As die alarm afgaan

Ons het in die afgelope jaar of twee die “Alarm Span” leer ken as een van die meer betroubare bronne wat betref sensitiewe inligting oor koverte operasies en gebeure in SA. Inligting wat selde of ooit in die media gepubliseer word. Hulle benadering is ook altyd nugter, professioneel en op die man af.

Daarom het ons dit goed gedink om hierdie effens verkorte weergawe van die Alarm Span se jongste verslag op ons blog te plaas, aangesien dit ‘n goeie uiteensetting gee van gebeure wat dalk in die nabye toekoms vir ons voorlê – gebeure wat allesbehalwe prettig gaan wees!

Aan die einde verskaf ons ons eie vertroulike inligting om die prentjie volledig af te rond:

“Die Alarm Span is al vir ‘n geruime tyd van opinie dat Nelson Mandela reeds dood is. Ons het egter rede om te vermoed dat sy begrafnis binnekort gehou gaan word. Daar is baie aanduidings dat die aankondiging dalk binnekort gemaak kan word. In 2009 is “Umthatha” as ‘n “Rapid High Impact Presidential Intervention Node” verklaar en daar is ernstig begin om vervoer, paaie, elektrisiteitstoevoer en watervoorsiening te verbeter. Die nuwe aanloopbaan op Mthata-lughawe is reeds einde Mei in gebruik geneem en die verbeterings aan paaie en elektrisiteitstoevoer is voltooi. Orals waar belangrike mense en toeriste gaan ry en beweeg is heelgemaak en verbeter. Selfs van die grondpaaie in die omgewing is goed herstel. Saam met die nuwe paaie, brûe en elektrisiteit is daar ook nuwe vulstasies, hotelle en die Nelson Mandela Museum wat alles te mooi en pragtig en baie nuut vertoon.

“Daar word natuurlik van alle regerings oorde af beweer dat dit deel is van die normale verbeteringe wat die regering orals in die land wil doen en dat dit niks met Mandela se begrafnis te doen het nie. Die poging om die Mthata-lughawe te verbeter is reeds lankal aan die gang, maar is al vanaf 2008 so ‘n gemors dat niks klaar gekry word nie. Dit was egter nooit regtig ‘n groot prioriteit nie, maar skielik in 2012 verander die situasie redelik ernstig en word die verbetering van die Mthata-lughawe se aanloopbaan ‘n “Rapid Development” projek. Die projek se “Environmental Management Plan” (EMP) stel die volgende onomwonde in sy inleiding: “Dit is ‘n spesiale omstandighede-projek en die projek word onderneem vir die voorsiening van infrastrukture vir die landing van vliegtuie by Mthatha-lughawe vir ‘n spesiale geleentheid wat van nasionale belang is en hou verband met die gewese president,” tot dusver die verslag.

“Zuma het op 22 November in die Mthata omgewing gaan inspeksie doen op al die verbeteringe wat aangebring is en soveel politieke myle as moontlik daaruit probeer haal. Hy en al die belangrike mense het dus gaan seker maak dat dinge goed lyk en hulle was blykbaar heel ingenome met hoe dit vertoon. Die leser wat nie weet nie moet net besef dat Mthata slegs 31.3 km vanaf Qunu, Mandela se tuisdorp in die Oos-Kaap is. Alle verbeteringe wat aangebring is het Qunu ook ingesluit en dit vat slegs 33 minute se ry op die lieflike nuwe pad om die afstand tussen die twee plekke af te lê.

“Op Woensdag 27 November kanselleer die SA lugmag die baie gewilde twee jaarlikse “Wheels and Wings”-skou op LMB Ysterplaat wat op 7-8 Desember gehou sou word. Geen rasionele rede word gegee nie en die eensydige kansellasie het baie mense wat alreeds baie geld aan die skou bestee het die hoenders in gemaak, en die redes wat aangevoer word, is baie onsinnig.

