Posted on Leave a comment

Hoekom ‘n beheptheid met veiligheid ‘n siek gees en ‘n siek gemeenskap kweek

Hoekom ‘n beheptheid met veiligheid ‘n siek gees en ‘n siek gemeenskap kweek

Transkripsie

Nietsche stel die voorwaarde om ‘n held te wees – “As ‘n man ‘n held wil word, moet die slang eers ‘n draak word: anders het hy nie ‘n behoorlike vyand nie.”

Die tyd waarin ons leef, is al baie dinge genoem, maar as ‘n mens kyk na die geweldige vrees, angstigheid en hulpeloosheid wat die meeste mense toon in die aangesig van selfs nietige gevaar, is die beste manier om dit te beskryf as ‘n tydperk van lafhartigheid. Ons is nie ‘n geslag wat op ‘n dapper en heldhaftige manier vorentoe beweeg die onseker toekoms in nie (en het dus geen vertroue op God nie). In plaas daarvan vrees die meeste mense die toekoms en verkies veiligheid, gemak en gerief bo die neem van risiko’s, eksperimentering en vryheid.

Die 21ste eeu se sosioloog, Frank , skryf: “Jongmense word gesosialiseer om broos te voel en oorweldig deur onsekerheid (en die gevolg is) … die definiërende kenmerk van die huidige Westerse 21ste eeu se weergawe van menswees, is sy kwesbaarheid. Alhoewel die gemeenskap steeds die idee van selfbeskikking en outonomie handhaaf, word die waardes wat daarmee geassosieer word toenemend tot niet gemaak deur ‘n boodskap wat die mens se swakhede beklemtoon. En as kwesbaarheid inderwaarheid die definiërende kenmerk van die menslike toestand is, dan beteken dit dat om vol vrees te wees die normale toestand is …”

Oorweldig deur onsekerheid, vrees vir die toekoms, om jouself voor te stel as kwesbaar, swak en broos, is nie ‘n resep vir indiwiduele of sosiale voorspoed nie. Hierdie manier van lewe bevorder eerder ‘n siek gees en baan die weg vir autoritêre oorheersing. Die wêreld sal voordeel daaruit trek as daar mense is wat net ‘n bietjie meer gevaarlik wil leef. Gevaar, ‘n neweproduk van die jaag na verdienstelike doelwitte of verdedigbare waardes soos vryheid, geregtigheid en vrede, bevoordeel die lewe. Soos die Romeinse historicus dit gestel het:

“Die begeerte vir veiligheid staan teen elke groot, en edel onderneming.”

Nie alle gemeenskappe het egter veiligheid so hoog op die skaal van waardes gestel as wat die moderne Weste doen nie. Baie florerende gemeenskappe van die verlede het veiligheid beskou as ‘n sekondêre waarde en het verstommende vermoë getoon om risiko’s te neem in die aangesig van ‘n onseker toekoms en om moed en dapperheid te toon in die aangesig van gevaar.

Histories is daar onder sommige van die mees voorspoedige samelewings – Antieke Atene, Renaissance Italië, Negentiende eeuse Brittanje – die meeste mense wat eksperimentering geöriënteerd was, asook om te waag. Om die teenoorgestelde benadering in te neem en ‘n sterk voorkeur te toon vir veiligheid bo die neem van risoko’s, word die ontplooing van die menslike potensiaal nie verwesenlik nie, maar belemmer. Om te ontwikkel op ‘n indiwiduele vlak tot die vooruitgang van ‘n spesie, die verkenning van die onbekende, die eksperimentering met nuwe maniere om op die wêreld te reageer, is ‘n noodsaaklikheid en dit het te doen met risoko’s neem en gevaar in die gesig staar. Maar dit is ‘n prys wat betaal moet word aangesien die alternatief is om te stagneer in die beperkings van ‘n immer krimpende gemakzone, om agteruit te gaan in liggaam en gees en om die slagoffer te word van angsneurose, depressie of ander siektes van wanhoop.

