BLOG

Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen

 

 In sommige kommentare op dr. Willie Marais se “Profetiese waarskuwing”, word daar weer hewig gestry oor watter weeksdag (Saterdag of Sondag) die ware Sabbat is. Met hierdie artikel wil ek geensins by die twis betrokke raak nie, maar wil net poog om daarna te kyk vanuit ons eie volk se geskiedenisagtergrond.

Hoewel die dag waarop eredienste gevier word, 2 000 jaar gelede verskuif het van Saterdag na Sondag, het die inhoud en ware betekenis van die Sabbat daarna geensins verander nie.

Dit was dan ook die geval met Jan van Riebeeck toe hy op 5 April 1652 hier voet aan wal gesit het, want dit was toe steeds vry algemeen aanvaar dat Sondag die ‘sewende dag’ van die week is, en het hy dit ook beskou as ‘n ‘heilige’ rusdag en as sodanig onderhou. Dit het eers verander nadat Sondag tydens die John Vorster-era as ‘n verpligte ‘rusdag’ afgeskaf is.

Die Bybelse voorskrif dat jy net toegelaat word om ses dae te werk, voordat jy op die sewende dag móét rus, is egter nie destyds deur almal in die land nagekom nie. En dit was eers met die Nasionale party se oorname in 1948, toe hierdie verordening op ons wetboek geplaas is dat álmal ‘verplig’ was om op die ‘sewende dag’ (Sondag) te rus.

Maar indien Sondag nié die dag is wat deur God ‘geseën en geheilig’ is nie, het ons dit mos tevergeefs as rusdag eerbiedig, want dan was dit nie in ooreenstemming met die Almagtige se voorskrifte nie; en uit ondervinding weet ons dat daar vir ‘n wetsoortreder hoegenaamd geen genade is nie.

Tog is daar in ons geskiedenis oorgenoeg bewyse van die teendeel – ons as volk het dikwels groot seën ontvang juis omdat ons die sewende dag as ‘heilige’ rusdag eerbiedig het – soos ek nog later met voorbeelde sal aandui.

Maar voordat ons daarby kom, wil ek net eers vlugtig ‘n ander interessante aspek van naderby bekyk.

Die ganse Skepping en die verordeninge vir die behoud daarvan, het in twee fases geskied. Alles wat bestaan is in die eerste fase van ses dae, geskep – so ook die mens Adam en sy vrou Eva; en God het hulle geseën, en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.”

Die Almagtige het ook vir die mens ‘n eie tuiste, in die Tuin van Eden, ingerig, en sy opdrag was dat Adam dit moes ‘bewerk en bewaak’. M.a.w. hy moes dit versorg, in stand hou en beskerm teen ‘n vyand wat ook in die Tuin teenwoordig was en tussen ‘goed en kwaad’ kon onderskei.

Maar Adam het gefaal en moes die Tuin verlaat om tussen die ‘distels’ en ‘dorings’ (ander lewende wesens) vir hom ‘n staanplekkie te gaan vind.

Eers in die ‘tweede fase’ (met Israel se tog deur die woestyn), is daar vir Adam wette en verordeninge gegee, wat as hy dit getrou sou nakom, daar uiteindelik nie net vir hom weer genade en redding sou wees nie, maar dat hy ook weer in die Tuin van Eden toegelaat sou word om daar vrede en rus vir sy siel te vind.

Hierdie ‘tweede fase’ het begin op die 14de van die eerste maand Abib (Maart-April) toe die Pasga-lam geslag moes word (Eks. 12). In dieselfde maand het ons voorvaders Egipte verlaat, en dit was ook dieselfde tyd wat hulle later Kanaän binnegetrek het (Jos. 4 en 55).

Dit is nou reeds byna 370 jaar sedert Jan van Riebeeck op 5 April 1652 sy anker in die Kaap laat sak het. En die Almagtige Vader het dit nie sonder rede nie beskik dat dit ook in die maand Abib moes plaasvind, want Hy het ’n spesiale lotsbestemming vir hierdie volk aan die suidpunt van Afrika georden.

Van Riebeeck-hulle was dan ook die eerste blanke aankomelinge van Juda wat hulle hier kom vestig het, en dit word vir ons beskryf in Jesaja 18 en Sefanja 3:10 – Oorkant die riviere van Kus (Quito, Kunene, Zambezi, Limpopo en Kwando) vandaan sal my aanbidders, my verstrooide gemeente, my offerande bring. In vers 12 sê God dat Hy “‘n ellendige en geringe volk hier sal laat oorbly wat by My Naam skuiling sal soek.”

En sedert Jan van Riebeeck se landing is en bly daardie Naam nog steeds ons enigste Skuilplek.

Ons kyk na enkele voorbeelde:

Op Sondag die 16de Oktober 1836 toe Silkaats (ook bekend as Mzilikazi) ‘n mag van sowat 5 000 godloënaars gestuur het om die godvresende Trekkers aan te val, het hulle by daardie Naam skuiling gesoek.

