Hierdie artikel is ’n verdere aanvulling van my vorige artikel in verband met die Amerikaanse verkiesing en Joe en Hunter Biden se verbintenis met die Chinese Kommunistiese Party.
Pres. Donald Trump het al twee jaar gelede vermoed dat daar met die 2020-verkiesing ingemeng gaan word en op 12 September 2018 het hy ’n Uitvoerende Orde uitgereik vir die oplegging van sekere sanksies en optrede in geval van buitelandse inmenging tydens die verkiesing. Dit sou as ’n nasionale noodgeval beskou word.
In die Uitvoerende Orde word daar gemeld dat die Direkteur van Nasionale Intelligensie (John Ratcliffe), 45 dae na die verkiesing in ’n verslag moet aandui of ’n “buitelandse regering, of enige persoon wat as agent of namens ’n buitelandse regering optree, die bedoeling gehad het om in te meng by enige verkiesing”.
John Ratcliffe het op 3 Desember in ’n onderhoud met die Wall Street Journal gesê dat die Chinese Kommunistiese Party vandag die grootste bedreiging inhou vir Amerika, asook vir wêreldvrede. Toe het hy bygevoeg: “Dit is duidelik Beijing se doel om Amerika en die res van die planeet ekonomies, militêr en tegnologies te domineer en om beheer van Amerika te kry, daarom het hulle by die 2020-verkiesing ingemeng.”
Op 16 Desember kondig Amanda Shoch van die Departement van Nasionale Intelligensie aan dat die Intelligensie Komitee nie op 18 Desember sy verslag sal kan vrystel nie omdat sekere lede van die IK (moedswillig?) hulle werk vertraag het. Dit is waarskynlik gedoen met die hoop dat as Trump se 45 dae verstryk, hy nie sy dreigement sal kan uitvoer om teen China en die binnelandse agente op te tree nie.
Maar uit die bewoording van die 2018 Uitvoerende Orde is dit duidelik dat hierdie verslag nie ’n noodsaaklikheid is voordat Trump die bepalings daarin kan uitvoer nie. In die inligting wat John Ratcliffe reeds aan die media bekend gemaak het, is daar oorgenoeg bewyse dat China met die samewerking van binnelandse agente of entiteite, wel ingemeng het, en Trump het nou die reg om die volgende te doen:
Hy kan alle rekeninge, eiendomme en belange in eiendom van die Chinese en ander betrokkenes, onmiddellik blokkeer, en dit mag nie oorgedra, uitbetaal, uitgevoer, teruggetrek of andersins behandel word nie; enige binne- of buitelandse oortreders wat deur die Sekretaris van die Tesourie uitgewys word, in oorleg met die Staatsekretaris, die Prokureur-generaal en die Sekretaris van Binnelandse Veiligheid, staar strafregtelike vervolging in die gesig. En volgens die nuwe wet wat Trump in November deurgevoer het, kan van die skuldiges as landsverraaiers gefusilleer word.
Oor hierdie ‘uitbreiding’ van die bestaande wet op federale teregstellings, het CNN einde November soos volg berig:
“Die Departement van Justisie het hom gehaas om die reëls rondom federale doodstraf uit te brei, aangesien dit ’n rits geskeduleerde teregstellings in die laaste dae van die Trump-regering sal bespoedig. Daar is ook ʼn addisionele teregstellingsmetode bygevoeg by die bestaande elektrokusie en dodelike inspuiting, nl. teregstelling deur ’n vuurpeloton.
“Die prokureur-generaal William Barr het die wetsbepaling deurgevoer.
“In demokratiese kringe word daar bespiegel dat Trump hierdie toevoeging tot die bestaande wet doelbewus gedoen het omdat hy valslik glo dat lede van die Demokratiese Party in samewerking met die Chinese Kommunistiese Party verkiesingsbedrog gepleeg het en hy die verraaiers voor ’n vuurpeloton wil plaas.”
Hieroor het die afgetrede kolonel Celestino T. Perez hom soos volg uitgelaat:
“Die liberales weet almal van die swaar strawwe wat pres. Trump in sy 2018 Uitvoerende Orde aangekondig het, maar hulle speel nog steeds die speletjie dat daar geen bedrog met die verkiesing was nie; hulle glo ook nie dat die president die moed het om die strafbepalings van sy UO uit te voer nie!
