Neef Rudolf, hoor die kiewiete…

Op 5 Aug. verlede jaar het ons al gesê dat ‘n wêreldwye waansin die mensdom beetgepak het; en sedertdien het niks verander nie — inteendeel, dit vererger net by die dag! Oraloor heers daar meer onsekerheid, meer vrese, angs, smart, pyn en lyding; sien ons meer geweld. chaos, anargie en ‘n wolk van duisternis oor die dag van môre.

En asof dit nie genoeg is nie word ons al maande lank deur die sosiale media, koerante, TV’s en op radiostasie geteister met ‘n massa inligting (gerugte?) dat die ergste nóú eers gaan begin. Hierdie maand, September 2015, so word gesê, wag daar nog groter ellendes; ‘n totale finansiële ineenstorting; onbeskryflike natuur- en mensgemaakte rampe; onheile uit die hemelruim; die maan wat gaan verander in bloed; ‘n aankondiging van die Nuwe Wêreld Orde wat met sy Agenda 21 beplan om die 7 miljard aarbewoners tot 500 miljoen te verminder.

Het die mensdom dan heeltemal gek geword?

Kom ons kyk net na gebeure van die afgelope week.

Die immigrante krisis het oornag skielik in ‘n woeste en totaal onbeheerde stormloop ontaard nadat massa vreemdelinge vanuit Oos-Europa vloedgolf op vloedgolf na Wes-Europese lande begin stroom het; en dis veral Duitsland, Italië, Frankryk en Engeland wat die spit moet afbyt.
Hul 20-jaar lange beleid van oop grense is besig om te boemerang. Toe daar in 1995 weggedoen is met paspoortbeheer in 22 van die 28 Europese lande en oop grense verklaar is, is dit deur een en almal toegejuig as ‘n reuse-sukses. Maar nou het dit skielik ‘n aaklige monster geword wat dreig om die hele Wes-Europa te verswelg.

Net die afgelope week moes polisie en sekuriteitsbeamptes magteloos toegekyk hoedat tienduisende desperate immigrante hulle grense oorstroom. Die Kommissie President, Jean-Claude Juncker, het Woensdag erken dat dit reeds te laat is om nog iets daaraan te doen, want om die grense nou te sluit, sal net groter opstande, geweld en woede ontlok. het hy gesê.

Maar dit is dalk net die begin van Eurpa se “donker tyd”. Volgens ‘n Duitse amptenaar wat verkies om anoniem te bly, het hy inligting ontvang dat hierdie hele vlugtog na Wes-Europa haarfyn beplan is. In die eerste plek is die sogenaamde immigrante almal Moslem-mans wat geskik is vir militêre diens. Slegs hier en daar is ‘n vrou of kind onder hulle. Daar word geen rekords gehou van die duisende wat soos ‘n klomp wilde diere alles voor hulle platloop nie; geeneen het ‘n paspoort óf ID-dokument nie, dus sal niemand hulle ooit weer kan opspoor nie, of selfs weet wat van hulle geword het nie.

Hoe is dit moontlik dat so iet in ‘n beskaafde Eerste Wêreld land kan gebeur?

Volgens die Duitse amptenaar het “…ons nie hier te doen met desperate immigrante-vlugtelinge in nood nie, maar eerder met ‘n volskaalse Jihad, ‘n militêre inval in Europa! En ons sal eers die gevolg daarvan sien as die terreuraanvalle begin en duisende onskuldiges sterf…”

Het Siener dan nie gewaarsku dat Europa nog eendag deur hordes uit Afrika en Asië oorstroom gaan word nie?

Hier gebeur dit nou voor ons oë!

En nou is September op ons en almal sidder, hou asem op; maak hulle gereed vir die ergste. Almal wat nie weet hul bestemming is al in die dae van die voortyd uitgekap in die Rots van die Eeue nie.

Daarom is dit miskien nodig om juis nou, in hierdie oomblikke van ‘n totale Babelse verwarring, te luister na die boodskappe wat vanuit die geestessfeer na ons toe kom. Want dit was juis vir hierdie pikdonker dae dat daar aan ons belowe is:

“…en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.”

