Hierdie hardeband A5-joernaal beeld die profeet Siener uit op die omslag met verskeie van sy gesigte. Die ontwerp was oorspronklik begin as ‘n collage en verwerk met verskeie programme soos Illustrator en Photoshop.
Aan die binnekant is daar netjiese lyntjies vir jou eie aantekeninge, gedagtes en planne. Die sntrale gedeelte waar die joernaal gebind is word verskeie simbole van Siener se gesigte uitgebeeld. Die joernaal is ideaal vir daaglikse gebruik, Bybelstudies, notules of persoonlike refleksies.
Hierdie joernaal is die ideale geskenk vir enigeen wat belangstel in Siener, ons volk se geskiedenis, erfenis, of bloot iets besonders wil hê wat met trots gebruik kan word.