Twee dae vóór die magte van Silkaats opgedaag het, is die Trekkers deur boesmans van die impi’s se aantog gewaarsku. Daar is onmiddellik ‘n ronde walaer getrek deur die sowat 50 waens se disselbome die een aan die volgende wa vas te ketting, en alle oop spasies met doringtakke te vul, sodat die aanvallers nie kon deurkruip nie. Die verdedigers was volgens bronne net 35 man sterk, behalwe ‘n klompie vroue en kinders.

Silkaats het sy 5 000 beste vegters gestuur om die wittes te gaan “opeet”.

Terwyl die Matabeles die Sondagoggend van 16 Oktober 1836 soos ‘n groot swerm sprinkane oor die vlakte aangekom het, bevind Hendrik Potgieter en Sarel Cilliers hulle saam met 33 ander man en talle vroue en kinders in ‘n laer naby ‘n langwerpige rantjie wat later as Vegkop bekend sou staan.

In hulle benarde situasie het Potgieter en Cilliers gehoop om ‘n  vredesverdrag met die oprukkende Matabeles te gaan sluit. Maar eer daar nog met hulle gepraat kon word, is die Boere aangeval en moes hulle al vegtende na die laer toe terugkeer.

Net buite trefafstand van die voorlaaiers het die Silkaats se leërmag halt geroep. En toe, tot die afgryse van Potgieter en sy handjie vol Voortrekkers in die laer, het die jillende Matabeles die Voortrekkers se osse wat daar naby gewei het, bestorm, met vlymskerp kapmesse hot en haar stukke vleis uit die verwilderde diere geslag en dit net so rou verslind. Hierdie barbaarse optrede het van die vroue en kinders in die laer histeries van angs en verskrikking gelaat.

Maar Sarel Cilliers het hulle tot bedaring gebring deur sy Bybel te vat en Psalm 50:15 te lees: “en roep my aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer”.

Toe het hy, soos ‘n Moses van ouds dikwels in die Sinai-woestyn moes doen, hulle met ‘n kort boodskap bemoedig en versterk. Daarna het almal saam neergekniel en hul Skepper gesmeek om hulle uit die hand van hierdie bose vyand te red.

Besmeer met bloed en al gillende het die Matabeles toe die laer aangeval; vlaag op vlaag. Maar Hendrik Potgieter en sy 34 makkers het hulle elke keer teruggedryf. Die geweerlope was naderhand so warm dat die vroue en kinders wat moes herlaai, dit nie kon hanteer nie. Die paar aanvallers wat wel daarin geslaag het om deur die takheining te breek, is deur die vroue met kookwater verbrand. Teen die einde van die slag toe ‘n verwoede Matabele sommer blindelings deur die doringtakke ‘n vrou se roksoom vasgegryp het, het sy sy hand met ‘n byl afgekap.

Sowat ‘n uur later was die Matabeles se moed gebreek en het hulle halsoorkop op die vlug geslaan, maar uit weerwraak byna 50 000 stuks vee en 100 van die Voortrekkers se perde met hulle saamgevat.

In die laer was daar trane van dankbaarheid en ongeloof. Hulle het die vyand met Godshulp verslaan! En behalwe vir die verlies aan vee en geskeurde watente het hulle byna ongeskonde daarvan afgekom — slegs twee Trekkers is gedood en 14 lig gewond.

Sarel Cilliers skryf later in sy joernaal dat altesaam 71 assegaaie sy watent getref het en dat hulle buitekant die laer meer as 1 100 assegaaie opgetel het.

Twee jaar later, weer op ‘n Sondag (16 Desember) het die godloënaar Dingaan tussen 15 000-25 000 van sy beste krygers gestuur om andermaal die godvresende Trekkers op die wal van die Nkome-rivier te slag en “op te eet”, maar weereens is die vyand na die aflegging van ‘n gelofte en die Trekkers se gebede deur ‘n ingryping van Bo, verslaan en verdrywe.

God het aan die Trekkers die oorwinning gegee, want daar staan in Deut. 5:10 geskrywe: “Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.” En hierdie gebooie sluit ook in die opdrag in Eks. 20:9-10:  “Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die Sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.”

Lev. 23:3  “Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is dit ‘n dag van volkome rus.”

(Die Trekkers het hierdie gebod stiptelik nagekom, en by hulle was daar geen twyfel dat Sondag die heilige rusdag was nie).

In die Bloedrivierlaer het hulle selfs gebid dat die Zoeloes hulle nie op die Sabbat moes aanval nie, maar vir die Dingaan en sy magte het daar nie so ‘n dag bestaan nie.

Die voorafgaande, asook ook latere gebeure, getuig daarvan dat ons onderhouding van die Sondag as Sabbat nie ‘n oortreding kon wees nie, want dan sou Sarel Cilliers se gebede by Vegkop en in die Bloedrivierlaer nie verhoor gewees het nie.

Dit was die vyand wat die Sabbatdag ontheilig het deurdat hulle die Trekkers op Sondag aangeval het. Daarom het die Almagtige elke keer gesorg dat hulle, ondanks hul reuse getalsterkte, oorwin en verdryf word!

