Die aartshertog en die spioen: gaan die geskiedenis homself herhaal?

Op 28 Julie 1914 was aartshertog Franz Ferdinand troonopvolger van Oostenryk en sy vrou Sophie op pad na Sarajewo. In Franz-Josef-Strasse word hulle deur ‘n lid van die Swarthand-bende, Gavrilo Pricip, doodgeskiet.

Die Oostenryk-Hongaarse regering blameer Serwië vir die moorde, en om ses uur in die aand van 23 Julie 1914, byna ‘n maand na die moord op die Oostenrykse aartshertog en sy vrou, lewer Baron Giesl von Gieslingen, ambassadeur van die Oostenryk-Hongaarse Ryk ‘n ultimatum aan die Serviese ministerie van buitelandse sake.

Serwië ignoneer dit en op 28 Julie verklaar Oostenryk oorlog teen Serwië. Keiser Wilhelm van Duitsland steun Oostenryk en Rusland skaar hom aan die kant van Serwië. Hierna tree Frankryk en Brittanje ook toe tot die oorlog waaraan uiteindelik 32 lande deelneem en 37 miljoen mense sterf.

‘n Insident wat hom op 4 Maart 2018 in die Britse stad Salibury afspeel, toon merkwaardige ooreenkomste met die gebeure destyds in Sarajewo.

Sergei Skripal en sy dogter Jolia

Op hierdie dag het ‘n voormalige Russiese militêre intelligensiebeampte wat as ‘n dubbele agent vir die Britse intelligensiedienste opgetree het, Sergei Skripal en sy dogter Joelia, in Salisbury gaan stap, maar tydens die wandeling het hulle skielik begin sleg voel en op ‘n bankie langs die straat gaan sit, waar hulle hul bewussyn verloor en met skuim om die mond  deur ‘n dokter en verpleegster gevind is.

Paramedici het hulle hospitaal toe geneem en sedertdien lê hulle daar in ‘n koma. Op hierdie oomblik is daar nog groot twyfel of hulle gaan oorleef.

Die dienste van die weermag se kenners oor chemiese oorlogvoering is ingeroep. Hulle vind spore van ’n dodelike chemiese wapen, bekend as nowitsjok, wat in die 1990’s in Rusland ontwikkel is.

In ’n onderhoud met The Daily Telegraph het een van die Russiese wetenskaplikes wat die stof ontwikkel het, Wil Marzajnof, gesê dat daar geen behandeling vir die gifstof is nie. Wie ook al daardeur aangetas word, sterf  uiteindelik ’n uiters pynlike dood.

Onmiddellik word die vinger na Rusland gewys, aangesien Poetin op ‘n keer aan verslaggewers gesê het die “grootste misdaad wat jy teen jou volk kan pleeg, is verraad…”

Die parallelle lyne

Die is in die verlede al deur verskeie leiers gesê dat oorloë nie sommer toevallig begin nie, maar deeglik vooraf beplan is en dat insidente dan geskep word om die vonk in die kruitvat te kry.

Vergelyk mens die twee voorafgaande insidente is dit opvallend hoeveel ooreenkomste daar is.

  • In Sarajewo was Franz Ferdinand en sy vrou die hoofrolspelers.
  • In Salisbury wad dit weer Sergei en sy dogter.
  • Die aartshertog-hulle is vermoor terwyl hulle op pad was.
  • Net so ook in die geval van Sergei en sy dogter.
  • Oostenryk rig ‘n ultimatum aan Serwië, maar dié ignoreer dit.
  • Op sy beurt rig Brittanje weer ‘n ultimatum aan Rusland, wat dit ook ignoreer.
  • Dan verklaar Oostenryk oorlog teen Serwië en so breek die Eerste Wêreldoorlog uit.
  • Die vraag is net of dit nou weer die geval gaan wees? Dit wil byna so lyk, want:

Op die oomblik is al die elemente teenwoordig vir ‘n moontlike konfrontasie tussen die Ooste en die Weste.

Brittanje se eerste minister, Theresa May, het die wiel aan die rol gesit met haar ultimatum aan die Russiese regering om binne 24 uur ’n bevredigende antwoord op die beskuldigings te gee, of anders sou “teenmaatreëls” volg.

Beide Poetin en sy minister van buitelandse sake, Sergei Lawrof, het die beskuldigings met minagting verwerp en die ultimatum geïgnoreer.

Die dag daarna kondig May haar teenmaatreëls aan: Alle kontak op hoë vlak met die Russiese regering is voorlopig opgeskort, 23 Russiese diplomate (wat volgens May eintlik spioene is) word die land uitgeskop, en die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (VN) is byeengeroep om die krisis te bespreek.

