Posted on 110 Comments

Die hele wêreld is omgeploeg

Ons het op 28 Maart ‘n artikel oor Roger Teale geplaas waarin hy vir ons vyf belangrike tekens gegee en dinge genoem het wat ons in ‘n tyd van groot benoudheid sou ondervind. Continue reading Die hele wêreld is omgeploeg

Posted on 146 Comments

Julle sal anders veg

’n Profeet se waarskuwings in die Ou Testament was daarop gemik om die volk terug te roep tot hulle God. As hulle hul nie bekeer het nie, dan sou daar ersnstige repurkussies wees. Die profete het nie die volk gewaarsku waar of wanneer God se pak slae sou kom nie, anders kon dit gebeur dat die volk hulle miskien daarvoor voorberei en die straf sodoende vry te spring, eerder as om hulle tot Hom te bekeer. Continue reading Julle sal anders veg

Posted on 101 Comments

Die verloop van Roger Teale se profesie

Die video van Roger Teale se boodskap aan Suid-Afrika wat ek enkele dae gelede op Youtube gepubliseer het, is nie meer op Google se soekenjin beskikbaar nie. En my onderskrif wat ek saam met die viddeo geplaas het, word nou deur verskeie onderkruipkers misbruik om vals video-snitte op die Google-soekenjin te plaas wat hoegenaamd niks met Teale se profetiese waarskuwing te doen het nie. Continue reading Die verloop van Roger Teale se profesie

Posted on 36 Comments

Onbeskut, haweloos en ingeperk

In 1990 het die verloopte Afrikanerbond en hulle agterryers vir ons gesê apartheid is ’n sonde omdat ons in God se oë almal dieselfde is en daarom ook mekaar se gelykes. Al het die Almagtige self verklaar dat Hy soort volgens soort gemaak het en dat hulle nie mag verswaer nie. Continue reading Onbeskut, haweloos en ingeperk

Posted on 15 Comments

Kuberterroriste se aanslag op Koeberg?

Twee jaar gelede het Eskom, as deel van sy voortdurende opgraderingsplan, by Koeberg Kragstasie die staafvertoonsisteem vervang met die nuutste Siemens MP277 kontakskerm, asook ander Siemens-komponente. En toe Eenheid 2 van Koeberg skielik vanjaar op 5 September 2011 outomaties afskakel, was die personeel oortuig die nuwe Siemens het betyds ‘n ramp afgeweer. Maar die volgende dag het ingenieurs van Eskom ure bestee om te bepaal wat die oorsaak daarvan was, en al wat hulle  kon vasstel, is dat een van die sentrifuges (toldroërs) se wentelspoed om die een of ander rede skielik versnel het en dat dit toe deur die outomatiese spoedreguleerder afgeskakel is. Continue reading Kuberterroriste se aanslag op Koeberg?