
Geagte prof. Raath
Ek rig hierdie skrywe vandag aan u, nie omdat ek dit graag wil doen nie, maar omdat ek dit aan my vertrapte, miskende en ontgogelde volksgenote verskuldig is. Sedert 2011 (dit was kort vóór die verskyning van u boek, Niklaas van Rensburg – Die Siener – hierna net Die Siener genoem), moes ek by herhaling en tot my ontsteltenis merk hoedat u nie skroom om die hoofmedia te gebruik om u mede-Afrikaanssprekende blanke volksgenote te versmaad en selfs as “godsdienstige ekstremiste” af te kraak nie, en dit net omdat hulle glo Siener van Rensburg het in sy gesigte swart op wit geweld voorspel. Continue reading Ope brief aan prof. Andries Raath