BLOG

Wêreldwye oplewing van rasse-onluste

Op 10 Oktober 1961 skryf Boy Mussmann in ’n brief aan ’n vriend in die destydse Suid-Rhodesië: “Ek herinner my so iets dat u voorheen aan my geskryf het in verband met Siener van Rensburg. U vra of die dinge al gekom het en of hulle nog moet kom. U vra wanneer die dinge moet gebeur.

“Siener het aan my gesê hy noem nie aan ons die datums nie, want ons leer in ons Bybel dat die tye en geleenthede by die Heer alleen bekend is. Nie eens die Engele in die hemel weet dit nie. Maar ons sien sekere tekens en daaraan weet ons wanneer dinge moet gebeur.

“Dit is vir my ’n plesier om aan julle, ‘vlees van my vlees en bloed van my bloed’, te skryf. Veral julle wat daar tussen die swartes en Engelse sit. Almal vyande van ons.”

Die tekens waarna Boy Mussmann hier verwys, is klaar besig om te gebeur, en kan gesien word as die aanloop tot die donker tye of smeltkroes waarvan oom Niklaas voor sy dood gepraat het.

Dit sluit in: die oënskynlike verbrokkeling van Kommunisme; Suid-Afrika se dramatiese hervorming; ons grootste droogte in menseheugenis; ’n nuwe regering wat oorneem, en die NP wie se mag dan slegs tot Kaapland beperk sal wees voordat hy finaal van die politieke toneel gaan verdwyn; stakings wat die landsekonomie gaan lam lê en ook die wêreldwye verspreiding van ’n siekte wat miljoene mense gaan uitwis en waarvoor daar geen geneesmiddel sal wees nie.

Hy het ook gesê hy sien ’n dik muur en agter die muur brand die vuur hewig. Die muur is die Sensuurraad. Dit is donker omdat al die kerse van inligting doodgeblaas is; dit beteken ons word willens en wetens deur die nuusmedia en ons leiers belieg.

Oom Niklaas het gesê dat nadat hierdie dinge gebeur het, sal daar ’n wêreldwye oplewing van rasse-onluste plaasvind. “Dit sal aanvanklik in Europa begin,” het hy gemaan, “en daarna oor die res van die wêreld versprei.”

Rassisme wêreldwyd

Op 3 Des. 1918 het hy ’n gesig gehad van ’n gebeurtenis wat eers in ons dag ’n werklikheid sou word — “Aan die Weste kant is een wit doek. Toe gaan die wit doek oop en toe is daar wit boontjies in, en dit gaan oor die hele wêreld.”

Eerstens, is daar is ’n duidelike parallel tussen hierdie ‘wit doek’ in die Weste en Siener se ‘wit tent’ — wat die beskermende hand van Gods voorstel. Die ‘wit boontjies’ verteenwoordig weer die blanke Westerlinge.

Daar kan nou seker met reg gevra word hoekom die ‘beskermende hand’ van die Almagtige dan juis oor die Westerling (blanke nasies) uitgestrek is? Die logiese antwoord moet ons 2 000 jaar gelede gaan soek toe die dissipels opdrag gekry het om die evangelie aan die ganse mensdom te verkondig. En ons weet dat van al die volke en nasies op die aarde was dit by uitstek net die blanke volke wat by die aanhoor daarvan dit dadelik aanvaar, omhels en sy eie gemaak het. Die blanke regering en sy onderdane in Suid-Afrika het ook getrou die volgende voorskrifte stiptelik nagekom, en was in daardie stadium die mees geseënde volk op aarde.

  • Ons het ons van die ander nasies afgeskei.
  • Ons is nie toegelaat om te verbaster nie.
  • Vreemde nasies is nie in ons plek van aanbidding toegelaat nie.
  • Die homoseksueel is as ‘n gruwel beskou.
  • Selfs vir die sportgod is daar geen ruimte gelaat nie.
  • Ook het ons die Sewende Dag eerbiedig — al het ons op ‘Sondag’ gedoen, en
  • Ons was die kop en die Kusiete die stert.