Hier is nog ‘n voorbeeld:

Met die 1914-Rebellie het Siener op Saterdag 23 Januarie 1915 by genl. Kemp gepleit om nie Jan Smuts se leërmag op Sondag die 24ste aan te val nie, omdat hulle dan die Sabbat sou ontheilig.

Maar genl. Kemp was vasbeslote om dit te doen.

Met donker daardie aand is die krygsraad byeengeroep. Generaal Kemp het in die middel gestaan en die offisiere toegespreek. Skielik het oom Klasie sy verskyning gemaak en aan genl. Kemp gesê: “Generaal, ek kom vra vir die laaste maal om tog nie môre op die Sondag Upington aan te val nie.”

Genl. Kemp se antwoord was onversetlik en beslis: “Ek het vaste berigte dat generaal Botha 12 000 troepe in die forte het en hy voer nog steeds troepe aan. Wil jy hê ek moet wag tot Maandag sodat daar nog 12 000 meer kan wees?”

Oom Klasie het sy kop geskud: “Vandat ons uit Transvaal weg is, het die regeringstroepe ons nog elke Sondag kom aanval. Ons moes ons net verdedig. Die bloed en die misdaad wat daar gepleeg is, rus op hulle koppe. Maar as jy môre gaan aanval, dan rus die bloed en die misdaad op jou kop.” Oom Klasie sê toe verder: “Ek het gesien ons is nou ’n swart muil. Die muil steier agteruit. Ons sal swaar verliese ly aan dooies en gewondes. Die muil steier terug, wat beteken hulle sal ons terugdryf.”

Genl. Kemp se finale antwoord was: “Kyk, môre wil ek my slag slaan, of glad nie.”

Hy het toe voortgegaan en Upington op Sondagmôre 24 Januarie 1915 aangeval. Die Rebelle is teruggedryf, net soos oom Klasie gesê het, met ’n verlies van 30 dooies, 90 gewondes en ’n groot aantal gevangenes.

Bybelse insettinge op ons wetboek

Na die Nasionale Party-oorwinning in 1948 het ons die eerste land ter wêreld geword wat die Bybelse wette, insettinge en verordeninge (soos in Israel se tyd) ook op ons wetboek geplaas het:

  • Ons het ons van die ander nasies afgeskei.
  • Ons is nie toegelaat om te verbaster nie.
  • Vreemde nasies is nie in ons plek van aanbidding toegelaat nie.
  • Die homoseksueles is as ‘n gruwel beskou.
  • Selfs vir die sportgod is daar geen ruimte op die Sabbat gelaat nie.
  • Ons het ook voortgegaan om die Sondag as rusdag te eerbiedig — net soos Jan van Riebeeck-hulle dit na hul aankoms hier gedoen het.

Tot en met die premierskap van adv. John Vorster, was niemand toegelaat om op Sondag (die erkende Sabbat) te werk nie. Behalwe hulle wat noodsaaklike dienste moes verrig.

En hierdie wet om die sewende dag te heilig, het ooreenkomstig Eks. 20:9-10  nie net vir ons as volk gegeld nie, maar ook vir al die ander inwoners van die land. So bv. is geen staatsamptenaar, onderwyser of winkelklerk op daardie dag toegelaat om te werk nie, en kafee-eienaars kon eers ná sononder op ‘n Sondag  hulle kafees oopmaak. En daarvoor het die Almagtige Skepper ons beloon, want

  • Hy het ons die kop en die vyande rondom hom die stert te maak, en,
  • Ons volk was in daardie tyd bo alle twyfel ook een van die mees geseënde volke op aarde.

Maar met adv. John Vorster se oorname as Eerste Minister, is ‘God se Regte’ spoedig met ‘menseregte’ vervang, ook is die Sabbat nie meer geheilig nie. En dit was die begin van die vervulling van Deut. 28:43: “Die vreemdeling wat by jou is, sal hoër en hoër oor jou opklim; en jy sal laer en laer afsak.”

Op 11 Februarie 1990 (weer op ‘n Sondag) word Nelson Mandela deur FW de Klerk en van sy meelopers vrygelaat, en op daardie dag is bewaarheid waarteen Deut. 28:43-44 ons hierbo  gewaarsku het: “Die vreemdeling wat by jou is, sal hoër en hoër oor jou opklim; en jy sal laer en laer afsak … hy sal die kop en jy die stert wees.”

Daar is dus by my geen twyfel dat dieselfde lot vir De Klerk-hulle wag as dié wat Silkaats, Dingaan en hulle moordbendes getref het nie.

En met hierdie optrede het daardie profetiese waarskuwing van dr. Willie Marais vir ons ‘n skrikwekkende werklikheid geword toe hy een Sondag in die Pretoria-Oos kerk adv. John Vorster en sy hele kabinet vermaan het om nie die sewende dag as rusdag te ontheilig nie, want doen hulle dit, het hy gesê, sal die Almagtige ons nie net in ballingskap neem, soos Hy met Israel gedoen het nie, maar Hy sal ook ‘n swaard oor ons bring wat die wraak van die verbond sal uitoefen; en ons sal ook in die hand van ons vyande oorgegee word.  (Lev. 26:25). (En sedertdien is ons aan die vyand oorgegee en vergiet daardie swaard daagliks ons bloed).