“Op Donderdag 28 November word daar deur die hoof van die SANDF opdrag gegee dat alle verlof vir alle SANDF lede vir die Desember-tydperk gekanselleer word. Geen rede is aangevoer nie. Die Alarm Span het ook bewus geraak van groot militêre konvooie wat vanuit Pretoria en Bloemfontein na Qunu gaan beweeg.

“Indien Mandela se dood wel amptelik aangekondig word, sal die tydsberekening tot voordeel van die ANC wees. Mandela se begrafnis sal nog meer aandag as die Wêreldbekersokker geniet en almal, van Obama tot die Pous, sal seker hier opdaag. Dit sal natuurlik ook help om die aandag van die Nkandla skandaal en die skeuring van COSATU weg te lei. Daarbenewens sal dit baie, baie voordelig wees om die begrafnis op 16 Desember te hou wat alreeds as versoeningsdag bekendstaan en toevallig dié jaar op ‘n Maandag val. Dus is daar ‘n baie handige langnaweek op hande wat tot maksimale voordeel gebruik kan word.

Die feit dat die Nelson Mandela-“movie”ook pas vrygestel is, verskaf dan die kersie op die koek. Die geleentheid is net te goed om van die hand te wys. Sal ‘n amptelike aankondiging van Nelson Mandela se dood in die volgende paar weke gedoen word? Ons sal nie regtig seker kan wees voordat die aankondiging gemaak word nie, maar sal glad nie verras wees indien dit wel gebeur nie.”  (Die ALARM SPAN).

Ons aanvullende inligting: (met dank ook aan B vir sy bydrae)

Zuma staan met sy rug teen die muur, hy weet dat hy in die moeilikheid is. Hierdie keer kan hy deur sy vyande verwyder word.

Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, se verdoemende verslag oor die sekuriteitsopgraderings by Nkandla word Januarie bekend gemaak. Dus het Zuma nie veel tyd om te verspeel nie en sal hy sy planne (wat dit ook al mag wees) gou moontlik moet uitvoer, want:

  • Net soos Mbeki kan hy herroep word as president
  • Dan wag daar vir hom moontlike vervolging en tronkstraf
  • En hy gaan dié keer nie weer so maklik uit die gemors kom as vóór sy verkiesing as president nie
  • EFF & DA het klaar laat blyk dat as hulle moet wen, word hy aangekla
  • Die ANC gaan dalk 55% van die stemme kry en ons weet dat die CIA & MI6 en moontlik ook ander van hom ontslae wil raak
  • Zuma se eie party raak kriewelrig en besef met hom aan die stuur het hulle moeilikheid, want hy is nog in beheer en kan sekere opsies gebruik om sy bas te probeer red.

Hy moet op 16 Desember ‘n 9 meter hoë standbeeld van Mandela voor die Unie Gebou onthul; en dis dalk net die regte oomblik vir die ANC om Mandela se dood aan te kondig (hulle sou hom ook graag op dié dag wil begrawe!). Deur die swart massa dan op te stook, hoop hulle om Geloftedag vir altyd te vernietig . Met die massas wat dan woedend is oor NM se afsterwe, kan Zuma maklik anargie stook. Die anargie deel hy met sy vyande, en die blankes word genadeloos aangeval. Onthou dit was al hulle plan in die sestigerjare net voordat kaptein H.J. van Wyk en sy manne by Rivonia toegeslaan en Mandela-hulle se moordorgie gestuit het.

Die verkiesing word nou uitgestel en die VN monitors kom na SA om sake oor te neem, die orde te herstel en ‘n interim regering (die DA?) aan te wys.

Die Israel se Adjunk-Eerste Minister, MK Avigdor Liberman, het onlangs alle Jode in Suid-Afrika gewaarsku om so gou moontlik “uit die land te vlug” (to flee before it was to late) weens ‘n dreigende bloedblad (pogrom) wat hier gaan losbars. Hy het terselfdertyd die ANC regime beskuldig van anti-semitisme en huigelagtigheid jeens Israel.

