Posted on 3 Comments

Die Godspraak – twee profesieë

Die dag toe ek Siener van Rensburg se visioene in die herf van 1990 ontdek het, het die lewe skielik vir my en my oorlede vrou Annelize, ‘n heel nuwe betekenis gekry. Van daardie dag af was alles wat ons gedoen het, nie net gebind deur ons geloof in die Almagtige en ons liefde vir ons volk nie, maar ook om te veg vir ons volk se voortbestaan. En dit sou net gebeur as ons doen wat God se profeet Siener, vir ons gesê het: “Verootmoedig julle en keer terug tot God.” Continue reading Die Godspraak – twee profesieë

Posted on

Huldeblyk aan volksmoeder en haar kind

Vandag presies 116 gelede het die Tweede Vryheidsoorlog begin (11 Oktober 1899.) En byna drie jaar lank het ‘n handjievol “agterlike kruisband- en velbroekdraers” (Lord Roberts se woorde) die magtige Briste Empire só rondgejaag en verrinneweer dat die einste Roberts die vernedering nie langer kon verduur nie en op 8 Junie 1900 besluit het om hom op sy teenstander se weerlose vrou en kind te wreek. Lord Kitchener het dit later uitgebrei. Eers tóé is die Boerestryder se gees geknak. Continue reading Huldeblyk aan volksmoeder en haar kind

Posted on 32 Comments

Aardbewings sal Japan verwoes

Mnr. Boy Mussmann vertel hoe hy dikwels voor oom Nicolaas se brakdakhuisie op Rietkuil op ’n veldstoeltjie gesit en luister het na die Siener se beskrywing van die lotgevalle van die nasies. “En om te dink hy was ’n ongeletterde man wat geen tydskrif of koerant gelees het nie; hy het ook geen geskiedenis van die nasies geken nie, maar hy het alles van hulle geweet.

Continue reading Aardbewings sal Japan verwoes