Die Biden skandaal: VSA deur Chinese gekaap?

Op 24 September 2020 het The Jewish Voice ’n video vrygestel van ’n Chinees, (net bekend as Loo, en wat uit China oorgeloop het na die VSA), wat in ’n skokkende verklaring bekend gemaak het hoedat die Biden-familie deur die Chinese pres. Xi (Jingping) en sy visie-president Wang (Qishan), met reuse-bedrae geld omgekoop is om die VSA aan China uit te lewer.

Om hul doel te bereik, het hulle Hunter Biden, die seun van Joe Biden (Obama se gewese visie-pres) se perverse seksneigings en verslaafdheid aan dwelms misbruik om die Bidens in hulle mag te kry.

Uit verskeie media berigte blyk dit dat die Bidens allesbehalwe ’n skoon en onkreukbare verlede het en dat hulle geldgierigheid hulle maklike teikens gemaak het. Verder is daar al sedert 2015 gerugte in omloop dat Hunter Biden as kind gemolesteer is, en dat dit die direkte oorsaak is van sy perverse afwykings en dwelmmisbruik . Sy pa is juis bekend daarvoor dat hy ’n ongesonde voorliefde het om jong kinders teen hom vas te druk, dinge in hul oor te fluister en veral aan jong meisietjies se hare te ruik. En pres. Xi het dit alles tot sy voordeel ingespan.

Deur Joe Biden se invloed en toedoen, is Hunter in 2014 ’n pos op die direksie van een van die mees korrupte firmas in die Oekraïne (Barisma Holdings) aangebied, hoewel hy hoegenaamd geen ondervinding van energie-eksplorasie óf produksie gehad het nie.

En geleidelik het die Chinese regering begin om nie net daarvoor te sorg dat daar in Hunter Biden se behoeftes aan dwelms voorsien word nie, maar het hulle ook minderjarige Chinese meisies tot sy beskikking gestel om sy perverse drange te bevredig. Terwyl Hunter Biden hierdie meisies verkrag en fisies aangerand het, het agente van die Chinese Kommunistiese Party (CKP) alles op video vasgelê.

Volgens Loo sal die 2020 Amerikaanse verkiesing die finale spyker in die doodkis van Amerika wees, want dan sal die Demokrate die beheer oorneem en sal nie net hulle nie, maar ook alle toekomstige presidente blote handlangers van die Chinese Kommunistiese Party wees.

Xi Jinping het sy tydsberekening haarfyn beplan en vroeg in 2019 is die drie hardeskywe met 25 000 foto’s, sekstonele en al die geheime ooreenkomste wat Hunter Biden met die Chinese regering aangegaan het en waarvan sy pa bewus was, aan die Amerikaanse Departement van Justisie oorhandig, spesifiek met die doel om die Amerikaanse regering af te pers om aan sekere eise te voldoen.

“Creepy Joe” wat op vele geleentheid gevang is waar hy vatterig raak met jong meisies.

Maar volgens Loo het mense binne die Departement van Justisie wat Joe Biden goedgesind was, dit teruggehou en nie openbaar gemaak nie. Later is die hardeskywe toe aan beide president Donald Trump en Nancy Pelosi, speaker van die huis van verteenwoordigers, oorhandig.

Die logiese vraag is, waarom het Pelosi nie dadelik die Demokrate se presidentskandidaat, Joe Biden, aan die verkiesing onttrek nie? Is dit miskien omdat sy op die een of ander wyse self ook by die verraad betrokke was en nou verplig is om enduit daarmee vol te hou?

Volgens betroubare inligting wat uit die Withuis gelek is, het Trump glo besluit om nie dadelik teen die Bidens “op te tree” nie, maar te wag tot ná die verkiesing en sy inswering in Januarie 2021– indien hy die verkiesing sou wen.

Intussen het die staatsekretaris Mike Pompeo, reeds op 8 Februarie 2020 al 50 die goewerneurs van Amerika daarvan beskuldig dat die Chinese regering hulle as pionne gebruik om teen Amerika standpunt in te neem – m.a.w. Amerika te verraai.

Is dit dalk ook die rede waarom talle van hulle reeds aangedui het dat hulle Amerika gaan verlaat, indien Trump die verkiesing sou wen? Uit vrees vir vervolging?

