BLOG

Die nag kom nader

Die bekende geopolitieke analis van New York, Eric Draitser, wat ‘n gereelde gas op Russia Today is, het pas in ‘n artikel onthul dat Amerika al ‘n geruime tyd doelbewus besig is om Suid-Afrika binnelands te destabiliseer.

In sy nuutste artikel, BRICS Under Attack: The Empire’s Destabilizing Hand Reaches Into South Africa, beskuldig hy die CIA en Britse geheimediens openlik daarvan dat hulle met hierdie optrede beoog om in Suid-Afrika dieselfde chaos te skep as in Libië. M.a.w. ‘n Arabiese Lente.

Eric Draitser is ook van mening dat die die 3de Wêreldoorlo greeds aan die gang is.

Dan kan dit nie meer te lank wees voordat “…die aarde brandslaan en Siener se gesig van ‘n aaklige oorlog ons lot sal wees nie. ‘n Oorlog waarin hy die bloed van die perde se stange sien afloop het“.)

Draitser sê: “Op die oomblik is Washington besig om ‘n ekonomiese en propaganda oorlog te voer teen die vyfblok-groep van lande, bekend as die BRICS-lande (Braziliê, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika). Brazilië en Suid-Afrika word gedestabiliseer met gefabriseerde politieke skandale. Beide lande word geteiken deur Washington-gefinansierde politici en nie-regerings organisasies. Washington versin ‘n skandaal, stuur sy politieke agente die strate in om te protesteer en hulle eis aksie teen die regering en sy nie-regerings organisasies (NGO).

“Obama het dit teen China probeer met die georkestreerde Hong Kong “studente protes”, maar die plan het misluk. Daarna het hy dit ook teen Rusland probeer met georkestreerde protes teen die herverkiesing van Poetin en het weereens misluk.

“In die onlangse maande is Suid-Afrika in die greep van groot protesoptogte, soos wat politieke magte deur Amerika opgestook word om uiting te gee aan ‘n groeiende ontevredenheid met die regering en die regerende party. Onder die oppervlak van hierdie demonstrasies wat georganiseer word rondom wettige griewe is daar ‘n duidelike ondertoon van manipulasie.

“Suid-Afrika en sy regerende ANC party is geteiken vir destabilisasie as gevolg van die land se middelklasverhouding met China en ander nie-Westerse nasies.

“Verlede jaar, byvoorbeeld, het China die VSA en die EU verbygesteek as Suid-Afrika se grootste handelsvennoot en die ANC is hard aan die werk om nog verdere handelsamewerking te bevorder.

(Die Obama regering beskou die DA met sy charismatiese leier, Mmusi Maimane en sy wit vrou, Natalie, as die “toekoms van Suid-Afrika  en simbool van die Reënboognasie” wat by Zuma moet oorneem om die NWO-regering te lei. Na sy toespraak in Mei verlede jaar voor die Amerikaanse Kamer van Koophandel, is hy spontaan toegejuig as die “Obama” van Suid-Afrika. Die Britte daarenteen gebruik Julius Malema weer net as wapen om die ANC tot ‘n val te bring, waarna hy natuurlik vir hulle van nul en gener waarde meer sal wees nie).

Mmusi Maimane en sy vrou Natalie
Mmusi Maimane en sy vrou Natalie -die simbool van ‘n reënboognasie.

“Die ANC regering ervaar die huidige protesaksies as ‘n ernstige bedreiging vir sy voortbestaan en ook dié van sy twee vennote, die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party en die Congress of South African Trade Unions (COSATU).

“‘n Aantal linkse groepe soos die EFF wat gelei word deur die voormalige ANC Jeugleier, Julius Malema, en die National Union of Metalworkers (NUMSA), het deelgeneem aan die protesoptogte wat afgeskop is deur studente demonstrasies teen universiteitsfooie.  Die EFF is in wese ‘n bloudruk van Robert Mugabe se Zanu-PF Party, en dis Malema se doelwit om dieselfde roete as sy leermeester te volg.

“Suid-Afrika word nou geskud deur destabolisasie. Hulle gebruik dieselfde formule as wat gebruik is om die Arabiese Lente te begin. Die leidende oorsaak van die operasie is die onlangse oproep van NUMSA – die grootste in die land – vir ‘n verandering van regime. Dit val saam met die gees van die BRICS-assosiasie van lande Wêreldwyd.

“Die destabilisasie verskil in essensie niks van die een wat Rusland nou ondervind nie. Beide kom van dieselfde ouers, die VSA en die Britse Empire in sy neokoloniale fase – gebaseer op propaganda, asook finansiële en psigologiese oorlogvoering – en beide het dieselfde oogmerk: om wettige regerings wat dreig om uit die VSA/Britse sisteem weg te breek, te immobiliseer of omver te werp. Met die projek wil die VSA en Brittanje lande soos China, Rusland, Brazilië en nou ook Suid-Afrika met massa vyandiggesinde groepe verlam as ‘n stap vorentoe na die omverwerping van hierdie nasies.

Vanderbijlpark. Die strate lê bestrooi met klippe.

“So byvoorbeeld, het hulle die verkose regering van die Oekraïne in Februarie 2014 omvergewerp en ‘n regering ingestel wat Bandera-misdadigers bevat, asook ‘n kabinet aanstelling wat deur Washington gedoen is ter voorbereiding vir die aanloop tot ‘n oorlog met Rusland.” (Eric Draitser in ‘n geopolitiese analis van New York).

Indien Draitser se waarneming korrek is, bevind Suid-Afrika hom op ‘n pad waarop hy nie meer kan omdraai nie. Ons sit dus op ‘n tydbom wat enige dag kan ontplof.

Die hegte band wat daar die afgelope twee dekades onder swart geledere was, is deur die langdurige VSA/Britse destabilisasieprogram aan stukke geruk en het die verdeeldheid byna oornag die rooi lyn oorgesteek.

Om maar net enkele punte aan te raak:

  • Die Konstisionele Hof wat Zuma skuldig bevind het aan bedrog.
  • Malema se dreigement om Zuma met ‘n koeël te verwyder as hy nie wil bedank nie.
  • Die ANC Jeugliga se eis dat die weermag op Malema en sy EFF losgelaat word.
  • Tydens ‘n vergadering van swart akteurs op die Beyers Naidé-plein in Johannesburg is daar gesê dat die aksie #ZumaMustFall, ‘n “sameswering” deur blankes is.
  • Dwarsoor die land is daar daagliks betogings oor swak dienslewering, paaie wat met klippe en brandende buitebande versper word, blankes se voertuig wat onder die klippe gesteek word en talle selfoontorings is al gesaboteer, ens., ens.
  • Dan het Zwelinzima Vavi oor die naweek op ‘n vergadering van 61 vakbonde aan Zuma gesê dis nou betaaldag en hy moet solank begin hardloop.

Maar ek het juis vanoggend ‘n boodskap van iemand ontvang wat sê ons moenie bevrees wees nie; sy het ‘n droom gehad waarin sy gesien het hoe Noag (God se uitverkorene) by die ark ingaan en die deur agter hom toegemaak word. Hy wag nou rustig vir die storm om los te bars.

Die persoon wie se visioen oor die aanval op blankes in die stad, het gister laat weet sy het God gevra om haar invalide moeder weg te neem, voordat die geweld losbars. Haar moeder is vandag skielik oorlede en sy het gesê ons moet van nou af altyd op ons hoede wees… Sy het in elk geval versoek dat ons by Vader moet pleit om ons dit te spaar.

(Baie belangrik: Met die eerste plasing van my artikel vroeër vanaand, het ek hierdie stukkie sensitiewe inligting aanvanklik weggelaat; maar na heroorweging besluit om dit tog bekend te maak. Ek laat my nie daaroor uit nie. Want, hetsy of dit so gaan gebeur of nie, ek berus my daarin dat wat ook al oor ons pad kom, altyd in Vader se hande is!)

