Jakobus- Nokudemus – Thomas

Avatar photodeur Vaandel Uitgewers

R100,00

‘n Versameling van drie invloedryke Nuwe-Testamentiese apokriewe geskrifte: die Evangelie van Jakobus, die Kindheidsevangelie van Thomas en die Evangelie van Nikodémus. Hierdie tekste bied historiese konteks oor vroeë Christelike tradisies rondom Maria, die jeugjare van Jesus en sy neerdaling na die doderyk. Belangrike bronmateriaal vir literêre en teologiese studie.

Die evangelie van Jakobus.
Dit dateer uit die helfte van die tweede eeu n.C. en is een van die oudste bronne vir die Marialegendes. Veel van die stof hiervan is later terug te vind in die Evangelie oor die geboorte van Maria. Om sy ouderdom, sy eenvoudige maar pakkende verteltrant en sy literêre kwaliteit word dit nie sonder rede bestempel as die juweel onder die Nuwe-Testamentiese apokriewe nie.

Die evangelie van Thomas.
Hierdie apokriewe geskrif is oorspronklik in Grieks geskryf. Dit kan teen die einde van die tweede eeu n.C. gedateer word. Dit bevat enkele losstaande verhaaltjies wat aan die verskillende ouderdomsjare van die jeugdige Jesus-kind verbind word.

Die evangelie van Nikodémus.
Die eerste gedeelte is aanvanklik as ‘n aparte stuk versprei onder die titel: Die Handelinge van Pilatus. Dit is ‘n verslag deur Nikodémus oor die verhoor van Christus voor Pilatus, sy dood en sy opstanding. In daardie jare was daar sterk gerugte dat Christus nie uit die dood opgestaan het nie, en hierdie geskrif is ’n poging om betroubare getuienis oor die aangeleentheid op skrif te stel. Die tweede deel van die geskrif staan bekend as Christus se Neerdaling na die Doderyk.

Gewig 90 g
Dimensies 210 × 150 × 6 Mm
ISBN1-919728-39-2
Bladsye47
Datum2004
OmslagSagte Band
Scroll to Top