Hierdie hardeband A5-joernaal bring ’n huldeblyk aan die ou Republiek van Transvaal. Die voorblad vertoon die wapen van die Republiek – ’n ontwerp wat ’n kombinasie is van 3D-modelering (Blender), Photoshop en illustrasie. Op die agterblad verskyn ’n strofe uit die Transvaal se volkslied, saam met die historiese vlag.
Binne is daar netjiese lyntjies vir jou eie aantekeninge, gedagtes en planne. Dit maak die joernaal ideaal vir daaglikse gebruik, Bybelstudies, notules of persoonlike refleksies.
Die inspirasie agter hierdie joernaal (en sy teenhanger met die Vrystaat-wapen) spruit uit navorsing vir ’n video wat ons op Facebook en YouTube gedeel het. Daarin word die merkwaardige ooreenkomste tussen die Voortrekkers en oud Israel uitgelig..
Hierdie joernaal is die ideale geskenk vir enigeen wat belangstel in ons volk se geskiedenis en erfenis, of bloot iets besonders wil hê wat met trots gebruik kan word.