Maar met al hierdie dreigende onheile wat op ons toesak en selfs die feit dat ons al in die geweerloop se bek kyk, kan ons ook (soos Noag in sy ark), bedek en veilig onder Siener se “wit seiltjie” die naderende storm afwag. Hy het mos belowe: “Ek sal jou nóóit begewe en Ek sal jou nóóit verlaat nie!”

Vir wie of wat moet ons dan vrees of bang wees?!

Blog Artikels

E-BOEK: Kerkverraad is 'n onstellende verslag oor die Afrikaanse kerk se bedrieglike rol in die Boervolk se uitlewering.
Solidariteit, Afriforum en die Broederbond - 'n doringbos in die Boervolk se pad.
Subscribe
Notify of
guest
316 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments
Adriaan Snyman

Let asseblief op: Na die eerste plasing van die artikel het ek ‘n uiters belangrike brokkie nuwwe inligting bygevoeg

Adriaan Snyman

Ek het sopas ‘n interessante droom wat ek vroeg vanoggend gehad het op HUTSPOT geplaas. Om dit te lees, gaan na NUUS op die hoofblad en klik op HUTSPOT.

Dirk Albers

Baie interessant Adriaan ! Ek dink dat meer en meer mense, begin worstel met die ” bly, of ry ” opsie. Vir baie is dit n eenvoudige, maklike besluit. Vir ander is dit weer bitter moeilik, en ons grootste probleem, is die baie vals-alarms wat ons al oor die jare gehad het. Abjater het vir ons waardevolle inligting gegee, tov die ” bly ” opsie. Persoonlik, kan ek nog nie besluit watter kant toe nie. Die argumentasies, na altwee kante toe, is baie sterk. Miskien sal die laaste oorweging, vir ons ouer mense wees : Wil ek sterf tussen my eie mense, of tussen my vyande ? ?

Pierre

Hi Oom Adriaan, eerstens, dankie vir alles wat jy doen en wat jy wys vir die volk. Tweedens, as jy kans kry, wys n bietjie vir die mense hoe Luderitz groei en alles wat Oom Siener van gepraat het is besig om te gebeur daar.

Ben

Objektief gesien is hoe werkloosheoid ‘n kruitvat en Malema beskuldig die regering dat hulle te min doen om die probleem op te los. Dis ‘n werklke probleem maar hoe is Malema ‘n pion van die VSA/Engeland? Word hy finansieel vandaar ondersteun en waarom besef sy volgelinge dit dan nie? Dit lyk soos Vrymesselaar taktiek – agter die skerms geld ander lojalitiete.

Dirk Albers

Ek het Eric Draitser n paar keer al hoor praat, en hy maak n baie goeie indruk ! Obama het nou die dag, luidkeels op wêreld TV uitbasuin dat as die VSA nie die koning van die wêreld bly nie sal Sjina oorneem ! ( Hy het spesifiek verwys na die wêreld-handelsleisels ! ) Nou weet ons ook al, wie die geld beheer, beheer die wêreld. Ek dink ons gaan versnellende radikale gebeurtenisse van nou af begin sien. Nie net hier nie, maar wêreld-wyd. Kom ons probeer vriende en familie oortuig om Vaandel gereeld te lees. ( Terwyl die Skewe-beeld, ” en die reënboog-dwase, ” veg ” vir afrikaans ! )

Adriaan Snyman

Ben, kyk gerus na my vorige artikel. Daar is ‘n afdruk van ‘n betalingsbewys aan die EFF van byna R9 miljoen wat via Lord Renwick as “donasie” oorbetaal is.

Ek het vroeër ook al berig dat hy met sy besoek aan Engeland ‘n paar jaar terug (kan nie nou die datum onthou nie) deeglik voorberei is om die revolusie aan die gang te kry.

Die VSA/Brittanje is besig met ‘n tweelede plan. Aan die eenkant word die DA befonds om die land te destabiliseer en die ANC tot ‘n val te bring, en aan die anderkant word Malema gestoot, maar op ‘n heel ander vlak.

Die man wat ‘n groot rol hierin speel, is die biljoenêr Nathan Kirsh wat net na 1994 sy geld na Engeland toe oorgeplaas het.

Hy moet daarvoor sorg dat die Afrika Lente sy volle loop na die afgrond neem.

Daar is onlangs ook begin om Mugabe van sy troon af te stoot. Die rede is China wat Afrika vir homself geoormerk het, en Amerika en Engeland moet keer – haastig keer, anders is dit te laat!

Ben

Dankie Adriaan. Ek dink aan Siener wat gese het dat die rewolusie hier van korte duur sal wees. Waarom? Omdat die massas sal besef dat Malema ook maar net ‘n pion was en dat niks aan hul situasie gaan verander nie, en omdat die wit middelklas nie verder gemelk sal kan word nie? So, sit maar skouer aan die wiel en maak ‘n positiewe bydrae tot hierdie land van melk en heuning met oorvloed sonskyn en skatte onder die grond, waarop Deut. 38 ook sinspeel?

JB

Die orkestrasie-draak waaroor Adriaan Snyman hierbo skryf het baie koppe … Hier is een van die koppe:
In 1 Desember 2010 het ‘n ene Thomas C. Mountain (toe ‘n onafhanklike westerse joernalis in die Hoorn van Afrika) ‘n stuk oor Gayle E. Smith gepubliseer. Dit is getiteld Guerilla Mistress To Obama Confidant; The Life And Crimes Of Gayle Smith. Dit is te lees by:
http://www.countercurrents.org/mountain011210.htm
Intussen is die dame op 2 Desember 2015 as die Administrateur van USAID ingesweer. Vyf jaar later. USAID se kantoor in Azanië is by 100 Totius Straat, Groenkloof, Pretoria. Mooi snoesig so tussen die Harlequins Pretoria Rugbyklubafgod en Gildenhuys Malatji ‘Attorneys’. Die witnerwe dien die rugbyafgod reg langs ‘n CIA basis. Lekker nê. Ewe onskuldig, net soos die Jesuïte se basis in Auckland Park, Johannesburg.
USAID is ‘n front/dekmantel vir die CIA om ‘demokrasie’ te ‘bevorder’ in lande waar die Amerikaners eintlik instrumenteel was/is met die aanstelling van brutale diktators wat die Amerikaanse belange op die hart dra. Vietnam, die Oekraïne, Kuba, Venezuela, Bolivië, Guatemala, Rusland se ‘Yeltsin Fiasko’, Indonesië, Pakistan, Indië ensovoorts. Gaan lees onder andere hieroor by (daar is ook ander bronne – hierdie is maar net die punt van die ysberg):
http://www.globalresearch.ca/cia-front-usaid-spreading-democracy-gearing-up-in-ukraine-suharto-ii/5381174
USAID is ook doenig met die val van sulke regimes/diktators wat nie die VSA-‘game’ speel nie en dan begin die orkestrasie van voor af. Soos nou in azanië die geval is met die #AllMustFall endiesmeer aksies soos Marikana en so aan wat Adriaan Snyman hierbo genoem het. WORD VERVOLG

JB

VERVOLG
Daar is nog baie sulke koppe, soos die een reg in die hartjie van die Witwatersrandse Universiteit wat die #FeesMustFall veldtog georkestreer het/orkestreer. Aan die hoof van die kop (‘n Instituut) is ‘n Duitser. Ook snoesig, so onder die neuse van die universiteitsowerhede …
Daar is so baie koppe dat ons nie weet waar om te keer nie … Eintlik hardloop ons hier rond soos afkop-hoenders totdat ons Bartholomeusnag kom.
Ns. Ek wonder waar slaan die Gildenhuys uit met Malatji …? Ek wil ook ‘n besigheid begin en dan wil ek dit JB Matwetwe ‘Unlimited’ noem.