Die sogenaamde Versoeningsbrug (“Brug van verraad”), is onlangs by die Bloedriver-terein voltooi. Die brug verbind die feesterrein met die Zoeloes se monument aan die oorkant van die rivier vanwaar die Zoeloes hulle aanslag gelewer het.

Dit was die volksverraaier, Constand Viljoen, destydse leier van die Vryheidsfront, wat op 16 Desember 1998 oorgestap na waar die Zoeloes ‘n halfvoltooide monument onthul het, om met hulle te gaan blad skud en te versoen. Daarmee het hy sy veragting getoon vir die heilige eed wat die Voortrekkers in die Bloedrivier-laer afgelê het om op dié dag hulle Skepper te eer vir die oorwinning wat Hy aan hulle gegee het. Daar is geen sprake van versoening in die Gelofte-belydenis nie.

Brug van verraad
Brug van verraad

‘n Groep blanke Geloftegangers wat beplan het om op 16 Desember op die feesterrein saam te trek, is gewaarsku om liewer weg te bly, aangesien daar “geweld en bloedvergieting” verwag word.

Gebeur daar egter niks nie, is Januarie 2014 die volgende chaos-datum. Mynwerkers landswyd beplan om dan gesamentlik te staak vir ‘n basiese loon van R12 500 en hulle is glo vasberade om daarmee deur te druk; veral omdat dit die afgelope tyd gereeld in die nuus was dat nie net die mynbase nie, maar ook ander maatskapyhoofde tot 400 keer meer verdien as die gewone werker. So bv. is Julian Roberts van Old Mutual se jaarlikse inkomste R35 miljoen; en Sasol het aangekondig dat sy uitvoerende hoof ‘n verhoging van 68% gaan ontvang, terwyl werkers met 6-7% tevrede moet wees.

‘n Beter resep vir ‘n volskaalse burgeroorlog, moet nog gevind word!

Die derde en waarskynlik grootste onheil wag egter vir ons met volgende jaar se verkiesing – presies 20 jaar nadat die ANC-nagkar op ons drumpel omgeslaan het. Die toekomsvoorspeller, Clem Sunter, van Anglo-American Kooöperasie Sake is nou byna oortuig daarvan dat ons Arabiese Lente nie meer gestuit kan word nie, en die keutel in die drinkwater, sê hy, is Malema wat byna seker kan wees van 20% terroriste, leeglêers en werkloses se stemme in die verkiesing. En hierdie rejected, angry young men is almal slaggereed en voorberei vir oorlog en plaas- en huisbesettings. Hulle is glo vir dié doel in aanvalseenhede van 100-200 ingedeel. Die leiers staan bekend as Isikhokeli.

Malema word deur die CIA en MI6 via Zimbabwe gesteun en sy “veterane” het drie jaar gelede al opleiding in Zimbabwe ontvang vir grondgryp-operasies. Hulle opleiding was daarop toegespits om eienaars van plase wat hulle wil beset, aanhoudend te intimideer en met die dood te dreig, en as dit nie help nie, word die eiendom met geweld beset.

Dit is presies wat verlede naweek in Howick Natal gebeur het toe swartes mnr. Peter Train, se heinings vir die soveelste keer geknip en hulle beeste op die plaas gejaag het. Die polisie het die booswigte gevang en met ‘n waarskuwing weer vrygelaat. Die volgende dag  was hulle weer op die plaas, dié keer gewapen met knopkieries, stokke en ʼn byl. Die eerste 24 uur is van uiterste belang, want daarna word dit al byna ’n saak van onmoontlikheid om van besetters ontslae te raak.

