’n Konfrontasie lyk nou onvermydelik!

Die dag toe die ANC ontban is het  elke regdenkende mens in SA onmiddellik gewéét vroeër of later gaan dit op ’n bloedige konfrontasie tussen wit en swart uitloop. Maar daar was ook diégene wat geglo het Suid-Afrika het nou die Paradys betree.

En nou, na die verloop van 30 jaar, staan ons waarskynlik op die vooraand van daardie botsing; ’n botsing wat al dreig vandat die Slag van Bloedrivier plaasgevind het. En ons almal wéét dit kan nie meer vermy word nie.

Van daardie dag af (27 April 1994) het die ANC nie net begin om ons vaderland te plunder en alles wat oor eeue heen opgebou is voor die voet af te breek en te verwoes nie, maar 27 April was ook die dag waarop daar amptelik oorlog teen ons as blankes verklaar is, ’n oorlog waarin daar sedertdien reeds honderde duisende volksgenote beroof, aangerand, verkrag, vermink en vermoor is.

Min van ons kan seker nog onthou, of is bewus daarvan, dat Nelson Mandela en sy top-ANC-kamerade in 1961 in die geheim ontmoet het om ’n krygsmag daar te stel wat oorlog teen die blankes moes voer om uiteindelik die bestaande regering tot ’n val te bring en die land vir hulle te vat.

Die krygsmag, Umkhonto wê Sizwe (MK – ‘Spear of the Nation’), is toe ook op 16 Desember 1961 op die been gebring en Mandela is in beheer geplaas. Op dieselfde dag in 1838 het die Voortrekkers Dingaan se Zoeloes verslaan met die Slag van Bloedrivier – en is dit nie betekenisvol nie dat die ANC sy gewapende stryd juis op hierdie spesifieke dag van stapel gestuur het – om wraak te neem vir die neerlaag by Bloedrivier.

Die African National Congress (ANC), saam met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en die lede van die Congress Alliance, die South African Indian Congress, die Coloured People’s Congress en die Congress of the Democrats, het almal saamgespan om die land in anargie en chaos te dompel en met geweld oor te neem.

’n Zimbabwiese fluitjieblaser het op sosiale media gesê die ANC regime betaal buitelanders en plaaslike inwoners wat nie werk of inkomste het nie groot somme belastinggeld vir elke plaasboer wat hulle vermoor.

Maar na verloop van 30 jaar kon hulle nog nie daarin slaag om die Boer uit te wis óf onder te kry nie,. En was dit nie vir die NP se samewerking nie, het hierdie land nooit soos ’n ryp appel in hulle skoot geval nie, en was hulle nou nog tot Klaas-status gedoem. En om hul dankbaarheid te betuig, het die ANC toe ’n reeks wette ingestel  om ons volk uit die  samelewing te ban waar hulle geen faktor meer is nie.

Maar ironies genoeg word die blanke Boer tot vandag toe steeds deur die platneuse as hul grootste bedreiging beskou en koester hulle ’n ewige en diepgewortelde vrees vir hom. Dit ondanks die feit dat die wit man tot op hede nog nie ’n enkele skoot op die slagveld afgevuur het nie.

Maar hy wat die Boer ken, weet as jy hom lank genoeg druk, lank genoeg aanhou om sweephoue oor sy rug uit te deel, kom daar ‘n dag dat hy sy rug gaan styf maak, self die sweep optel en begin houe uitdeel – en dis dan wanneer hy doodslaan wat voorkom.

En dit lyk of hy nou, na alle waarskynlikheid, by daardie kritieke dag uitgekom het.

Na ‘n kwarteeu se aanhoudende dreigemente het hy al so gewoond geraak daaraan dat hy hom glad nie meer aan die barbaar se skyn aggressie en intimidasie steur nie. Maar oor die jare heen het hulle gruwelike misdade, aanhoudende aanslae, wrede mishandeling en verkragtings net dieper wonde geslaan. En by dit alles moes hulle by herhaling hoor hoedat die EFF die land op ‘n sekere dag gaan lamlê en verwoes. Maar kom daardie dag, is daar geen teken van Malema en sy EFF nie.