Hunter Biden se verraad

’n Gewese Russiese vlootluitenant Tony Bobulinski, het in ’n persverklaring vertel hoedat Hunter Biden sy vriendskap misbruik het om hom onwetend by die Bidens se kriminele dade te probeer betrek. Hy was onder die indruk dat dit alles in goeder trou geskied. En dit was eers nadat Joe Biden kategories ontken het dat hy Bobulinski ooit ontmoet het, dat hy lont geruik het en ter wille van sy onkreukbare familienaam met die waarheid vorendag gekom het.

In sy verklaring vertel hy in detail waar en onder watter omstandighede hy Joe Biden twee keer ontmoet het en wat daar alles bespreek is.

Maar Joe Biden, wat al herhaaldelik en skaamteloos gelieg het, ontken steeds dat hy Bobulinski ontmoet het.

Op sy beurt het Loo hierna besluit om die mees skokkende onthullings oor Hunter Biden se “geheime ooreenkoms” met die CKP aan The Jewish Voice openbaar te maak. Hy stel dit so: “Hunter Biden het die ooreenkoms met die Chinese regering gesluit nadat ’n voorafbetaling  van een miljoen dollar aan hom gemaak is, en dit is aan hom uitbetaal net sodat hy die ooreenkoms moes onderteken. (“Noem dit maar sy fooitjie.” sê Loo). En nadat hy dit onderteken het, is ‘n verdere 10 miljoen dollar deur die CKP op sy rekening inbetaal.

Uiteindelik het die volledige transaksie die Bidens 4.5 miljard dollar in die sak gebring.

Dit is dus te verstane waarom Xi Jinping geen toegewings sal maal sovêr dit sy eise betref nie. En dit is ook uitdruklik aan die Bidens gestel dat hulle “hierdie verkiesing moet wen, sodat julle jul die beloftes wat Hunter Biden in die ooreenkomste gemaak het, kan nakom, en daarmee sal voortgaan, want ons het nog al die bewyse in ons besit. Julle moet alles doen om te verseker dat julle wen; anders is julle in groot moeilikheid!

“En nadat julle gewen het, sal julle steeds onder bevel van die CKP staan. Dit is deel van ons plan om nie net beheer te hê oor die 1.4 miljard Chinese nie, maar ook oor die VN en Amerika.”

Loo sluit dan af met hierdie woorde: “So, julle kan sien hoe brutaal en gewetenloos die Chinese Kommunistiese Party is…”

Kan dit dalk ook die rede wees waarom Nancy Pelosi Vrydag in ’n persverklaring gesê het: “I feel very confident that Joe Biden will be elected President on Tuesday, whatever the end count is…”

Pelosi stel dit dus onomwonde dat wat ook al die stem-uitslag is, Joe Biden sal as die wenner aangewys word. Hoe die demokrate dit wil doen, of gaan regkry, bly ‘n ope vraag.

Op talle Amerikaanse nuusblaaie is daar Sondag bespiegel dat Amerika ‘n burgeroorlog in die gesig staar, maak nie saak wié as die wenner aangewys word nie.

Volgens die Amerikaanse media sal president Trump môre uit die Withuis gestem  word. Hulle meningsopnames gee Joe Biden ‘n voorsprong van nege punte – dit is ‘n groot voorsprong. Die voorspellingswebwerf FiveThirtyEight gee Biden ‘n 89% kans om te wen. Die tydskrif Economist sê Biden sal met 95 persent wen. Weddenskapmarkte het hom ook as die gunsteling, al is dit gering.

Met die vorige verkiesing het die media ook gereken Hillary sou wen, maar Trump het haar maklik uitgestof.

Sou Trump verloor en die liberale demokrate hulle sin kry, kan dit ironies genoeg dalk uiteindelik ten goede vir Amerika wees. Wanneer die land uitverkoop word deur korrupte politici aan China en werkloosheid toeneem, wanneer swartes deur bewegings soos BLM al hoe meer voorkeur geniet bo blankes, wanneer hulle vryheid stuk vir stuk weggeneem word, of wanneer belasting die land op sy knieë bring en hul ekonomie in duie stort, sal die Amerikaanse bevolking dalk besef wat Trump probeer keer het. Of dit te laat gaan wees, sal ‘n mens dan eers kan sien.