Dirk Albers

Wat n pragtige storie van die blanke kelnerin in die Kaap, wat deur n sub-ras barbaar beledig is, en geweier het om haar n fooitjie te gee, weens haar ” politiek ! ” Nou het mense wêreldwyd, al oor n honderd duisend rand bymekaar gemaak vir haar ! ( En haar ma ly aan kanker ! ) Hier is n les vir ons ALMAL hierin ! Uit n TOTAAL onmoontlike situasie, kan ons Hemelse Vader, n ONGELOOFLIKE wonderwerk laat gebeur !

Dirk Albers

Toe word die EFF weer deur die ” bouncers ” uit die parlement gegooi ! En hulle het beslis n regverdige saak teen die ” president ! ” ( Dat hulle miskien self net so korrup is, is nog nie ter sprake nie ! ) Maar kom ons probeer dink hoe die gepeupel al hierdie dinge beleef. Onthou, hulle kyk ook TV, lees koerante, luister radio, hou vergaderings, ens, ens. Hulle koning, malema, en sy kapteins, word skandelik behandel, en beledig, in die witman se ” parlement ! ” (vervolg)

Dirk Albers

(vervolg) Dink julle regtig die gepeupel het geloof in die witman se ” parlement ? ” Glo hulle werklik, deur kruisies op papier te trek, kan/gaan hulle lewens verbeter ? ( En dit na twintig jaar se witman-fopspene ! ) Nee wat, selfs n dom sprinkaan, gaan nie vir hierdie nonsens val nie. Hulle weet, dat daar net een oplossing is, en dit is UHURU !

simone wagner

Kommentaar word nou automaties beperk tot 1800 karakters

Clayton

Wat nou van Donald Trump.Dink dit gaan die Vrymesselaar planne lelik in die wiele ry want hy gaan die nuwe president word!!!

JB

Donald John Trump is ‘n marionet van die Jesuïete Orde se Superieur Generaal (Swart Pous) naamlik Adolfo Nicolás Pachón – Gesetel by Curia Generalizia in Borgo Santo Spirito, Vatikaanstad, Rome. Net so is dit die geval/le met Marco Rubio, Marco Cruz, Hillary Clinton en Bernie Sanders.
Trump het na sy vyf jaar in ‘n militêre skool twee jaar by die Jesuïete se Fordham Universiteit deurgebring. Gaan lees ook oor die Jesuïete se Georgetown Universiteit.
Die wenner van die Amerikaanse presidents-verkiesings-klug, soos nog altyd, word deur die Jesuïete Orde se Superieur Generaal bepaal. Maak nie saak wie van die bogenoemdes die president word nie … Verwag maar net nog van dieselfde. Self Donald John Trump, die ‘troefkaart’ sal presies doen soos die Jesuïete Orde bepaal. Almal dieselfde kant van die munt.
Donald Trump krap geen kaarte deurmekaar nie en skud ook nie die boot nie. Hy is deel van die proses soos vooraf bepaal. In opinie is Donald Trump ‘n Vrymesselaar en hy neem die massas dom mofskape op sleeptou soos altyd. Hulle wil nie leer nie en die Swart Pous weet dit, en maak wat hy wil.
Selfs hier in azanië juig die witnerwe oor Trump, net soos hulle oor die ander vrymesselaar naamlik Putin juig. Hulle wil nie leer nie … ook nie luister nie.
Geen wonder die Sioniste noem die dom mofskape goyims nie …

Johann Cronje

Adriaan,
Dit is duidelik UIT JOU SKRYWE dat die volk vele vyande het en dat hulle vol haat is vir ons.
In Deut 28 Spreek Moses ONS VOOROUERS, die Israeliete aan en vertel aan hulle soos volg : Vers 1: Moses het gesê: “As julle waarlik gehoorsaam is aan julle God YAHWEH, as julle alles doen wat sy wette sê wat ek vandag vir julle gee, dan sal julle God YAHWEH vir julle die belangrikste volk op die aarde maak.” Dit het YAHWEH inderdaad gedoen. Dit was egter baie jare gelede en die wêreld (al Israel se vyande) het alles probeer om die naam van Israel en so ook die hele volk uit te wis, sodat hulle ‘n volk nie meer is nie. Intussen is Israel wat uit baie nasies bestaan heeltemal verstrooi deur die hand van hulle Hemelvader en het hy hulle saad (nakomelinge) na die uithoeke van die aarde versprei. So is dan ook die jongste dogtersvolk van Sion gebore wat haarself vêr Suid van die land Israel bevind. Net soos al die ander Israelnasies wat elders woon, het die jongste dogter van Sion ook nie geluister na hul vader se opdragte nie en hulleself totaal verstengel laat raak te midde van hul vyande.Maar inderdaad het Yahweh die alwetende God dit besef en Hy praat weer met hulle in Deut 28:37 – (VERVOLG)

Johann Cronje

(VERVOLG)
Deut 28 :37 – “YAHWEH sal jou (Israel) na ander volke toe neem, en al daardie volke sal skrik wanneer hulle jou sien, hulle sal praat oor jou en hulle sal jou spot.” Psalm 44:11-16 – U laat ons omdraai en wegvlug van die vyande, en die mense wat vir ons haat, vat ons goed. U laat ons sterf soos slagskape, U jaag ons na al die kante toe, na ander lande. U verkoop u volk vir niks, U wou nie baie geld vir hulle hê nie. laat ons bure vir ons verneder, U laat die mense rondom ons vir ons lag en spot. U laat die ander volke ons name gebruik wanneer hulle slegte dinge oor mense wil sê, ja, hulle skud hulle koppe oor ons. Ek weet nie waar ek moet wegkruip nie, ek hou nie op om skaam te wees nie.”
Yahshua spreek Sy dissipels toe en waarsku hulle en die wat na hulle volg, wat tipies betrekking het op die nageslag van Israel – Mat 24 :9 – “Die mense sal julle oorlewer om mishandel te word, en hulle sal julle doodmaak. Julle sal deur al die nasies gehaat word omdat julle My NAAM bely. In daardie tyd sal baie mense van die geloof afvallig word, en hulle sal mekaar verraai en mekaar haat.”
Deut 4 : 29-30 – “Julle sal daar soek na julle God YAHWEH, en julle sal Hom kry as julle Hom soek met julle hele hart. Wanneer al hierdie dinge later (IN DIE LAASTE DAE) met julle gebeur en dit gaan sleg met julle, dan sal julle terugkom na julle God YAHWEH en julle sal doen wat Hy sê.” (VERVOLG)

Johann Cronje

(VERVOLG)
Esegiel 36 : 21-24 –“ Die volk Israel het my Naam (YAHWEH) ontwy tussen die volke waar hulle gekom het, en Ek was hartseer daaroor. Daarom moet jy vir die volk Israel sê: YAHWEH, JULLE GOD , sê: Israel, Ek sal iets doen, maar Ek sal dit nie doen om júlle te help nie, Ek sal dit doen vir mý HEILIGE NAAM (YAHWEH) . Julle het my NAAM ontwy tussen die volke waar julle gekom het. Ek sal my groot NAAM weer HEILIG laat wees, my NAAM wat julle ontwy het tussen die volke. Die volke sal weet dat Ek YAHWEH is wanneer Ek iets doen met julle en wanneer Ek vir hulle wys dat Ek die heilige God is.” Dit het YAHWEH gesê, Hy wat GOD is.”
Nou kom Vader Yahweh en HY spreek die EINDTYD NAGESLAG VAN DIE ISRAELNASIES aan en ons kan nou maar gerus aanvaan DAT ONS ongetwyfeld deel is van die eindtyd nageslag van Israel . Hy sê soos volg – (VERVOLG)

