Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg

Engele met ons

Avatar photodeur Martin Linde

R120,00

In ‘n wêreld van droefheid en onregverdigheid bied die Christengeloof ‘n hoopvolle boodskap: God stuur engele om ons te troos, te lei, en soms te vermaan, soos bewys deur tientalle stories in die Ou- sowel as Nuwe Testament. Engele kom dikwels mense bystaan in tye van nood, krisissituasies, of trauma, soos in die boek “Engele met ons,” waar gevallestudies en aangrypende getuienisse u kennis van hierdie besondere wesens en hulle rol sal verdiep.

In ‘n wêreld waarin daar soveel droefheid, leed en onregverdigheid is, het die Christengeloof ‘n wonderlike boodskap vir die kinders van God – ons is nie alleen hier op aarde nie. God het ons nie hier geplaas sonder beskerming of leiding nie; want behalwe dat sy Seun vir ons die Heilige Gees gestuur het om ons te troos, stuur God ook sy boodskappers (engele) om ons te bemoedig, te lei, maar dikwels ook te vermaan. Die bewys daarvoor kry ons in sy Woord, asook in die onverklaarbare dinge wat van tyd tot tyd met mense gebeur. Die Ou- sowel as Nuwe Testament bevat tientalle verhale van engele wat aan mense verskyn het.

Selfs in ons daaglikse lewe, hoor of lees ons dikwels van mense wat ‘n ontmoeting met engele gehad het. Reeds van die vroegste tye af, is verhale deur mense gedokumenteer wat daarvan getuig dat hulle in tye van nood, groot krisissituasies of trauma deur ‘n persoon of persone afkomstig vanuit ‘n ander dimensie bygestaan is.

In Engele met ons sal u meer te wete kom oor wié en wat hierdie wesens is, waarom hulle deur God gemaak is en waarom Hy hulle as “boodskappers” gebruik. U sal kennis maak met gevallestudies van persone wat deur engele bygestaan of te hulp gekom is en hulle aangrypende getuienisse sal u ont-roer.

Dan is daar ook verhale van mense wat deur die “doodsvallei” gegaan het en bevoorreg was om weer terug te keer om aan ons hulle merkwaardige ondervinge mee te deel. Volgens 1 Korinthiërs 15:20-25 was Christus die “eersteling” van dié wat onslaap het om daarna weer uit die dood op te staan — eers daarna kon die mens, Adam, nadat hy gesterf het, ook “lewend gemaak word” en terugkom aarde toe.

Dimensies 143 × 5 × 210 Cm
ISBN 978-0-620-58976-5
Bladsye 128
Datum 2013

Inhoudsopgawe