BLOG

Ons riviere verander in rioolkanale

 

Daar is ‘n merkwaardige ooreenkoms tussen Siener se voorspellings van besoedelde drinkwater, ‘n dodelike pes wat as gevolg daarvan kan uitbreek en dit wat ons tans in die land ondervind.

In verskillende gesigte het Siener gesien dat gebiede, veral in die noordelike dele van Suid-Afrika, as gevolg van gebrekkige of geen instandhouding, ‘n ernstige tekort aan skoon drinkwater sal ondervind – die riviere sal ook besmet wees met riool. Selfs ons munisipale water sal nie meer drinkbaar wees nie.

Met die jongste verslag van die Departement van Water en Sanitasie oor die toestand van die Vaalrivier, is hierdie profesieë besig om in vervulling te gaan. Volgens die verslag is daar onlangs 435 000 eenhede E.coli per 100 ml water in die Rietspruit gemeet waar dit in die Vaalrivier by die Loch aansluit.

Die Departement waarsku op sy webblad dat wanneer 400 eenhede E.coli per 100 ml water in ’n rivier, spruit of dam gemeet word, dit uiters gevaarlik is vir menslike gebruik. (Wat in die verslag verswyg word, is dat blankes wat hierdie water vir huishoudelike doeleindes moet gebruik, dit vooraf suiwer, terwyl swart gemeenskappe dit nie doen nie).

Die laaste twee weke se E.coli-tellings is die hoogste in die geskiedenis. Dan is daar ook nog ’n brandpunt in die Vaalrivier stroomop van die Lochvaal-pompstasies by Drie Riviere in Vereeniging, wat aanhoudend breek en dan onverwerkte rioolvuil deur die Kliprivier direk in die Vaalrivier laat vloei.

Dié ramp is daaraan te danke dat groot pompstasies wat veronderstel is om die riool na die Watersuiweringswerke te lei, die gees gegee het en nou heeltemal onherstelbaar is. Die groot Pompstasies sluit in nrs. 2, 10 en 8. Pompstasie nr. 2 was die laaste werkende pomp, maar het so pas uitgebrand.

Daar moet na regte vier werkende pompstasies wees, maar weens ELM se geldgebrek, was Pompstasie nr. 2 die enigste werkende pomp … wat natuurlik ooreis is en uiteindelik uitgebrand het. Nou loop Vereeniging, Peacehaven, Arconpark, Waldrif, Sonlandpark, Drie Riviere, Risiville Vanderbijlpark (die hele Emfuleni- streek) se riool direk in die Vaalrivier.

In Vanderbijlpark gaan dit net so sleg. Die hele Vanderbijlpark en Vaal Mall-area loop na die Rietspruit-waterwerke wat staan weens kabeldiefstal. Die R42 ( Alex Roadhouse) se rioolpyp is reeds twee jaar gelede verwoes (gesaboteer?) en geen riool loop soos dit veronderstel is na die Rietspruit-waterwerke nie. Die Emerald Casino Rivier-pompstasie kry die bo-dorp se riool (S-areas) en al hierdie riool moet na regte na die  Rivierpompstasie gaan, maar met alles wat buite werking is, loop al hierdie riool tans direk in die Vaalrivier.

 

Besoedeling in die Vaalrivier

 

Hierdie hele gebied staar ‘n ramp in die gesig wat nie meer gekeer kan word nie!

 Ons is vroegtydig gewaarsku

Siener het hierdie skokkende gebeure presies ‘n 100 jaar gelede voorspel toe hy op 20 Sept. 1921 gesien het die Vaalrivier se water is vuil en ondrinkbaar. “’n Gemesselde stroom water kom van die Westekant af, maar die water is bruin en die water spat op my velskoene waar ek langs die water staan.” (Hierdie is ‘n baie belangrike gesig): Leiwater kom uit ‘n rivier in ’n mensgemaakte kanaal vanuit die weste (Vaalrivier), maar die water is vuilbruin en sonder twyfel ook ondrinkbaar. Dat die vuil water op Siener se velskoene spat, beteken die volk sal nie gevrywaar wees om daardeur besoedel te word nie, en dit mag selfs gebeur dat daar ‘n maagsiekte kan uitbreek.