Johann Cronje

(VERVOLG)
Jesaja 41:8-11 – “My dienaars, mense van Israel, NAGESLAG van Jakob wat Ek gekies het, NAGESLAG van my vriend Abraham: Ek het Abraham uit ’n ver land laat kom en Ek het vir hom gesê: ‘Jy is my dienaar, Ek het jou gekies en jou nie vergeet nie.’ Julle moenie bang wees nie, want Ek is by julle. Julle moenie bang rondkyk nie, want Ek is julle God. Ek sal julle sterk maak en julle help, Ek sal julle vashou met my sterk hand Kyk, almal wat iets sleg wil doen aan julle, sal teleurgesteld wees. Hulle sal nie weet wat om te doen nie. Die mense wat wil hê dit moet sleg gaan met julle, sal word soos niks, hulle sal sterf. Die mense wat oorlog maak teen julle, sal word soos niks, julle sal hulle soek en julle sal hulle nie kry nie. Ja, Ek, julle God YAHWEH, Ek maak julle sterk, Ek sê vir julle: Moenie bang wees nie, Ek help julle. “Julle is so swak soos ’n wurm, julle is min, maar julle moenie bang wees nie, Ek help julle.” Dit sê YAHWEH, die Heilige God van Israel.”
Vir die wat nou nog twyfel aan die Israelwaarheid, laat dit vir julle ‘n openbaring van die ware feite wees. Israel leef en hulle is nie die Joodse Israelis nie, nee hier is ons die nageslag van die saad wat ons Vader aan die einde van die aarde gesaai het en ons roep ons Vader aan by Sy Heilige NAAM.

JB

Ek luister vanoggend na RSG en toe ek inskakel was hulle besig met so ‘n islam opkikkering voor ses. Ek het nog nie die mense van Valhalla daaroor hoor kla nie … Later hoor ek ‘n kleurling en iemand anders op die radiostasie sê, dat die vrolike mannetjies wat rappie jol nie uit die kas/te mag/kan klim nie. Hulle ‘struggle’ seker ‘heavy’. Maar die vrolikes hoef nie te ‘worry’ nie want hulle sal later ‘n hele vrolike rugbyspan in die ateljee hê. Ek wonder teen wie speel die vrolike spannetjie?
Nou ja, as jy dalk geaffronteerd voel oor jou lesbiese, vrolike, bi-seksuele, trans-geslagtelike en inter-geslags -regte bel vir Lynn Fredriksson by Freedom House, telefoon nr. 27 11 447 7501. Sy kan jou dalk help want dié wye veld (L’V’BTI – oftewel LGBTI in Engels) is een van haar spesialis gebiede. Sy is die Direkteur by Freedom House, Southern Africa. Adres: Kantoor 6, 1ste Vloer, B2 House, 8 Tyrwhitt Laan, Rosebank, 2196, azanië.
Hou ook in gedagte dat die inter-geslagsbesigheid die ou hermafrodiet woord vervang want dit is skynbaar misleidend en stigmatiserend, asook “wetenskaplik drog-redenerend en klinies problematies”. Ek let nou dat daar in Engels ook gepraat word van die ‘LGBTQI culture’ … ‘n Kultuur wat gedeel word deur lesbiërs, vrolikes, bi-seksueles of trans-geslagtelikes, moffies (‘queers’)/betwyfelendes en inter-seksueles (‘LGBTQI’). Somtyds word daar na die ‘LGBTQI’ verwys as die moffie (‘queer’) kultuur.
Ek weet nie van julle nie maar ek maak nie kop of gat van die storie/s nie. Geen wonder die vrolikes endiesmeer bly in kaste en derglike nie … As jy daar op die rappieveld uit jou kas klim, kan jy dalk onder jou gat geskop word. WORD VERVOLG

JB

VERVOLG
Op ‘n ernstige noot: Freedom House se hoofkwartier is in Washington DC. Dit is ‘n onafhanklike waghond organisasie wat hom toespits op wêreldwye vryheid en demokrasie. Die president van Freedom House is Mark P. Lagon, ‘n Jesuït opgeleide – Georgetown Universiteit. Hy het onder andere ook gedien as ‘Adjuct Senior Fellow for Human Rights’ by die VSA se Council on Foreign Relations.
Ja, nog een van die koppe van die drake. Reg hier onder ons neuse in Rosebank, Johannesburg wat werk vir #AllAndEverythingMustFall en derglike “destabilisering”wat moet lei na die EWO.

Abjater

Dit is ‘n stap in die regte rigting om sielkundige oorlogvoering by die destabiliseringtegnieke in te sluit. Vrees is die wapen in Malema se hande, ‘n wapen wat al lankal teen ons gebruik word. Isis het groot sukses daarmee met hulle martel en moord videos wat op die internet versprei word. Maar mense sien nie die wapen nie, en dink Malema is ‘n idioot. Vrees laat mense met net twee opsies. Veg of vlug. Die meeste mense vlug maar. So 80% vlug gewoonlik. Hoeveel van ons het al oorsee gevlug, hoeveel ontvlug die vrees deur in totale ontkenning van ons situasie te leef? Dis hulle wat nog steeds sê almal in die land moet hande vat om ons jong demokrasie te laat werk en sulke snert, dis hulle wat die “doemprofete” se waarskuwings met veragting en wantroue bejeën. Dit is ook hulle wat van hul logiese denke beroof word wanneer chaos skielik losbars, en nie meer kan funksioneer nie. Hul ontkenning en inkapasiteit is maatloos. Die res van ons sien die wapen en leer om die sielkundige aanvalle teen ons te beveg deur vrees vierkantig in die oë te kyk, en selfvertroue in ons vermoë om die vyande te trotseer op te bou. Dit is ‘n houding wat daagliks uitgeleef moet word en ‘n wilsbesluit wat gemaak moet word. Anders gaan vrees, paniek en onsekerheid vir ons ore aansit. Daar is mense wat op afgeleë plase en kleinhoewes woon wat geen veiligheidstelsel in plek het nie. Om te luister na hulle verskonings hiervoor is om die volle impak van onlogiese en troebel denke in aksie te sien. Vrees moet erken word maar geen mag oor ons gegee word nie. Hoe doen mens dit?
Verwag die heel ergste dan is jy gereed vir enigiets.
Kry beheer oor jou emosies en word kalm. Fokus op die dinge wat gedoen moet word. Mense wie se aksies deur chaotiese emosies beheer word is aan die verloorkant. In plaas daarvan om die verskrikking wat kom te bedink, bedink wat jy gaan doen in verskillende scenarios. Wat gaan jy doen as ‘n groep aanvallers skielik by jou huis opdaag? Wat gaan jy doen as die voorbokke van ‘n protesoptog in jou area skielik geweld teen alle blankes aanhits? (Die massas is tydens protes rasend en opgesweep, dit vat nie veel om ‘n dienslewering protesaksie in ‘n totale ander rigting te stuur nie. Dit vat net so 4 voorbokke om iets te begin skree en die hele massa val daarby in) Wat gaan jy doen as jy skielik jou huis moet verlaat? Beplan en doen voorbereiding. Is daar ‘n onopsigtelike plek in jou area waar jy kan gaan skuil en nie aandag sal trek nie? Jy wil onsigbaar word as anargie uitbreek. Aanvaar dat die wêreld om jou besig is om in duie te stort en dat die ou reëls en regulasies daarmee saam sal wegval. Die regering gaan jou nie beskerm nie. Die polisie en weermag gaan jou nie help nie. Besef dat daar mense is wat nie soos jy dink oor menslikheid en regverdigheid nie, en tot verskriklike dinge in staat is. Mag oor lewe en dood is ‘n dwelm, en vrees is ‘n verlammende siekte wat soos ‘n veldbrand versprei.

Johann Cronje

Die uitspraak van Hilary Clinton hieronder herinner ons aan die profesie van die vernietiging van Damaskus wat nog nooit vantevore gebeur het nie, maar heelaas eersdag in vervulling sal gaan.
Jes 17 :1 ‘n Uitspraak van YAHWEH teen Damaskus: Damaskus gaan ophou om ‘n stad te wees, hy word ‘n puinhoop.
http://www.globalresearch.ca/hillary-clinton-destroy-syria-for-israel-the-best-way-to-help-israel/5515741
Hillary Clinton: Destroy Syria for Israel: “The Best Way to Help Israel”

Martin de Beer

Prys die Here, die bangmaak boodskappe is oor, ons glo die Here sal voorsien en skielik verstaan of glo jy wat ek gese het aangaande Malema ‘n ruk terug, omdat ‘n Amerikaanse joernalis so se: dat hy ‘n agent is en daar ‘n derde kolonialistiese (NWO) mag aan’t werk is. Maak nie saak wie geglo word, wie nie en hoekom nie, solank die waarheid uitkom. Dankie daarvoor.