Maar die gekleurde volke daarenteen verwerp die Christelike boodskap en beoefen totaal vreemde gelowe en godsdienste wat hoegenaamd niks met die evangelie in gemeen het nie. Ek noem hier ’n aantal van die belangrikste godsdienste: Islam, Hindoeïsme, Boeddhisme, Sikhisme, Taoïsme, Judaïsme, Confucianisme, Bahá’í, Sjinto, Jainisme en Zoroastrianisme).

Oom Niklaas het ook gesê die moeilikheid wat nog vir ons voorlê, sal voorafgegaan word deur ’n wêreldwye oplewing van rasse-onluste. “Dit sal aanvanklik in Amerika en Europa begin,” het hy gesê, “en daarna oor die res van die wêreld versprei.”

Kommentaar oor die visioen van 3 Des. 1918: Hy sien aan die Westekant (Amerika en Europa) is ’n wit doek (dis ’n simbool van rasegtheid) Toe gaan die wit doek oop (mense sal meer ‘oop’ lewe en rassuiwerheid op die agtergrond skuif), dan sien hy wit boontjies in die wit doek, (boontjies verwys na mense met dieselfde erflike eienskappe — in hierdie geval die blankedom), die wit doek gaan oop en die boontjies versprei oor die hele wêreld — wit rassisme sal teen alle verwagting in, wêreldwyd toeneem.

Die blanke Westerlinge in Amerika en Europa het hulle aanvanklik daarvan weerhou om onderskeid te maak tussen hul blanke erfenis en dié van ander volkere. Maar oom Niklaas het voorspel dat wanneer hulle deur vreemdelinge oorstroom word, sal die strewe vir die ‘behoud van die blankedom’ nie meer gekeer kan word nie.

Liberale geleerdes beskou rassisme as ’n abnormale, onnatuurlike toestand — ’n ‘siekte’, en hulle verwys daarna as xenofobie (’n verterende haat jeens vreemdelinge). Die negentiende eeuse Duitse filosoof, Johan Gottlieb Fichte, was ’n geharde rassis, en so ook sy tydgenoot, Georg Wilhelm Friedrich Hegel. In die twintigste eeu was dit eers Adolf Hitler, en nou weer die huidige geslag Duitsers, of Neo-Nazi’s — ook bekend as die Skinhead-bendes wat alle immigrante van nie-Duitse afkoms, terroriseer.

In 1992 het skokkende rassevoorvalle in Amerika en Duitsland losgebars en het ’n tyd lank ongetem voorgetduur. Oom Niklaas het dit reeds 70 jaar gelede voorspel: Wit rassisme (die behoud van die blankedom) wat dekades lank deur breinspoeling en oordrewe skuldgevoelens onderdruk is, sou in die verre toekoms, volgens hom, in Amerika en Europa (die Weste) onder veral blanke konserwatiewe Christene herleef, terwyl dit deur die linkse liberales verdoem word.

Ons het dit pas weer gesien in ’n toespraak wat Joe Biden op 1 Junie in Oklahoma gehou het en waarin hy venynig teen sy mede-blankes uitgevaar en hulle voor die voet as rassiste uitgeskel het. Hy het gesê “Wit supremasie/oppermag (dis die idee dat wittes beter is as ander rasse), is vandag die grootste bedreiging in Amerika. Dit is nie Isis of Al Kaïda nie, maar die wittes se haat…”

Daar gaan letterlik nie ’n dag verby dat blankes in Amerika nie deur die Demokrate van rassisme beskuldig word nie.

Biden het in sy haattoespraak ook na 6 Januarie verwys toe blanke Trump-ondersteuners ‘vreesdsaam en rustig’ na Washington DC marsjeer het om beswaar te maak teen die verkiesingsbedrog van 2020. (Andermaal kon hy nie eens die datum onthou nie).

Hy het dit só beskryf: “’n Gespuis van wit ekstremiste en boewe se optrede op 9 Januarie  2021 het herinner aan wat 100 jaar gelede in Greenville gebeur het.” Sy geheue het hom andermaal in die steek gelaat, want die gebeure het nie in Greenville nie, maar Greenwood afgespeel.

(’n Massamoord in Tulsa het op 31 Mei en 1 Junie 1921 plaasgevind toe ’n menigte blanke inwoners die Negers daar aangeval, doodgemaak en ook hul besighede in die Greenwood-distrik in Tulsa, Oklahoma, VSA, aan die brand gesteek het. Die insident wat ook bekend staan as die Black Wall Street-slagting, of die Tulsa-rasoproer, is een van die ergste voorvalle van rassegeweld in die Amerikaanse geskiedenis).

