Wit seun en wit dogter van môre

Namens die blanke vaders van ons verdwaalde en ellendige volk
wou ek vandag by ’n ieder en elk van julle om vergiffenis pleit;
vergiffenis nie net vir dit wat ons julle aangedoen het nie,
maar ook vir alles wat ons as vaders nagelaat het om te doen.

Ons het swyend en doodstil bly sit toe ons die swart barbaar moes stuit,
toe ons moes keer dat hy alles wat julle toekom, vir hom vat.
Ons het niks gedoen nie, want ons het nie omgegee dat daar vir julle —
die nageslag van óns vaders — geen toekoms is nie, geen vaderland,
geen geskiedenis, geen heil, ja, geen God is om aan vas te hou nie.

Die dag toe ons nuwe jesus in sy bonthemp deur die land begin waggel,
het onsself die Gedenknaam van onse God in die Parlement taboe verklaar.
Ons kerk het Hom verplig om die preekstoel met voorvadergeeste te deel;
en in jul skole het die blanke leerders Hom op die skoolgrond omsingel,
gevange geneem en soos ’n uitvaagsel agter die toilette aan ’n paal gespyker.

Met die referendum van ’93 het FW De Klerk op TV gesê ons moet kies —
kies, tussen die SA krieketspan (wat angstig sit en wag om in Nieu-Seeland te speel),
se toekoms, of julle s’n — en, glo my, dit was maklik, julle het los hande verloor!

Net soos De Klerk, het ons nie omgegee dat ons keuse julle geheel en al sonder werk,
heenkome of hoop sou laat nie, nie omgegee dat ons moeders en pragtige dogters
genadeloos, wreed en dierlik verkrag, verneder en aaklig vermoor word nie,
en duisende van ons weerlose bejaardes op hul plase soos varke geslag word nie.
Ja, sowaar as wat God leef, FW de Klerk en ons het nié omgegee nie!

Ons het nie die moed gehad om hom keel-af te sny nie, ons was te bang
om ons vyand, met God aan ons sy, storm te loop — want, net soos ’n Simson
het ons na die verkiesing skielik besef sy Krag het ons verlaat, en ook sy Swaard,
wat op 16 Desember 1838 nog die waters van die Ngome in bloed verander het!

Liewe wit seun en dogter van my volk, hoe durf ons julle om vergifenis vra?
Hoe durf ons sê ons is jammer, terwyl veldduiwels op jul moeders se grafte dans,
terwyl ons en FW in die skone FIFA-tempel rondom die sportaltaar versamel,
en die barbaar in ons midde, met ba(ä)l onder die arm, ’n oorwiningskreet toe te juig.

Maar ook vir FW het die tyd uitgeloop, en aanstons sal hy saam met ons as vaders
geroep word om een-een, sonder raadsman, sonder advokaat, voor Hom te verskyn.
En, net soos FW, vrees ons ook daardie oomblik, want op die vraag wat Hy gaan vra,
kon geeneen van ons (De Klerk inkluis) tot op hede nog ’n antwoord vind nie:
“Hoekom? Hoekom het julle dit aan jul vaderland, jul voorouers en jul kinders gedoen?”

Ons vaderland het ons weggegee, ons voorouers is lankal by hul vaders versamel;
net julle het oorgebly in hierdie verwoeste land. En wat ons nou by julle wil weet,
liewe wit seun en wit dogter van Bloedrivier, is — WAT MOET ONS VIR HOM SÊ?

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470