Die Russe skop op hul beurt weer 23 Britse diplomate uit, en verander nie hul gedrag nie.

Maria Zakharova, ‘n Russiese minister van buitelandse sake, het gesê Brittanje se planne om Rusland te sanksioneer, insluitende sy besluit om 23 Russiese diplomate uit die VK te verdryf, was buitengewoon gevaarlik. “Die Britse Eerste Minister se verklaring is ‘n volkome kranksinnige beskuldiging teenoor die Russiese Federasie, ons hele land, ons hele volk,” het sy gesê.

Sy het Theresa May ook gewaarsku om Vladimir Poetin se militêre mag in gedagte te hou.

Op 1 Maart het Poetin gespog met sy nuwe supersoniese missiel wat 20 keer teen die snelheid van klank kan vlieg, en hy het sy Westerse mededingers aagesê om daarvan kennis te neem. Hierdie missiel is op pad na sy teiken, in staat om enige aanslag van ander misiele af te weer.

In gedeklassifiseerde dokumente word 38 Britse dorpe en stede genoem wat Rusland se eerste doelwitte sal wees.

En dit tesame met nog 70 teikens van militêre basisse, kommunikasie sentrums, vliegvelde en ander sleutelinfrastrukture.

Die dodetol in so ‘n  aanval sal na raming 7,7 miljoen Britte in die stede beloop, gebaseer op die grootte van kernwapens in Vladimir Poetin se arsenaal.

Intussen is Rusland en Brittanje se verhouding op ‘n mespunt gebalanseer.

Die Daily Star Online het ‘n scenario gegee van die verskriklike gevolge op dag een van die oorlog tussen Brittanje en Rusland.

Londen sal die swaarste getref word in ‘n poging om die hart van die Verenigde Koninkryk uit te ruk, die stad sal binne ‘n radius van 3.8 kilometer verwoes word en 950 000 mense sal dadelik sterf.

In ‘n radius van 120 kilometer sal die ontploffing deur Groter-Londen gevoel word, geboue sal in duie stort en wydverspreide skade veroorsaak. Terwyl daar in ‘n 320- kilometer radius mense so ver as Crystal Palace en Brent Cross, derdegraadse brandwonde sal opdoen.

Die insident op 4 Maart in Salisbury, Engeland, sou onder normale omstandighede skaars voorbladnuus gewees het; maar toe kry dit skielik momentum, eskaleer heeltemal buite verhouding en plaas die ganse mensdom feitlik oornag in sy grootste krisis sedert die einde van die 2de Wêreldoorlog.

Die hernieude spanning tussen Brittanje en die Kremlin het weer onmiddellik vrese vir ‘n Derde Wêreldoorlog laat ontstaan.

Die Mandela-volgelinge speel ook die spel

Ons wil nie spoke opjaag nie, maar sedert die dag van die ANC se onstaan het daar net te veel dinge gebeur wat as toeval beskryf kan word. Ons noem net ‘n paar daarvan:

  1. Op 6 April 1652 land Jan van Riebeeck met sy drie seilskepies in Tafelbaai.En dis seker nie toeval dat Jacob Zuma op 6 April vanjaar in die hof moet verskyn vir my misdade nie? Is dit miskien ‘n aanduiding dat hy vryskot daarvan gaan afkom?

    Umkhonto we Sizwe
  2. Umkhonto we Sizwe (MK) word gestig op 16 Desember 1961 (presies 123 na die Slag van Bloedrivier en ook die jaar waarin Suid-Afrika ‘n republiek word. Op 16 Desember in 1961 begin die ANC se gewapende stryd met Mandela as opperbevelhebber van sy militêre vleuel, Umkhonto we Sizwe (MK), wat beteken “Spies van die nasie”. In die 18 maande daarna het Umkhonto we Sizwe 200 dade van sabotasie gepleeg, o.m. in Johannesburg, Port Elizabeth en Durban.
  3. Op 31 Augustus 1936 word die Bantoe- Trust en -Grond Wet, ingestel; en grond van hierdie wetgewing is ongeveer 87% van die landoppervlakte vir die Blankes en 13% vir die swartes afgesonder. En nou, 105 jaar later, het die Nasionale Vergadering (NV) ’n mosie aanvaar om die bal aan die rol te a sit om die eiendomsklousule in die Grondwet — art. 25 — te wysig om voorsiening te maak vir die onteiening van daardie ‘gesteelde’ grond. Ramaphosa het beslis nie om dowe neute besluit dat die komitee se verslag juis op 31 Augustus vanjaar ingedien moet word nie!

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470