Groete

Martin

Johann Cronje

Abjater,
Ons gevare is duidelik en die wat kan vlug sal, maar hoe doen mens dit wyl enige van jou geliefdes, ouers, kinders en wie ookal, nie in ‘n vermoëende posisie is om saam te vlug nie. Diegene in oue tehuise, hospitale en ander inrigtings gaan net so aan hulle lot oorgelaat word. Vir almal is daar baie onbeantwoorde vrae en gedagtes. Net die tyd sal leer. God se plan sluit ‘egter ‘n beloning in, vir diegene wat op Hom vertrou, en Hy belowe om Sy kinders te verheerlik. Ons praat van God se geheime wysheid, ‘n wysheid wat verborge was en dat God vir ons heerlikheid bestem het reeds voor die begin van tyd . Soos geskrywe is: ‘Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het, en geen verstand dit kon bepaal wat God voorberei het vir die wat Hom liefhet “(1 Kor 2: 7-9). Let op die gebruik van die woord bestem in hierdie gedeelte-en dat dit ‘n lot is wat bestem is op grond van ons liefde vir YAHWEH. God is in beheer en terselfdertyd, het Hy ons die vryheid gegee om gehoorsaam aan Hom te wees en daar is ‘n paar dinge wat God doen net in antwoord op gebed (Jakobus 4 : 2 – 3 – Julle wil dinge hê, maar kry dit nie en wil dan moord pleeg; julle is jaloers op ‘n ander man se goed en kan dit nie in die hande kry nie en dan maak julle rusie en baklei julle. Julle kry nie, omdat julle nie bid nie. As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig. Verse 15 – 17 – Julle moet eerder sê: “As YAHWEH wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.” Maar nou is julle te seker van julleself en praat julle groot. Al sulke grootpratery is verkeerd. As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde.

FJH

Kan ek net vra , jul almal wat “beweer” die res dwaal.
Wat beteken die woord “geloof” ?

In die afwesigheid van bewys, vind die woord ‘geloof / glo” sy bestaan.
“whatever you believe is true”, want dit is wat jy glo, hoe kan dit verkeerd wees ?

En dit is wat jul hier aan uiting gee, maar dit maak dit nie ‘n “Absolute Waarheid” nie, dit bly net jou “glo”.

Ek volstaan “Whatever you believe is true.”

Abjater

Ek is nie ‘n grootprater of ‘n sondaar of ‘n spotter nie. Ek dink voorbereiding, ook sielkundige voorbereiding, is baie belangrik.

FJH

Abjater
Ek respekteer wat jy se. Kom ons kyk globaal na alles, die wereld moes al x+2-2-x jaar al ge ‘reset’ het. volgens openbare opienie.
Dit bol spin nog steeds. Hoe waak ‘n mens teen die spraak van net die verkondign van plain “doom”? Daar is tog bewys daarvan in ons verlede asook die wereld se verlede, waar met elke draai van die “dekade” “doom” voorspel is, en “dit alles kom tot niks”, maar dit moet tog gebeur ne ? Dan tref ek kommentaar aan met verwysing na “http://beforeitsnew.com”. Kan die hele wereld se kennis verkeerd wees en net ‘n link op “https://beforeitsnew.com” kan reg wees ? Die gebrek aan konteks kan my soms verstom ! , maar dit bly slegs my uitkyk op wat ek waarneem, so “what ever you believe is true” …wat ook vir my geld !

Dirk Albers

Whatever you believe is true, (voeg by), for YOU, at this point in time, in YOUR life, with your revelation, education, intelligence, surroundings, history, emotions, mental and/or physical health, dreams, instincts, and hopes ! Dit is waarom daar geen twee persone is, wat heeltemal oor ENIGIETS ten volle kan saamstem nie. En dit sal so aangaan, totdat ons verheerlikte liggame kry. Diie president van die EU, het op wêreld TV erken, dat die EU n onwerkbare droom was/is ! Laat mens dink aan die toring van Babel, wat inmekaar geval het, nê !

FJH

Niks om by te voeg, “Whatever You believe is true” die ‘You’ is already there !, die klem is op die verklaring van “believe”, believe can only exist in the absence of prove. Feite bestaan met bewyse Sonder GELOOF.

Abjater

Dit is darem ‘n oulike sêding daardie FJH. Ek het ‘n website vir jou gekry wat nog sulke diep sêgoed vir jou sal genereer. Kliek net op ‘Reionize electrons’

http://sebpearce.com/bullshit/

Johann Cronje

FJH
Die wat twyfel aan die bestaan van die enigste EWIG lewende God en Skepper YAHWEH sal dalk sulke vrae stel of dalk ‘n moontlike ateïs, Hoekom, wil so ‘n persoon dalk twyfel by jou ook saai omdat hy nie kan sien en glo nie. Baie mense sê – “Sien is glo” maar die werklikheid is “ Glo, is sien”. Omdat hy nie kan glo sonder om te sien nie is hy nie in staat is God te vind nie omdat hy ‘n valse metode van verifikasie van bewyse vir God soek. Hy voer ‘n stryd om getuienis te vind wat natuurlik onmoontlik is. Dit is net ‘n logiese fout in sy denkwyse en wanneer hy dieper soek na die oorsaak daarvan dan word die “onheilige een” se pogings van misleiding, ontbloot. Yahshua het die volgende te sê gehad – Joh 11:25=26 – Yahshua die Seun van God YAHWEH, sê vir haar: “ Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe; en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?”
Nou-ja as jy dan nie kan glo sonder die onfeilbare Woord van God YAHAWEH nie, gooi weg jou Bybel of verbrand dit, so nie, hou op om sulke dwase vrae te stel EN GLO !

Johann Cronje

FJH,
Jy vra “ Hoe waak ‘n mens teen die spraak van net die verkondiging van plain “doom”? –
Vir meer as 2000 jaar al hoor ons die bespiegelinge en spekulasie van die “doom” wat voorspel word vir die mens op aarde en dit gegrond op die mens se eie wanbegrip en onkunde . Alles sal wel eendag gebeur soos deur die profete voorspel, maar hierdie tyds berekeningsfout maak die mens alreeds vir talle eeue omdat hulle nie verstaan wat Yahshua gesê het nie nl. Mat24 : 6 – “ En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. PAS OP, MOENIE VERSKRIK WORD NIE, WANT ALLES MOET PLAASVIND, maar dit is NOG NIE DIE EINDE NIE.” Hoeveel oorloë en gerugte van oorloë het daar al plaasgevind in die laaste 2000 jaar?
Yahshua verduidelik egter VERDER in (Vers 7), wat “ALLES”, “TERGELYKE TYD” op “VERSKILLENDE PLEKKE” op DIE AARDE MOET PLAASVIND, wat dan ook die begin sal wees van die “TYD VAN SMARTE” (vers8).
Vers 7 – Want die “een nasie” sal teen die “ander” opstaan en die” een koninkryk” teen die “ander”; en daar sal “hongersnode” wees en “pessiektes” en “aardbewings” op “VERSKILLEND” plekke.
Vers 8 – Maar AL HIERDIE DINGE is ’n BEGIN VAN SMARTE.
Die mens was nog altyd voortydig met hul begrip van wêreldgebeure wat hulle altoos as die eindtyd tekens ge-evalueer het. Die mens se begrip dat die wederkoms van Yahshua “op hande” is, m.a.w. enige tyd kan plaasvind, is ook heeltemal verkeerd. Daar is ‘n hele aantal gebeure (profesië wat vervul moet word) in die tydrooster van Openbaring wat “EERS” moet plaasvind voordat ons die wederkoms kan verwag. (VERVOLG)

Johann Cronje

FJH ( VERVOLG)

Intussen leef ons in ‘n deurmekaar wêreld en almal is gespanne want ons besef die einde moet kom, maar weet nie wanneer nie, selfs nie eers die engele of Yahshua nie. ! Mat 24:33 – So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur. Mat 24 :36 – MAAR van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader (YAHWEH) alleen.