Onder Vorster en sy leiers het ons die sewende dag ‘n gewone werksdag gemaak, terwyl daar gesê word: “Gedenk die Sabbatdag dat jy dit heilig…..”

Tennis, sokker, rugby, gholf en vele ander sportsoorte, het nou ‘n beroep geword en spelers verdien dikwels miljoene rand daarmee. En op die dag van die Here stroom der duisende toeskouers na die sportvelde om hulle helde te vereer, in plaas daarvan om hulle Skepper op hierdie heilige dag te loof en te prys.

My volk buig voor die sportafgod

Gedurende Desember 1993 ontvang ek en my vrou besoek van mnr. en mev. Pieter van Rensburg van Plettenbergbaai (’n agter-kleinkind van Siener se broer, Pieter).

Volgens aantekeninge wat deur mnr. Van Rensburg se vader en later ook Boy Mussmann nagelaat is, het Siener by ’n paar geleenthede vóór sy dood in 1926 gesê hy sien sondes in die hart van sy volk wat nog eendag groot ellende, verwarring en wanhoop oor hulle sal bring.

Eerstens het hy dikwels gepraat van die Boer se fout om altyd van sy voormanne afgode te maak, want hulle is ook maar net vlees en bloed wat niks kan vermag as dit nie in die wil van God is nie. Tweedens het hy gesien dat ons as Boervolk in die verre toekoms nie net sportmal gaan word nie, maar ook voor die sportafgod gaan buig sodat ander lande ons beheptheid daarmee as ’n sterk wapen teen ons gaan gebruik. Uiteindelik sal die volk se vyande hom dan dwing om, ter wille van sy liefde vir sport, sy beginsels, sy godsdiens, ja, alles wat hy het, op die altaar te plaas!

In nabetragting van wat hierbo gesê is, wil dit tog lyk of die nakoming van die Sabbat moontlik net beteken dat jy ses dae mag werk, maar op die sewende dag móét daar gerus word.

Want vanaf Jan van Riebeeck tot en met die afskaffing van Sondag as rusdag, is daar oorgenoeg bewyse dat ons gebruik om ses dae te werk en op die sewende dag te rus, die Almagtige se seën weggedra het. Eers nadat ons van die Sondag ook ‘n gewone werksdag gemaak het, het gebeur waarteen ons herhaaldelik in die Bybel gewaarsku word:

Eks. 31:14  “Onderhou dan die Sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word.” (Hierdie woorde is bewaarheid met Silkaats, Dingaan en genl. Kemp se optrede toe hulle die Sabbat ontheilig het deur op daardie dag oorlog te voer).

Lev. 25:2 “Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land inkom wat Ek julle gee, moet die land ‘n Sabbat hou vir die HERE.” (Ons het dit getrou gedoen totdat ‘menseregte’ dit vervang het – en toe het die Almagtige ons die rug gekeer en in die hand van ons vyande oorgegee).

Neh. 13:17-18 “En ek (Nehemia) het met die edeles van Juda getwis en vir hulle gesê: Watter verkeerde ding is dit wat julle doen, dat julle die Sabbatdag ontheilig?

“Het julle vaders nie so gehandel, sodat onse God oor ons en oor hierdie stad al hierdie onheil gebring het nie?” (Nadat ons die sewende dag as rusdag afgeskaf het, word elke stad byna daagliks deur onheile geteister).

Jes. 58:13-14 “As jy jou voet terughou van die Sabbat – om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die Sabbat ‘n verlustiging noem en die heilige dag van die HERE hooghou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie; dan sal jy jou verlustig in die HERE, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob; want die mond van die HERE het dit gespreek.”

(En solank as wat ons hierdie wet gehoorsaam het, het die Almagtige sy belofte nagekom; ja, Hy het ons volk laat ry na die hoogste pieke, en van ons vaders het ons ‘n ryke erfdeel ontvang. Maar die nakomelinge van die godloënaars, Mzilikazi en Dingaan, het gekom en elke hoë piek tot op die grond toe afgebreek, verwoes en ons nie net van ons hele erfdeel beroof nie, maar ook is daar vir ons nou geen rusdag meer nie!)

Mense wat egter verkies om die Sabbat op Saterdag te vier, onderhou nog steeds die ses-dae-werksweek en ‘heilig’ ‘n rusdag, soos voorgeskryf.

Blog Artikels

E-BOEK: Kerkverraad is 'n onstellende verslag oor die Afrikaanse kerk se bedrieglike rol in die Boervolk se uitlewering.
Solidariteit, Afriforum en die Broederbond - 'n doringbos in die Boervolk se pad.
Subscribe
Notify of
guest
18 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments
Kotze

Die meeste, of moontlik alle sport word meestal op n saterdag bedrywe. En as n mens n wedstryd gemis het, dan word dit op die Sondag herhaal op TV. Vanuit n Bybelse perspektief, volgens die oorspronklike taal waaruit die Bybel as boek ontstaan het en strong concordance, word die Sabbat omskryf as vanaf “vrydag” sonsonder tot en met “saterdag” sonsonder gehou. Maar ja, dit neem tyd en aandag om hierdie dinge uit te soek. Maar een ding is seker, as God se Heilige Gees n mens nie lei en oortuig nie, gaan daar altyd hierdie tipe onenigheid ontstaan, en uit eindelik, sal dit gaan soos wat dit altyd gaan, naamlik, dat die mens soos gewoonlik sy eie manier sal kies hoe hy/sy die Heer will dien en nie hoe God wil nie. Dit word die “Jeroboam gees” genoem. Mense verwag dat die Heer met hulle inlyn moet kom in plaas van die teenoorgestelde. Esegiel 18:25.