KERK VERRAAD

E-BOEK: Kerkverraad is 'n onstellende verslag oor die Afrikaanse kerk se bedrieglike rol in die Boervolk se uitlewering.

DIE DORINGBOSREGERING

Solidariteit, Afriforum en die Broederbond - 'n doringbos in die Boervolk se pad.

DIE VAANDELDRAER

Lees gerus ons maandelikse nuusbrief - gratis! Donasies welkom.

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470

Subscribe
Notify of
guest
8 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments
Ou Tant Soes

Is hierdie dalk Trump se voorland as hy die verkiesing sou wen… Openbaring 2339 ‘N POLITIEKE MOORD 11 Mei 2016 Woensdagoggend 04.30 http://www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer `n Pikswart Cadilac word deur `n doodsengel bestuur en kyk die spook van Kennedy sit op die agterste sitplek as passasier, terwyl hy na `n spookskare op spooksypaadjies om hom gluur. So klap daar onverwags `n skoot en `n hooggeplaaste lê dood en die koerantopskrifte is groot want dit is `n opspraakwekkende moord, ja, uit `n baie onverwagse oord. So knetter daar in burgeroorlog geweervuur en bloed spat teen die Withuis, of is dit die Pentagon, se ontwerpersmuur. Kyk, Regs en… Read more »

Ou Tant Soes

Verlede jaar hierdie tyd het ons nog in normale ‘rustige’ lewens ons gang gegaan. Iemand plaas toe ‘n openbaring van Judith wat waarsku dat 2020 anders sal wees, en daar was diegene wat taamlik skepties was. Nou aan die amper-einde van 2020 dink ek nie iemand het meer lus om daaroor te stry nie. Oom Adriaan het op Facebook se Vaandel Uitgewers blad al gewaarsku dat ons voorbereid moet wees, en in die Vaandeldraer was daar ook ‘n artikel waar mense gewaarsku is om maar voorraad bymekaar te maak. Vir die mense wat afhanklik is van chroniese medisyne raak dit… Read more »

Shella7777

Hi Adriaan, ek vra graag jou opinie oor iets. 1. Ek wil sê ek onthou n visie wat gesê het dat voor die WW3 sal Sjina die enigste land wees wat finiansieel opbloei. Is dit waar? 2. Wat was die visie oor die ys wat smelt. Verwys dit na seisoenlike ys of klimaat verandering. 3. Wat nog was gesê oor Turkye? Erdogan lyk lus vir iets maar het Siener dalk meer daar oor gesê, veral die verhouding met Griekand. 4. Is daar ander kenmerkende tekens wat onlangs na vore gekom het wat n teken van die tyd is?

Groete

Ou Tant Soes

Punt nr 2, die ys wat smelt. Uit Boodskapper van God, Hersiene Uitgawe, 2015, deur Adriaan Snyman. Bladsy 291, uittreksel: “As die ys smelt. …. Die oorlog breek uit in Europa net as die ys daar begin smelt (April-Mei). Jaar onbekend. Maar wanneer die ys reeds gesmelt het, dan het die oorlog, wat Rusland begin het, baie ver al gevorder…” Dit het te doen met die tyd van die jaar en nie met klimaatsverandering nie. Punt 3. Turkye en Griekeland. Jy kan in bogenoemde boek lees vanaf bladsy 285 to 293, “3de Wereldoorlog: ‘n Ooggetuie verslag”. Punt 4. Tekens van… Read more »

Shella7777

Ek vra dalk nog een vraag, het Siener iets genoem van die pensioen fondse?

Ou Tant Soes

Goeiedag, ek moet vandag stilsit na ‘n besering, en bekyk toe jou vrae Sheila . Pensioenfondse. Uit: Siener van Rensburg Boodskapper van God, 1995 uitgawe, deur Adriaan Snyman. Uittreksel van Bladsy 259, punt nr 70. “Pensioenfondse stort in duie. … Die blanke se pensioenfondse stort ook in duie; dit sal saamval met geweldige rasse-onluste in Europa, en veral Engeland gaan kwaai deurloop…” As jy belangstel in Judith se openbarings, sy bevestig dit ook in ‘n hele paar van hulle. Uittreksel uit een van hulle: “270 – Strukture en nogmaals strukture. … Soos ‘n reuse kaartehuis wat inmekaar gaan tuimel gaan… Read more »