Mimi Hildebrand

Ons moet onthou dat alles wat Vader Yahweh doen is vooruitbepaal. Alles volgens n plan. Vader het Sy werk gedoen in 6 dae en die 7de dag het Hy gerus.
Nou lees ons in die Skrif dat n dag is soos n duisend jaar en n duisend jaar soos n dag. Ons weet dat volgens die Skrif, in Openbaring, word gepraat van n duisend jaar vrederyk, maw n 7de dag duisend jaar. Die ou verbond was om en by 4000 jaar – ons weet nie presies hoeveel nie – ons weet ons is nou 2016 in die nuwe tyd. Baie naby aan 6000 jaar. Die einde van die 6000 jaar is amper in sig.
Al wat belangrik is, is dat ons volgens Vader se wil en wette moet leef en glo wat Hy ons beloof het. Deut 28 se seeninge en vloeke.

Abjater

5776

Mimi Hildebrand

Abjater sover ek weet is daardie getal die jode se jaartal. Nie ons s’n nie.

Skaap

Ek glo ook dat die 6000 jaar naby is. Die Moderne Bybelse tydlyn het een of twee weglatings maar daar is ander Skrifte wat dit weer regstel. God het ons wel gewaarsku om nie te peuter met die dae van die week of feeste nie, om die 7 dag siklus met 13 weke seisoene en 52 weke telling te hou van die tye en die Sabat Dae. Dan het hy verder die Jubilees aangekondig wat 7 x 7 jare met een Rus of Jubilee aan die 50 ste jaar(ekstra). Tel nou terug van 2020(Nie 365.22 nie) af dan is die begin(of eerder Adam) net mooi 6000 van die Bybelse 364dae. Dit is nie blote toeval dat dit ook 120 Jubilees(12 ure in ‘n dag, 10 dae wat voleinding beteken) voorstel nie.
Na wete is daar slegs een tot 5 jaar of wat wat nie bereken kan word nie maar die einde is OP
ons en dit is ‘n feit.
Een van die boeke weggelaat uit die Bybel Enog, geskryf om tyd te bereken. Daarin waarsku YHWH dat ons die balans sal versteur as ons die Babiloniese of Romeinse ens tye van die Maan aanvaar en die Sabat en Jubilees verontagsaam. Vandaar die uitlating van die Skrif(wat in die Bybel na verwys word!)Rome en die Romeine kon nie die nasies onderhulle verenig sonder om die kalender te verander nie en het hier maar ‘n besluit geneem wat teen YHWH se instruksies was.

Jan

Hallo Johan, baie mense weier om te glo omdat hulle nie die bewyse kan sien nie, jy kan nie elektisiteit sien nie, mikrogolwe, radio seine etc, jy kan nie walvisse hoor praat met mekaar nie, ons moet die klank vinniger maak om te hoor met menslike oor, elke druppel water in die see het mikroskopiese diertjies in, maar net sigbaar met mikroskoop, dit is dieselfe in die onsigbaar geestes wereld wat om ons betsaan en net sommig het die gawe om dit te kan sien. maar omdat dit nie gesien kan word nie, maak dit nie minder n werklikheid nie.
Ek weet ek is een dood skuldig, maar dit sal in die geloof tot Yahweh wees, die res maak nie werklik saak nie in the big picture nie,

FJH
Abjater

Ek voel maar jammer vir mense wat aan niks glo wanneer dit skielik nag word nie. Hulle gaan geen lig in die duisternis hê nie.
Aan die anderkant voel ek ook jammer vir mense wat so glo dat hulle niks doen om hulle te beskerm nie, en geen voorbereiding tref nie. Hulle maak dit gewoonlik nie.
En hulle wat nie eers kan sien dat die skemering van ‘n baie donker nag reeds om ons neergedaal het nie.

Hinsie

Goeie more,
FJH, Stem vandag met die stelling van u saam: “Whatever You believe is true” U sien jaaarre gelede was dit nie so nie. daar is mos 2 “stelsels” in die wêreld.
Stelsel 1:
Die prioriteite in mens se lewe:
a) GOD (heelbo omvat alles)
b) Godsdiens, ‘kerk’ ens.
c) Volk, Taal, Ras en die sort dinge
d) Familie, gesin, pa, ma, ens.
e) Werk
f) Stokperdjies, sport, ens.
g) Ek
h) Geld
Stelsel 2:
a) EK, GELD
b)Godsdiens, ‘kerk’, ras, werk, gesin, Volk, Taal, en die soort dinge alles ondergeskik aan a)
Dit is darm seker heel duidelik dat ons jaaarrre gelede almal op stel 1 (Ek is 3e) bedryf het. Toe het dinge nog gewerk. Bv instandhouding van aanlegte, fabrieke ens, was daar norme en standaarde waarvolgens dit gedoen is, maw. “Ek” was 3e en het gemaak soos die ‘boek’ sê, daarom het die dinge nog gewerk. Vandag op stelsel 2 (Ek is 1ste) maak “Ek” net soos “Ek” wil (voel) geen ‘boek’ meer nie, daarom moer alles inmekaar.
Op die godsdiens veld werk dit ook so. Jaaarre gelede het almal nog geglo aan die EEN, ALMAGTIGE, GROOT, GOD, en SY WET in die GROOT BOEK. Asook Apartheid. Maw. “Ek” was 3e en het gemaak soos die “BOEK” sê. Daar was natuurlik verskille, een lot het groot gedoop en ander weer klein. Daar was ook die wat geglo het hulle is Israeliete, ens. ens. Dit het mos nie gepla nie want almal het aan die EEN, GROOT GOD, geglo. Vandag op stelsel 2 (Ek is 1ste) werk dit mos nou nie meer so nie. Die emm’s (ek, my en myself mense) werk nou ‘n godsdiensie uit van wat ‘hulle’ graag wil glo en en dan ‘bewys’ hulle dit net. Skep selfs vir hulle bestaan godjies om aan te pas by wat hulle wil glo. Daarom het hulle ook die stelling geskep “Whatever You believe is true” en dit hol hulle nou agter na met ‘n spoed.
Groetnis.

Hinsie

O, ja, nog so dingetjie. Dit is darm ook heel duidelik dat die spul besig is om tot niet te gaan. (Polities, ekonomies en godsdienstig). Die nag kom nader. Keer kan mens nie meer keer nie, het probeer maar dit is ‘n dooie verlies. Nou los mens die spul, emm’s net uit, en berei voor vir die dag wat daar niks meer is nie. Die lotte kan maar lag en spot en doen net wat hulle wil, mens los die goed net uit en gaan maar aan op jou eie tyd. Dit is dan ook waar die ‘chip’ in kom. Die keerpunt om te bepaal op watter stelsel mens bedryf. Indien jy die ‘chip’ nie aanvaar nie gaan mens nie meer ‘bestaansreg’ hê nie. (jy gaan eintlik polities, ekonomies en godsdienstig “selfmoord” pleeg) Die wat op stelsel 1 bedryf, ek is 3e, se kans is goed om nie die dingetjie te aanvaar nie, (is mos alreeds 3e nie deel van die gemors nie) maar die ander spul, die ek is 1ste, (emm’s) gaan die ‘chip’ aanvaar, hulle kan mos nie ‘uit’ wees nie. Daarom is dit ook belangrik om ‘voorteberei’ vir die dag as mens nie meer ‘n mens (volgens hulle) gaan wees nie. Vry van die stelsel te leef.
Groetnis.

