Posted on 3 Comments

Denver-lughawe: ‘n Vrymesselaar en NWO paleis

Een van twee Gargoyles wat by Denver lughawe wag hou oor die bagasie. Die teks op die tas lees Samsonite wat ‘n anagram kan wees vir “Mason Site”.

Die Denver-lughawe is in 1995 voltooi as ‘n plaasvervanger vir die destydse Stapleton-lughawe. Die oorspronklike kosteberaming vir die projek was ongeveer $1.7 miljard, maar verskeie vertragings, klaarblyklike swak beplanning, onpraktiese ontwerpe asook verskeie ander kontroversiële redes het die kostes uiteindelik opgeskuif na $4.8 miljard. In media bronne is die konstruksie van die lughawe destyds bespreek in konteks van “swak projek behartiging”, “oorweldigende kompleksiteit” en ‘n projek “begrawe in tegniese probleme” Continue reading Denver-lughawe: ‘n Vrymesselaar en NWO paleis

Posted on 17 Comments

Siener: Wat wag nou op ons?

Die afgelope tyd gaan daar byna nie ‘n dag verby dat ons nie ‘n gesig van Siener van Rensburg in vervulling sien gaan nie. Maar hy het dit presies net so voorspel: “Daar kom ’n tyd dat ek weer baie in die nuus sal wees. In daardie tyd sien ek baklei ons nog onder mekaar, toe is als meteens verby, en sit ons met ’n swart regering. Dan eers begin die Afrikaner se laaste, maar ook sy felste stryd…”

Ook bo in Afrika sal daar in dié tyd groot ellende en verskrikking wees. Hy beskryf dit só: “Ek sien vier perde moet nog ry bo in Afrika. Die nasies wil oorlog maak. Daar is groot droogtes (eerste perd); hulle saai nie en oes nie; dan  kom daar hongersnood (tweede perd); ook maak hulle net oorlog (derde perd), en hulle plant nie; hulle begin om dood te gaan van die honger; kan nie meer hulle dooies begrawe nie; dan breek die pes uit (vierde perd), vreeslik baie gaan dood wat nie begrawe word nie.”

En vandag word die ganse Afrika geteister deur droogtes, hongersnood, oorlog en pessiektes.

Continue reading Siener: Wat wag nou op ons?