In ’n visioen van 12 Desember 1917 sien hy: “Van die Noorde kom ’n groot tjenk. Uit die tjenk rol fijn skaap mis die tjenk rol na die Zuide die aarde word net een miswerf. (dui op ’n siekte/pes wat die hele aarde in een of ander stadium nog sal tref).

In Siener se tyd was daar nog maar min munisipaliteite of dorpsrade (behalwe in die groter stede) wat kraanwater voorsien het.

Die boere op die plase en ook die dorpsbewoners het meestal groot opgaartenks gebruik om hulle drinkwater in te bewaar. Dit is dus betekenisvol dat oom Niklaas skaapmis (uitwerpsel) uit die tenk sien rol het, dit is ’n aanduiding dat ons drinkwater nog eendag  só besmet en besoedel gaan word dat dit haas ondrinkbaar sal wees.

Wanneer hierdie dinge gebeur, is dit ook die tyd dat Siener die volk verslae in sak en as sien sit; sy hoed hang oor sy oë en hy het reeds alles prysgegee, selfs sy kosbare kultuurerfenis is hom ontneem. En die handjie vol behoudendes wat in 1994 nog probeer weerstand bied het, sit almal vandag in die gevangenis en die res se moed is gebreek — (9/1/1915) — perderuiters (m.a.w. manne wat gereed was vir oorlog), staan hulpeloos en verraai en kyk na die verbygaande, vlugtende waens.

Twee ander gesigte in verband met water- en kosskaarste is 18 Feb. 1918 — “Groot mandjies lê aan die kant van die see in die water.” Mandjies word sedert Siener sê tyd as houers vir kos gebruik en die feit dat dit leeg op die strand lê, is ‘n aanduiding van kosskaarste … En op 18 Okt. 1917 “kom ’n dam in gesig vol water, die water raak dan weg en die klippe van die blad van die dam maak hom vol en daar kom nog ’n dam in gesig en toe is daar een wat leeg is.” Dis nie net ons drinkwater wat besoedel sal wees nie, maar ’n groot droogte of droogtes gaan ook veroorsaak dat selfs van die reservoirs kan leeg loop.

As gevolg van die sogenaamde regstellende aksiebeleid, beskik plaaslike owerhede nie meer oor die kundigheid en instandhoudingspersoneel om rioolbehandeling en suiweringsprosesse op standaard te hou nie. By die meeste plaaslike owerhede bestaan daar nie eens meer standaarde nie, en word in die nagtelike ure miljoene tonne rou riool in die Vaalrivier losgelaat. Klagtes by die betrokke plaaslike owerhede het tot dusver op dowe ore geval en die situasie vererger van dag tot dag. Die weerstand van die natuur is besig om te knak en ’n wesenlike natuurramp, met gepaardgaande siekte en pes, ontvou op die oomblik oor ’n groot deel van ons land.

Ons riviere is besig om in rioolkanale te verander.

 Die COVID-slagting

Behalwe die vernietiging van ons drinkbare watervoorraad en langdurige droogte wat die afgelope jare verwoesting gesaai het, het COVID-19 sedert Maart 2020 letterlik duisende klein- en middelslag sakeondernemings op hul knieë gedwing — wêreldwyd loop dit in die miljoene.

Al wat ‘n regering is, het die een noodmaatreël na die ander getref om hierdie sogenaamde ‘corona-pes’ te probeer bekamp. Lande het hul grense toegemaak, vlugte is gekanselleer, besighede moes hul deure sluit, ook skoolonderrig en kerkdienste is verbied, en sekere hospitale in Suid-Afrika het selfs geweier om COVID-19-besmette pasiënte toe te laat.