Biden lieg dat dit na horing stink, want absoluut niks van hierdie aard het op 6 Januarie in Washington DC plaasgevind nie. Daar was géén oproer nie, géén rassegeweld of swartes wat doodgemaak is nie, en ook géén brandstigting nie. Die énigste persoon wat gesterf het, was ’n blanke vrou, Ashley Babbitt, wat deur ’n blanke polisieman doodgeskiet is.

Maar ’n liberale prokureur-generaal van Amerika het Biden se uitspraak ten volle gesteun: “Ek het nog nooit ’n meer gevaarlike bedreiging van demokrasie gesien as die gewelddadige inval op 6 Januarie nie!”

Demokrate soek ’n rasseoorlog

Volgens Stephen Flurry van die Daily Trumpet, is “Biden se haatspraak teen blankes ’n duidelike teken dat die Demokrate weet hulle regeer onwettig en dat ’n rasseoorlog die enigste manier is waarop hulle nog in beheer sal kan bly. Daar is vir hulle geen ander uitweg as ’n gewelddadige opstand nie, en dit kan hulle net verkry deur haat, tweedrag en selfs oorlog te verwek.”

Om dit vir hulle makliker te maak, het die liberaliste en Demokratiese Party met ’n beweging begin wat bekend staan as  ‘cancel culturer’ (kanselleer kultuur), en daarin geslaag om ’n totale ommekeer in die samelewing te bring. Met die kansellasie van hul kultuur, word dit van blankes verwag om met alles, ja, alles, wat vantevore vir hulle belangrik was, mee weg te doen. Dit sluit in die kansellasie van morele waardes. Selfs ’n persoon kan ‘gekanselleer’ word.

So bv. het ’n behoudende Christen-groep die Beatle John Lennon in 1966 ‘gekanselleer’ na sy uitspraak dat die Beatles meer gewild is as Christus.

Vandag word almal deur die fascistiese denkers ‘gekanselleer’ wat nog die Christelike godsdiens beoefen, of wat hulle uitspreek teen homoseksualisme en selfdegeslag huwelike.

Nadat Donald Trump hom verlede maand uitgespreek het teen ‘kultuur kansellasie’ is hyself deur Twitter, Facebook en Youtube ‘gekanselleer. Hy het onder andere gesê: “Kultuur kansellasie is die definisie van totalitarisme en heeltemal vreemd aan ons eie kultuur en ons waardes en dit het absoluut geen plek in die Verenigde State van Amerika nie.”

Jeff Deist, die bekende politieke kommentator definieer politieke-korrektheid as “die bewuste, ontwerpte taalmanipulasie wat bedoel is om die manier waarop mense praat, skryf, dink, voel, verander en optree, slegs te doen ter bevordering van ’n seker agenda.

“Politieke korrektheid se doel is om die moderne mensdom te vorm tot iets wat teen sy eie aard. Dit vernietig individualisme en vervang ons natuur deur waardes wat deur die gepeupel voorgestaan word. Dit gaan nie oor goeie maniere nie, maar oor beheer.” Volgens hom is politieke korrektheid ook ’n vorm van kultuur kansellasie.

 

Die gemeenskap in opstand

Maar wat is die gevolg as die gemeenskap dit nie wil aanvaar nie en in opstand kom teen politieke korrektheid en alles wat daarmee gepaard gaan? Dit dryf die fasciste in ’n hoek en hulle is nou genoodsaak om van meer drastiese stappe gebruik te maak om hulle doel te bereik.

Hier is net enkele voorbeelde: ’n Ma het die Konfederasie vlag in haar tuin op ’n klip geverf en die gevolg was dat haar kind van haar weggeneem is, omdat sy die kind daarmee glo negatief beïnvloed.

In ’n studenteblad van die Northwest University is daar ’n artikel van die redakteur waarin blankes as rassiste sleggesê word oor die wyse waarop hulle op die sypaadjies loop. Die New York Times het hierdie stelling in ’n voorbladberig beaam.

’n Polisieman is na 20 jaar diens afgedank omdat hy gesê het White Lives Matter is ’n terroristiese beweging.

