Posted on 1 Comment

Boodskap van hoop aan my gebroke volk

Om mee te begin wil ek wil ek nie vandag oor dinge van die wêreld skryf nie, maar liefs van hart tot hart met my medevolksgenote praat. Want terwyl ons so beroof, geplunder, verdruk en in die aarde vertrap word, wil  ek julle net daaraan herinner dat Hy wat by Bloedrivier ons hand gevat het, dit nooit weer sal los nie. Continue reading Boodskap van hoop aan my gebroke volk

Posted on 4 Comments

Siener en Nasionale Intelligensie se verraad

Hierdie video is ‘n verkorte en geredigeerde weergawe van ’n gewese Nasionale Intelligensie amptenaar, Desmond Bernardo (OODEZZ), se tweede video wat hy oor Siener van Rensburg se gesigte vrygestel het. Continue reading Siener en Nasionale Intelligensie se verraad

Posted on 128 Comments

Boodskapper van God

Na 10 jaar verskyn daar nou ‘n heel nuwe hersiene uitgawe van Boodskapper van God. Hierdie biografie van die Boereprofeet en sy merkwaardige gesigte is die mees volledigste nog in Afrikaans en beslaan 545 bladsye. Die visioene en gebeure waarop dit betrekking het is in chronologiese volgorde geplaas wat die lees daarvan vergemaklik; heelwat van Siener se gesigte wat intussen bewaarheid is, is ook bygewerk, soos o.a. die onthoofding van ‘n gesiene Britse burger, die Marikana-slagting en die voltooiing van die spoorlyn na Lüderitzbaai.

Die boek sal vanaf die eerste week van Augustus beskikbaar wees.

Die nuwe prys is R320 plus R45 posgeld. Indien u verkies om dit deur PostNet te ontvang, is die posgeld R99-00.

Bestel >>

Posted on 10 Comments

‘n Swart Waarskuwing

Van al die rasse op aarde is die blanke die enigste wat homself haat, sy wit vel verag en ook die enigste ras wat gedurig om verskoning vra omdat God hom blank geskape het; iets wat ons by geen Sjinees, Japannees, Neger of watter ander ras ook al, sal vind nie. Hulle is trots op hulle voorkoms en wie en wat hulle is.

In die meegaande video waarsku die Neger, eerwaarde, Louis Farrakhan, die wittes teen verbastering. En net daarna verklaar Mohammad Ali aan ‘n blanke BBC-programleier, Michael Parkinson, nie net hoekom hy trots is op sy Neger-voorkoms nie, maar dat selfs die voëls van die hemel nie vermeng nie.

Wanneer Parkinson dan beweer dat mense almal dieselfde is en dat die samelewing ons dieselfde gemaak het, help Mohammad Ali hom reg deur te sê “Nee, God het ons verskillend germaak”. En terwyl die gehoor die BBC-kêrel uitlag, probeer hy nog skaamteloos sy sieklike selfhaat verdedig!