JB

Kyk net hier hoe was Die Vierkleur en Die Vlag van die Oranje Vrystaat weereens verkrag … Nogal by ‘n Gelofte’fees’ …
https://www.facebook.com/www.lankverwacht.co.za/photos/a.882799375168534.1073741837.780863625362110/882799585168513/?type=3&theater
Ek noem dit verkragting deur die “Doringbos”.

Kiepersol

Juf Ehlers se, die enigste rolbos is te vind tussen oom se ore.
Graag wens sy almal hier se aandag te vestig op welke wyse julle die nagedagtenis van oom Siener….en die Boerevolk se karakter verkrag.
Lees asb al 44 bladsye van: –
Die Ou Man ( DOM ) se bydrae of inset in: Boerevryheid – Israel Waarheid. Ek en my twee maatjies skaam my vir jul slangsaad evangelie. Wens oom Adriaan raak nou eens en vir altyd van jul spul imposteur Jode wat in selfbedrog lewe – ontslae.
Die blad gaan immers oor oom Siener…en nie jul bokhoring trompetgeskal en eie dogmas nie.
Daai slim taannie Bosman kon nie anders as om keer op keer verskoning te vra vir haar eie verstrengeling in stupiditeit nie.ten einde laas maar bes gegee sy’s n verwarde persoon van Joodse afkoms wat Allah aanbid. Sies man.

Dirk Albers

JB, jy het nou weer litdorings raakgetrap ! Die ” doring-bos ” mense, is n werklikheid, en hulle is beslis in die meerderheid. Maar hulle raak meer en meer benoud, want aan die een kant, is malema, met sy bloeddorstige miljoene. En aan die ander kant, is die blanke patriotte, wat BAIE kwaad is. En hulle verstaan wat die Banvloek is, en is bereid om dit op hulle vyande te bestel !

Dirk Albers

JB, ek het n groot probleem met die RSA/NP vlag ! Dit is tog onder hierdie vlag, dat die NP, met hulle onverskrokke kriminele, die land uitverkoop het. Jong mans, verniet op die grense laat sneuwel het. En die ” geestelike leiers, ” ons met die Bybel onder die arm, na die slagpale gelei het ! Hoe kan enige mens trots wees op hierdie vlag ? ? Maar ek kan sien, hulle wil die net WYD uitgooi, want selfs n Gelofte-fees kos ook maar geld, nê ! Die probleem is egter baie keer : As jy vir almal iets probeer beteken, word jy baie keer, deur ALMAL uitgespoeg !

Skaap

Naand Vriende, Ek lees deur en sien baie aanmerkings en opmerkings wat ek mee saamstem en dan sien ek ook baie mense wat regtig nie die beginsel van sekere dinge verstaan nie. Ek doen reeds lank navorsing ten opsigte van die bybelse profete en die tekens van die tye. Eers aan die einde van my soektog het ek werklik begin nalees na Siener se visioene. Ek gaan dus nie hier probeer om ‘n debat te wen nie maar wil bloot ‘n paar dinge wat soms oral misgekyk word weer probeer in perspektief bring. (Dit beantwoord dalk sommige vrae wat mense vra as hulle die selfstudie aan die hand van die Skrifte doen.)
– Die Bybel is die waarheid, volle waarheid en alhoewel alles in die Bybel waar is, is alles wat waar is nie altyd spesifiek in die Bybel opgeteken nie. ‘n goeie voorbeeld hiervan is die boeke van Enog en Jubilees, of openbarings deur ‘n erkende Godsprofeet soos Siener. Ek kan boeke skryf oor die weglatings, swak vertalings en doelbewuste verandering van die Sabat en 6 dan 1 konsep wat die hartklop-ritme van alles in die skepping is. Maar dit daar gelaat.

Voor mens enige ding kan verstaan wat vandag om ons gebeur moet mens eerstens ontslae raak van die verwysingsraamwerk waardeur mens kyk. In kort, vergeet wat jy in koerante gelees het of hoe die NG kerk jou geleer het vir een oomblik en soek soos YHWH ons leer weer die Woord. Vergeet bietjie van die verskeie interpretasies van mense wat almal graag die toekoms wil uitle en doen indringend studie van die wat wel kon. Hulle boodskap loop soos ‘n bree rivierstroom almal tot by die see. Alles wat langs die pad soontoe gebeur is en was nog altyd vooruit aan die profete bekendgemaak.

Skaap

Ek voel dat ek persoonlik kan identifiseer met Oom Niklaas. Vir die wat nie geleerd is nie, soos ek, Siener, is die Bybel amper maklikker verstaanbaar en omdat daar nie allerande invloede was(of is)nie, moes ons self die paralelle trek.
1. Moet nie net aanneem dat jy die Woord verstaan nie. Die Heilige Skrifte is ‘n baie meer letterlik en baie gesofistikeerd in die voorlegging van numeriese waardes, Simbole en Profesiee as wat ons verstaan. Slegs in die Gees KAN ons dit verstaan.
2. Vandaar die verskeie “Opinies” oor die eindtye. Die Bybel, Jesus en al die profete waarsku ons teen die wat self die dinge “interpreteer” en die Woord stipuleer duidelik dat die Gees die interpretasie moet doen. Moet vir geen oomblik dink jy kan gaan Google en dan kry jy ‘n antwoord op die dinge nie. Daar is honderde websites wat mekaar maar bly weerspreek omrede dit met geen insig van die Heilige Gees, geskryf staan. Die Bybel is in 3 baie duidelikke hoof katogoriee ingedeel waar die Ideaal of reels of wette in die eerste derde vervat is, die profete in die 2de en, die nuwe bedeling van Christus in die derde. Daar is dus ten minste 2/3 van die Bybel aan profesiee toegewy.(NT is die laaste 2 dae van die 7 dae week.
3. Ek kyk spesifiek na die Bybelse profete en vandaar my thesis waaraan ek die afgelope paar jaar werk. Baie van ons interpretasies is in lyn met die algemene wat oor Siener aanvaar word, maar daar is plekke waar die visioene nie profeties reg interpreteer word deur die algemene publiek nie en dit is waar dit gevaarlik word.
4. Vergeet van politiek. YHWH is nie ‘n Politiekus nie. Die vyand is ook nie iemand wat nie Afrikaans praat nie. Die “vyand” is die wat nie deel van YHWH se uitverkorenes is nie. ‘n Wit vel of ‘n “Van” maak jou nie automaties deel van die oorwinnaars nie.

Hinsie

Goeie more,
Oom Adriaan en ander Vaandels. So vinnige vraagie. Aanhaling uit oom Adriaan se vorige skrywe:
“Die IT spesialiste kry toe opdrag om binne 9 maande ‘n nuwe geldstelsel wat oor die hele aarde gebruik gaan word, gereed te kry.”
Dink u nie dit is dalk hierdie Bitcoin ding wat nou so opgang maak nie?
Ja, ons ou tydjie is voorwaar baie kort op die huidige ‘stelsel’
Groetnis.