Tommie

Ek stem heeltemaal saam met jou. Jy weet ek kom uit die Nederduits Gereformeerde kerk en vandat ek die waarheid leer ken het is dit moeilik om al die verkeerde dinge af te leet soos om nou skeilik om op ń saterdag kerk toe te gaan en boonop moet ek my gesin ook oortuig dat dit die regte ding is om te doen…

Ruan

Met eerbied stem ek met jou sienswyse saam nie. Jy bereken ñ dag van aanbidding met ñ kalender wat eers 325 jaar na Christus ingestel was. Maar ja soos jy sê dit neem tyd om die dinge te ondersoek. As ons die skrif ondersoek sal ons sien Israel het die maan gebruik om hul sabbatte en feeste te bepaal. Nie ñ spesifieke dag van die maand nie. Hoekom sê ek so? Wel omdat ñ nuwe maan nooit op dieselfde dag van ñ maand verskyn nie. Hierdie maand, Desember, val die Sabbat op ñ Sondag. Verlede maand het die Sabbat op ñ Donderdag geval. Ek sê weer, jy kan nie ñ sabbat bepaal volgens ñ kalender wat eers 325 na ons Messias ingestel was nie. Dan moet mens ook vra wat het Vader bedoel toe Hy deur Sy profete gespreek het in Hos2:10 & Klaag2:6?
Groete

Last edited 1 year ago by Ruan
Arno

In Mat 25 V 20 kom die waarskuwing, bid dat julle vlug nie in die winter of op die Sabbat sal plaasvind nie. Vader sal nooit teen sy verordeninge gaan nie. Die bloedrivier en majuba oorwinnings as voorbeelde, is juis op die eerste dag vd week gevier, nie op die 7 de dag die Sabbat nie, Vader het ons dus in ons onkunde bygestaan, as ons bid dat dit nie op die Sabbat moes gebeur nie, dan is dit die rede hoekom dit op die Sondag plaasgevind het. Ons oorwinnings oor ons vyande het dus nie op die korrekte Sabbat, nl Saterdag die 7 de dag plaasgevind nie, Mar wel in Sy almag op die eerste dag, nl die Sondag, al was ons verkeerderdelik onder die indruk dat die Sondag die 7 de dag Sabbat was, God het wel geweet op watter dag Hy moes verhoed dat ons nie veg nie.

Tommie

Wys jou nou net hoe sagmoedig en bereid willig om ons keer op keer te vergewe…al wat Hy vra is kom terug….

Thea

Goeie dag oom Adriaan. Ek weet almal baklei oor die sabbat dag wat of nou saterdag of sondag is maar wou net weet het dit nie ook n groter inpak gemaak dat hulle die dae van die jaar verander het van 360 dae ( wat 12 maande met 30 dae per maand) na 365.5 dae per jaar wat dan ook gemaak het dat die maande ongelyk is. En elke jaar met 5,5dae langer geword het. Wat dan elke dag van die week rond gooi sodat jy nie eers meer die sabbat op die regte dag sal kan onderhou nie. Dit maak tot dat ons nie in die regte jaar is volgens die Bybel se tyd nie. Ons is nou eers naby die einde van die 6000 jaar. In of naby die tyd wat die anti christ gaan rule vir 3 en n half jaar. En dan kom die tyd wat Jesus gaan afkom en vir 1000 jaar gaan regeer. Soos ek verstaan was dit 2000 jaar van adam tot noag. Dan 2000 jaar van noag tot Jesus en dan van Jesus tot sy herkoms. Dan gaan hy vir 1000 jaar regeer en dan eers is dit die laaste oorlog en judgment day wat volg.

Groete Thea

Albert

Die ekstra 5 dae sal nie die dag van die Sabbat verander nie. Al verskil wat die ekstra 5 dae maak is dat daar ‘n ekstra Sabbatdag in sekere jare plaasvind net soos wat sekere maande 4 Saterdae of Sondae het en ander maande 5 Saterdae of Sondae het. Al waar die ekstra 5 dae ‘n invloed het om die dag te verander is op watter dag sekere belangrike dae soos nuwe jaar, sonstilstand, ewedag, Kersfees ens. gevier word. Hierdie datums verander van jaar tot jaar maar nogsteeds bly die sabbatdag dieselfde dag.

