Sedert 1983 het die moontlikheid van ‘n groot hemelliggaam net buite ons sonnestelsel die onderwerp van intense spekulasie geword. Ons is nou 30 jaar later waarin amateur sterrekundiges, asook wetenskaplikes, die ruimte angstig dophou om te sien wat ons buitenste planete versteur. Dit ly geen twyfel meer dat ‘n groot planeet of bruin dwergster verantwoordelik is vir die versteurings nie, maar as dit deur ons sonnestelsel sou beweeg en by ons Aarde verbygaan, hoe sal dit ons raak?
Gegewens uit beide wetenskaplike verslae en antieke geskrifte is gebruik om ‘n prentjie te probeer vorm van waarvoor ons onsself gereed moet maak. Sal dit net ‘n skouspel in die hemelruim wees, of gaan ons Aarde so geslaan word deur poolverskuiwings en as-kantelings dat die mensdom byna utgewis gaan word?