JB

Insake die verkragtingsaak verder op hierbo:
Die Nasionale Vlag van die Unie van Suid-Afrika (Oranje, Blanje, Blou) was op 30 Maart 1928 in Havanna, Kuba vir die eerste keer gehys. Hoe ironies? In Kuba …! In Suid-Afrika was die eerste amptelike hysing van dié vlag op 31 Mei 1928 gewees. Dié vlag opsigself was alreeds ‘n verkragting van Die Vierkleur en Die Vlag van Die Oranje Vrystaat. Saam op die vlag was/is ‘n Union Jack. Wat ‘n vernederende en skandalige toedrag van sake. ‘n Vlag vir die Kaapse Afrikaners, die Engelse Natallers en die Boereverraaiers – Kaapse Rebelle uitgesluit. Na die Boere Oorlog was daar nog nooit weer ander vlae as die Boere Republieke se vlae vir Die Boervolk nie. Tot vandag toe. – Die Vierkleur en Die Vlag van Die Oranje Vrystaat.
Die Oranje, Blanje, Blou bevestig oor en oor die onderwerping van Die Boervolk aan die Britte, aan die die onderwerping van Die Boervolk aan die meerderheidstem van die Kaapse Afrikaners, die Engelse Natallers en die Boereverraaiers. Vanaf 1928 tot vandag toe. Die Nasionale Unievlag. ‘n Vlag oppad na die Een Wêreld Orde. ‘n Jan Smuts vlag. ‘n “Holisme”vlag. Koning George die Vyfde was in sy noppies. ‘n Vlag wat met bitterheid deur Die Boervolk bejeën was/word. Net die Kaapse Afrikaners, die Engelse Natallers en die Boereverraaiers het die vlag verwelkom en het gejuig. – Weereens, Kaapse Rebelle uitgesluit. Net soos die Boervolk in die Boere Oorlog gestoomroller was, net so was die Boervolk gestoomroller met die Uniewording van 1910 en toe met die aanvaarding van die Nasionale Unievlag in 1928. WORD VERVOLG

JB

VERVOLG
So was Die Boervolk gestoomroller met die Republiekwording in 1961 en toe weer met die twee JA-stemme in 1983 en 1992. (In 1961 het “Woer-Woer” [Krediet aan Theuns Cloete van die Transvaalse Separatiste] maar net aangestoomroller met die Nasionale Unievlag en ook geen poging aangewend om Die Boere Republieke te herstel nie.) Gestoomroller deur die Kaapse Afrikaners, die Engelse Natallers en die Boereverrraaiers se meerderheid. Daar word van die Nasionale Unievlag gepraat as ‘n ‘kompromievlag’. … Dit was geen kompromie nie, dit was verdere onderwerping van Die Boervolk. Die Boervolk het geen kompromie aangegaan nie. Dit was ‘n stoomrollervlag. Nie eers ‘n paaivlag nie, dit was ‘n forseervlag.
Nou kom die Kaapse Groter Orania perde en doen dieselfde ding. Hulle vertoon Die Boere vlae saam met die Unievlag. Van vlagprotokol nie eers gepraat nie … En boonop saam met ‘n Bravoland vlag van Clem de Klerk se Kammaland. ‘n Man wat ook bydraes lewer by sy Kammaland se kamma internet’nuus’blad. ‘n Man wat na bewering “glo op ‘n tyd rondgeloop het met ‘n gelamineerde kaart in sy sak wat hom as lid van die ANC identifiseer.” Gaan lees hieroor by: http://mybroadband.co.za/vb/showthread.php/247649-Baas-van-Radio-Pretoria-het-glo-ANC-ledekaart
In die bogenoemde stuk word daar ook genoem van die kamma Radio Pretoria en die kamma Oranjekas waar Clem de Klerk nogal hoog op betrokke was. So blyk dit ook te wees by die kamma internet’nuus’blad want daar dra hy nogal gereeld by. ‘So op die oog af’. WORD VERVOLG

JB

VERVOLG
Gaan lees onder andere ook by:
http://www.boerevryheid.co.za/forums/archive/index.php/t-24081.html
http://afrikanervolksparty.org/index.php?option=com_content&view=article&id=3660:clem-de-klerk-se-bogpraatjies-bluf-nie&catid=16:artikels&Itemid=12 – Hier word ‘n ene Adriaan Pont ook bygesleep.
http://www.volkstaat.org/index.php?option=com_content&view=article&id=176:1808201001&catid=59:laaste&Itemid=109 – Hier word daar onder andere verwys na “die “naïewe” mnr Clem de Klerk”.
Ja, “waar ‘n rokie trek is daar ‘n vuurtjie” … Dit nou die man van Bravoland met sy Bravolandvlag en sy Bravoland volgelinge met hul gastehuise so oorkant die eNGee Kerk endiesmeer/derglike plekke en so aan in stede, dorpe, plase en ander plekke, en wat sommer die Boerevlae saam met die bogenoemde Unievlag en Kamma Bravolandvlag vertoon. Verkragting.
Ns. Die aanvaarding van die Vrymesselaars se ‘Die Stem van Suid-Afrika’, van die Kaapse Vrymesselaar C.J. Langenhoven, as ‘volks’lied was ook net so oor Die Boervolk gestoomroller vanaf publikasie op 31 Mei 1918 totdat dit amptelik as volkslied in 1957 aanvaar is. Net soos die Unievlag.

Dirk Albers

Ek het lank terug n praatjie gehoor, waar heraldiek-spesialiste interessante dinge gesê het nl. Die insluiting van die ” union jack, ” in die sogenaamde Republiek-vlag, was belaglik verby ! ( soos om n kruis op n bordeel se deur te sit ! ) Maar die mense is bedrieg, deur te sê, die union jack is maar net daar, om die engelse mense beter te laat voel ? Die eintlike rede was, om subtiel te beaam, dat die Britte steeds die RSA regeer, ten spyte van al die republiek-nonsens ! Ek het al ondervind, dat mense wat hierdie vlag aanbid, hou nie van die woorde, Boer, Adamiet, en Israeliet nie ? Nou ja, ek hou BAIE van al drie hierdie woorde !

JB

Dirk

Snaaks hoe woorde in groepe voorkom. Nou weer: Union “Jack”. Onthou jy die Lieg “Jack” storie van nou die dag? Dieselfde Lieg “Jack” is nou weer hier doenig … hy lieg so baie dat hy nie meer weet of hy nou “Klein Jack” of groot Jack is nie …

“Doringbos” Jack …

Groete

JB

Dirk Albers

“Juf Ehlers”, die ‘dame’ Cussonia Spicata en vrindinne se liddorings is so erg, so saam met die skurf’geit’, dat hulle hul skoene van binne af deurloop.

Groete

JB

Ek lees nou net by Stakings-Suid Afrika:

“Migdol, Lichtenburg. Situasie ruk handuit. Onluste polisie oppad.”

“KENNISGEWING! Moet asseblief nie die Schweizer-Reneke/Delareyville pad gebruik nie. Betogers is besig om die pad op Migdol toe te maak met klippe ens.”

Dit nou in die laaste uur.

Ek noem dit spesifiek want Migdol is mos die plek waar ons bymekaar gaan kom …

Dirk Albers

JB, ek dink nog steeds, dat iemand op n veilige plek in die Karoo/Weskus store moet bou, sodat Volksgenote, wat nie nou al kan trek nie, ten minste lewensmiddele kan gaan stoor. En ek kyk daarna, in terme van die oorlewing van ons Volk. As dinge regtig skeef loop, gaan duisende mense vlug, met net die klere aan hulle lywe ! As ek n miljoenêr was, sou ek dit lankal gedoen het, want die blanke ras moet oorleef in hierdie land. Ek is nie oortuig, dat ons in dorpe/stede sal kan oorleef, as alles in duie stort nie. En dan kyk ek nie eers na die barbaar-faktor nie. Maar nou ja, ek het die plan, maar nie die bankbalans nie !

JB

GEDAGTES
Veg, vlug, verstar.
Staan vas, klap tone, val flou.
Rug teen die muur … Veg!
Broeksak, gatsak, knapsak, baalsak, grypsak.
Sanna, rollie, kogels.
Water, pap, biltong, beskuit.
Bakkie, matras, brandewyn, ‘tool’boks.
Hoed, vellies, kombers, groet.
Platsak vir haak en Venter, wat nog Prado, Patrol, Cruiser, Fortuner?
Sak-Sarels van Groter Orania, Kleiner Fonteinia, grootbekia, geldmakia, boelsjitia.
Wil nie daar gania.
Ook nie Upington-Oos nie ja …
Wie se plaas ja?
Nou, hoe nou ja?
Jan Tuisbly se karretjie met Sanna, Bid en Biblia …?

316
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x