Kobus Scheepers

Vader se Woord verander nie en bly ewiglik staan, as ons dink Sy Woord in die Ou Testament is weersprekend teenoor die Nuwe Testament beteken dit net dat ons nie verstaan nie.
Daar is ‘n ander geslagslyn op aarde en hul vader se woord (die leuen) verander deurentyd, Yehovshua verwys na daardie geslag in Johannes 8.

Vader toets ook die hart van opregtheid en verwerp ons nie as ons waarlik verkeerd verstaan nie, maar leer ons as ons moeite doen om Sy Waarheid te soek. Let op in die Evangelies hoe Yehovshua nie die ander geslag leer nie maar wel teen hulle getuig.

Dit is egter deesdae baie duidelik dat die Sabbat van YHVH Vrydagaand tot Saterdagaand is, heeltemal anders as wat die wêreld ons leer – middernag tot middernag. (Uit Gen 1 ‘n dag begin in die aand tot die volgende aand & Exodus 20:8-11)
Gelowiges bekeer hul dan ook in al hoe groter getalle om nie meer die “Dag van die Son” of Sondag te hou nie maar wel die dag wat die Allerhoogste in Exodus 20:8-11 verorden het.

Matthéüs 5:18 “Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.” Hier bevestig Hy dat Sy Wet nie verander het nie, nie oorgegaan het van Sabbat na Sondag nie, dit is ons en ons voorouers wat geswig het onder menslike leuens, verdrukking & geweld wat Sy Wet verlaat het.

Albert

Ek stem volkome saam, dat om die Sabbatdag te Heilig gaan nie oor die dag self nie, maar dat elke sewende dag ‘n rusdag moet wees wat aan die Here gewy word. Let wel dat dit net agv Joodse tradisie is dat ons weet dat die oorspronklike Sabbatdag Saterdag was.

Daar is geen enkele Ou Testament Bybel vers wat vir ons uitdui dat Saterdag die Sabbatdag is nie. Al wat gese word is dat daar elke sewende dag gerus moet word en dit aan God gewy moet word. Selfs in die Nuwe Testament toe Jesus die oggend na die Sabbat dag uit die dood opgestaan het, is dit slegs deur mondelingse tradisie dat ons weet dat Jesus op ‘n Sondag uit die dood opgewek was.

Indien die dag self belangrik sou wees dan moes die Bybel vir ons riglyne gegee het om te wys wat die werklike dag was.

Ons weet dat Petrus en die apostels besluit het om die Sabbatdag na Sondag te verskuif juis om hulle van die Joodse geloof af te sonder en te wys dat Christenskap nie deur die Joodse geloof gebind is nie. Petrus wat van Jesus die sleutels van die koninkryk gekry het en daarmee saam die gesag om te bind en los te maak (Matt 16: 18 – 19) het hierdie wettige gesag van Jesus gebruik om die wette van Moses af te skaf en die Sabbatdag na die Sondag te skuif.

Dit gese sien ons dat die Jode wat nogsteeds die Saterdag as die Sabbatdag nakom, word nogsteeds deur God geseen. Dit bewys dat dit nie oor die dag gaan nie maar eerder dat elke sewende dag ‘n rusdag moet wees. Van my kant af sal ek nogsteeds by die Sondag as die Sabbatdag bly juis om te keer dat ons nie moet dink dat ons die wette van Moses moet nakom nie of probeer om sekere Joodse feeste na te kom nie.

Harry

Petrus het nooit die Sabbatdag na Sondag verskuif nie, maar Konstantyn, die eerste pous van die RK kerk het in die jaar 321 hierdie verskuiwing amptelik ingestel. Pous Benedict XVI (Joseph Ratzinger), die sogenaamde 264ste opvolger van Petrus het die volgende stelling ‘n paar jaar gelede gemaak: This is the day when the slavery to sin and death was conquered, the Lord’s Day, Sunday; the day of the New Covenant completes and perfects the Old and is now the “first day.”

boetie johannes

“Let wel dat dit net agv Joodse tradisie is dat ons weet dat die oorspronklike Sabbatdag Saterdag was.”

GOD SE HEBREEUSE/SKRIF KALENDER

1. Abib* / Nisan
March-April Ex 13:4, 23:15, Neh 2:1
2. Zif* / Iyyar
April-May 1 Ki 6:1, 37
3. Sivan
May-June Est 8:9
4. Tammuz
June-July
5. Ab / Av
July-August
6. Elul
August-September Neh 6:15
7. Ethanim* / Tishri
September-October 1 Ki 8:2
8. Bul* / Marheshvan / Heshvan
October-November 1 Ki 6:38
9. Chisleu / Chislev / Kislev
November-December Neh 1:1
10. Tebeth / Tevet
December-January Est 2:16
11. Shebat / Shevat
January-February Zec 1:7
12. Adar
February-March Est 3:7
13. 2nd Adar (7 of 19 years)
March 14,15  
 
GOD ons Vader
IS Die Skepper
van Die Hemel en aarde.

Die son en maan is op
dag 4
GESKEP.

Die maan gaan 28 tot 31 dae
om die aarde
volgens
die pous-gregorian kalender
en
die aarde gaan 365 dae
om die son.