Miljoene mense is reeds wereldwyd teen COVID-19 ingeënt nadat oorhaastige toetse met die verskillende entstowwe gedoen is. Dit neem gewoonlik 8 tot 14 jaar voordat ’n betroubare entstof ontwikkel is.

En so pas het die bekende Franse viroloog Dr. Peter McCullough, die skokkende onthulling gemaak dat ALMAL wat teen COVID-19 ingeënt is, weens die newe-effekte daarvan sal sterf. Dit het aan die lig gekom na ʼn ondersoek deur die Washington Universiteit.

En asof dit nie genoeg is nie, voorspel die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie(WGO) Tedros Adhanom Ghebreyesus, dat ons “gereed moet maak vir ‘n virus wat baie meer oordraagbaar en dodeliker sal wees as COVID-19, en wat die wêreld na die volgende pandemie gaan lei, ‘n pandemie waaraan miljoene der miljoene kan sterf en wat ‘n ‘absolute sekerheid’ is!” Wat hy egter nie bygevoeg het nie, is dat hulle gereed sit om die virus vry te stel.

Bill Gates wat die wêreldbevolking wil verlaag tot 500 miljoen, het ‘n soortgelyke aankondiging al op 28 April 2018 tydens ’n bespreking met pres. Trump oor epidemies gemaak toe hy gesê het: “Die volgende dodelike siekte wat ’n wêreldwye pandemie sal veroorsaak, is voor die deur en ons is nie gereed daarvoor nie!”

Klaus Swab, stigter van die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF), wat meer invloed het as wat enige koning of keiser ooit in die wêreld gehad het en wat net daarop uit is om te ondermyn, wil saam met ‘n aantal meelopers Die Groot Herstel (The Great Reset) bewerkstellig deur ‘n nuwe en dodeliker pandemie te gebruik om miljarde mense uit te wis. Van sy belangrikste kornuite is mense soos Bill Gates, Anthony Fauci, Mark Zuckerberg, Jack Dorsey, asook die Demokratiese Party van Amerika.

 Klaus Schwab
Klaus Schwab

In ‘n toespraak van Swab wat deur die WGO gepubliseer is, was dit duidelik dat daar by hom geen twyfel was oor die koms van hierdie dodelike pandemie nie. En die verwagting is dat dit moontlik sal uitbreek aan die begin of gedurende die volgende Amerikaanse winter.

Op 11 Maart 1922 het Siener ‘n gesig gehad wat miskien hiermee verband hou en wat nog bewaarheid moet word. Hy het gesien hoedat “’n groot besem die aarde skoonvee…”

Die betekenis van die besem het Siener eendag aan Boy Mussmann verklaar toe dié by hom wou weet wat gaan veroorsaak dat ons vyande op die vlug sal slaan? Sy antwoord was “Dis die Gees van Verskrikking wat God in hulle se harte gaan opwek (vir die Groot Besem) en wat sal maak dat hulle halsoorkop op die vlug gaan slaan…”

Toe verwys oom Niklaas hom na Jesaja 14:15 “Die Here het die stok (wapen) van die goddelose verbreek, die staf (wapen) van die heersers, wat die volke verwoes het in grimmigheid met slaan sonder ophou, wat in toorn oor die nasies geheers het met ‘n agtervolging sonder verskoning… Ja, in die doderyk sal jy neergewerp word, in die diepste plekke van die kuil…”

Is dit dan toevallig dat die woord ‘corona’ in Hebreeus beteken ‘Crown of fear’ (kroon van vrees)?

Kan dit dalk gebeur dat ‘n doodse angs vir hierdie ‘Groot Besem’ die rede sal wees waarom mense ‘op die vlug gaan slaan’?

Op 26 Januarie 1920 sien hy ‘n perskeboom (teken van oorvloed geld) wat verander in ‘n  sipresboom (‘n teken dat geld waardeloos sal wees). Weereens ‘n aanduiding dat ekonomieë  in duie gaan stort. En op 11 Mei sien hy kafferkoringare wat die sinnebeeld van mense aanneem en dan word die mense nakend. Kafferkoring is ook ‘n simbool vir geld, en hiervolgens gaan baie mense al hulle geld verloor.