Die Popeyes restourant in Madisonville het ’n kennisgewing op sy venster geplaas wat sê dat hulle die reg het om te weier om blankes te bedien.

Gay mans word toegelaat om teen vroue in sport deel te neem en hulle mag ook vroue/meisies se kleedkamers gebruik.

Jy mag jou nie teen lesbiërs of moffies uitspreek nie, want dan kan jy gedagvaar en beboet word.

Verskeie besighede in Amerika stel nie meer mense aan op grond van hul kwalifikasies nie, maar die kleur van hulle vel. (Presies wat hier in Suid-Afrika ook gebeur!)

Dis interessant dat mense wat daarvan beskuldig word dat hulle rassiste is, almal blanke konserwatiewe, Christene en libertyne is.

Kritiese rasteorie

Kritiese rasteorie (KRT) is ’n akademiese konsep  wat al meer as 40 jaar bestaan, en in kort kan dit beskreyf word as ’n weersin teen “wit rassisme” in liberale kringe, en is eers in ons dag in Amerika en ander Westerse land op die voorgrond gestoot. KRT erken dat rassisme in die weefsel en die stelsel van elke blanke samelewing vasgelê is. Dis ’n magstruktuur wat gebaseer is op die bevoorregting en oppergesag van die blanke wat alle anderskleuriges marginaliseer en as minderwaardig beskou.

Dit is ook die idee dat die belangrikste aspek van ’n individu sy ras is, en dat alles wat ’n blanke doen, rassisties is. As ’n blanke met ’n anderskleurige vriendelik is, is dit omdat hy by hom flikflooi, of probeer om sy rassisme te onderdruk. Die liberalis se flikfooiery by anderskleuriges, het egter nou in hulle gesig ontplof! Want eintlik is die kritiese rasteorici reg. Ras is die belangrikste aspek van die mens se bestaan. En nou leer die flikfooiers dit op die harde manier. Hulle het alles in die stryd gewerp om vir ons daarvan te oortuig dat ons almal dieselfde is. Daarom is dit goed om met anderskleuriges vriende te maak, saam op die skoolbanke en in die kerk te sit, en ja, jy word geloof as jy anderskleurige kinders aanneem. Maar kritiese rasteorie het die liberalis nou ons vyand gemaak, want ons mense weet al jare lank die swarte is nie jou vriend nie. Hy is ook nie jou naaste nie, dus word ons glad nie daardeur geaffekteer nie!

KRT sal, soos alle Amerikaanse giere ook na Suid-Afrika toe oorwaai en al is ons blanke behoudendes in die minderheid, beskik ons oor die geestelike oppergesag om nie daardeur beïnvloed te word nie.

Dis interessant dat Siener juis voorspel het dat daar in ons dag dwarsoor die wêreld hewige rassekonflikte sal woed. Dit het begin met die instroming van swartes uit Afrika en Islamiete uit die Ooste. Maar dan het hy ook gewaarsku dat dinge in Europa, Oos-Europa (Rusland), die Balkanstate en op ons noordelike grense lelik verkeerd gaan loop, want juis in die tyd wanneer die stryd in daardie streke op sy kwaaiste woed, sien hy ’n pot met vuur in die suidweste van Afrika, wat beteken dat die etniese stryd daar weer in al sy felheid gaan opvlam. Maar dinge sal baie erger en hagliker in Rusland (die Oekraïne) wees, het hy gesê, want dis dáár waar hy die ‘ontsaglike burgeroorlog’ gesien het; en terwyl dit aan die gang is, sal die res van die wêreld Rusland veroordeel sonder om iets te doen. Die VSA regering en sommige Arabiese lande sal die strydende magte in die geheim bewapen.

Hierdie stryd sal ongetwyfeld gereken word as een van die aakligste burgeroorloë wat die mensdom nog beleef het.

Hier is ‘n kort 5 min. video van Prager University wat dit verduidelik:

 

 

 

 

 

 

 

Blog Artikels

E-BOEK: Kerkverraad is 'n onstellende verslag oor die Afrikaanse kerk se bedrieglike rol in die Boervolk se uitlewering.
Solidariteit, Afriforum en die Broederbond - 'n doringbos in die Boervolk se pad.
Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x