Suurwater in Randfontein

Mynsuur in Randfontein

Mnr. Dewald Pretorius van Randfontein het  ‘n e-pos aan my gestuur waarin hy vertel van aardbewings wat Randfontein op Vrydag 22 September ongeveer 10-uur die aand geskud het.  Hulle het eers gedink dit is donderstorms, maar gou besef iets is baie verkeerd. Hy skryf onder meer:

Dit het gevoel of die hele Randfontein wegsak in die aarde. Die gebreun was onophoudelik. Ons het dadelik die nuus op TV dopgehou met die hoop om iets te sien. Maar daar was niks, net mooi niks gerapporteer nie.

Die aarskudding is sovêr as Germiston gevoel en mense het gemeld dat dit gevoel het asof water onder hulle huise deurloop. Daar is ‘n bekende varswatermeer in die omgewing, die “Riebeeckmeer”, wat deur ‘n fontein in die middel van die dam van water voorsien word. So drie jaar gelede is ‘n dogtertjie daar doogeskiet deur twee houtkoppe toe ‘n pa en sy tweee kinders daar gaan visvang het. Die hele dam is daarna omhein en die publiek is belet om weer soontoe te gaan. Sedertdien het die dam se water al hoe meer begin suur raak en ‘n groen skynsel begin kry. Die meer voorsien water vir onder meer Eedie rste woud-, Tweede woud- en Derde woud-dam wat weer afloop na die Kruger Wildtuin. Sowat ‘n jaar gelede het diere by spesifieke watergate in die Kruger Wildtuin begin vrek. Die situasie het so erg raak dat die eienares van die grond in die area skielik net verdwyn het en niemand kon haar tot dusver opspoor nie. Haar man, die vorige eienaar is ‘n jaar gelede deur die leeus opgevreet toe hy ingery het om hulle te voer.

Die myngeoloë daar is van mening dat die Wesrand Kom, die Randfontein kant en die Kom by Boksburg aan die Oos-Rand die eerste deur die suur water geaffekteer sal word.

Dewald maak ook verwysing na ‘n baie interressante gesig van Siener wat moontlik kan dui op die reuse-uitgeholde myngalerye en myntonnels in daardie gebeid:

“Wat hier gebeur, het my laat dink aan iets wat oom Siener gesê het – hy het gesien hoe die aarde duskant Vereniging hol word soos ‘n put. Miskien ‘n groot sinkgat. Dit kan net te doen hê met die dolomietlae wat inmekaar stort a.g.v. die water wat te hoog opgestoot het en glad nie meer uitgepomp word nie.”

 

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470