Onwettige betreders op Howick boer se plaas
Onwettige betreders op Howick boer se plaas

‘n Kennis van ons wat onlangs deur Zimbabwiërs in SA gekaap is ivm ‘n diamanttransaksie wat skeefgeloop het, was verstom oor hulle uitgebreide militêre netwerke in die land. Die kapers het dae lank met hom van bakboord na stuurboord gery, hom gemartel en met die dood gedreig sonder dat hy geweet het wat hulle in die mou voer. Hy het elke oomblik vir sy lewe gevrees, en kon dit nie glo toe hulle hom uiteindelik vrylaat nie.

Wat hom later opgeval het, is dat oraloor waar hulle beweeg het, was daar “onsigbare Zim-soldate” wat die kapers per selfoon gewaarsku het van polisie-teenwoordigheid in die omgewing, gewaarsku het om sekere paaie te vermy, ens., ens. Hy sê hulle spanwerk was ongelooflik goed gekoördineerd — so asof hulle lankal hier ingegrawe is. Eers nadat die kapers hom net buite Sasolburg uit die voertuig gestamp en hy beseer daar langs die pad gelê het, het hy gewonder hoeveel van hierdie Mugabe Skim-magte hulle in SA bevind en met watter doel hulle hier opereer?

Hy was van mening dat dit net verband kan hou met Malema se beoogde revolusie aanstaande jaar.

Is dit dalk waarom die ANC regime en media swyg oor die Sowetan-nuuspamflette wat onder swartes versprei word met die volgende opskrif: “MK vets warns of civial war…” Weet hulle dalk iets wat die regime nie weet nie?

Niemand steur hom egter daaraan nie. Selfs blankes trek net die skouers op en maak dit af as bogpraatjies! In 1990 toe regse stemme opgegaan het na die vrylating van Mandela en gewaarsku het dat ‘n swart regering ons voorland is, het die politieke wipplankryers ons gerusgestel: “Dit sal nooit hier gebeur nie. Suid-Afrika is nie Zimbabwe nie!”

En nou?

Maar weet hierdie bogpraatjie-kwakers ooit wat in die land aangaan? Dra hulle kennis van die Chinese militêre kampe? Chinese rekrute wat hier as vlieëniers opgelei word, of van die meer as twee dosyne maatskappye wat stil-stil in Chinese hande oorgegaan het? Of het hulle dalk al gehoor van die voorvalle by Beitbrug waar swaar vragmotors gelaai met kiste ammunisie en AK-47’s kort na sononder afgetrek word, om gedurende die nag spoorloos te “verdwyn”? Dit word vermoed dat die wapens en ammunisie iewers in polisiekluise weggebêre lê.

En intussen volhard die ANC steeds met sy liegstories oor Mandela se toestand wat al maande lank “kritiek maar stabiel” is. Die ganse wêreld weet reeds hy is dood. Ons het dit in die London Express gelees; Bush het dit op TV bevestig; die Nederlandse regering het al ‘n minuut lank stilte daaroor gehou en die Australiese nuusdienste het dit aangekondig. In die ganse heelal is dit net Zuma-hulle wat nog nie die nuus gehoor het nie!

Hoekom nie?

Kom ons wees maar eerlik: al die geheimsinnigheid rondom Mandela se dood en begrafnis het net dele te doen met die paar miljoen rand wat hulle hoop om daaruit te maak, en het absoluut niks uit te waai met onderlinge familietwiste óf blankes wat aan ‘n lyntjie gehou word nie. Eintlik het dit alles ter doen met Dingaan wat nie kan vergeet nie, vergeet wat met hom op 16 Desember 1838 gebeur het nie. Dit spook nog by hom. Hy sidder steeds oor daardie dag, en leef in voortdurende vrees vir die oomblik as die boer weer die Andries Pretorius en Sarel Cilliers in homself ontdek, weer besluit om saam te staan, na sy God te roep en ‘n Tweede Bloedrivierlaer te trek.

Hy vrees dit al 185 jaar lank!

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470