‘n Verdere tekortkoming in die benadering tot die toekoms wat sterk ten gunste van die veilige pad is, is dat dit vrugbare aarde skep vir totalitêre en selfs tiranniese oorheersing. Soos Alexander Hamilton gesê het:

“.. om veiliger te wees, was hulle uiteindelik bereid om die risiko te loop van om minder vry te wees.”

As ‘n gemeenskap veiligheid verhef tot ‘n vlak van eerste rangwaarde, word vryheid uit noodsaak verlaag tot ‘n sekondêre waarde waarop getrap kan word deur hulle wat in beheer is en wat, deur die geskiedenis, tiranniese voornemes toegesmeer het onder die aanspraak dat hulle die gemeenskap veiliger wil maak. Wat dinge nog erger maak, is dat as ‘n gemeenskap mense beïnvloed word om vreesbevange te wees oor die toekoms en oorweldig deur onsekerheid, sal die massa beskerming verwelkom of openlik vra vir die owerheid om hulle te beskerm.

Frank Furedi skryf: “Om mense te bevry van die las van vryheid met die doel om hulle te laat veilig voel, is ‘n herhalende tema in die geskiedenis van diktatoriale oorheersing”.

‘n Gemeenskap wat vandag veiligheid eis, is ook ‘n gemeenskap wat ryp is vir tirannie. Dit hang af van hulle wat vryheid koester om ‘n meer heroïese benadering tot die lewe in te neem wanneer die dreigende wolke van totalitêre heersskappy die horison verdonker. Tensy meer mense bereid is om risiko’s te loop en gevaar in die gesig te kyk ter wille van waardes soos vryheid, geregtigheid, vrede en sosiale samewerking, sal die greep van die tiranne net versterk word. Soos John Stuart Mill dit stel:

“’n Man wat niks het waarvoor hy bereid is om te baklei nie, niks waaraan hy meer waarde heg as sy persoonlike veiligheid nie, is ‘n misrabele kreatuur wat geen kans het om vry te wees nie, tensy gemaak en so gehou deur die beywering van beter mense as hyself.”

As rolmodelle vir die taak om meer heroïes te leef, kan ons kyk na die antieke Grieke, ‘n beskawing wat tereg veiligheid as ‘n sekondêre waarde beskou het en nie as primêre waarde nie en wat die neem van risiko’s en om gevaar in die gesig kyk, beskou het as moreel prysenswaardig. Albert Camus het gesê:

“Gevaar maak mense klassiek en alle grootheid, na alles, is gewortel in risiko.”

Friedrich Nietsche was ook ‘n bevorderaar van hierdie klassieke benadering tot die lewe en hy prys Ericles, die Atheense leier, wat in sy beroemde begrafnistoespraak die Atheners geloof het vir hulle onverskilligheid en minagting vir veiligheid van lewe. Kontrasteer dit met die moderne wêreld waar, om Christopher Cocker te parafraseer “Ons geneig is om (die mense wat dapper risiko’s neem wat die gemeenskap vorentoe laat beweeg), die volheid van hulle lewes te ontneem net om die kleinlikheid van ons eie te ondersteun.”

Gelukkig is dit nie vir ons nodig om te wag vir politici om wetgewing deur te voer om goedkeuring te gee aan ‘n meer dapper benadering tot die lewe nie. Ons het net nodig om so te leef. Ons moet kyk na die onseker toekoms, nie naastenby as ‘n bron van bedreiging nie, maar ook van hoop en geleentheid. En ons moet die neem van risiko’s sien as geregverdig wanneer dit gedoen word ter verdediging van gekoesterde waardes of in die najaag van verdienstelike doelwitte deur veiligheid af te bring na sy geregverdigde plek as sekondêre waarde.

