Posted on 31 Comments

Die wit padda kook-tydperk

(dit is reeds 25 jaar gelede beplan)

Dis geen geheim nie dat die Kommuniste hulle optrede lank vooruitbeplan. Cyril Ramaphosa en sy trawante het dit dan ook gedoen.

Die meeste van ons is wel bewus van Ramaphosa se “padda-kook-metode”, maar hoeveel van ons is bewus daarvan dat hy ’n tydperk daaraan gekoppel het, nl. 25 jaar?

Wyle Dr.  Mario  Oriani-Ambrosini skryf daaroor in sy Memoirs – ‘The Prince and I:

A South African Institutional Odyssey’. Hy sê dat Ramaphosa reeds in 1994 met naakte eerlikheid sy volledige plan met die wittes uiteengesit het. Daarby ingesluit was ook die “onteiening van alle blanke rykdom, grond en ekonomiese mag, beleggings, pensioenfondse, ens”.

(Siener  het  dan ook ‘gesien’ dat die blankes alles gaan verloor en hul pensioenfondse nog eendag in duie sal stort).

Is dit dan toevallig dat Ramaphosa se 25 jaar, wat in 1994 met die ANC-oorname begin het, juis nou met die grondonteiening voltooiing nader? En wat anders kan nie nog alles in hierdie jaar gebeur nie?

Nelson Mandela is op 10 Mei 1994 ingehuldig (Let wel, ’n dag vóór die 11de) en hy was toevallig ook die 11de president van die 22ste parlement (numerologie: 11 x 2 = 22). Hy was dus die 11de president vanaf Republiekwording in 1961.

Daar was altesaam 5 swart presidente vanaf 1994: 1) Mandela, 2) Mbeki, 3) Motlanthe, 4) Zuma en 5) Ramaphosa.

Verder was Ramaphosa ook die 15de president van die 26 ste SA parlement.

Die   getal 15 laat mens onwillekeurig terugdink aan ons volk se vermoorde leier, genl. Koos de la Rey wat op 15 September 1914 gesterf het.

Ramaphosa word ook op 15 Februarie 2018 as die 5de swart president ingesweer.

Die vraag is tot wanneer sal hy in die amp aanbly? Tot die swart regering tot niet gaan, of tot sý dood?

Gaan die komende verkiesing dalk ’n rol speel?

In haar visioen van geweld en chaos wat tydens ’n groot landswye staking uitbreek, het Johanna Brandt die letters XL in die lug gesien. Daar is al baie hieroor bespiegel en menings uitgespreek.

Nog ’n moontlikheid is dat die X die kruisie op ’n stembrief verteenwoordig en dat die L staan vir die ‘laaste’ beplande verkiesing wat dalk kan “verdwyn” en nie sal plaasvind nie.

Dán die volgende ‘wit’ regering – wit ridders/redders op die NWO Vrymesselaars se “wit perd”.

Hoe lank moet Ramaphosa se padda nog “kook”? In 1994 het hyself gesê “vir nog 25 jaar”.

Daardie tydperk het vanjaar (2019) ten einde geloop: vanaf 27 April/10 Mei 1994 tot April/Mei 2019. Wat dán?

27 April is as Vryheidsdag en vakansiedag verklaar.

Is dit toevallig dat dit saamval met Roger Teale se profesie op 24 April 1994 in Durban: “The righteous people of God must ask the Lord to spare the country, their children and family from the violence and bloodshed that WILL break out in the streets … It will begin April/May…”

In die Bybel word daar ook verwys na ’n “ballingskap” van 25 jaar:  Esegiël 40:1 – “In die 25ste jaar van ons ballingskap…”

Onder die swart ANC-regime is ons nou in ons 25ste jaar van ballingskap.

Die nuwe grondwet het ook op 27 April 1994 in werking getree. Terloops, hoe is dit dat ’n nuwe grondwet sommer op die éérste dag van ’n 3-daagse verkiesing klaar gereed was én ook geïmplementeer – dit nog vóórdat die verkiesingsuitslae bekend was?

Wié van ons het geweet dat álles reeds vooraf haarfyn uitgewerk en beplan was?

Is dit dan toevallig dat die wet op die onteiening van grond juis ook nou in werking tree?

Ramaphosa het in vanjaar se staatsrede ook verwys na grondonteiening en die advieskomitee en dit spesifiek gekoppel aan einde Maart 2019.

Álles toeval…lig?