GOD ons Vader
het
DIE SKRIF KALENDER
IN PLEK GESTEL
IN DIE SKEPPINGS ORDE
EN
MAG NIE
VERVANG word nie.

Toe die son en maan
op dag 4
GESKEP IS
BEGIN
DIE KALENDER
IN WERKING GAAN.

Die Nuwe maan
is ‘n Sabbatdag
en GOD ons Vader
se
MERK van Gesag.

HY IS DIE GOD
VAN
DIE RUSDAG/SABBAT
EN
SABBAT FEESTE
4DE GEBOD

SOOS
IN
DIE HEMEL
NETSO OOK
op aarde.

In Jesus Naam.
boetie johannes

https://www.linkedin.com/in/boetie-johannes-nel-56b701169

Gerhard

Die tempel het geval op 70 AD, op Saturnsday v.d. Romeine, op die Sabbat. Ons werk vandag volgens die Julian kalender. Dus het ons n datum en tyd. Doen so bietjie navorsing oor die val van die Tempel. Die Sabbat is dus Saterdag. Groete

Harry

Openbaring 3040

BOERVOLK SE VERBROU

28 September 2021 Dinsdagoggend 05.00.

http://www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za

Eens wou die Boervolk n nasie bou. Maar onder die vaandel van
Vrymesselary het hulle heeltemal verbrou. Eens in
n ou gelofte, sweer
die Trekkers aan God hulle trou. God het Woord gehou en by die slag
van Bloedrivier, het Hy hul veilig gehou. Hy het ook Sy hand in die
Anglo-Boereoorlog, veilig, oor hul gehou. Maar spoedig brand hierdie
pasgebore volk se liefde vir Hom flou.

Onder die “Masonorde” het hulle as “Joiners” agter die Engelse koningin
aangetou. Onder die smet van Jan Smuts het hulle verder verbrou.
Onder die hand van de Klerk, het hul, hul erfenis, as soenoffer, na hul
vyand uitgehou. Eens het hulle die vierkleur verruil vir die oranje, blanje,
blou en daarbinne was die “Union Jack” klaar as vlaggie toegevou.
Maar ook hierdie vlag, was vir die onderdrukkersvaandel, opgevou.

n Nasie eens Apart vir Elohim uitgehou. Was nou netn afvlerkvoëltjie,
toegesluit, in n wêreldkou. Sy verdrukker maak nou met hom net wat
hy wou. Terwyl Engeland deur geheel die Weste hulle verder af sou knou.
O, die Boervolk het deur Vrymesselary so verbrou. Daarom word God se
hand, sonder genade van hul weggehou.

Wee daarom hierdie komende sestien Desember waar die Boer weer onder
"Freemason predikant"
n ou gelofte tot voordeel vir `n reënboognasie
probeer hou. God se oë het reeds klaar oor hierdies vernou. Sy Hand word
in die komende onlus heeltemal van hulle weerhou.

Maar Sy klein oorblyfsel, Sy skerm in die wind, diè, sal Hy veilig hou. Maar
wee die gruwelorde gelofte, deur Lucifer sonaanbidders, vir die res van die
reënboog Boervolk, voorgehou.

jan nel

Wat belankrik is om te onthou, daar was met die lunar en seisoene saam gewerk om te bepaal, somer, herfs etc in die bybelse tyd met 360 dae, dus met die eers volmaan waar die balie begin oortjies maak, was die begin van lente, daarom kan daar bepaal word watter dag die sabbat dag is, die dag is Saterdag inderdaad

Arno

In die 2 de paragraaf vd hoofartikel erken die skrywer dat die Sabbat verander is na Sondag toe. Dit beëindig die gesprek. Hou in gedagte dat jak 1 v17 se dat daar is geen verandering by God nie. Hoe vinniger gelowiges in ZAR en die kerke dit besef en aanvaar hoe vinniger kom ons uit ons strafgerig uit. Werda