Dit begin al hoe meer lyk of hulle net besig is om die blanke uit te tart; hulle wil hom dwing om tot aksie oor te gaan, die wapen op te tel en terugbaklei; dan sal die wêreldmedia die vinger na hom kan wys en sê: Die wit rassistiese skurke het die moelikheid begin, want dis hulle wat nie in vrede met die ander volke in SA kan saamleef nie. Die ANC regime sal dan ‘verplig’ wees om krygswet in te stel en die blanke Boer te ontwapen om hom onder beheer te kry. Maar omdat die SA weermag en polisie heeltemal onbevoeg is om die orde te herstel, sal buitelandse magte opdaag om dit te doen.

Intussen het die aanvalle en aggressie teenoor weerlose blanke plaasboere die afgelope tyd so drasties toegeneem en versleg, dat die Boeregemeenskap dit net nie meer goedsmoeds kan of wil aanvaar nie, en daar is al ’n geruime tyd tekens dat hulle geduld begin opraak en die een of ander tyd breekpunt gaan bereik.

Brendin Horner

Met die koelbloedige moord op Brendin Horner (21) van Paul Roux, is dit presies wat dan ook gebeur het. En vir die eerste keer die afgelope drie dekades het die Boer sy rug behoorlik styfgemaak en hard en duidelik aan die wêreld gesê: “Tot hiertoe en nie verder nie!”

Brendin, ’n plaasbestuurder van die Bloukruin Boerdery in Paul Roux, is wreed deur twee  veediewe vermoor. Hy is met ’n mens gesteek en het kop- en gesigbeserings gehad. Sy hande was ook stukkend geslaan soos wat hy homself teen sy aanvallers probeer verset het. Hulle het sy lyk aan ’n paal vasgemaak en die mes is op sy pet gekry.

Die wyse waarop hy om die lewe gebring is, het skokgolwe deur die land gestuur en honderde blanke Boere het met die moordenaars se hofverskyning van sover as Pretoria, Johannesburg, die Wes-Kaap en selfs KwaZulu-Natal gekom, om één boodskap aan die barbare oor te dra: “Genoeg is genoeg.”

Later is een van die Boere, André Pienaar, in hegtenis geneem, glo weens die geweld by die hof en hy word tans in Bethlehem aangehou. Dit nadat Bheki Cele, minister van polisie, geëis het dat die kriminele in hegtenis geneem word. Sewe polisievoertuie is gestuur om André te gaan haal. Daar sal glo nog inhegtenisnemings wees.

Bheki Cele, die minister van polisie, het verlede maand in die parlement, in antwoord op ’n vraag van die DA, openlik verklaar dat die misdade teen boere nie as prioriteit geklassifiseer word nie. M.a.w. boere se lewens maak nie vir die ANC saak nie.

Maar Cele spog self met ’n reeks kriminele oortredings en is bekend daarvoor dat hy in die verlede nie net swart misdadigers beskerm het nie, maar self ook by korrupsie en omkopery betrokke was, misdade waaroor Jacob Zuma hom in Oktober 2011 uit die diens geskors het. Desondanks is hy in 2018 as minister van polisie aangestel.

Cele se uitsprake dat hy “geskok en gewalg” is oor die optrede van die boere by die hof in Senekal en die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, wat die boere se optrede in baie skerp terme aangeval het, het gesê dis ontstellend dat lede van die publiek eiendom beskadig in ’n vry en demokratiese Suid-Afrika. Die optrede op Senekal is ’n onverskoonbare aanval op wetlikheid en die regstelsel en sulke “anargistiese geweld” kan nie geduld kan word nie.

Maar hy en Cele se uitsprake is niks anders as dubbele standaarde nie, want hoekom was hulle nie ook “geskok en gewalg” toe die EFF oor jare honderde treine, busse en geboue brandgesteek het nie, en dit lyk of hulle al klaar vergeet het van die Clicks-winkels wat onlangs verwoes, geplunder en gestroop is? Misdade deur hul eie kamerade is blykbaar aanvaarbaar.