“Maar die kriminele elite het Trump heeltemal onderskat, soos ons duidelik gesien het na sy geheime vergadering in die Withuis toe hy getwiet het: ‘Ek sal aan hulle geen genade bewys nie’…”
President Trump het die state vroeër gewaarsku om nie die 2020 gesteelde verkiesing te bekragtig nie. Maar hulle het dit nogtans gedoen. Hulle optrede was die eerste skakel in ’n nou, onomkeerbare reeks gebeurtenisse:
- Die Uitvoerende Orde van 2018 gaan toegepas word.
- Die Uitvoerende Orde is gerig op die finansies en bates van almal wat met die 2020-verkiesing ingemeng het.
- Facebook, Twitter, Google/Youtube en ander het saamgespan om verkiesingsbedrog te pleeg en is almal aan China gekoppel. Hulle rekeninge sal gesluit of gevries word en hulle sal krimineel aangekla word as medepligtiges. So ook die hoofstroommedia.
- Dis baie moontlik dat die konfiskering van Chinese bates en die sluiting van hul finansiële rekeninge op ʼn bloedige oorlog kan uitloop. Maar Amerika is voorbereid daarop.
Patriotte moet hulle gereed maak
In ’n teksboodskap, gerig aan al die “patriotte” van Amerika, het kol. Perez die volgende dringende versoek tot hulle gerig:
“Maak seker dat jy en jou familie genoeg kos en water het vir minstens 10 dae. Julle sal ook ’n ou skoolradio (CB) moet aanskaf vir kommunikasie doeleiendes, want vanaf 18 Desember kan pres. Trump enige dag die sanksies van sy 2018 Uitvoerende Orde in werking stel.
“Ons moet bereid wees om die Nasionale Wag en ander interne magte by te staan met die verdediging van ons nasie se belange. Maak ook seker dat julle wapens gereed en byderhand is. Maar moenie inmeng met die weermagoperasies in hierdie tyd nie. Weet ook dat plaaslike polisiemagte geen outoriteit sal hê nie. Bring verdedigingspanne op die been om julle woongebiede te beveilig…”
Pres. Trump het uiteindelik tot die besef gekom dat die VSA nie net deur die Demokratiese Party verraai is nie, maar ook deur talle lede van die Republikeinse Party en selfs van die regters wat hy aangestel het. Want feitlik alle bewyse wat tot dusvêr deur sy advokate aan die howe voorgelê is, is summier afgeskiet; hulle het selfs geweier om net na een van die honderde getuies te luister.
Nou bly daar vir hom net één keuse oor: beperkte krygswet wat hom in staat sal stel om weer beheer van die land oor te neem.
Die volgende dramatiese verwikkeling het op 18 Desember plaasgevind, wat ‘n aanduiding is dat Trump op die punt staan om die muitery wet in te stel:
- Die waarnemende verdedigingsekretaris Chris Miller, het beveel dat die oordra van geklassifiseerde inligting deur die Pentagon aan Biden onmiddellik gestaak word. Biden se oorgang-direkteur Yohannes Abraham, het beswaar gemaak en gesê daar was geen wedersydse ooreenkoms vir hierdie stap nie.
- President Trump onderteken ‘n wetsontwerp wat Chinese maatskappye beperk om hul aandele op Amerikaanse beursies te noteer.
- Trump het die land vir die 24ste Desember (Oukersaand) gesluit.
- Die Sekretaris van Verdediging is glo reeds besig om die reserwemag op te roep en die VSA weermag is reeds op alle grense ontplooi.
Ten slotte: Die Chinese Kommunistiese Party het honderde miljoene dollar spandeer om te sorg dat Joe Biden as president aangewys word. Die Bidens is vroeër al deur hulle gewaarsku dat as dit nie gebeur nie, wag daar groot moeilikheid vir Amerika.
Daardie “moeilikheid” is na alle waarskynlikheid ’n aanval op die VSA…
Enkele nuusbrokkies:
Patrick Byrne: “White House General Counsel Pat Cipollone was fired tonight. From my hours with the guy Friday night (at the White House meeting), that would be the smartest thing Trump could have done.”
“Glad pres. Trump clarified that the martial law (krygswet) stuff was fake news. The insurrection act (muitery wet), on the other hand, seems to not be off the radar. The Insurrection act allows for a precise operation to achieve the mission. Martial law is not required.”