Tommie

Jy weet ek verstaan nie hoekom daar regtig ń getwis oor sondag heiliging en/of saterdag heiliging is nie…ek verstaan dat elkeen seker ń reg het om te glo wat hy of sy wil glo en hoe hy of sy die Here wil dien, maar gaan dit nie eintlik oor hoe God wil hê hoe ons Hom moet dien nie…? Wat help dit ons as ons God se hulp; liefde; vergifnis…ingryping wil hê deur om God op “ons” “heilige” dag te wil dien, deur om God op n verkeerde dag te wil loof en prys. Almal dink dat die merk van die dier is ń micro chip en dal ń diktator soos Adolf Hitler sal die wêreld dwing om “hom” te dien (God sê dat die mens SAL die draak uit eie vrye wil aanbid)..kom ons vra wat is die merk van die Lam en dan…EN DAN sal ons kan weet wat die merk van die dier is…
Satan wil geaanbid word…hy soek aanbidding punt stop, so die merk van die dier sal gaan oor aanbidding. Aanbid vir Satan op SY dag…SONDAG. Die merk van Lam (Jesus) se dag…SATERDAG -SABATSDAG (SHABAT); DIE SEWENDE DAG.
Almal dink dat Jesus het aarde toe gekom om al sy Vader (God) se wette tot nuut te maak…dit is Godslastering plein en simpel. Die kruis het alles volbring nie voleindig nie. Die tien gebooie is vandag nog net so gelding soos “gister”. God het Jesus aarde toe gestuur sodat Jesus vir die “mens” n VOORBEELD te wees van hoe om God se wette; reëls en regulasies te kan nastreef, Jesus het nie mens tradisies (Joodse of Israelietiese) kom nastreef nie maar die van Sy Vader en vir “ons” kom wys HOE. Jesus het self gesê dat die Sabat (7de dag; Saterdag) is vir die MENS gemaak…Hy’t nie gesê vir Jode nie…vir die MENS. Jesus het ook gesê dat Hy is dieselfde gister; vandag en more.
Die katolieke kerk (wat nie ń christelike geloof is nie) (dit is DIE AFVALIGE “KERK” wat die bybel van praat) (die mense wat na die kerk toe gaan, kan goeie christene wees maar hulle besef nie hulle word ń rat voor die oë gedraai nie) het Saterdag verskuif na Sondag…”hulle” het besprinkeling verruil vir onderdompeling…”hulle” het God se heilige feeste vervang met heidense feeste nl: Kersfees( jip kersfees is nie ń ware christen fees nie); nuwe jaar; Halloween; valentyn’s dag en wat van…paasfees (easter)(“paasfees” en die PAASFEES in die bybel verskil).
Is dit dan nie snaaks dat ons christene vandag wat so hard wil getuig hou nie eers een oorspronlike reël; wet van God nie, maar ons tradisies is vol heidense gruwelikhede…
Dit is hoekom God ons (Afrikaner nasie) in “balingskap” geplaas het…so ek sê die dag dat ons (Afrikaner nasie) weer vir God op SY dag gaan loof en prys en SY gebooie; reëls en regulates gaan gehoorsaam en nakom SAL HY ons land weer “gesond maak”…

Tommie

Jy weet ek verstaan nie hoekom daar regtig ń getwis oor sondag heiliging en/of saterdag heiliging is nie…ek verstaan dat elkeen seker ń reg het om te glo wat hy of sy wil glo en hoe hy of sy die Here wil dien, maar gaan dit nie eintlik oor hoe God wil hê hoe ons Hom moet dien nie…? Wat help dit ons as ons God se hulp; liefde; vergifnis…ingryping wil hê deur om God op “ons” “heilige” dag te wil dien, deur om God op n verkeerde dag te wil loof en prys. Almal dink dat die merk van die dier is ń micro chip en dal ń diktator soos Adolf Hitler sal die wêreld dwing om “hom” te dien (God sê dat die mens SAL die draak uit eie vrye wil aanbid)..kom ons vra wat is die merk van die Lam en dan…EN DAN sal ons kan weet wat die merk van die dier is…
Satan wil geaanbid word…hy soek aanbidding punt stop, so die merk van die dier sal gaan oor aanbidding. Aanbid vir Satan op SY dag…SONDAG. Die merk van Lam (Jesus) se dag…SATERDAG -SABATSDAG (SHABAT); DIE SEWENDE DAG.
Almal dink dat Jesus het aarde toe gekom om al sy Vader (God) se wette tot nuut te maak…dit is Godslastering plein en simpel. Die kruis het alles volbring nie voleindig nie. Die tien gebooie is vandag nog net so gelding soos “gister”. God het Jesus aarde toe gestuur sodat Jesus vir die “mens” n VOORBEELD te wees van hoe om God se wette; reëls en regulasies te kan nastreef, Jesus het nie mens tradisies (Joodse of Israelietiese) kom nastreef nie maar die van Sy Vader en vir “ons” kom wys HOE. Jesus het self gesê dat die Sabat (7de dag; Saterdag) is vir die MENS gemaak…Hy’t nie gesê vir Jode nie…vir die MENS. Jesus het ook gesê dat Hy is dieselfde gister; vandag en more.
Die katolieke kerk (wat nie ń christelike geloof is nie) (dit is DIE AFVALIGE “KERK” wat die bybel van praat) (die mense wat na die kerk toe gaan, kan goeie christene wees maar hulle besef nie hulle word ń rat voor die oë gedraai nie) het Saterdag verskuif na Sondag…”hulle” het besprinkeling verruil vir onderdompeling…”hulle” het God se heilige feeste vervang met  heidense feeste nl: Kersfees( jip kersfees is nie ń ware christen fees nie); nuwe jaar; Halloween; valentyn’s dag en wat van…paasfees (easter)(“paasfees” en die PAASFEES in die bybel verskil).
Is dit dan nie snaaks dat ons christene vandag wat so hard wil getuig hou nie eers een oorspronlike reël; wet van God nie, maar ons tradisies is vol heidense gruwelikhede…
Dit is hoekom God ons (Afrikaner nasie) in “balingskap” geplaas het…so ek sê die dag dat ons (Afrikaner nasie) weer vir God op SY dag gaan loof en prys en SY gebooie; reëls en regulates gaan gehoorsaam en nakom SAL HY ons land weer “gesond maak”…

18
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x