Die kersie op die koek is egter Julius Malema se woede-uitbarsting oor die Boere se optrede by Senekal. Hy was dadelik op die oorlogspad en sweer wraak wanneer die twee beskuldigdes weer op 16 Oktober in die hof moet verskyn en die boere (sonder twyfel) ook hulle opwagting daar gaan maak. Hier is sy tirade:

“Ons kan nie toelaat dat witmense in hierdie land maak soos hulle wil nie, soos wat hulle in Palestina doen nie. Laat hulle die dag aankondig wanneer hulle na Tswane terugkom, laat ons hulle van aangesig tot aangesig (toe to toe) ontmoet, laat ons hulle leer wie besit Suid-Afrika. Laat ons hulle wys wie in beheer is van hierdie land. Dit is ons land, dit is ons land. Ons sal dit met alles wat ons het, verdedig. As dit beteken dat ons dit met ons lewens moet verdedig, laat ons dit met ons lewens verdedig. Alle grondmagte en vredeliewende Suid-Afrikaners sal daar wees om ons demokrasie en eiendom te verdedig.  Kom ons kyk wanneer die Boere terugkom aan watter kant die polisie gaan staan. Die polisie sal moet kant kies.”

Met hierdie dreigemente het Malema vir homself ’n slagyster gestel. Hy is die een wat die streep getrek het. Die Boere se samekoms by die hof was bloot om hul griewe te lug oor die wrede moorde op ons blankes. Maar nou konfronteer Malema hulle nie net daaroor nie, hy daag hulle ook uit. Om wat te doen? Tot ’n tweegeveg? Nou ja, hierdie keer sal hy en nie maar net weer ’n lawaai kan opskop en dan terughardloop na sy werf toe nie. Hy sal verplig wees om agter sy bek te staan om vir die wêreld te bewys “wié die land besit en wié in beheer van die land is”, en as hy dit nie doen nie, is die EFF se dae getel en sy deuntjie uitgespeel.

Ons het reeds uit verskeie oorde gehoor dat Boere in hul tienduisendtalle op 16 Oktober na Senekal gaan opruk en dat hulle gereed is vir wat Julius Malema en sy EFF ook al beplan. Malema weet dit nog nie, maar daardie dag gaan hy met die Boer van Bloedrivier kennis maak!

Op sosiale media het iemand die situasie korrek opgesom toe hy gesê het daar moet ’n tyd kom dat ons vir mekaar moet sê: “Ons kan dit nie meer keer nie, hierdie ding (’n botsing) gaan kom en bloei gaan ons bloei! Die enigste kans wat ons nog het, is as ons nóú saamstaan. Ons manne het (by Senekal) opgestaan en gesê: “Tot hier toe en nie verder nie! Julle het ons klaar vermoor; julle het ons ou mense klaar seergemaak; julle het ons vrouens klaar verkrag! Genoeg is genoeg! Dis nie in ons kultuur om te breek, te brand en te verwoes nie. Maar dis nou die tyd, want as ons weer gaan terugstaan, is ons kruisie getrek…”

En noudat alles gesê en dalk alreeds klaar besluit is, is daar tog één belangrike aspek wat ons manne  nie uit die oog moet verloor nie, en dit is dat hulle in hierdie saak nie op die eie, vleeslike arm moet staat maak nie, want sou dit die geval wees, kan dinge vir hulle baie sleg afloop, soos dit met Piet Retief en sy manne gebeur het. In teenstelling met Retief-hulle het Sarel Cilliers en Andries Pretorius besef hulle staan teen ’n oormag en dat net hul Skepper tot hulle  redding kan kom. Hulle het Hom in ware ootmoet aangeroep en Hy het hulle stem gehoor en geëer.

En laat ons wat nie saam met die manne in die stryd kan gaan staan nie, namens hulle intree en Sy beskerming en sterke arm oor hulle afpleit. Dan en dan alleen sal ons ook kan doen wat gedoen moet word…

Want dit wat ons vandag beleef, is net ’n herhaling van wat die Boerekrygers na die 2de Vryheidsoorlog 118 jaar gelede ervaar het. Op 29 Junie 1904  skryf pres. Paul Kruger vanuit Clarens, Switserland in sy laaste boodskap aan sy volk soos volg hieroor: “Dit is waar: veel van wat opgebou is, is tans vernietig, verniel, vervalle. Maar met eenheid van sin en eenheid van kragte kan weer opgebou word wat tans daar onder lê…”

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470