“With Trump taking all the flak, Pence has been quietly flying under the radar this past month working on the most complex milops the US has ever seen. In anticipation of an attack by China?”
Hierdie woorde van oom Adriaan word bevestig in een van Judith se nuwe openbarings. Maar ek wonder of Trump ooit ‘n kans gaan kry om weer te heers voor die liberale van hom ontslae raak. En hul China-trojaan gaan hul ondergang wees.
Dis redelike lang openbarings, daarom gee ek net uittreksels:
Openbaring 2847: Amerika in haar val.
15 November 2020.
… Kyk, van haar laaste koning se hand, val die Weste, se eens so kragtige seëlring. En terwyl die aasvoëls om die reste van Amerika begin meeding, word haar heersende koning, om die lewe gebring…
Openbaring 2855: Liberaal het die mens gefaal.
11 Desember 2020.
… O, wee o, wee Amerika en die Weste want hul het hulself gefaal. Wee die nuwe koning van Amerika, deur liberale toedoen, gaan liberaal self, ‘n uiters duur prys moet betaal. Die Trojaanse perd, was deur hul toedoen met hulle eie wapens opgesaal. Onder hierdie oorlogstuig en bomme gaan hulle baie duur betaal.
Ja, wyl die werke van Kommunisties Sosiaal, wreed deur alles liberaal gaan spiraal. Dit is net suiwer konserwatief wat die paal gaan haal. Kyk, die laaste koning van die Weste staan oud, broos en skraal en hy word deur sy eie soort tot kaf gemaal. So laat die beeld van die liberale dame, nou haar donker lig, oor die wereld uitstraal want die duisternis het klaar neergedaal…
Terwyl ons wag om te sien wat van Trump gaan word, wil ek graag iets oor die virus en entstof deel aangesien dit nou weer so voor-op in ons lewens is.
Ek gee net kort aanhalings uit Judith se openbarings, lees gerus die hele openbaring om meer te sien.
2815: Tik-Tok, Tik-Tok:
… weet die medikasie en entstof gaan met nagevolge in elke geval inplof…
2852: 2021: Aangekondig in ‘n helklokkespel:
… die entstof verander hul DNS en in versteurde sellegroei, kom ‘n nuwe kwaadaardige kankergroei, deur massamense, nou oraloor opgetel…
2854: Die kiem koningskroon:
… So wat baat die beskerming van ‘n masker of kondoom? Deur vlees en atmosfeer, beweeg nou dodelik, die kiemekroon. Ja met die spoed van klank en lig van persoon tot persoon…
2858: In die dood wat stink:
… kyk daar is geen voorsorg wat die virus kan bind. Sy spot met lugvaart en klim op die wieke van die wind…
… die kiem verloor grotendeels haar belangstelling in die oues en draai haar berekenend, na jonger generasies en kind…
En vir interessantheid, in 2852 skryf sy ook:
“Na hierdie Krismis, raak dit deur regeringsbesluite, vir die wereldmassas, suiwer hel.”
Amerikaanse krisis verdiep
Uittreksel uit ‘n berig wat vandag verskyn het:
The Left is genuinely frightened. It all comes down to this, if Trump can salvage his Presidency, millions of Americans will be spared from going through a purge. However, an estimated 100,000 Americans will be tried for treason and the backlash will include generations of terrorism in opposition to conservative rule in America. If Biden-Harris prevail. Trump and his family will be arrested and I believe executed in order to make an example out them. Trump could be the modern day Czar Nicholas and their deaths could be imminent. If Trump loses, millions of you will be moving from your homes to your final destination in the Hotel FEMA as you await your final disposition.
Openbaring 2862
DIE DUBBELGANGER
3 Januarie 2021 Sondagoggend 03.00
http://www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za
In die lied van die sanger word vertel van Biden se dubbelganger. So
wie is werklik die gevaarlike entstof se eerste en tweede ontvanger?
In `n klerekas hang twee stelle identiese klere op `n dubbele hanger
en iemand word vreesbevange alhoe banger.
Met die godin van burgeroorlog nou swaar swanger. Roep daar vanuit
Afrika tot in Amerika, die massas, ons wag nie meer langer. Ja, in
die lied van die sanger word nou spottend vertel van Biden se
dubbelganger.