die aanhaling hieronder kom uit ’n almanak van daardie jaar.

Friday, April 2, 1915 Good Friday
Sunday, April 4, 1915 Easter
Monday, April 5, 1915 Easter Monday

’n Ander bekende gesig van hom was dié van die Zoeloe-impi: “Ek sien ’n magtige kryger wat heeltemal uit die aarde te voorskyn kom, en die assegaai en skildvel wat hy bokant sy kop uitstoot se skaduwee val dwarsoor ons land. Dis vér vorentoe, en dan sien ek dat hy agter ’n newel verdwyn. Maar vóór die tyd het ek ook ’n donkerte oor die land sien neerdaal.”

Daar is min twyfel dat Zuma daardie kryger is.

Hy is nie meer president nie, maar alle aanduidings is daar dat sy skaduwee steeds oor die land val. Op 1 April publiseer City Press die meegaande voorbladberig:

Zuma is nog net so strydlustig as vantevore. In Netwerk24 was daar weer ’n berig met die opskrif: Zuma dreig sy ‘vyande’. Hier is ’n kort uittreksel:

“’n Uitdagende oudpres. Jacob Zuma het met sy eerste hofverskyning sy ‘vyande’ gewaarsku dat hulle nog spyt sal wees omdat hulle met die saak teen hom voortgaan het.” Zuma het vol vertroue gelyk terwyl hy die skare meer as 2 000 in sy gunsteling-struggleliedjie, ‘Awuleth’ Umshini Wami’, gelei het.

“Ons het in 1994 ons vryheid gewen, maar daardie vryheid is nie verseker nie. Dit is sonder ekonomiese sekuriteit. Genoeg is genoeg! Ons praat al lank oor dié dinge, maar dit moet nou dringend bekyk word.

“Eendag sal hulle nog wens hulle het nooit met hierdie saak voortgegaan nie. Die Zuma-naam is deur die modder gesleep.”

As ek Siener reg verstaan, het ons moeilikheid met Jacob Zuma nóú eers werklik begin, want vóór sy vedwyning agter ’n newel, het hy ’n donkerte oor die land sien neerdaal.” En sy raad was: “Veg, al veg julle met die rug teen die muur…”

Na Winnie se dood het Zuma haar geloof as ’n nasionale held wat almal geïnspireer het. “Sy was natuurlik ’n ma van baie, so, ons het ’n ma, ’n leier, ’n kadre en ’n kameraad van ’n spesiale soort, verloor. Vir ons is dit ’n groot verlies,” het hy gesê.

Winnie se dood het egter ook raakpunte met die profetiese woorde van die Amerikaanse prediker, Roger Teale wat hy op 24 April 1994 aan ’n gehoor in Durban oorgedra het. (Let op na die datum):

“Wees voorbereid op die geweld wat sál uitbreek…Bloed gaan in die strate loop … Alles in die land sal afgebrand word. Dit sal in April/Mei begin  … Ek kan in die moeilikheid kom deur dit te sê, maar ek gee nie om nie, ek is reeds tot by my ore in die moeilikheid…Hulle sal al julle lughawens sluit … Dit sal gesluit wees vir álmal, behalwe hulle wat toegang het op grond van verdienste, herkoms, outoriteit, ens. Maar as jy nie ’n nommer het nie, as jy nie op hulle naamlys verskyn nie, sal jy nie die land mag verlaat nie…”

Teale sou nog in vier ander groot stede sy ‘profetiese waarskuwing’ bring, maar twee persone van die Intelligensiediens het hom die volgende oggend in sy hotelkamer besoek en beveel om die land onmiddellik te verlaat.

Al hierdie dinge kan dalk, ek sê dalk, daarop dui dat ons ons op die vooraand van ’n groot katafstrofe bevind. Indien dit wel die geval is, sal nie een van ons later kan sê “ek het nie geweet nie”.

En wanneer die gees van verskrikking oor ons land losgelaat word, troos Siener sy volk met hierdie woorde: “Vir dié wat weet, sal dit nie so erg wees nie.”

Maar soos ek aan die begin gesê het, ek gee net die inligting deur en wil my nie daaroor uitlaat nie. Kom ons wag en kyk…

 

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470