DIE VAANDELDRAER

As die oproep weerklink

Oshakati2
Oor die afgelope jare het ons dikwels gehoor van mense wat baie interssante en besonderse drome gehad het. Maar meestal was die betekenis daarvan moeilik te verklaar. Hierteenoor was drome wat in die Bybel opgeteken is, duidelik en spesifiek en het dikwels ‘n profetiese boodskap gehad. So lees ons bv. van die Farao in Egipte wat Josef se hulp moes inroep om sy droom van die sewe vet en se maer koeie te verklaar.

Ek deel selde my drome met ander, want die kundiges sê drome is dikwels maar net ‘n ontsnappingsroete vir ongelukkigheid, spanning en kwellinge wat in die onderwussyn opgaar.

Maar vroeg vanoggend (vieruur) het ek ‘n eienaardige en baie duidelike en uitsonderlike droom gehad wat ek graag met julle wil deel.

Ek droom ek stap by ‘n huis in en in die eerste vertrek (voorportaal) hoor ‘n man ‘n gedig uit my kindertyd sing. Ek hoor net die eerste strofe:

As die oproep weerklink: Na die strydperk van eer
Want die vaderland is in gevaar…

Terwyl hy sing, is dit asof die lied ‘n geur afgee — ‘n baie aangename geur van ‘n kruie uit my kindertyd. Die naam daarvan kon ek nie onthou nie.

Ek stap toe deur na die volgende vertrek en daar hoor ek weer ‘n mansstem wat dieselfde woorde sing, en weer gee dit daardie aangename aroma af.

In die derde vertek gebeur presies dieselfde. Maar hierdie keer hou die persoon op met sing; hy oorhandig aan my ‘n groterige blik en sê die lied se geur is daarbinne. Ek kyk toe in die blik en sien daar is van die kruie in en ek kon dit ruik.

Toe skrik ek wakker.

Ek het dadelik opgestaan, my rekenaar aangeskakel en op die Google-soekenjin die woorde “As die oproep weerklink” getik.

Daar was twee uitstaande treffers. Die een ‘n verwysing na A.G. Visser se gedig met dieselfde titel; en die ander ‘n verwysing na Anthony Feinstein se boek Kopskoot, ‘n publikasie van Tafelberg Uitgewers.

Feinstein se boek handel oor die Grensoorlog, waar hy as mediese offisier in die psigiatriese afdeling “honderde soldate in Suid-Afrika en op die Grens in Ovamboland, Namibië, geëvalueer en behandel het”.

Een van sy pasiënte was vas oortuig daarvan hy kry vooraf tekens wat hom waarsku dat ‘n Swapo-aanval gaan plaasvind.

Ek gee hier ‘n kort uittreksel uit een so ‘n gesprek tussen hom en die psigiater waarin die woorde “die oproep weerklink”, voorkom:

“Het jy gisteraand iets ongewoons opgemerk, dok?”

“Nee. nogal nie,” antwoord ek (die psigiater).

“Die gewere. man, die nagtellke spervuur, verrstaan jy nie? Hulle (Swapo) het vier keer geskiet, net vier keer! In plaas van die gewone ses. En elke sarsie is gevolg deur ‘n stem, helder en duidelik, wat ‘n kode uitsaai na al die kaders wat in die bos skuil. ‘n Oproep om die wapen op te neem. Val aan. Val aan. Val aan. Val aan. Vier keer het die oproep weerklink: Môre is D-dag. Alles in kode, maar heel duidelik vir my. Dit was die finale teken. Oshakati is volgende op Swapo se lys.”

Die Burger van 18 Augustus 1986 berig dat in die vroeë oggendure van Sondag, 22 Junie 1986, is Oshakati met 122-mm missiele deur Swapo-terroriste bestook.

(Op 22 Junie vanjaar sal dit presies 30 jaar wees dat die aanval op Oshakati plaasgevind het).

Hier is A.G. Visser se volledige gedig. Sover ek kon vasstel, het die sanger Machiel Grobler die woorde in die vyftigerjare getoonset en is dit deur hom en sy familie gesing.

Let veral op na die aanvangswoorde van die laaste kwatryn van A.G. Visser se gedig: “En die lied, soveel male herhaal al… verstom.

(Het hierdie herhaling dalk ‘n verband of korrelasie met die woorde van die lied wat in elke vertrek gesing is?

As die oproep weerklink: Na die strydperk van eer
Want die vaderland is in gevaar,
Saal die burger sy perd op en gryp sy geweer,
En die ure van afskeid is daar.

Waar ek gaan, gaan jou beelt’nis, my Liefste, alom:
Maar my hart laat ek ewiglik hier.
As ek kom, as ek kom, as ek eendag weer kom,
Word ons bruilof, my Liefste, gevier.

Ag die stryd was so lang en die dae so bang
En nog banger elk’ slaaplose nag,
Tot die glans uit haar oog wyk, die blos van haar wang,
Het sy dae en jare gewag,

Steeds gewag en verwelk soos ‘n kwynende blom
Wat die tuin van haar hart nie meer sier; –
As hy kom, as hy kom, as hy eendag weer kom,
Dan sal liefde en trou seëvier.

Al die burgers kom tuis en sy soek langs die ry
Vir ‘n lang, lang verwagte gesig,
Hulle kom, hulle gaan, nou is almal verby…
Uit haar wese verdwyn al die lig;

En die lied, soveel male herhaal al, verstom…
Hy lê ver op die slagveld van eer …
As hy kom, as hy kom … hy sal nimmer weer kom,
Net verlange en hartseer kom weer.

Blog Artikels

Solidariteit, Afriforum en die Afrikanerbond - 'n doringbos in die Boervolk se pad.
‘n Paar van die onderwerpe wat in die boekie behandel word sluit in: Die heilige boomstamme, Kersfees, Paasfees, Aanloop van die Hervorming, Nimrod en Babilon
Subscribe
Notify of
guest
4 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments
Abjater

Die dromende wat hierdie gawe van voorkennis het, moet nou soos Jakob gaan lê en droom om ‘n droomgesig te sien. Hy moet op sy bed lê asof hy in die veld lê, sonder enige bedekking. Hy moet op sy maag lê en sy skoene aanhou. Sy hoof moet hy na links draai, sy arms gemaklik langs sy sye. Geen komberse, klere of kussing, net sy skoene moet hy aanhou. So moet hy aan die slaap raak en droom om ‘n droomgesig te sien.

Abjater

En kyk Ek is met jou, en ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring in hierdie land, want Ek sal jou nie verlaat nie, todat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het.
Daarop word Jakob uit sy slaap wakker en sê: Waarlik, die Here is op hierdie plek, en ek het dit nie geweet nie. En hy het bevrees geword en gesê: Hoe vreeslik is hierdie plek

Genesis 28:10 – 22

Adriaan Snyman

Dit is vandag die 22ste – presies 30 jaar na die aanval op Oshakati!

Johannes

Oom Adriaan. Ek wil graag ook iets deel. Ek was wakker gemaak die more van 21/6 om 3 uur. Duidelik met my naam: Johannes! Ek het geantwoord met Ja. En toe se die man vir my: Daar is nog 138 dae oor en dan begin dit” Ek het opgestaan en gaan tel op die kalender. Ek kom op 3 Nov. uit. Ek weet nie wat dit beteken nie, maar wanneer het Johanna Brand haar droom gehad oor Amerika het net n 100 jaar oor?

4
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x