Maar dis nie al wat ons kan verloor nie.  Kyk mens na die ANC se toekomsplanne vir blankes, lyk die prentjie donker.

Die ekonoom Magnus Heystek het pas bekend gemaak wat die ANC se geheime vyfpunt-plan vir ons is:

  1. Onteiening van eiendom sonder vergoeding.
  2. Stel verkiesings uit.
  3. Nasionaliseer gesondheidsorg.
  4. Verwyder wapens vir selfverdediging.
  5. Verwerp sigbare polisiëring vir “ons mense” (swartes) en verhoog die BBP-beskermingsbegroting vir die elite.

Hieroor sê Siener hy sien “Die Boere se hoede hang oor hul oë en hul koppe hang laag. (Hulle is baie moedeloos). Ek sien hulle het kolle op die oë wat soos pêrels lyk (hulle word verblind en kan nie sien wat werklik besig is om rondom hulle te gebeur nie). Die droogte het hulle gebreek. Die huidige uitgerekte droogte was dan ook een van die vier perde wat hy in Afrika sien ry het en wat groot ellende, hongersnood en duisende sterftes tot gevolg sou hê. Die vierde en laaste perd was ‘n pes wat so erg sal wees “dat nie al die dooies begrawe kan word nie”.

(Mnr. Boy Mussmann skryf: “Daarna sê oom Niklaas sien hy die gras word weer witdroog (die aanbreek van ’n bitter koue winter) en wanneer die gras weer groen word — September/Oktober — begin ons dinge”).

Siener het ook aan Boy Mussmann gesê: “God gaan die skroef aandraai en aandraai en aandraai totdat ons op ons knieë gaan en Hom om hulp smeek”.

Kan COVID-19 en/of Klaus Swabe-hulle se beplande nuwe virus-epidemie dalk daardie ‘skroef’ wees…?

Op 15 Jul. 1919 het hy ’n gesig gehad van “mense wat in Johannesburg se strate afbeweeg Toe kom mense uit dieselfde rigting met grawe agter die rug … Ek loop in Johannesburg tussen die mynhope deur,” sê hy, “en geen mens is te sien nie ― al die mynwerkers is huis toe gestuur.”

Die vraag is nou, hoekom word hulle huis toe gestuur? Dis tog nie moontlik dat al die myne in ons dag uitgewerk en gesluit sal word nie. Maar ‘n reuse-staking óf ‘n  vernietigende pandemie, kan die mynbase dwing om hul bedrywighede tydelik te staak om te verhoed dat werkers wat met die ‘virus-pes’ besmet is ook ander werkers aansteek.

Nie lank hierna nie sien oom Niklaas ‘n ontsaglike vuur wat die ganse wêreld in vlamme laat opgaan: “…Dan slaan die aarde brand en sien ek ’n gesig van ’n aaklige oorlog; van perde met bloed wat van die perde se stange sal afloop.” (Dis die 3de en laaste Wêreldoorlog).

Hierdie gesig sluit aan by wat ons in Openbaring 14:19-20 lees: “En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok (die mensdom) van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die grimmigheid van God. En die parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde, twee honderd myl ver…” 

Ten slotte: Die ANC is glo gewaarsku dat daar geweld en rewolusie kan uitbreek sodra die inperkingstyd beëindig word. Daarom het die regering ‘n firma wat houers (containers) vervaardig opdrag gegee om dringend etlike duisende te vervaardig, sodat hulle dit kan gebruik om die paaie vir ’n tyd lank mee af te sper.

 

 

Blog Artikels

E-BOEK: Kerkverraad is 'n onstellende verslag oor die Afrikaanse kerk se bedrieglike rol in die Boervolk se uitlewering.
Solidariteit, Afriforum en die Broederbond - 'n doringbos in die Boervolk se pad.
Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x