Ons sal ophou om te leef as die hulpelose pion wat deur ‘n magsfiguur gepamperlang moet word van jeug tot bejaard en ons sal die vermoë om die rigting van ons lewes terug te wen, weer terugkry. Ons sal psigologies volwasse raak en sal beter toegerus raak vir wat die toekoms ookal mag bring. Soos wat Nietsche verduidelik:

“Alleenlik gevaar maak ons bekend met ons eie hulpbronne: ons deugde, ons wapenrusting en wapens en ons gees, dit dwing ons om sterk te wees. Die eerste beginsel: Ons moet nodig hê om sterk te wees – anders sal ons nooit sterk word nie.”

Terwyl dit groter risiko verg om te flankeer met gevaar wat jou lewe kan verkort, help dit om te onthou dat ‘n lang lewe nie noodwendig ‘n goeie lewe is nie. ‘n Veilige lewe sonder uitdagings en die afwesigheid van awontuur is ‘n “nurt”? en lei tot die wegkwyn van liggaam en gees. Hierdie sufheid, herhaling, verveling en stagnasie is nie lewe nie, dit is bloot net om te bestaan. Soos die Romeinse Seneca dit gestel het:

“Daar is geen rede vir jou om te dink dat enige mens lank geleef het omdat hy grys hare en plooie het nie, hy het nie lank geleef nie – hy het net lank bestaan.”

Om ‘n mens te help om meer voluit te leef, ‘n dapper gewilligheid te toon om risiko’s te loop en te flankeer met gevaar, kan ons verander in ‘n weldoener van die mensdom. Want solank as wat die waardes wat ons lei, die doelwitte wat ons nastreef, eerbaar is en lig bevorder, toon ons dapperheid, ‘n houding van omgee vir die welstand van ander. Want anders as die lafaard wat primêr bekommerd is oor sy of haar eie veiligheid, en wat van ander verwag om in te val by hulle neurotiese maniere, is die held gewillig om sy of haar lewe te waag in diens van waardes wat die gemeenskap vorentoe te laat beweeg.

Soos Alasdair MacIntyre skryf in After Virtue, a Study in Moral Theory:

“As iemand sê dat hy omgee vir een of ander indiwidu, gemeenskap of saak, maar nie gewillig is om die risiko te loop om homself in gevaar te stel nie, dan plaas hy sy opregtheid vir die versorging en kommer oor ander onder verdenking. Moed, die vermoë om jouself in risiko vir gevaar te stel, het ‘n rol in die mens se lewe as gevolg van hierdie konneksie van besorgdheid en kommer.”

As ons dus ‘n vervullende lewe wil hê, bekommerd is oor ons eie geestesgesondheid en oor ons gemeenskap, moet ons met dapperheid optree en nie aanbid by die altaar van veiligheid nie. Ons het nodig om risiko’s te neem in diens van lig wat goeie waardes bevorder en nie vaskleef aan die idee dat ‘n veilige lewe ‘n goeie lewe is nie.

Nietsche: “Want glo my, die geheim van die oes van ondervinding, die grootste vrugbaarheid en die grootste vreugde, is om gevaarlik te leef! Bou jou stede teen die hange van Vesuvius! Stuur jou skepe na die ongekarteerde seë! … Binnekort sal die tyd verby wees waarin jy tevrede sal wees om weggesteek in die woude te leef soos ‘n skaam bokkie!”

Wees dapper, wees veilig en wees vry.

Posted on 105 Comments

Johanna Brandt – gesant van God of Satan?

Ten eerste wil ek net om verskoning vra omdat ek nie eerder op die Johanna Brandt debakel gereageer het nie; ek was die afgelope week weg, en tweedens wou ek myself eers weer vergewis van die inhoud van haar geskrifte. Dan wil ek u almal bedank vir u insette oor hierdie saak, hetsy dit positief of negatief was. Dis goed dat ons nie terugdeins om oor omstrede dinge te praat nie, en wat ek nou gaan sê, is nie bedoel as kritiek op enige bydrae nie. Ek glo ons het almal hieruit iets geleer, selfs diegene wat nog nie met die Waarheid kennis gemnaak het nie. Continue reading Johanna Brandt – gesant van God of Satan?