Posted on 1 Comment

Waarskuwing – meer geweld en stakings op pad

Na twee weke se gewelddadige optrede was daar ‘n tydelike “wapenstilstand” om die Minister van Arbeid, Mildred Olophant, kans te gee om werkers se looneise te oorweeg. Maar haar uitlating dat verhogings eers in April verwag kan word, was dadelik ‘n vuurthoutjie in die smeulende kruitvat en dis byna seker dat die stakers se gewelddadige optrede volgende week voortgesit gaan word.

Daarmee saam dreig Cosatu op hulle beurt om van môre af (30 November) “die paaie toe te maak”, en hulle sal nie rus voordat die stelsel geskrap word nie. “Ons sal die hoofweê onbruikbaar maak. Motors, vragmotors en selfs fietse sal stadig agter ons protes beweeg … Ons sal aanhou om die strate in te neem totdat die regering na ons luister!” het Dumisani Dakile, Cosatu se Gautengse sekretaris gesê. Die arme Jeremy Cronin het inderhaas vure probeer doodslaan, maar dit kan reeds te laat wees. Meer geweld en stakings is dus ons voorland!

Boodskappe uit tientalle oorde vlieg op die Internet rond dat blankes om veiliheidsrede liewer van 30 November tot 16 Desember sover moontlik van die strate moet wegbly. Vanuit Transvaal en die Vrystaat het ons oproepe ontvang dat huis- en tuinwerkers opdrag gekry het om inligting te bekom wie van hulle werkgewers vir die komende vakansie “uithuisig” sal wees. Wat die rede daarvoor is, kan ons maar net vermoed.

Ons het ook via ‘n bron in die polisiediens verneem dat alle polisiemanne gedurende die gemelde datums op hoë vlakke van gereedheid (“high alert”) en 24 uur bystand moet wees – dit geld veral vir polisiemanne in Transvasal en die Vrystaat.

Dit begin al hoe meer lyk of Siener se voospelling dat die gebeure op ‘n koppie by Rustenburg maar net die begin van ons probleme is. Want sedert die 44 mywerkers op onderskeidelik 14 en 16 Augus daar gesterf het, het die onrus vinnig uitgekring na die goud- en platinummyne rondom Johannesburg. Daarna het geweld vir die eerste keer in die Wes-Kaap uitgebreek toe honderde plaaswerkers  die N1 hoofweg by De Doorns naby Worcester geblokkeer het en boere se wingerde en skure aan die brand gesteek het.

Ons bron het egter gewaarsku dat mense nie paniekerig moet raak nie, maar die verloop van dinge eers goed moet dophou, en as dit blyk dat hulle bedreig word, moet hulle die nodige stappe neem om hulle te beveilig.

Sy slotwoorde was:

“In 1994 het ons na Mandela en De Klerk opgekyk om aan ons vrede en veiligheid te gee, poleks daarvan om na God op te kyk. Ons moet nooit weer dieselfde fout begaan nie!”