Op Donderdagmiddag 27 Augustus het ek omstreeks drie-uur ‘n bietjie gaan skuins lê en aan die slaap geraak en ‘n besonder helder droom gehad.  Miskien beteken dit iets, miskien nie; en ek is huiwerig om dit oor te vertel omdat drome soms net uitvloeisels kan wees van kwellinge of vrese in die onderbewuste.
Maar in Junie ontvang ek toe ‘n droom van ‘n vriend in Australië wat my net nie wil laat los nie. En Donderdagmiddag 27 Augustus het ekself toe weer ‘n droom gehad, en op aandrang van Annelize het ek besluit om tog daaroor te skryf.

(Ek wil net hier noem dat een van ons mense, mnr. Jan Brits, self ook ‘n uiters ontstellende droomgesig gehad het, dit het hom so gekwel dat hy uiteindelik ‘n blog begin het om ons daarvan te vertel. In die droom het hy Siener se profesie van ‘n fisisiese aanslag op medeblankes as’t ware voor hom sien afspeel. Hier is die skakel daarvoor: https://sienervanrensburgpredictions.wordpress.com/2015/04/09/a-difficult-blog-post/)

Droom uit Australië

Elke aand nadat ons huisgodsdiens gehou het en bed toe gaan, dan luister ek na Geknelde land van FA Venter op my klein DVD. Ek doen dit 7 dae van die week — dit maak my rustig. In Episode 2 sê oom Elie vir Rudolf: “Neef Rudolf, hoor die kiewiete…”

Dit was die natuur wat gesê het die Zoeloes/Xhosas kom.

Elke oggend staan ek 5 vm op en hou stiltetyd, na dit kry ek toe koud en gaan lê op die rusbank en raak aan die slaap. Soos Paulus sou sê, weet ek eerlik nie of dit in die gees of die liggaam was nie, maar die volgende oomblik skree die kiewiete vreeslik. So hard dat ek bevrees was hulle maak Esmeralda (my dogter) en Maria (my vrou) wakker.

Maar later vra ek Maria of sy die geweldige geskree van die kiewiete gehoor het. Sy sê toe sy was wakker, maar het niks gehoor nie…

Toe ek werk toe, ry is dit of die Gees my waarsku, en ek wil net sê: “Neef Gert (ds. Gert Wessels) en Adriaan, hoor die kiewiete…”

Ek is nie ‘n profeet nie en sal my nooit as een voorhou nie. Maar dalk moet ons luister na die kiewiete…

My droom

Ek droom ‘n vrou kom na my toe  en sê sy is bekommerd oor die veiligheid van haar gesin en familie vir die gees van verskrikking wat gaan kom; en sy begin bitterlik te huil. Om haar te probeer troos, sê toe dat ek haar ‘n droom gaan vertel wat ek as 8-jarige kind gehad het (ek kan glad nie so ‘n droom onthou nie.)

Net links van my staan ‘n groot eikehoutkas; en ek het nog skaars begin praat, of daar verskyn meteens ‘n leeu deur die houtdeur. Ek was geensins geskok of verbaas nie, en sê toe net vir die vrou: Ek kan daardie droom net so duidelik onthou as wat ek hierdie leeu nou voor my sien. Sy spring toe op en roep dat sy dit ook kan sien. Oomblikke later kom die leeu na my toe en, soos ‘n mak hond, spring hy teen my op. Ek hou my voorarm uit en hy plaas albei sy pote daarop. In die droom was ek verbaas dat my arm die gewig kon dra en dat sy naels my nie gekrap het nie.

Ek het geen vrees vir die leeu gekoester nie. Na ‘n paar oomblike kyk ek toe na die vrou en sê: “Dis die Leeu van Juda en Hy sal ons beskerm in die tyd wat nou kom.”

Sy hou toe op met huil, loop vorentoe en maak ‘n hekkie vir hom oop, en terwyl hy wegstap, sien ek hoedat sy agterlyf begin swart word en ek besef toe onmiddellik dat daar vir ons eers nog ‘n baie donker tyd voorlê eer ons gered sal word. Toe skrik ek wakker.

Op 6 September 1966 is ons as volk deur die moord op Dr, Verwoerd geskok en verslae gelaat, en was dit die vyand en die buitewêreld wat uitbundig gejubel en gejuig het.

Maar dit wat De Klerk gesweer het “onomkeerbaar” is, gaan Hy kom omgekeer; dan sal dit hulle tyd van strafgerig wees. Die profeet het mos gesê: “Ons het geween, ween julle nou!”

Maar voordat daardie dag aanbreek, is daar nog die leeu se swart agterkant en oom Elie se dringende waarskuwing waaraan ons nog eers aandag sal moet gee:

“…Neef Rudolf, hoor die kiewiete…”

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470