Posted on 36 Comments

Siener, geroepe Godsgesant

Die meerderheid blankes in Suid-Afrika het geen erg aan Siener van Rensburg se visioene nie. Sy profetiese boodskap vir sy volksgenote word steeds deur hulle verwerp. Hulle beskou dit as die onsamehangende gebrabbel van ‘n verstandelik versteurde; hulle verag sy goddelike waarskuwings; in die media word hy gereed deur sogenaamde ‘kenners’ afgekraak en bespot as ’n ‘flentergat-profeet’; ‘daggaroker’ en ‘waansinnige skisofreen wat tydens sy visioene epileptiese aanvalle kry’. Slegs ‘n klein handjievol aanvaar onvoorwaardelik dat hy as Godsgesant met ‘n spesiale opdrag na sy volk ‘gestuur’ is. Continue reading Siener, geroepe Godsgesant

Posted on 11 Comments

Malema — die baba word ‘n reus

Dis opvallend dat daar in die afgelope tyd ‘n sigbare toestand van wanhoop en moedeloosheid onder  “my mense” posgevat het. En met “my mense” bedoel ek natuurlik hulle wat al vóór 1994 “geweet” het wat die gevolge van De Klerk se verraad sou wees; “geweet” het dat daar vir ons ‘n tyd van vervolging, armoede, uitbuiting en onbeskryflike ellende voorlê; “geweet” het dis nodig omdat ons harte na links afgedwaal het en dat Hy ons met dié strafgerig weer na Hom wil terugbring; maar ons het toe ook “geweet” van die profetiese woord wat baie vasstaan en waarop ons kan ag gee; “geweet” dat die afloop van die strafgerig se finale bedryf sou geskied ooreenkomstig die scenario’s van ‘n Siener en ‘n Job. Continue reading Malema — die baba word ‘n reus