Is dit toevallig dat die betrokke grondwet ook artikel 25 is? Die parlementêre grondwetlike hersieningskomitee werk aan moontlike wysigings aan Artikel 25 van die Grondwet om voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding.

Toevallig is die woord ‘grondonteiening’ (land expropriation) ook as die ‘woord’ van die jaar ( 2018 ) benoem.

Op 11 Februarie 2019 was dit die 29ste herdenking van Mandela se ‘amptelike’ vrylating uit die tronk. Die getal 29 beteken ‘departure’ (vertrek), weggaan, verander.

Die getal 29: departure

Die betekenisse soos hier genoem laat  mens ook dink aan Openbaring 12:6: “en die  vrou (Israel/Sion?) het na die woestyn gevlug…”

Sowat 10 000 Hugenote is tydens die verskrikkinge van Bartholomeusnag in die strate van Parys vermoor. Dit het in die laatnag ure van 23-24 Augustus 1572, in Parys begin toe duisende lidmate van die Franse gereformeerde kerke deur Katoliek-gesindes oorval en doodgemaak is. Die bloed het so dik deur die strate geloop dat die perde daarop gegly het. Die slagting van Protestante het in die weke wat volg, uitgekring na die buitewyke van Parys en later oor die hele Frankryk. Daar word geraam dat nog sowat 5000-8000 Protestantse Hugenote in die paar weke wat gevolg het, uitgemoor is.

Sowat 250 000 van die Hugenote kon daarin slaag om na buurlande te vlug. So het dit gebeur dat ‘n deel van hierdie Franse Hugenote na Nederland kon vlug en het hulle voorlopig daar gevestig. Aangesien hulle geen vaderland meer gehad het nie, het sowat 200 Franse Hugenote in 1688-1689 na die Kaap van Goeie Hoop gekom om ‘n nuwe lewe aan die Suidpunt van Afrika te kom soek.

Maar toe die Kaapse kerk hulle met die gekleurde rasse wou gelykstel, het hulle andermaal opgepak om die wildernis in te trek.

Volgens Siener gaan dieselfde weer gebeur wanneer duisende Christen-gelowiges in ’n tweede ‘Bartholomeusnag’ in Europa hulle goed gaan pak om na Suid-Afrika toe te vlug, waar hulle hul dan in “wit tente in die Karoo/woestyn/Kalahari/Namib” gaan vestig omdat die stede onbewoonbaar sal wees…

Engeland se Brexit en Siener

Dis opvallend dat Siener Engeland se sewe plae wat uiteenlopende gebeurtenisse is, op één dag sien plaasvind het. Kan Brexit dalk die sneller (trigger) wees wat die plae inlui?

In verband hiermee was daar reeds berigte oor die beplande ontruiming van koningin Elizabeth in daardie tyd; asook soldate wat gereedmaak vir Brexit. Verder is daar kos pakkies wat deur ’n entrepreneur in Engeland bemark word vir die moeilike tyd ná Brexit.

Daar word gesê Brexit sal Engeland se doodsklok op vele terreine inlui en dat dit die spyker in Engeland se doodskis kan wees.

Is dit dalk die ‘hongersnood’ waarna Siener en  Johanna  Brandt verwys het?

Daar is reeds talle berigte oor kosbanke en baie eetplekke/restaurante in Engeland wat sluit.

Tydens die onlangse Brexit-moleste, is ’n persoon op TV om  sy  mening daaroor  gevra. Sy antwoord was: “Die hele Brexit-debakel moet die aandag aflei van wát werklik in Engeland (m.a.w. alreeds) aan die gang is, nl. ’n groot kosskaarste.”

4-jarige seuntjie se visioen

In die visioen het ’n vierjarige seuntjie gepraat van sy hondjie wat nie kan saamgaan as die gesin vlug nie. Dan hoor hy ook die woord 12. Kan dit dalk verwys na ’n tydsbepaling soos “middernag”? (12 uur). M.a.w. dis reeds baie laat.

Die seuntjie sê dus nie verniet die oorlog is naby nie en 12 uur (middernag) impliseer dis nader as wat ons dink en dat die meeste van ons gaan onverhoeds oorval gaan word.

Vgl. Openbaring 12:6 – “En die vrou (Israel) het na die woestyn gevlug waar sy ’n plek het wat deur God gereed gemaak is…” (Saamgestel uit inligting ontvang van Hilda Voges).