Nibiru – Openbaring
Sedert 1983 het die moontlikheid van ‘n groot hemelliggaam net buite ons sonnestelsel die onderwerp van intense spekulasie geword. Ons is nou 30 jaar later, waarin amateur sterrekundiges sowel as wetenskaplikes die ruimte angstig dophou om te sien hoe ons buitenste planete versteur kan word deur ‘n groot planeet of bruin dwergster.
Engele met ons
In ‘n wêreld van droefheid en onregverdigheid bied die Christengeloof ‘n hoopvolle boodskap: God stuur engele om ons te troos, te lei, en soms te vermaan, soos bewys deur tientalle stories in die Ou sowel as Nuwe Testament. Engele kom dikwels mense bystaan in tye van nood, krisissituasies of trauma, soos in die boek “Engele met ons,” waar aangrypende getuienisse u kennis van hierdie besondere wesens en hulle rol sal verdiep.










